RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Hoe verklaar jy dit? 26 Oktober 2025 26.10.2025 23:06
Die wonder van vlug – mense vra gereeld hoe dit moontlik is vir vliegtuie om op te styg en in die lug te bly. Hoe is dit moontlik dat ‘n klip van 100 x 55mm en ‘n gewig van 160 gram, in ‘n bosbok se maag gevind is. Eet hulle klippe?
Hoe verklaar jy dit? 19 Oktober 2025 19.10.2025 20:41
Wat maak Suid-Afrika se orgedieë só spesiaal teenoor spesies in ander lande? Hoe pas sekere insekte in die ekostelsel in?
Hoe verklaar jy dit? 12 Oktober 2025 12.10.2025 22:27
Mannetjie-voëls is gewoonlik meer kleurvol as die wyfie. Is dit dieselfde geval by reptiele? Wat is die mees verrassende of teen-intuitiewe bevinding wat uit die navorsing oor insek/plant-interaksies kom?
Hoe verklaar jy dit? 5 Oktober 2025 05.10.2025 23:03
Hoe kry die sypikslang dit reg om van die kant van sy kop te kan pik? Hoe vorm sinkplaat-oppervlaktes op grondpaaie?
Hoe verklaar jy dit? 28 September 2025 28.09.2025 21:23
Hoekom is daar apies wat na Potchefstrooms se universiteit toe gaan? Hoe lank kan brulpaddas onder die grond bly voor hulle moet uitkom? Waarvan lewe dassies, en hoe het gebeur dat hulle in woongebiede voorkom, en nie net op berge en koppies nie?
Hoe verklaar jy dit? 21 September 2025 21.09.2025 22:38
Hoekom jeuk ‘n mens? Wat is ’n paar merkwaardige voorbeelde van inseknavigasie en insekmigrasiepatrone?
Hoe verklaar jy dit? 14 September 2025 14.09.2025 21:49
Papegaaie kan soms so duidelik praat, maar hoekom reageer die honde en katte nie op hulle stemme, of unstriksies nie? Wat is fassinerend aan die Nylmonitor-likkewaan in Suid-Afrika, en hoe speel hulle 'n deurslaggewende rol in hulle ekostelsels?
Hoe verklaar jy dit? 7 September 2025 07.09.2025 21:57
Is dit waar dat ‘n nuwe stokinsek in Australië ontdek is? Hoe is dit moontlik dat niemand dit al vroeër opgelet het nie? Waarom kry seekoeie en krokodille so min sepsis met sulke diep oop wonde wat tydens gevegte opgedoen word, in die vuil water waarin hulle leef? Kan ons iets daaruit leer?
Hoe verklaar jy dit? 31 Augustus 2025 31.08.2025 22:54
Is die jag van diere ʼn goeie of slegte ding vir die ekologie, en hoe kan iemand seker wees? Hoekom word sodawater van koolsuurgas en CO2 gemaak, en nie van suurstof en O2 nie?
Hoe verklaar jy dit? 24 Augustus 2025 24.08.2025 22:44
Is dit so dat insekte mekaar kan naboots, en indien wel, wat sou die rede hiervoor wees? Voed muskiete op paddas?
Hoe verklaar jy dit? 17 Augustus 2025 17.08.2025 22:57
‘n Slang en ’n voël - watter een is die predator? Hoe het vervloë dae se kristalradios gewerk?
Hoe verklaar jy dit? 10 Augustus 2025 10.08.2025 23:11
Daar is ‘n droë dam, bietjie reën en die babers is vollop, waar kom hulle vandaan? Wat beïnvloed die tyd wanneer bome uitloop, en hoekom is dit nie altyd dieselfde tyd nie?
Hoe verklaar jy dit? 3 Augustus 2025 03.08.2025 23:11
As duiwe so volop is, hoekom vang valke en arende selde of ooit een? Moes daar, in terme van evolusie, nie 'n aanwas van roofvoëls plaasgevind het teen hierdie tyd nie? Hoe kommunikeer walvisse en dolfyne met behulp van klank onder die water?
Hoe verklaar jy dit? 27 Julie 2025 27.07.2025 21:27
Hoe werk aposematisme by insekte om d.m.v. kleure en geure roofdiere af te skrik? Wat maak die Namib-duinadder uniek?
Hoe verklaar jy dit? 20 Julie 2025 20.07.2025 22:41
Mense met sinestesie kan kleure sien wanneer musiek speel, of geure proe wanneer hulle sekere woorde hoor. Hoe word spieëlaanraking-sinestesie verklaar? Wat beïnvloed of veroorsaak temperatuur?
Hoe verklaar jy dit? 13 Julie 2025 13.07.2025 22:46
Wat gebeur in ‘n kameelperd se elelange nek en keel wanneer hulle water drink, en hoe affekteer hulle bene se posisie die drinkproses? Hoe werk aposematisme by insekte om d.m.v. kleure en geure roofdiere af te sit?
Hoe verklaar jy dit? 6 Julie 2025 06.07.2025 22:22
Hoe het die rotsluislang die ekostelsels in Suid-Afrika beïnvloed, en watter bewaringspogings is daar om hierdie spesie te beskerm? Hoekom is daar ‘n skielike toename in groot bruin motte in die Vrystaat?
Hoe verklaar jy dit? 29 Junie 2025 29.06.2025 22:33
By die Augrabiese Waterval is strepe teen die berg opgelet. Wat het die strepe veroorsaak? Kan ‘n troosmiddel (placebo) mense regtig beter maak, of is dit alles maar net in die persoon se kop?
Hoe verklaar jy dit? 22 Junie 2025 22.06.2025 22:42
Is dit waar dat daar tans geen teengif vir slangbyte in Suid-Afrika is nie? Hoe het water ontstaan op aarde?
Hoe verklaar jy dit? 15 Junie 2025 15.06.2025 22:28
Hoe haal die oranjelonglose-spinnekop asem as dit nie longe het nie? Is houtkewers gevaarlik vir mense? Sosialiseer insekte, en watter lesse kan ons uit hulle kommunikasie leer?
Hoe verklaar jy dit? 8 Junie 2025 08.06.2025 21:45
Wat presies is ekosisteemdienste, en hoe noodsaaklik is dit vir menslike welstand? Wat maak die Tambotieboom so ongelooflik?
Hoe verklaar jy dit 1 Junie 2025 01.06.2025 23:02
Wat is klipsweet, en watter rol speel dit in parfuum? Hoe is dit moontlik dat ‘n stralekrans om iemand se kop gevorm kan word, en wat is die presiese omstandighede om dit te kan vasvang?
Hoe verklaar jy dit? 25 Mei 2025 25.05.2025 21:04
Is dit waar dat spraak voor die genus Austrolopiticus nie moontlik was nie aangesien hulle in daardie stadium nie beskik het oor 'n tongbeen of hyoïdbeen nie? En, ons sit die gesprek oor inseksosialisering voort.
Hoe verklaar jy dit? 18 Mei 2025 18.05.2025 22:57
Op skool leer ons paddas lê eiers in stringe, maar dit is net waar vir een soort padda. Wat doen die ander paddas? Hoe het die poffadder sy unieke hittewaarnemende put ontwikkel?
Hoe verklaar jy dit? 11 Mei 2025 11.05.2025 22:27
Hoekom maak ‘n essenhoutboom geluide wanneer daar sap en skuim uit die stam gestoot word? Hoe beïnvloed die hoek van 'n oprit die beweging van 'n voorwerp wat daar afrol?
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet