RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 748 Folgen

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Health

Podcast-Website

www.rsg.co.za

Neueste Folge

25. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Leefwêreld van die gestremde 9 Februarie 2020 08.02.2020

Jacqui January kyk na gespesialiseerde fasiliteite vir mense met demensie, en praktiekse idees vir die tuisversorging van persone wat hiermee gediagnoseer is. En Fanie du Toit praat oor toestande wat voor geboorte opgespoor, geïdentifiseer en behandel kan word om gestremdhede by babas te voorkom.

Leefwêreld van die gestremde 2 Februarie 2020 01.02.2020

Erica du Toit van die Wes-Kaapse Vereniging vir en van Mense met Gestremdhede beantwoord luisteraarsvrae oor parkering en aangepaste motors. En Jacqui January het praktiese raad gaan soek oor tuisstimulasie vir kinders met spesiale behoeftes.

Leefwêreld van die gestremde 26 Januarie 2020 25.01.2020

Fanie du Toit vind meer uit van die regte van kinders met gestremdhede, met 'n fokus op geweld teenoor die kinders. En Jacqui January vertel van 'n organisasie wat help met die inklusiwiteit van persone met gestremdhede in geloofsgemeenskappe en kerke.

Leefwêreld van die gestremde 19 Januarie 2020 19.01.2020

Fanie du Toit gesels oor ‘n baie belangrike aspek: Die regte van kinders met gestremdhede en hoe die wette in skole toegepas of nie toegepas word nie. Die toepassing van die regte het blywende nagevolge positief en soms negatief vir die ontwikkeling van kinders met gestremdhede en Jacqui January gesels met ‘n jong gestremde man wat vertel van ondersteuning en goeie nuwejaarswense gee aan persone m...

Leefwêreld van die gestremde 12 Januarie 2020 11.01.2020

Fanie du Toit hoor van 'n ma wat haar moue oprol en haar gestremde seun ondersteun. Sy deel die uitdagings en vertel van die proses waarmee sy hom help om sy bestuurslisensie te kry. En Jacqui January gesels met Christo de Klerk van Blind SA oor mobiliteit- en lewensvaardighede vir mense wat op 'n latere tyd in hulle lewe blind word. Blind SA help met die vaardighede d.m.v. opleiding.

Leefwêreld van die gestremde 5 Januarie 2020 04.01.2020

Jacqui January praat met 'n arbeidsterapeut oor arbeidsterapie vir kinders met Downsindroom. En Fanie du Toit gesels met 'n jong man wat sy nek in 'n duikongeluk gebreek het. Hy het sewe jaar gelede 'n baanbrekersoperasie ondergaan, en werk en woon deesdae saam met ander rolstoelgebruikers in 'n groephuis in Kaapstad.

Leefwêreld van die gestremde 29 Desember 2019 28.12.2019

Jacqui January gesels met Deon Pienaar van Ampucare oor hoe hy sy voete verloor het, en hoe hy ander nou daarmee help. En Fanie du Toit gesels met Sharon Goosen van Innovation for the Blind oor die proses wanneer 'n persoon op 'n latere ouderdom blind word.

Leefwêreld van die gestremde 22 Desember 2019 21.12.2019

Fanie du Toit vind meer uit van 'n gevestigde vaardigheidopleidingsentrum en beskermde werksplek vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. En Jacqui January gesels met 'n ouers wat kinders met spesiale behoeftes het. Sy wou by hulle weet wat hulle wense vir die feesseisoen is, en wat die waardevolle “geskenke” is wat hulle van hulle kinders ontvang.

Leefwêreld van die gestremde 15 Desember 2019 14.12.2019

Jacqui January gesels met 'n ma van 'n dogtertjie met 'n seldsame siekte, Rett-sindroom. Sy vertel van haar kind se ontwikkeling tot 18 maande en die algehele agteruitgang daarna. En Fanie du Toit hoor watter rol 'n teater speel in ondersteuningsgroepe vir mense met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 07.12.2019

Fanie du Toit praat met dr. Reinette Weyers, 'n ouer van 'n kind wat met outisme gediagnoseer is. Sy deel die pad wat sy en haar gesin gestap het. Sy gee ook raad aan ander wat hulleself in soortgelyke omstandighede bevind.

Leefwêreld van die gestremde 30.11.2019

Fanie du Toit praat met Richard Bremner van Graaff-Reinet oor die werksaamhede van Boundless, 'n werksfasiliteit vir persone met gestremdhede. Die projek vervaardig 'n verskeidenheid handgemaakte produkte, wat mense met gestremdhede in die landelike gebiede van die Oos-Kaap bemagtig.

Leefwêreld van die gestremde 23.11.2019

Jacqui January gesels met Hannes Viljoen, 'n aktivis wat hom beywer vir hulp aan ouers en versorgers van kinders met spesiale behoeftes. Hy stel binnekort 'n virtuele vergadersentrum bekend vir ouers waar hulle hulle probleme en uitdagings met mekaar kan deel. En Fanie du Toit hoor van maatskaplike dienste en werkskepping vir mense met gestremdhede in die Oos-Kaap.

Leefwêreld van die gestremde 16.11.2019

Jacqui January en Fanie du Toit gesels met die Nasionale Direkteur van die Raad vir en van Gestremdes, oor die program Leefwêreld van die Gestremde wat 17 jaar gelede op RSG begin het, en baanbrekerswerk tot gevolg gehad het. En Fanie du Toit hoor van gemeenskapsondersteuning vir rolstoelgebruikers. Mense bring vier ure in rolstoele deur, en moet take verrig soos om 'n badkamer te besoek en 'n kla...

Leefwêreld van die gestremde 09.11.2019

In die duisendste episode hoor Jacqui January van 'n seldsame siekte wat onverklaard veral by jong dogtertjies voorkom, en alle liggaamlike ontwikkeling en spraak kortwiek. Die kinders word normaal gebore en die ontwikkelingsproses gaan voort tot op die ouerdom van 10 tot 18 maande, waarna die ontwikkeling stop. En Fanie du Toit het meer gaan uitvind van die struktuur en ondersteuningsnetwerk vir...

Leefwêreld van die gestremde 02.11.2019

Jacqui January gesels met 'n diabeet wat onbewustelik sy voet verbrand het en nou 'n geamputeerde is. Hy werk nou saam saam met mense wat ook ledemate verloor het, om ander mense met dieselfde soort uitdagings te help. En Fanie du Toit vind meer uit van 'n netwerk vir ouer wordende persone, en die rol wat tegnologie speel om gehoor- en visuele gestremdhede vinniger op te spoor en te kortwiek.

Leefwêreld van die gestremde 26.10.2019

Fanie du Toit hoor van 'n innoverende digitale gehoorapparaat wat in Suid-Afrika vervaardig word. En Jacqui January gesels met Martyn le Roux oor die radiodrama wat hy geskryf het om bewusmaking en bedagsaamheid teenoor mense met gestremdhede te kweek.

Leefwêreld van die gestremde 19.10.2019

Fanie du Toit gesels met 'n persoon wat aan depressie ly. Sy vertel van die stigma daaraan verbonde, en antwoord vra oor die geestesongesteldheid. Jacqui January fokus op Internasionale Wit/Langkierie-dag. Sy hoor wat die doel van die dag is, en hoe hierdie hulpmiddel deur persone met siggestremdhede gebruik word.

Leefwêreld van die gestremde 12.10.2019

Fanie du Toit gesels met 'n persoon wat op tweejarige ouderdom met Aspergers se siekte gediagnoseer is. Hy vertel van die uitdagings van Aspergers en van die waardevolle lesse wat hy geleer het. En Jacqui January fokus op Geestesgesondheidsmaand. Sy hoor van die hoë getal selfdoodgevalle wêreldwyd n.a.v. geestesongesteldhede.

Leefwêreld van die gestremde 05.10.2019

Fanie du Toit gesels met Andrie Burger, 'n Menslike Boek. Hy is 'n deelnemer aan die die Menslike Biblioteek-projek. Persone met gestremdhede deel hulle stories, en laat ander toe om hulle die moeilike en ongemaklike vrae oor hulle uitdagings te vra. Jacqui January gesels met Brunhild Straus van Namakwaland oor die bystand wat hy bied aan persone met gestremdhede, as 'n persoon in 'n rolstoel. Hy...

Leefwêreld van die gestremde 28.09.2019

Fanie du Toit vertel van 'n unieke storie-vertel-konsep wat genesing kan bring. Human Library SA is 'n projek waar “menslike boeke” hulle stories vertel. 'n Veilige platform word geskep vir mense om hulle traumatiese ervarings te deel, en so ander te ondersteun. Jacqui January gesels met Veronica Vosloo, wat op tweejarige ouderdom blind geword het. Sy is getroud met 'n doof-blinde man. Veronica ve...

Leefwêreld van die gestremde 21.09.2019

Jacqui January kyk na Gebaretaal. Die VN het 23 September tot Wêreld Gebaretaaldag verklaar. Fanie du Toit gesels met Goodwin Thomas wat sy werk verloor het toe hy 'n rolstoel-gebruiker geword het. Hy werk deesdae in die nooddienste-afdeling van 'n hospitaal in Kimberley.

Leefwêreld van die gestremde 14.09.2019

Pasha Alden is blind gebore. Sy vertel van haar gidshond, Vanilla, en oe sy haar ander sintuie inspan om haar lewe te vervolmaak. Fanie du Toit sit sy gesprek met Therina Wentzel van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede voort, en fokus op die hantering van kinders met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 07.09.2019

Fanie du Toit gesels met Therina Wentzel van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede oor toegangklikheid en akkommodasie vir verskillende soorte gestremdhede in die toerismesektor. Jacqui January gesels met Douw Steyn van Plastiek SA oor 'n suksesvolle projek wat d.m.v. publieke deelname rolstoele voorsien aan behoeftiges. Lorna Norris gee ook terugvoer oor die verskil wat die proje...

Leefwêreld van die gestremde 31.08.2019

Jacqui January fokus op die grootste fondsinsamelingsinisiatief wat deur die publiek ondersteun word vir mense wat leef met gestremdhede. 'n Paar organisasies vir gestremdes wat baatvind by Loslitdag vertel van die hulp. En Fanie du Toit kyk na die praktiese implikasies van wette oor toegangklikheid in openbare plekke vir mense met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 24.08.2019

Jacqui January gesels met Andrew Brooks. Hy werk al 36 jaar lank by die Nasionale Biblioteek vir Blindes in Makhanda. Andrew vertel van die proses om oudioboeke te maak, en hoe hy d.m.v. sy werk bemagtig word. En Fanie du Toit gesels met Danie Marais van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede oor universele toegangklikheid, en die toepassing daarvan.

Höre den Podcast Leefwêreld van die Gestremde in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet