RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za
Δημιουργός
RSG
Κατηγορία
Ιστοσελίδα του podcast
Τελευταίο επεισόδιο
12 Νοε 2026
Πού να ακούσεις;
Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομαΤα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast
Επεισόδια
Salon Afrique - A Homecoming Reimagined 06.06.2022 6:31
Chrischene Julius vertel vir Martelize Brink van SALON AFRIQUE - A HOMECOMING REIMAGINED by die Distrik Ses Museum. Dit is ‘n kunsversameling met die doel om ‘n plek van dialoog te skep in ‘n tyd waar Suid-Afrika sukkel om Afrikane hier te laat tuisvoel.
Natuurlike skoonheidsprodukte 03.06.2022 17:43
Sebastine Pepler vertel vir Johan Rademan van haar natuurlike skoonheidsprodukte.
Max Kulati - ‘n man van krag 03.06.2022 8:05
Toe sy rugwerwels ses jaar gelede verbrokkel en hy in 'n rolstoel beland het, het Max Kulati van Kariega besluit sak en as is nie vir hom nie. Hy begin toe met kragoptel. Na vele seges in dié sport, het hy besluit om oor te slaan na liggaamsbou, en toe ryg hy weer die titels in. Nou gaan hy Suid-Afrika verteenwoordig in die Internasionale Liggaamsboufederasie se Wêreldkampioenskap in Slowenië. Voo...
SA kortfilm beïndruk Cannes 03.06.2022 12:17
De Wet van Rooyen en Linsen Loots vertel vir Johan Rademan van hulle kortfilm, Dissonant, wat beïndruk het by die Cannes-filmfees.
Fietsrytoerisme 02.06.2022 11:40
Raino Bolz vertel vir Johan Rademan van fietsryroetes wat ontwikkel word om toerisme 'n hupstoot te gee.
Die handwerkgroepie by Suzie se koffiewinkel in Kuilsrivier 02.06.2022 12:06
Die handwerkgroepie by Suzie se koffiewinkel in Kuilsrivier maak die mooiste goed. Daar is iets van alles - mussies, kersboomversierings, komberse en truie. Daar is ook altyd iets lekker by hierdie byeenkomste, soos die heerlike koesisters op die dag toe Haidee Muller-Isaacs daar gaan kuier het. Die groep vroue vertel vir haar hoe hulle mekaar se stories van lief en leed leer ken, en sodoende meka...
Vloeibare Moed 02.06.2022 13:11
Marunzo Thomas vertel vir Johan Rademan van sy akteursloopbaan en die toneelstuk, Vloeibare Moed, waarin hy te sien is. Die produksie is geïnspireer deur die gebeure ná die grusame dood van Uyinene Mrwetyana.
Hanru Niemand se stories en musiek 01.06.2022 22:17
Sanger, liedjieskrywer en sielkundige Hanru Niemand kuier by Johan Rademan en Martelize Brink met sy stories en musiek.
Drink heuningbostee vir goeie gesondheid 01.06.2022 10:29
Heuningbostee word gemaak van verskeie inheemse fynbosstruike wat in die Wes- en Oos-Kaap voorkom. Dit is klein struike met heldergeel blomme en klein langwerpige of ovaal blaartjies. Tee van ‘n volwasse plant is die geurigste. Dit is al klinies bewys dat heuningbos uniek is vir sy gesondheidswaarde.
Hendrik du Preez van Katar 01.06.2022 9:10
Hy het in meer as 30 lande in Afrika gewerk, en bevind hom tans in Doha in Katar waar hy ‘n groot internasionale lugredery se visepresident: kommersieel vir Afrika is. Johan Rademan het Hendrik du Preez van Pretoria in Katar ontmoet.
Uit die Buitekring - Tanja Lategan 31.05.2022 7:54
Kunstenaar Tanja Lategan vertel vir Martelize Brink hoe sy kuns as helende metode gebruik.
Wêreld Pleegsorgdag 31.05.2022 6:56
Kobie Abrie gesels op Wêreld Pleegsorgdag oor die stand van aanneming in Suid-Afrika.
Suid-Afrikaners in Texas maak harte oop vir sokkerspelers 31.05.2022 11:44
Haidee Muller-Isaacs gesels met Melisha Maarman oor die groot harte van ‘n groep Suid-Afrikaners wat in Texas woon. Melisha was onlangs saam met 'n groep plaaslike jong sokkerspelers in Amerika, waar hulle aan die Dallas Cup deelgeneem het. Wat sy daar in Texas van haar eie land se mense beleef het, lê haar steeds na aan die hart. Sy vertel vir Haidee van hierdie ervaring daar doer in die verte.
Is jy gekraak? 31.05.2022 7:25
Gerhard Swart vertel vir Martelize Brink hoe jy weet wanneer ‘n kuberkraker jou gekraak het.
Skaars kwaggas nou by Vergelegen 30.05.2022 10:09
Eben Olderwagen vertel vir Martelize Brink van sewe skaars kwaggas wat ‘n nuwe tuiste by Vergelegen gevind het.
Potspel hou Rosedale-jeug uit die strate 30.05.2022 9:46
Potspel word geassosieer met tavernas en kroeë, maar in Rosedale op Kariega is die egpaar Koos en Shereen Witbooi besig om te bewys dit leer jong kinders dissipline en maak van hulle beter leerders. Boonop hou dit hulle uit die strate en uit die moeilikheid. Mariska Spoormaker het meer gaan uitvind.
Skep hoop vir die kinders 30.05.2022 10:37
Elmari Murphy praat in Kinderbeskermingsweek oor die belangrikheid daarvan om hoop te skep.
Van skroot tot kuns 27.05.2022 8:01
Martelize Brink het op 'n onlangse besoek aan Groot Brakrivier met mense gesels wat weggooigoed nuwe gee as bruikbare produkte en kunswerke, soos 'n olifant wat uit skroot gemaak is en 1 000 kg weeg!
Laat jou tuinplante inspekteer vir indringers 27.05.2022 9:53
Jou tuin mag soos ‘n lushof lyk, maar weet jy of daar enige uitheemse of indringerplante is? Indringerplante is veral 'n onding omdat dit so maklik versprei en biodiversiteit kan vernietig. Tuiniers behoort die verantwoordelikheid te neem om vas te stel wat is inheems, uitheems en indringer in hulle tuine. ‘n Baaise natuurgids en plantkundige, Graeme Pienaar, help tuiniers hiermee. Mariska Spoorma...
SA se spioene 26.05.2022 16:38
Martelize Brink en Johan Rademan gesels met Henning van Aswegen, skrywer van die boek, Spioenmeesters, oor die 18 gevallestudies wat hy oor die wêreld van Suid-Afrika se spioene saamgevat het.
Lenore se kombuis vol liefde 26.05.2022 12:28
Haidee Muller-Isaacs kuier in verpleegster Lenore Combrink se kombuis vol liefde. Lenore vertel vir haar van makataan-mosbolletjies, vye inlê en haar passie vir die gemeenskap.
Brad Habana in Katar 26.05.2022 8:46
Uit die meer as twee-en-‘n-halfmiljoen inwoners van Katar is slegs 300 000 Kataarse burgers. Naas Rusland het dié land die tweede grootste gasveld ter wêreld. Dié skiereiland in die Persiese Golf is net 160 km lank en 80 km breed, maar dit is een van die rykste lande in die wêreld. Sokkeraanhangers weet dat die FIFA Wêreldbekersokker-eindtoernooi later vanjaar daar plaasvind. Johan Rademan het tyd...
'n Loopbaan in geskiedenis 25.05.2022 15:07
Fransjohan Pretorius, emeritusprofessor in geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria, gesels oor sy loopbaan in en passie vir geskiedenis wat reeds op laerskool begin het.
Droë Baai ‘n mespunt vir besighede 25.05.2022 10:38
Terwyl almal asem ophou en hoop vir reën om die Baai van ‘n waterlose toestand te red, wonder mense wat die ekonomiese impak van die waterkrisis sal wees, nie net in die teenwoordige tyd nie, maar ook die toekoms, want só iets skrik seker potensiële beleggers af. Mariska Spoormaker het praat hieroor met MC Botha, ‘n raadslid van die Nelson Mandelabaai Sakekamer.
Wanvoeding in Afrika 25.05.2022 11:02
Vanjaar se tema vir Afrikadag is voeding. Ons hoor by ‘n pediatriese gastroenteroloog wat die stand van kindervoeding in Suid-Afrika en die res van Afrika is.
Παρόμοια podcast
Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS