Jan Oosthuizen
JanOosthuizen
Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)
Autor
Jan Oosthuizen
Kategorie
Podcast-Website
Neueste Folge
14. Jun 2026
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
#2 Leef in oorwinning - Geestelike Gimnasium 27.10.2024 50:35
Deel 2 van die reeks oor LEEF IN OORWINNING Ons leef in ’n tyd met al hoe meer mense wat worstel met geestesgesondheidskwessies ten spyte van al die tegnologiese uitvindsels van die moderne wêreld. In hierdie boodskap beklemtoon Jan Oosthuizen die geestelike praktyke soos gebed, meditasie, gemeenskap en selfrefleksie, en nog baie meer wat volgens studies 'n beduidende afname in spanning en angs to...
#1 Leef in Oorwinning - 'n Jesus identiteit en bewussyn 20.10.2024 51:02
#1 Leef in Oorwinning - 'n Jesus identiteit en bewussyn Ons oorwinning oor die buite wêreld vind eers plaas wanneer ons, ons binnewêreld onder beheer het. In die Bybel word ons identiteit, bewussyn, emosies, begeertes, gedagtes, wil en bedoelings dikwels met die woord "hart" geassosieer en vertaal wat sentraal tot 'n persoon se verhouding met God en ander staan. Hoe ons, ons HART bestuur en or...
Jesus, die Lig in ‘n donker werêld 💡 29.09.2024 54:54
Chantál Oosthuizen bedien die Woord van die Here.“Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”” JOHANNES 8:12 AFR83
Hoekom die regte vriende saak maak 22.09.2024 1:01:48
HOEKOM DIE REGTE VRIENDE NOODSAAKLIK IS. Hoe om die regte vriende te maak en hulle te behou! Onlangs op ’n internasionale platform saam met Trevor Noah, het die bekende spreker en leierskap spesialis Simon Sinek verras met sy huidige fokus. Hy het beklemtoon hoe belangrik "die behoud van kwaliteit vriendskappe" vir hom geword het, veral namate sy lewe met roem besiger geword het. Wat ver...
Die oorwinning wat die wêreld oorwin het - jou GELOOF 16.09.2024 58:57
Dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. 1 John 5:4 Ons leef in ’n tyd van groot vertwyfeling en skeptisisme. Alles word bevraagteken – van ons geloofsoortuigings tot die basiese waarhede wat eens onwrikbaar was. Ons oorwinning in die lewe, oor sonde en omstandighede, is deur geloof. Om swak in geloof te wees, is dus 'n geleentheid vir sonde om in te sluip. Om '...
Hoe om reg te oordeel 08.09.2024 48:34
In 'n wêreld vol misverstande, verskille en oppervlakkige aannames, het ons as Christene 'n verantwoordelikheid om anders te oordeel as wat die wêreld doen. Ons word geroep om met wysheid, regverdigheid en liefde te oordeel, en nie op grond van voorkoms of vinnige gevolgtrekkings nie. Jesus waarsku teen die gevare van oppervlakkige oordeel en daag ons uit om die hart en motiewe van mense t...
“Die Here se definisie van Seën” #4 Bergpredikasie Reeks 01.09.2024 44:43
Die wêreld dink hulle is geseënd as hulle iewers bietjie geld verniet kry, of ’n groot geskenk, ’n nuwe motor of huis bekom, of sukses, aansien of status verkry! Jesus het heeltemal ’n ander definisie van die seën van die Here! Kom leer vanoggend saam met Chantál Oosthuizen wat God as geseënd beskou, en word verryk met Sy genade en guns!! #Seën #Blessing #Genade #Guns #Waarheid
Hoe het die Saligsprekinge die Wêreld Verander? 25.08.2024 49:30
#3 Hoe het die Saligsprekinge die Wêreld Verander? 🕊️ Bergpredikasie Reeks In die tyd van Jesus was die Romeinse Ryk die toonbeeld van mag, oorheersing en beheer. Dit was ’n ryk gebou op politieke magsbeheer, militêre oorheersing, ekonomiese uitbuiting en die ideologie van meerderwaardigheid. Rome se visie van vrede, of die "Pax Romana", was vrede wat deur geweld en vrees afgedwing is—’n...
Hoe om toksiese mense met liefde te neutraliseer 18.08.2024 47:19
Ons almal ken die natuurlike neiging: As iemand jou seermaak, wil jy terugseermaak. As iemand onreg teenoor jou pleeg, wil jy geregtigheid hê. Dis hoe die wêreld werk—daar is 'n sterk gevoel van "oog vir 'n oog." Maar Jesus kom en stel 'n totaal ander beginsel voor: Liefde vir jou vyand. Hoe radikaal is dit nie? Jesus sê in Matteus 5:44 : "Maar Ek sê vir julle: Julle moe...
Die een karakter eienskap waarsonder ons samelewing nie kan bestaan nie - BETROUBAARHEID 11.08.2024 49:34
Jesus se benadering is eenvoudig: Heilig die mens-tot-mens, van aangesig-tot-aangesig interaksie. Elke mens wat in die beeld van God geskape is kyk mekaar in die oë en onderhandel met mekaar totdat 'n ooreenkoms bereik is - dan word daar 'n besluit geneem wat vir elkeen wederkerig reg en waar is. Hierdie interaksie is heilig en bindend! "Sorg dat julle ja altyd ja bly en julle nee alt...
#7 Vraatsug - DISSIPLINE 04.08.2024 47:56
Die liggaam is soos 'n ongetemde dier: Ons moet leer om elkeen ons eie liggame te leer ken, sy seine en siklusse te verstaan, en soos 'n sportsman/vrou onsself te ontwikkel om voluit in Sy volheid die potensiaal wat die Here ons gegee het te ontsluit. Ons het ALMAL by ’n sekere lekker-eet-geleentheid te veel voedsel verorber!! BRASSERY!! Maar vraatsug kan ’n lewenstyl raak, en sodoende ’n...
#6 Wellus - HEILIGE INTIMITEIT 29.07.2024 53:07
'n Mens sou dink dat, met die samelewing se tegnologiese vooruitgang en toegang tot meer inligting en hulpbronne as ooit tevore, ons seksuele immoraliteit sou kon beheer deur beter ingeligte besluite te neem. Maar die teendeel is waar – seksuele immoraliteit neem drasties toe!'n bad sonder die propWat my die meeste verras oor die mensdom, is dat ons verveeld raak met ons kinderjare en haas...
#5 Woede - SELFBEHEERSING 21.07.2024 55:08
#5 Woede - SELFBEHEERSING Die wêreld is vol van verkeerde woede. Verbale aggressie met afbrekende en neerhalende woorde het al menige lewens verwoes. Gesinsgeweld, aanranding en gereelde woedeuitbarstings verander die huis wat bedoel is as ʼn plek van veiligheid in ʼn oorlogsveld. Ons is meestal negatief ingestel teenoor enige vorm van woede. As iemand sy of haar stem verhef, begin ons dadelik om on...
#4 Hebsug - VERGENOEGDHEID 15.07.2024 45:48
Van die dodelike Sondes, word afguns die meeste weggesteek en geheim gehou, omdat dit so gruwelik lelik en moorddadig is. Sekerlik beleef elke mens van tyd tot tyd jaloesie, al is dit vir 'n vlietende oomblik. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. (Exo 20:17 )...
#3 Luiheid - PLIGSGETROUHEID 08.07.2024 42:02
Luiheid is soos 'n parasitiese kanker wat moderne mense verlam, met 'n voorliefde vir toenemende gerief en luuksheid. Moderne geriewe en tegnologie, bedoel om take te vereenvoudig en fisiese arbeid te verminder, lei dikwels tot inaktiwiteit. Soos samelewings gewoond raak aan gerief en luuksheid, ontwikkel mense 'n afkeer teen pyn en handearbeid. Dit verminder veerkragtigheid en werkver...
#2 Gierigheid - VRYGEWIGHEID 30.06.2024 51:45
Ons nooi jou hartlik uit na 'n besondere geleentheid waar Chantal Oosthuizen ons uit die Woord van die Here gaan bedien. Ons gaan ons harte ondersoek en fokus op die dodelike sonde van gierigheid. Gierigheid, hebsug, suinigheid, begerigheid, onvergenoegdheid en ontevredenheid is almal deel van dieselfde familie, gebore uit vrees en vleeslike ambisie. Die Bybelse teenmiddel hierteen is vrygewig...
#1 Hoogmoed - NEDERIGHEID 23.06.2024 46:58
Tye verander maar SONDE is nog steeds net so vernietigend soos altyd! Sonde verwoes verhoudings, dit is direkte ABUSE van die mees kwesbare mense naaste aan jou. Niemand is sonder sonde nie. (Rom 3:23 ) In die volgende 7 weke gaan ons elkeen van hierdie sondes onder die soeklig van God se Woord plaas, maar ook die Bybelse TEENMIDDEL vind om dit te oorwin! Hoogmoed (Pride) NEDERIGHEID Gierigheid (G...
'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir Almal 16.06.2024 58:10
'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir AlmalOns is getuies van 'n merkwaardige verandering in Suid-Afrika – 'n nuwe era van samewerkende regering. (Regering Nasionale Eenheid)Ons het landwyd verenig in gebed en intersessie. Natuurlik moet ons aanhou bid dat die laaste stuiptrekkings van populistiese verdeeldheid nie die delikate eenheid en samewerkings-ooreenkoms laat verb...
8 Bestandele vir 'n Gesonde Lewe 09.06.2024 43:30
’n Gesonde lewe behels gesonde gewoontes! Ons sien in Jesus se lewe die perfekte balans om na liggaam, siel en gees gesond te wees, en God daardeur te verheerlik. Soos die bestandele in ’n sop is hierdie 8 fokus areas van wesenlike belang om gesond te wees en te bly. 1 Skakeling - Verhouding met God, self en naaste2 Oefening - Wat ons nie gebruik nie verloor ons 3 Rus - Slaap, afskakel, middagslap...
Sy HEERLIKHEID in gebroke kruike 02.06.2024 54:22
Die heerlikheid van die mens vergaan soos politieke partye kom en gaan… maar die heerlikheid van Christus IN en ONDER ons wat Hy deur Sy Gees in ons harte uitgestort het… kan nie vergaan nie!! Dit is die KRAG en WONDER van die NT Evangelie “goeie nuus” boodskap! Jesus die Hoop op heerlikheid. (Col 1:27) Hierdie koninkryk se heerlikheid kan nie geskud word nie (Heb 12:24) inteendeel die kom juis to...
Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe 28.05.2024 34:35
Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe. Ons innerlike lewe is 'n weerspieëling van ons verhouding met God en beïnvloed hoe ons die eksterne wêreld hanteer. Deur te fokus op aspekte soos selfgesprek, gesonde Christus gesentreerde selfbeeld, teenwoordigheid van gees, God-Binne-My-bewussyn, die gawes van die Gees, die vrug van die Gees kan ons 'n gesonde innerlike lewe kweek wat God verheerli...
God se droom oor die HEMEL 19.05.2024 48:55
Ons begeerte na die hemel, is meestal met 'n lens van, wat is in dit vir my? Gaan dit lekker wees? Pyn vrye sondelose bestaan klink mos immers hemels! Tog is dit duidelik dat die Hemel die kulminasie is van God se storie met die mens. En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ’n God wees, en júlle sal vir M...
DIE RESTORASIE VAN ALLE DINGE 14.05.2024 32:47
Ons lewe in ’n wêreld van toenemende wanhoop!! Ons jongmense het nie iets konkreet positief waarna hulle kan uitsien nie: Aardverwarming, Populasie aanwas, Ekonomiese uitdagings, politieke onsekerheid, wêreldkonflik laat mense sonder HOOP! Ons sien hierdie tragiese realiteit in die toenemende hoeveelheid mense wat selfmoord pleeg, en die gebruik van antidepresante! JESUS KONDIG ’n VOLKOME NUWE RES...
Die HEMEL is 'n werklikheid 05.05.2024 45:15
’n Nuwe wetenskaplike studie van naby-dood ervarings BEWYS onteenseglik "daar is LEWE na die DOOD. (Evidence of the Afterlife | Largest NDE study reveals proof of life after death | The science of Near-Death Experiences | Jeffrey Long & Paul Perry). Van die 1300 mense wat aan die studie deelgeneem het is die volgende stories konsekwent waargeneem: 1. Buite-liggaamlike ervaring (BLE): Skei...
Gebede wat Beantwoord Word 28.04.2024 44:40
Die laaste tyd voel ek in my gees, ’n groter dringenheid om te bid. Ons beleef natuurlik ook meer nood en drama, en gevolglik roep ons die Here aan in hierdie tye van nood. Maar hoe beweeg ons van versoeke bid tot die Here tot praklamasies en dade waar ons een is met die Here om Sy wil te doen? Gebede dus wat beantwoord word! Luister na hierdie boodskap as jy jou gebedslewe wil vernuwe!
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet