Radio Pulpit

Met Hart en Siel

Religion AF ↓ Επεισόδια: 162

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.radiopulpit.co.za

Δημιουργός

Radio Pulpit

Κατηγορία

Religion

Ιστοσελίδα του podcast

www.radiopulpit.co.za

Τελευταίο επεισόδιο

29 Σεπ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

Bybelgenootskap van Suid-Afrika, identiteitsankers en Karoo Wildsvleis 29.09.2026

In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met die nuwe uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, ds Gerhard Pieterse. Spesialis- lewensafrigter Amanda de Lange kuier in die ateljee en vra Waarin is jou identiteit geanker? Daarna vertel Lynne Minnaar meer oor ‘n splinternuwe kookboek, Karoo Wildsvleis, wat onlangs op die rakke verskyn het. Met Hart en Siel

Muur van hoop, Ya Bana VIllage & KI 22.09.2026

Marlene Eksteen van Potchefstroom gesels oor ‘n spesiale mosaïekprojek waarby sy en ‘n groep dames betrokke was om dié universiteitsdorp te verfraai. Naomi Brink vertel meer oor die Ya Bana Village Gastehuis en Retraitesentrum en die werk wat hulle onder kinders doen. Dr Eugene Botha gesels met ons oor kunsmatige intelligensie en hoe dit ook ouer mense se lewens op verskeie terreine kan verryk. Me...

Mansgesondheid 15.09.2026

Voedingskundige Madalein Helm gesels oor mansgesondheid en spesifiek oor voeding vir mans in elke lewensfase. Met Hart en Siel

Joodse Nuwejaar & Hoop na trauma 08.09.2026

Marielle de Vos vertel meer oor die Joodse Nuwejaar wat op Saterdag 12 September begin. En Dr Cobus Jansen van Nieuwenhuizen gesels oor hoekom daar altyd hoop ná trauma is. Met Hart en Siel

Salwingsolies 01.09.2026

Dr Eunice van der Merwe gesels oor die Bybelse gebruik van salwingsolies en hoe God Homself deur salwing openbaar. Met Hart en Siel

Die pad na heelheid, raad vir nuwe liefde na 'n afsterwe en 'n getuienis oor verlies, geloof en hoop 25.08.2026

Lewensafrigter Savnola Goldridge gesels met ons oor die pad na heelheid veral in ons verhoudings deur die lens van Enneagram. Sielkundige dr. Johan Ferreira gee raad oor hoe jy weer die pad van liefde kan aanpak na die afsterwe van jou lewensmaat. En onderwyser Henry du Plessis deel sy getuienis na aanleiding van sy boek My lewe in ‘n hartklop ‘n Ware storie oor verlies, geloof en hoop. Met Hart e...

Kersfees in Augustus en hulp aan die helpers 18.08.2026

Musikant en visuele kunstenaar Anel Stricker-Bessinger kuier in die ateljee om meer te vertel oor ‘n baie spesiale musiekkonsert Kersfees in Augustus wat deur Radiokansel op die 28e Augustus om 19:00 by Unite City in Derdepoort, Pretoria aangebied word. Daarna gesels Prof Wentzel Coetzer met ons oor hulp aan die helpers, pastorale perspektiewe rakende stres, uitbranding, en medelye-moegheid. Met H...

Van bediening tot Isabella Niehaus se nuutste kookboek 11.08.2026

Motiveringspreker en skrywer Yolande Britnell-Steyn gesels oor haar bediening. Lizette Murray herriner ons waarom dit so belangrik is om saam aan tafel te eet. Kosboekskrywer, Isabella Niehaus vertel meer oor haar jongste kookboek getiteld Bella’s Kitchen. Met Hart en Siel

So klop my hart 04.08.2026

Susan Coetzer vertel hoe ons as gelowige vroue van ‘n swaarmoedige Sannie tot ‘n super C-vrou kan beweeg. Daarna gesels Rachelle Fourie oor haar nuwe boek My hart klop so ‘n Pad van roeping, geloof en identiteit. Met Hart en Siel

Gekroon 28.07.2026

Veronika Olivier, Henda Bonsma en Elvira Joubert van Heidelberg, Gauteng kuier in die ateljee. Daar word gesels oor van kreatiewe handwerk en innerlike genesing tot wat dit beteken om ‘n gekroonde dogter van God te wees. Agnes Lombard van Bernina kuier saam en vertel onder meer oor die jongste naaldwerkneigings en hoe jy jou kreatiwiteit deur handwerk kan uitleef. Ons vertel ook meer van ‘n besond...

Leef intensioneel & die pad na heelheid 21.07.2026

Dr Janine do Cabo gesels oor hoe om intensioneel te leef. Jacques Engelbrecht vertel hoe die pad na heelheid deur die lens van die Enneagram lyk. Met Hart en Siel

Gesonde voeding vir elke fase van vrouwees 14.07.2026

Voedingskundige Madalein Helm gesels oor die voedingsbehoeftes vir elke fase van vrouwees van jou twintigs tot in jou negentigs. Hoe en wat om te eet vir energie en gesondheid. Met Hart en Siel

Goed genoeg 07.07.2026

Motiveringspreker en entrepreneur Gerridene Berg gesels oor haar boek Goed genoeg. Neil Pelser van Retire at Home gesels oor die uitdagings van die sogenaamde toebroodjie-generasie wat nie net na hul gesinne nie maar ook na bejaarde ouers moet omsien. Spesialis-dieetkundige Natasha Smit vertel hoe die gebruik van speserye in jou dieet jou dié winter gesond sal hou. Met Hart en Siel

Gesonde grense 23.06.2026

Narratiewe berader Faith Durie gesels oor gesonde grense. TV-vervaardiger Sonja Lochenberg vertel meer oor ‘n nuwe Christelike TV-reeks getiteld Stories van geloof, hoop & liefde, wat tans beskikbaar is vir stroom op AfriForum TV. Natasja Maartens gesels oor vanjaar se SPAR Women’s Challenge en Marelize Moolman vertel meer oor die Karoo Wolfees wat eersdaags in Middelburg in die Oos-Kaap plaasvind...

Die hart van 'n ma en meer 16.06.2026

In hierdie aflewering gesels kookboekskrywer en bloemis Sylvia Strauss oor die gawe van gasvryheid. Daniëlla van Heerden vertel meer oor Die hart van ‘n ma en Jacolene Crafford gesels met ons oor die gesondheidsvoordele van koejawels. Riëtte van der Wat deel meer oor die interessante mense met wie sy gesels het in die Winter-uitgawe van Lééf met hart & siel. Met Hart en Siel

Bybelvroue en salwing 09.06.2026

Dr Eunice van der Merwe gesels oor die Bybelse gebruik van salwingsolies en vertel meer oor bekende Bybelvroue en salwing. Met Hart en Siel

Geldsake & identiteitsverwonding 02.06.2026

Wilco Nauman gesels oor God & geld Bybelse beginsels vir finansiële vryheid na aanleiding van sy boek God & Money. Dr. Cobus Janse van Nieuwenhuizen bespreek identiteitsverwonding as dit kom by mans. Met Hart en Siel

Met 'n dankbare hart 26.05.2026

Lewensafrigter Amanda de Lange gesels oor dankbaarheid. Jan Vermeulen vertel waarom God se Woord is soeter as heuning is. Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor VervolgingsSondag wat eerskomende Sondag die 31e Mei regoor die land plaasvind. Letsie van der Bank gesels oor die Radiokansel-damesoggend wat vanjaar op die 21e Augustus plaasvind. Met Hart en Siel

Sensoriese gesondheid & generasie bagasie 12.05.2026

Christine Ferreira gesels vandag met Elrika Beukes oor sensoriese gesondheid en jou kind. Prof. Wentzel Coetzer vertel meer oor die impak van generasie bagasie op die gesin Met Hart en Siel

Funksionele Neurologiese Versteuring & 'n pastoraal holistiese benadering tot kanker 05.05.2026

Peet Vermaak deel sy getuienis rondom sy vrou se rare neurologiese siekte genaamd FND oftewel Funksionele Neurologiese Versteuring. Op 7 Mei word die Nasionale FND-bewussynsdag gevier. Prof Wentzel Coetzer gesels oor ‘n pastoraal holistiese benadering tot kanker. Met Hart en Siel

Vir ons kinders 28.04.2026

Dr Mathilda Mostert en Natasha Venter gesels oor tieners en hulle velle. Julia Sotirianakos die hoof uitvoerende beampte van Reach for a Dream vertel meer oor die hoop wat hulle vir terminale siek kinders bring. Michelle van Biljon en Marlien Cronje van Dynamic Women for Children kom vertel oor die Cape2Care-projek ten bate van kinderbemagtiging wat pas afgehandel is. Met Hart en Siel

Salwingsolies: Meer as 'n Tradisie 21.04.2026

Van die vroegste bladsye van die Bybel af speel olie 'n besondere rol. Konings is met olie gesalf. Priesters is toegewy met olie. Siekes is genees met olie. En tot vandag toe dra salwingsolies 'n diep geestelike betekenis wat baie van ons nog nooit ten volle verstaan het nie. Christine Ferreira gesels weer met Dr Eunice van der Merwe — en hierdie keer ontsluit sy die simboliek, die Skrifgrondslag...

Gebore vir 'n tyd soos hierdie 14.04.2026

Ds. Schalk Strauss kuier in die ateljee om te gesels oor Gebore vir ‘n tyd soos hierdie ‘n Kommentaar oor die boek Ester. Eric Swanepoel vertel meer oor die werk van The World Needs a Father en Talitha Oosthuizen, huidiglik die eerste prinses in die Mev. Suid-Afrika-kompetisie, vertel van die Mount Everest-staptog wat sy pas voltooi het. Met Hart en Siel

Die geheime van effektiewe gebed 07.04.2026

Prof. Stephan Joubert gesels oor die geheime van effektiewe gebed. Wendy Maartens vertel meer oor haar jongste boek Spreuke vir kleingoed en Landbouweekblad se kosredakteur Arina du Plessis gesels oor die gesondsheidsvoordele van varkvleis en deel ‘n paar wenke en resepte vir die gaarmaak van hierdie veelsydige vleissoort. Met Hart en Siel

Die hart van die Pase 31.03.2026

Pastoor Marielle de Vos gesels oor die hart van die Pase. Dr Cobus Janse van Nieuwenhuizen gesels oor ‘n Bybelse perspektief op die behandeling van trauma. Met Hart en Siel

Άκου το podcast Met Hart en Siel στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS