RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
9 Sep 09.09.2016 24:39
Hoe ondersteun 'n mens iemand wat 'n geliefde aan die dood afgestaan het? Hoe kyk 'n mens mooi na jouself ná die afsterwe van 'n geliefde? Wat is die gevaartekens vir jouself, of iemand naby aan jou, wanneer dit gaan oor verlies en die rouproses?
2 Sep 02.09.2016 24:11
Louis & Lise bespreek twee luisteraarsbriewe oor twee verskillende, dog algemene, ervarings binne liefdesverhoudings. Hulle kyk na hoe vroue meer geneig is om liefde te wys in 'n verhouding as mans, en na wat gebeur wanneer jy iemand anders ontmoet wat jou laat twyfel oor jou huidige verhouding.
26 Aug 26.08.2016 24:39
Wat is die verskil tussen 'n vrees en 'n fobie? Louis en Lise kyk na die verskill, hoe dit lewenskwaliteit raak, en dit reg te stel.
19 Aug 19.08.2016 24:43
Louis en Lise bespreek 'n brief van 'n pa wat bekommerd is sy vrou sal hulle kind verwerp as gevolg van haar seksuele orientasie. Hierdie is 'n probleem waarmee duisende ouers gekonfronteer word.
12 Aug 12.08.2016 24:42
Carpe Diem! Gryp die dag aan! Wat beteken dit? Beteken dit jy moet begin berg klim, of staptoere aanpak, of 'n motorfiets koop? Hoe pas 'n mens hierdie stelling in jou eie lewe toe?
5 Aug 05.08.2016 24:46
Kan 'n situasie so traumaties wees vir 'n slagoffer dat hulle alle geheue daarvan blok? Kan daardie blokkasie sommer net na 18 jaar in 'n persoon se drome weer uitkom? Louis en Lise kyk na die gevolge van seksuele molestering.
29 Jul 29.07.2016 24:45
Sal jy jouself as geestesgesond klassifiseer? Indien jou antwoord ja is, hoe seker is jy van jou saak? Wat beteken dit om gesond te wees, en nie geestesongesond nie? Louis en Lise gesels oor wat geestesgesondheid vir jou en die mense om jou beteken.
22 Jul 22.07.2016 24:44
Indien jy diagnoseerbaar is met 'n sielkundige toestand, maar jy ignoreer die tekens, kan al jou moeite met jou fisieke gesondheid heel moontlik nie genoeg wees nie. Louis en Lise kyk na die tekens waarna jy moet oplet om op 'n sielkundige en emosionele vlak net so gesond te bly soos op 'n fisieke vlak, want niemand kan meer die feit ignoreer dat die twee hand aan hand stap nie.
15 Jul 15.07.2016 24:37
Vermoed jy dat jou geliefde dalk 'n dobbelverslaafde is? Het jy hulle al hieroor gekonfronteer, maar dit voel asof jy hulle nie kan vertrou nie? Wat staan jou te doen wanneer jy jou lewe met 'n dobbelverslaafde deel?
8 Jul 08.07.2016 24:40
Louise en Lise gesels oor Spanner Coetzee (die fiktiewe karakter wat deur die luisteraars van Tjailatyd geskep is) se dobbelverslawing. Hulle vertel hoe om die tekens van hierdie verslawing raak te sien, en hoekom ons nie daarvan hou wanneer ons helde voete van klei het nie.
1 Jul 01.07.2016 24:15
Wanneer jy vir iemand vra watter boustene maak 'n suksesvolle huwelik of verhouding, sal die woord VERTROUE altyd deel van die lysie wees. Wat doen jy wanneer jy nie meer vertroue in jou lewensmaat, of jouself, het nie?
24 Jun 24.06.2016 24:30
Daar is nie 'n mens op aarde wat nie sal simpatiseer met die ouer van 'n tiener nie. Die hormone, koppigheid, selfsug, en die drama wat met situasies gepaard gaan. Moet die ouers saam op hierdie mallemeule gaan? Louis en Lise kyk na die emosies wat die ouers van tieners ervaar, en hoe om 'n tiener te hanteer sodat alle partye ongeskend deur hierdie lewensfase kan kom.
17 Jun 17.06.2016 24:35
Tenminste 8 ure van jou dag word spandeer by die werk. Dit is hoe jy 'n inkomste verdien, eet, lewe. Dit is tog voor die hand liggend dat indien jy nie gelukkig is by die werk nie, baie van die ander areas in jou lewe ook geaffekteer kan word. Maar hoe kan jy seker wees dit is jou beroepskeuse, en nie die omstandighede waarin jy werk, wat jou ongelukkig maak nie?
10 Jun 10.06.2016 24:41
Louis en Lise kyk na seksverslawing. Hoe kan jy die tekens van die verslawing nie net in jouself herken nie, maar ook om dit by iemand anders raak te sien, watter behandeling beskikbaar en hoekom die tekens nie geignoreer moet word nie.
3 Jun 03.06.2016 24:44
Louis en Lise gesels oor frustrasies wat mens kan ervaar in verhoudings – bv. Wanneer jou geliefde jou konstant, grensloos irreteer, of wanneer jou vriendin jou aandag 24 uur van die dag wil annekseer.
27 May 27.05.2016 24:08
Skisofrenie ken nie geslag, kultuur, kleur of ekonomiese welstand nie. Die bestuur van hierdie siekte is nie net moeilik vir die individu self nie, maar kan ook lewensveranderend vir die mense om hulle wees. Louis en Lise vertel wat nodig is om hierdie siekte te bestuur om 'n sinvolle en vol lewe te kan lei.
20 May 20.05.2016 24:42
Daar is sekere emosies en ervarings waaroor ons baie min beheer het – soos om skuldig te voel, of die aggressie wat mens ervaar tydens padwoede. Dit beteken egter nie dit hoef jou lewe oor te neem nie.
13 May 13.05.2016 24:35
Die lewe is kompleks, en ons almal ervaar in een of ander stadium ons unieke lewenseise wat by tye kan voel asof dit ons gaan onder kry – soos die verlies van 'n geliefde, of 'n egskeiding, of om afgedank te word by die werk. Hoe kan jy lewenseise verwerk?
6 May 06.05.2016 24:45
Louis en Lise bespreek luisteraarsbriewe oor paranoia en 'n bruidegom wat geweldige spanning ervaar oor sy troudag en die huwelik.
29 Apr 29.04.2016 24:44
Kan iemand verander?
22 Apr 22.04.2016 24:45
Louis en Lise bespreek luisteraarsbriewe oor Sekondêre Posttraumatiese Stresversteuring en Groepsdinamika.
15 Apr 15.04.2016 24:42
Hoekom sal jy jouself sny of brand? Hoe ervaar jy die wêreld om jou, as selfbesering 'n opsie is?
8 Apr 08.04.2016 24:41
Major depressie is die siekte van ons tyd. Die lyers word egter steeds geïsoleer, verkeerd verstaan en aangespreek omdat hulle nie hulleself kan “regruk” nie.
8 Apr 08.04.2016 24:41
Major depressie is die siekte van ons tyd. Die lyers word egter steeds geïsoleer, verkeerd verstaan en aangespreek omdat hulle nie hulleself kan “regruk” nie.
1 Apr 01.04.2016 24:45
Nie alle verhoudings is gemaak om verewig te hou nie. Hetsy dit nou 'n vriendskap, werksverhouding of huwelik is. Wanneer jy begin dink daaraan om 'n verhouding te beeïndig, hoe kan jy seker wees jy maak die regte keuse en dat dit nie net jou emosies is wat vir jou hierdie keuse maak nie?
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet