RSG

Wie is ek?

Health AF ↓ 656 Folgen

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Health

Podcast-Website

www.rsg.co.za

Neueste Folge

9. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Wie is ek? 28 Januarie 2022 28.01.2022

Draai jou gedagtes om en om in jou kop soos die wasgoed in die wasmasjien? Raak jy soms obsessief oor nietige dinge, en sukkel jy om aan te beweeg? Hoe kan jy ophou om alles te oordink?

Wie is ek? 21 Januarie 2022 21.01.2022

Wanneer ons sien hoe ‘n persoon aangeval of geboelie word, maar ons doen niks, is ons net so skuldig? Hoekom huiwer ons? Ons almal wil tog help? Hoor wat die navorsing vir ons sê oor die omstandereffek, en hoe ons ons kinders (en onsself) kan leer om meer van hulp te wees.

Wie is ek? 14 Januarie 2022 14.01.2022

Ons weet oefening is baie belangrik vir die ontwikkeling van kinders, maar nuwe navorsing wys hoe ongestruktureerde speel, soos hardloop, geweldige voordele inhou vir kinders se gemoed, breinontwikkeling en algehele geluk.

Wie is ek? 7 Januarie 2022 07.01.2022

Van tyd tot tyd verskil ons menings, idees, waardes en nog meer van ander s’n, veral in nabye verhoudings. Ons kyk na hoe om konflik op die mees effektiewe manier te hanteer.

Wie is ek? 31 Desember 2021 31.12.2021

Orals word hierdie woorde gebruik: Dit is OK om nie OK te wees nie. Maar is dit regtig OK? Hoe weet mens wanneer om vir hulp te gaan, of om dalk net ‘n paar veranderinge aan jou roetine te bring?

Wie is ek? 24 Desember 2021 24.12.2021

In ‘n vorige episode is die onderwerp van perfeksionisme aangeraak. Soveel mense het daarop gereageer dat ons ‘n opvolgepisode aangepak het waarin ons gesels oor opsies oor hoe om jou perfeksionisme baas te raak.

Wie is ek? 17 Desember 2021 17.12.2021

Elke jaar hierdie tyd neem selfdood toe. Alleenheid en eensaamheid word beklemtoon deur die Kersgees. Wat sê die navorsing oor selfdood en die verband met Kersfees?

Wie is ek? 10 Desember 2021 10.12.2021

Mense verwys graag na hulleself as ‘n meer linkerbrein of regterbrein soort mens. Wat beteken dit? Is dit waar dat een breinhemisfeer belangriker funksies verrig as die ander? Wat beteken dié kennis vir ‘n persoon se geestesgesondheid?

Wie is ek? 3 Desember 2021 03.12.2021

Ons almal wil die beste moontlike weergawe van onsself uitleef, maar wat is dit? Hoe is jy seker jy leef nie volgens ander se standaarde nie, of dat jy jouself fnuik oor wat jy wil wees? Vind meer uit oor hoe ons eie idee van perfeksionisme ons gereeld in die voet kan skiet.

Wie is ek? 26 November 2021 26.11.2021

Kan jy ‘n goeie ouer wees as jou eie ouers nie was nie? Ons kyk na hoe jy jou eie bagasie kan herken, hoe om nie dieselfde foute te began nie, en hoe om toets of jy nog op die “regte” pad is.

Wie is ek? 19 November 2021 19.11.2021

Psigose, paranoia en dilusies val onder die term om ‘n breuk met realiteit te ervaar. Interessant genoeg word hierdie ervarings nie net met skisofrenie geassosieer nie, maar ook met depressie, angs en Covid-19!

Wie is ek? 12 November 2021 12.11.2021

Ons almal gebruik die woord uitbranding, baie maklik in ons daaglikse omgang met mekaar, maar hoekom lê die mediese wêreld soveel klem op die erns van daarvan? Vind meer uit oor die simptome en hanteringsvaardighede in hierdie opvolggesprek oor uitbranding.

Wie is ek? 5 November 2021 05.11.2021

Daar is mense wat ontrou is in verhoudings. Een keer, twee keer, selfs meer. Maak dit van hulle ‘n reeksverkuller?

Wie is ek? 29 Oktober 2021 29.10.2021

Ons hoor gereeld van tieners wat hulleself met opset seermaak - hetsy hulle hulself sny, vuiste teen mure slaan, te veel oefen, dieëet, ens. Wat staan ouers te doen? Hoe kan hulle die tekens raaksien.

Wie is ek? 22 Oktober 2021 22.10.2021

Uitbranding is wêreldwyd ‘n groot probleem. Soveel so dat die Wêreld Gesondheidsorganisasie daaraan werk om uitbranding ‘n formele diagnose te maak, nie net ‘n simptoom nie. Wat is uitbranding? Hoe verskil dit van depressie? Wat is die gevolge?

Wie is ek? 15 Oktober 2021 15.10.2021

Wat beteken dit wanneer ‘n kind gediagnoseer word as op die spektrum? Hoe kan neurotipiese mense help om die wêreld van neurodiverse kinders te vertaal? Wat staan ouers te doen om hulle kinders beter te verstaan?

Wie is ek? 8 Oktober 2021 08.10.2021

Wat is jou gender? Waarmee identifiseer jy? Wat moet ek doen as my kind transgender is? Gender is deel van ons almal se identiteit, so dit help om mekaar te verstaan deur te begin met die basiese vrae en antwoorde.

Wie is ek? 1 Oktober 2021 01.10.2021

Gereeld hoor ons ouers kla oor hulle kinders of tieners se oormatige gebruik van skerms (selfone, rekenaars, tablette, ens.), maar wat van ons misbruik van skerms? Watter effek sal die oormatige gebruik van skerms op ons as volwassenes hê?

Wie is ek? 24 September 2021 24.09.2021

Wat is ‘n persoon se persoonlikheid? Watter verskil sal dit aan jou lewenskwaliteit maak om te verstaan wat jou persoonlikheid is? Hoe kan jy seker wees dít wat jy dink jou persoonlikheid is, is waar?

Wie is ek? 17 September 2021 17.09.2021

Wat is die verskil tussen ‘n kompulsiewe leuenaar en ‘n patologiese leuenaar? Is dit waar dat seker mense nie kan help om te lieg nie? Hoe weet mens wanneer iemand lieg en wanneer iemand die waarheid vertel?

Wie is ek? 10 September 2021 10.09.2021

Wat is die verskil tussen trauma en posttraumatiese versteuring? Hoe het die behandeling deur die jare verander? Hoe suksesvol is terapie?

Wie is ek? 3 September 2021 03.09.2021

Hoekom droom ons? Is dit jou brein wat besig is om informasie te verwerk, of is dit jou brein wat besig is om vir jou boodskap te stuur? Wat van mense wat glad nie droom nie?

Wie is ek? 27 Augustus 2021 27.08.2021

Hoekom is ons so gefassineer met die donker kant van die lewe? Sê dit iets ons van psige? Maak dit van ons slegte mense?

Wie is ek? 20 Augustus 2021 20.08.2021

Ons almal voel van tyd tot tyd skuldig oor iets. Meeste van die tyd kry ons dit reg om aan te beweeg en die gevoel te ignoreer. Maar wat as skuldgevoelens besig is om jou lewe oor te neem? Hoekom ervaar ons hierdie emosie, en hoe kan ons daarvan ontslae raak?

Wie is ek? 13 Augustus 2021 13.08.2021

Veerkragtigheid is die vermoë om vinnig te herstel van probleme. Dis 'n tipe taaiheid. Is jy iemand met veerkragtigheid? Sou jy hierdie vermoë wou aanleer? Kom vind uit hoe.

Höre den Podcast Wie is ek? in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet