100.5FM Radio Laeveld
100.5FM Radio Laeveld
As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.
Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.radiolaeveld.co.za
Δημιουργός
100.5FM Radio Laeveld
Κατηγορία
Ιστοσελίδα του podcast
Τελευταίο επεισόδιο
15 Οκτ 2026
Πού να ακούσεις;
Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομαΤα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast
Επεισόδια
Learn Beyond the Label hou werkswinkel 15.10.2026 11:28
Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.
Hoe weet misdadigers wie groot bedrae kontant onttrek? 15.10.2026 17:12
Ons hoor gereeld van mense wat beroof word na hulle groot bedrae kontant by 'n bank onttrek het. Laeveld Brunch gesels met Callum MacPherson en Gerald Erasmus van Securicon. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Wip op vir Flamboyant met 'n doel 15.10.2026 10:58
Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.
Reën buite, verlies binne: Is jou onderneming stormgereed? 15.10.2026 8:46
Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor somerreën.
Big 6 - 500 Gong Challenge 14.10.2026 15:25
Bernard van Rooyen en Geon Clark van die Laeveld-tak van Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging (BJV) het met Laeveld Brunch kom gesels oor die afgelope naweek se Big 6 - 500 Gong Challenge by Tanda Kutula.
Johannes Meyer doen die Big Pull 14.10.2026 10:48
Johannes Meyer gaan vanaf November tydens The Big Pull 'n 16-ton-vragmotor van Centurion na die Paarl toe trek. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor die 40-dag trek.
Mahindra OJA kompakte trekker 14.10.2026 7:21
Mahindra Nelspruit se OJA kompakte trekker is ideaal vir boere wat met kleiner gewasse soos bloubessies, avo's en makadamias boer. Michelle Prinsloo gesels met die Middag Game Drive oor hoe die regte implemente boere tyd en geld kan bespaar.
VLU Odonata hou fyntee 13.10.2026 11:00
Die VLU Odonata hou volgende Saterdag 'n fyntee. Mariëtte Joubert gesels met ons.
Red jou groente wat verwelk 12.10.2026 11:45
Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red? 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Luilekker Sondag: Felicia Pretorius 12.10.2026 10:12
Die plaaslike sangeres Felicia Pretorius was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.
N4-konstruksie: Dis hoekom 09.10.2026 10:29
Daar is tans baie konstruksiewerk en rehabilitasieprojekte op die N4 aan die gang. Solange Soares van TRAC gee 'n opdatering van wat aangaan.
Nicolene Teixeira: Laeveld-lief 09.10.2026 8:05
Die plaaslike sangeres Nicolene Teixeira se jongste vrystelling is "Laeveld-lief".
Rekord-brandstofpryse: Moontlike toename in diefstal verwag 08.10.2026 14:14
Callum MacPherson en Gerald Coetzee van Securicon sê weens die toename in brandstofpryse raak die moontlikheid dat die diefstal daarvan sal toeneem ook groter. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Black Sable Risikobestuur: Let op klein waarskuwingstekens 07.10.2026 10:53
Kyk vir lekplekke aan jou plafon voor die skade vererge, maan Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur.
Penryn bied aan The Things We Carry 07.10.2026 9:21
Penryn College nooi Laevelders om die ervarings van jong kunstenaars te beleef met "The Things We Carry"-kunsuitstalling. Michelle Booysen, die kunshoof, gesels met Sonop Ontbyt oor die uitstalling wat vir die volgende maand oop is vir die publiek.
Plaaslike ontwerper wen by ComicCon 07.10.2026 6:57
Die plaaslike ontwerper Salome Nel het by die onlangse ComicCon Africa se Championship of Cosply die "Best Prop"-toekenning gewen.
Mahindra XUV 3XO 07.10.2026 11:00
Ontmoet vir Barend Brecher van Mahindra Nelspruit. Hy gesels met die Middag Game Drive oor die XUV 3XO.
Casterbridge cake party 06.10.2026 4:38
Angela Kent wou al vir lank 'n Koek-partytjie hou. Dit vind Saterdag ten bate van Huis Betlehem plaas by Casterbridge.
Spoedgholf vir Caleb 06.10.2026 6:30
Volgende Saterdag bied die Barberton-buitebaan Spoedgholf aan ten bate van klein Caleb van Wyk wat aan 'n seldsame breintoestand, hemimegalencephaly (HME) ly. Sy ma Lara kuier saam met Leon Steenkamp van die klub in die ateljee.
Henru & Schwabie vat Die Pad na die Laeveld 06.10.2026 7:28
Henru & Schwabie, die gewilde Mosselbaaise duo bring hul mooi akoestiese melodieë Laeveld toe! Schwabie het gesels met Sonop Ontbyt.
Lefpa gaan selektief toelaat dat jy begin slash brand 02.10.2026 11:27
Die son skyn weer na 'n paar reënerige dae. André Scheepers van Lefpa sê vir Laeveld Brunch Oktober bly egter 'n hoë brandgevaarmaand en grondeienaars moenie oorgerus raak nie.
KANSA mik hoog met Car Sit-in vanjaar 02.10.2026 7:48
Die KANSA Laeveld "Car Sit-in" vind vanaf vanmiddag 14:00 by i'langa Mall plaas. Rinella Jansen van Vuuren en Elsie Fourie vertel vir Sonop Ontbyt dat hulle vanjaar daarvoor mik om binne die 48-uur R95,000 in te samel om KANSA se 95ste bestaansjaar te vier.
Securicon gesels oor voertuigkapings 01.10.2026 13:33
Callum MacPherson en Gerald Erasmus van Securicon gesels met Laeveld Brunch oor voertuigkapings.
NPO Ekspo volgende Vrydag gehou 01.10.2026 16:05
Volgende Vrydag hou die Laeveld 'n NPO Ekspo om plaaslike ondernemings met nie-winsgewende organisasies te verbind. Shirley Khoza en Nandi Shongwe gesels met Sonop Ontbyt.
'Meisies' meng klassieke, kabaret- en kontemporêre klanke 29.09.2026 12:52
Meisie is 'n plaaslike groep wat klassieke, kabaret- en kontemporêre klanke vermeng om vroue se stories te vertel. Naomi Tagg, Janette Rottcher en Lizanne Barnard het met Sonop Ontbyt gesels.
Παρόμοια podcast
Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS