RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Monitor 20 Oktober 2022 20.10.2022 53:43
Boere in die Noord-Kaap ly groot verliese weens verwoestende veldbrande. Die Ubuntu Rural Women and Youth Movement versoek die president om 'n ramptoestand oor geslagsgeweld af te kondig. 'n Kenner sê verouderde en wanfunksionele waterinfrastruktuur is een van die hoofredes vir die watertekorte in Gauteng.
Monitor 19 Oktober 2022 19.10.2022 52:41
Ons praat met 'n ondersoekende joernalis oor die beslaglegging op Markus Jooste se bates. Ou duikpakke en plastiekdoppies gee kinders op straat 'n tweede kans. Boland kry n nuwe rugbykompetisie wat te sien sal wees op SABC Sport.
Monitor 18 Oktober 2022 18.10.2022 53:23
Wysigings aan die ministeriële handboek wat die byvoordele van kabinetslede bepaal, is voorlopig teruggetrek. UNTU onderteken 'n drie jaar loonooreenkoms met Transnet. Liz Truss se toekoms as Britse premier is in die weegskaal.
Monitor 17 Oktober 2022 17.10.2022 52:58
Reën is op pad na gebiede wat 'n langdurige hittegolf beleef het. Suid-Afrika smee sterker ekonomiese bande met Saoedi-Arabië. Afgetrede hoofregter Mogoeng Mogoeng is aangewys as die president van 'n nuwe politieke party - ons praat met 'n ontleder. Namibië skok Sri Lanka by die T20-Wêreldbekertoernooi.
Monitor 14 Oktober 2022 14.10.2022 1:26:53
Beurtkrag en die gesloer by hawens dwing die landbou op sy knieë. Krygskenner Abel Esterhuyse is terug uit Amsterdam waar hy 'n internasionale konferensie oor die Toekoms van Oorlog bygewoon het, en soos verwag was Oekraïne een van die groot gesprekspunte. 'n Suid-Afrikaanse wetenskaplike help NASA om uit te vind of sekere mane in ons sonnestelsel lewe kan huisves. En, ons het ‘n debat oor genaded...
Monitor 13 Oktober 2022 13.10.2022 1:32:11
Nog 'n aanval op Oekraïne. Ons bespreek die moontlikheid van afstigting in die Wes-Kaap, en sprake van die afwenteling van magte. Ons praat met 'n outistiese man wat bo sy omstandighede uitgestyg het.
Monitor 12 Oktober 2022 12.10.2022 1:34:12
Die Tesourie word oor die vingers geraps oor sy skynbare gesloer met die Wetsontwerp op die Bekamping van Terreur en Geldwassery. 'n Herrie ontstaan oor 'n Angolese vliegtuig wat sonder klaring in Kaapstad geland het. En daar is gesprekke oor die ekonomie van die Wes-Kaap en die persepsie dat die gaping tussen ryk en arm daar al hoe groter word.
Monitor 11 Oktober 2022 11.10.2022 1:33:15
Burgerlikes in Oekraïne word nou deur Rusland geteiken. Krotoa is 'n wekroep om op te staan vir Khoisan-identiteit. Ons bespreek Maties se taalbeleid.
Monitor 10 Oktober 2022 10.10.2022 1:22:15
Regstreeks vanaf die Toyota US Woordfees in Stellenbosch: Ons kyk na oudpresident Jacob Zuma, wat sy privaatvervolging teen die staatsaanklaer Billy Downer en die joernalis Karyn Mourn begin. Ons praat oor die jongste verwikkelings in Oekraïne, waar verskerpte militêre optrede die oorlog begin kenmerk. Bendegeweld in die Kaap is steeds een van die gebied se grootste probleme.
Monitor 7 Oktober 2022 07.10.2022 54:09
Transnet kondig force majeure by sy hawens en stasies aan. Kimberley is vir vyf dae sonder water. 'n Hittegolf, beurtkrag en watertekorte het 'n groot invloed op landboubedrywighede.
Monitor 6 Oktober 2022 06.10.2022 48:23
Die gevolge van die skietdood van 'n Duitse toeris in Mpumalnga kring uit, maar die polisie sê hulle is kort op die hakke van die verdagtes. Ons praat met die SAUK se finansiële hoof oor die uitsaaier se finansies. Uitheemse karp word in die Tuinroete gevang om kos vir behoeftiges te gee.
Monitor 5 Oktober 2022 05.10.2022 54:06
Werknemers by Transnet gaan staak. David Makhura bedank as premier van Gauteng, en word vervang met Panyaza Lesufi. Die Landbank sukkel om sy skuld te delg.
Monitor 4 Oktober 2022 04.10.2022 52:30
Die DA gaan hof toe om Johannesburg terug te wen nadat die burgemeester, Mpho Phalatse, met 'n mosie van wantroue oonttroon is. Intercape se bestuurhoof verset hom teen die taxi-mafia. 'n Genetikus kry die Nobelprys vir fisiologie vir sy werk oor die Denisova- en Neandertal-oermense.
Monitor 3 Oktober 2022 03.10.2022 48:51
Gautengse ouers sal van vandag af SMS'e kry met aanbiedings vir plasing in openbare skole vir 2023. Die Openbare Beskermer se kantoor bevind onreëlmatighede in die Weermag se aankoop van Kubaanse medisyne. Die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool sê beleidsonsekerheid in Suid-Afrika het in die derde kwartaal afgeneem.
Monitor 30 September 2022 30.09.2022 50:36
'n Mosie van wantroue in die Johannesburgse burgemeester Mpho Phalatse word dalk vandag reeds aangehoor. Sakeliga vergader vandag met die regering oor die krisis in Lichtenburg in Noordwes. Sekswerk is dalk binne twee jaar wettig.
Monitor 29 September 2022 29.09.2022 49:31
Die DA-koalisie kry pak in die Johannesburgse stadsraad. Nog inhegtenisnemings word verwag in die Estina-melkplaas-saak. Die Proteas val lelik vas teen Indië.
Monitor 28 September 2022 28.09.2022 47:53
Prof. Richard Calland is nie meer 'n lid van die parlementêre paneel wat president Cyril Ramaphosa moet ondersoek nie. Bykans 120 000 mense het hulle werk in die tweede kwartaal verloor. Die wal van nog 'n dam by Jagersfontein in die Vrystaat het gebreek.
Monitor 27 September 2022 27.09.2022 44:26
Drie honderd raadslede in KwaZulu-Natal is ongeletterd. Vier Wes-Kaapse munisipaliteite skuld Eskom R255-miljoen rand. 'n Selfoonmaatskappy gaan al sy krag van onafhanklike kragverskaffers ontvang.
Monitor 26 September 2022 26.09.2022 46:54
Aktiviste wil hê die Nama-taal moet by die volkslied ingesluit word. Giorgia Meloni gaan Italië se eerste vroue premier word. Inwoners op die Kaapse Vlakte vrees wraakaanvalle nadat nog 'n lid van die Hard Livings-bende vermoor is.
Monitor 23 September 2022 23.09.2022 51:11
Reaksie op die jongste repokoers-verhoging. Nuwe oorlogswolke pak saam oor Oekraïne. Vandag is Wêreld Gebaretaaldag.
Monitor 22 September 2022 22.09.2022 51:57
Die Konstitusionele Hof beslis dat die Wet op Kopiereg diskrimineer teen persone met siggestremdhede. Die Potchefstroom Landdroshof is tydelik gesluit nadat 'n deel van die gebou se dak intuimel. Die regering wil honderde staatseiendomme verkoop. Jy sal waarskynlik in Oktober duurder vir diesel betaal.
Monitor 21 September 2022 21.09.2022 50:59
Suid-Afrikaners voel woede, frustrasie en wanhoop met Eskom se jongste rondte beurtkrag. Dis Erfenismaand en ons wonder wat daar is wat ons diverse samelewing saambind, behalwe miskien ons misnoeë met beurtkrag? Die Afrika Lugvaart en Verdedigingskou begin vandag by die Waterkloof Lugmagbasis.
Monitor 20 September 2022 20.09.2022 51:37
AgriSA waarsku dat die voortgesette beurtkrag 'n ernome impak op voedselproduksie kan hê. Ekonome voorspel dat die rentekoers met 75 basispunte verhoog sal word. Verskeie strande in die Ethekwini-metro is steeds gesluit weens hoë vlakke van e-coli in die water.
Monitor 19 September 2022 19.09.2022 52:12
President Cyril Ramaphosa knip sy besoek aan die Verenigde Koninkryk kort te midde van Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis. Intussen word eise vir radikale optrede gemaak. Ramaphosa het moeilike sake met president Joe Biden aangeroer tydens sy besoek aan Amerika.
Monitor 16 September 2022 16.09.2022 47:07
Die adjunkpresident sê die regering wil onwettige mynbedrywighede hokslaan, en dat die privatisering van Eskom nie op die kaarte is nie. Inwoners van Eldorado Park slaap in tente om die polisie se aandag te kry. Die prys van sommige soorte vleis begin daal.
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet