RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za
Δημιουργός
RSG
Κατηγορία
Ιστοσελίδα του podcast
Τελευταίο επεισόδιο
12 Νοε 2026
Πού να ακούσεις;
Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομαΤα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast
Επεισόδια
Uit die buitekring - Emile Gouws 24.05.2022 8:54
Emile Gouws is outisties. Hy was tot op 15 nie-verbaal. Hy is tans 'n spesialisonderwyser en is besig met die laaste jaar van sy doktorale studies.
Ethiopië se unieke kulturele gebruike 24.05.2022 12:18
Afrikadag word elke jaar op 25 Mei herdenk. Ons fokus vandag op Ethiopië, wat met nie minder nie as nege UNESCO-wêrelderfenisgebiede spog. Die hoofstad, Addis Abeba, is die hoogste stad in Afrika op 2 400 meter bo seevlak. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die unieke kulturele gebruike in Ethiopië.
SA Vloot kry drie nuwe plaaslik vervaardigde vaartuie 24.05.2022 7:38
Admiraal André De Wet, Direkteur: Vlootmagvoorbereiding, vertel van die drie nuwe plaaslik vervaardigde vaartuie wat die SA Vloot bekendgestel het.
Stories-op-die-stoep-projek 23.05.2022 13:04
Martelize Brink gesels met Mariet Conradie van die Ditsong Kruger Museum oor hul stories-op-die-stoep-projek wat interaksie tussen die museum en gemeenskappe bevorder.
Van fotografie tot heuningbye 23.05.2022 12:27
Vrydag 20 Mei 2002 was Byedag. Haidee Muller-Isaacs kuier by Michael Hammond se The Honey Room. Die oudmediafotograaf vertel hoe sy byestokperdjie nou sy heeltydse werk geword het. Hy vertel ook wat mense van heuning moet weet.
Is jy 'n kritiese denker? 23.05.2022 9:17
Akademiese spesialis Samara Cloete verduidelik wat kritiese denke is, en hoe ons dié vaardigheid kan aanleer.
Hoe werk radiokoolstofdatering? 20.05.2022 7:34
Maggi Loubser vertel vir Martelize Brink hoe radiokoolstofdatering werk, wat bepaal hoe oud ‘n voorwerp is.
City Nature Challenge lewer nuwe ontdekkings op 20.05.2022 6:08
Rupert Koopman vertel van die ontdekkings wat gemaak is tydens vanjaar se City Nature Challenge.
Langerugskool vir leerders met leerhindernisse 20.05.2022 12:35
Haidee Muller-Isaacs kuier by die Langerugskool, 'n spesiale skool vir leerders met spesifieke leerhindernisse (ja, hier word nie van leergestremdhede gepraat nie). Sy loer in by die klasse en kyk hoe van die leerders leer om te swys, piesangbrode tebak en selfs te oefen vir 'n opkomende konsert.
Hein Botha oor posseëls en geologie 20.05.2022 10:38
Fotograaf, kunstenaar en ontwerper Hein Botha gesels oor sy geskiedenis as posseëlontwerper en sy voorliefde vir die gebruik van geologie in sy kuns.
Dokkie oor klimaatsverandering in Kaapse wynlande 19.05.2022 6:34
Kobus Louwrens vertel vir Martelize Brink van ‘n dokumentêre program oor klimaatsverandering in die Kaapse wynlande, om aandag op dié uitdaging te vestig.
Robertson se kerkorrel word 90 19.05.2022 5:48
Ockert Jonker vertel vir Martelize Brink van die NG Moedergemeente op Robertson se orrel wat vanjaar 90 jaar oud is. Dit word die naweek met uitvoerings gevier.
Klimaatsverandering en die landbou 19.05.2022 11:21
Dr. Tara Southey vertel vir Martelize Brink van klimaatsverandering en hoe dit vir landboudoeleindes gemonitor word.
Produkverpakking en produksieprosesse 19.05.2022 9:18
Will Coetsee vertel vir Martelize Brink van Europa se verwagtinge oor produkte se verpakking en produksieprosesse.
Brandbestryder Emile Conrad 18.05.2022 15:40
Emile Conrad vertel vir Martelize Brink van sy loopbaan as brandbestryder. Tot 2019 is hy vir vyf agtereenvolgende jare aangewys as wenner in die individuele afdeling van die SA Toughest Fire Fighter Alive kompetisie. Verlede week was hy tiende by die Wêreld Toughest Fire Fighter Alive kompetisie en tweede in sy ouderdomsgroep.
Kieriekuns 18.05.2022 8:58
Daar is baie stories oor kieries. Dis ‘n eeuoue artikel wat gebruik is in onder andere gevegte en om koring te stamp. Deesdae word dit meestl gebruik om mense te ondersteun terwyl hulle loop. Daar is tans ‘n uitstalling by die Pretoria Kunsvereniging, waar kunstenaars prakties, komies en filosofies oor dié hulpmiddel geword het.
Droogverouderde vis 18.05.2022 9:18
Francois Kemp vertel vir Martelize Brink van droogverouderde vis, wat deesdae ook in Suid-Afrika gemaak word.
Manny se netbalpad 17.05.2022 10:31
Manny Ferreira was ‘n uitblinker speler in die SA mansnetbalspan, en is nou ‘n suksesvolle afrigter met ‘n netbalakademie. Hy vertel vir Martelize Brink van sy sportloopbaan.
Despatch-ouma laat waai op vulkaniese eiland 17.05.2022 9:57
Verlede jaar het Danita Ferreira, ‘n ouma van Despatch en afgetrede hoof van die Kleuterland Bewaarskool, as ambulansbestuurder op Ascension, of Hemelvaarteiland, gaan werk eerder as om op pensioen te gaan. Mariska Spoormaker wou by Danita weet hoe sy haar groot sprong van Despatch na die piepklein vulkaniese eiland in die Atlantiese oseaan beleef.
Word-of-mouth-reklame in e-handel 17.05.2022 6:35
Pieter Groenewald vertel vir Martelize Brink van die rol wat word-of-mouth-reklame in ‘n die e-handelbedryf speel.
Hoe mooi lyk jou geregte? 16.05.2022 12:32
Mynhardt Joubert verduidelik hoe jy kos voorsit sodat dit mooi vertoon.
Blinde Gholf Wêreldbeker in SA 16.05.2022 5:04
Ernst Conradie vertel vir Martelize Brink van die groei in blinde gholf, en die volgende blinde gholf wêreldkampioenskap wat in Suid-Arika gehou sal word.
Die Conradies van Nuyvallei 16.05.2022 11:28
Haidee Muller-Isaacs kuier in die Nuyvallei, en hoor van die Conradie-familie se 150 jaar nalatenskap daar.
Pas op vir daggaolie vir troeteldiere! 16.05.2022 5:14
Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor die gebruik van cannabisolie vir diere en daggavergiftiging wat hulle al hoe meer sien.
Hoe word papier gemaak? 13.05.2022 10:48
Nic Campher vertel vir Martelize Brink hoe papier gemaak word. Ons kyk na hoe papier tradisioneel gemaak word en hoe dit uit herwinde papier gemaak word.
Παρόμοια podcast
Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS