Maroela Media
Koelbloedig
Ons gesels in "Koelbloedig" oor ware misdaad in Suid-Afrika. Die eerste reeks deel verskeie forensiese deskundiges en spesialiste oor misdaad en misdaadondersoeke hul ervarings."Koelbloedig" word vervaardig deur Maroela Media.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: maroelamedia.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Koelbloedig | Langs outopsietafel word Blumenthal stem vir stilles 23.04.2025 19:06
Hoewel prof. Ryan Blumenthal, ’n senior forensiese patoloog, elke dag met die dood gekonfronteer word, beskou hy dié werk as sy roeping.
Koelbloedig | Waar is Joshlin? 13.03.2025 20:46
Dit is week twee van die langverwagte Joshlin Smith-verhoor waarin haar ma, Kelly, dié se kêrel, Jacquin Appollis, en hul vriend, Steveno van Rhyn, op aanklagte van mensehandel en ontvoering teregstaan. Vir dié episode van ‘Koelbloedig’ gesels Mariska Nanni met Elisma van der Watt, verslaggewer by Maroela Media, oor wat tans in die hof – en gemeenskap – aangaan.
Koelbloedig | Verlore geregtigheid: Die moordsaak van ds. Liezel de Jager 06.03.2025 18:23
Vir dié episode van Koelbloedig kyk Mariska Nanni na die moordsaak van ds. Liezel de Jager en of geregtigheid nog moontlik is noudat die hoofverdagte dood is. Sy gesels met die teenmisdaadaktivis Ian Cameron, wat Liezel se familie destyds bygestaan het, die strafregkenner dr. Llewellyn Curlewis en Isabel Venter, verslaggewer by Maroela Media.
Koelbloedig | Alison Botha: Verkrag, vermink, vir dood gelaat 27.02.2025 16:27
In dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni met dr. Tiaan Eilerd oor die nag toe hy op ʼn bebloede Alison Botha afgekom het, die verhoor van Frans du Toit en Theuns Kruger, en die uitwerking wat hul kortstondige vrylating op parool op Botha se gesondheid gehad het.
Koelbloedig | Van beïnvloeder tot tronkvoël 20.02.2025 15:29
Vir dié episode van Koelbloedig delf Mariska Nanni ʼn bietjie dieper in die kindermishandelingsaak wat nie net skokgolwe deur die VSA gestuur het nie, maar die ganse wêreld.
Koelbloedig | Nadia Lotz: Mishandel, vermoor, gefaal – maar hoop op geregtigheid lééf 13.02.2025 14:21
Vir dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni met Hendrik Lotz oor die jare lange web van huishoudelike geweld waarin sy susterskind, Nadia Lotz, vasgevang was voordat sy op 4 Maart 2023 wreed vermoor is.
‘Koelbloedig’ | Moeisame pad tot vergifnis ná Vaalharts-plaasmoord 05.12.2024 21:14
Vir dié episode van ‘Koelbloedig’ gesels Mariska Nanni met Heidi Taljaard oor die moord op haar ouers, Dan en Breggie Brand, en haar sussie, Elzabie Brand, op hul plaas in Vaalharts in die Noord-Kaap. Sy praat onder meer oor die impak wat dit op hul hele familie gehad het, die konsep van vergifnis en waarom dit nou nog moeilik is om te aanvaar dat drie wonderlike, weerlose mense so wreed vir twee...
‘Koelbloedig’ | Dodelike obsessie lei tot Stella-dubbelmoord 28.11.2024 30:39
Vir dié episode van “Koelbloedig”, Maroela Media se podsending oor ware misdaad, gesels Mariska Nanni oor die opspraakwekkende dubbelmoord op Stella in 2018.
‘Koelbloedig’-bonus-episode | Anika Smit: Vrae wat steeds spook 27.11.2024 9:00
Vir dié bonus-episode van “Koelbloedig” het Mariska Nanni ’n paar van die vrae wat die meeste oor die Anika Smit-saak gevra is, aan Mike Bolhuis van Specialised Security Services gevra.
‘Koelbloedig’ | Anika-raaisel ná 14 jaar steeds onopgelos 21.11.2024 18:02
Vir dié episode van Koelbloedig, Maroela Media se podsending oor ware misdaad, gesels Mariska Nanni met Mike Bolhuis oor sy onlangse toetrede tot die Anika Smit-saak en of daar tog nog hoop is dat haar moord wel opgelos sal word.
‘Koelbloedig’ | Ma’s in die beskuldigdebank 14.11.2024 22:07
In dié episode gesels Mariska Nanni met verslaggewers en kenners oor die Lauren Dickason en Madelein Ackerman-sake, die oorsake wat ouers moontlik kan dryf om hul kinders te vermoor, en die verdeeldheid onder lede van die publiek wanneer ’n ma in die beskuldigdebank staan.
‘Koelbloedig’ | Wanneer kinders moor 07.11.2024 21:14
Vir hierdie episode van ‘Koelbloedig’, Maroela Media se podsending oor ware misdaad, gesels Mariska Nanni met kenners oor hoe die wet minderjarige oortreders hanteer, gebreke in die stelsel en die Deveney Nel-moordsaak.
Koelbloedig | ‘Jou kinders is nou dood’ 31.10.2024 23:24
Charlotte van der Westhuizen het met Mariska Nanni gesels oor die aand wat haar gewese man, Marius, ’n voormalige polisiebeampte, hul kinders voor haar vermoor het.
‘Koelbloedig’ | Só word ‘Bloubultannie’ se doppie geklink 15.08.2024 23:24
Luister in dié episode van ‘Koelbloedig’ wat die rekonstruksie van ’n misdaadtoneel behels en hoe afgetrede lt.kol. Frans van der Merwe destyds te werk gegaan het om ʼn strik te stel vir Manda Reyneke, die ma wat ’n verhouding met haar dogter se Bloubulkêrel aangeknoop het en toe twee Nigeriërs gevra het om hom te vermoor.
‘Koelbloedig’ | Tweesnydende tegnologieswaard kan misdaad aanhelp of verhinder 08.08.2024 34:11
Luister gerus saam oor hoe tegnologie tot voordeel van ondersoeke en die stryd teen misdaad kan wees, maar ook hoe dit tot nadeel van Jan Alleman en selfs die polisie se pogings kan wees en wat jy kan doen om ’n aanlyn lokval vroegtydig uit te snuffel.
‘Koelbloedig’ | Leuen het maar kort been (vra gerus poligrafiste) 01.08.2024 34:10
In hierdie episode van “Koelbloedig” op Maroela Media gesels aanbieder Mariska Nanni met Charles Kemp van die Pisa-integriteitsasseseringsentrum oor poligraaftoetse, die betroubaarheid daarvan en of dit werklik so maklik is om ʼn poligraaftoets te fnuik.
‘Koelbloedig’: Op paaie van die dood 25.07.2024 31:25
Johan Fourie, 'n botsingsrekonstruksiekundige, was in sy loopbaan by verskeie hoëprofielsake betrokke, onder meer die botsing waarin Suid-Afrika se geliefde grapmaker Tolla van der Merwe dood is, asook die botsing waarin wyle oudpres. Nelson Mandela se agterkleindogter, Zenani, gesterf het.
‘Koelbloedig’| Sluipmoord opgelos, maar nie vergete 18.07.2024 36:07
In hierdie episode van “Koelbloedig” op Maroela Media neem afgetrede lt.kol. Lucas Visser, ʼn onafhanklike forensiese deskundige by Wesco Forensic Services, luisteraars terug na 10 April 1993 toe hy as jong polisiebeampte en forensiese analis getaak is om die sluipmoord op Chris Hani, voormalige SAKP-leier, te ondersoek.
‘Koelbloedig’ | Episode 1: Die stories wat moordtonele vertel 11.07.2024 37:05
Wessie van der Westhuizen ʼn onafhanklike ballistiese deskundige en uitvoerende hoof van Wesco Forensic Services vertel onder meer van sy betrokkenheid as deskundige by die Retief Liebenberg-saak, ʼn pa van Benoni aan die Oos-Rand wat vir die moord op sy dogter se vriend, Poena Visser, en dié se pa, Dewaldt, teregestaan het. Van der Westhuizen praat ook oor die belangrikheid van forensiese bewyse in...
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet