RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Hoe verklaar jy dit? 15 Junie 2025 15.06.2025 22:28
Hoe haal die oranjelonglose-spinnekop asem as dit nie longe het nie? Is houtkewers gevaarlik vir mense? Sosialiseer insekte, en watter lesse kan ons uit hulle kommunikasie leer?
Hoe verklaar jy dit? 8 Junie 2025 08.06.2025 21:45
Wat presies is ekosisteemdienste, en hoe noodsaaklik is dit vir menslike welstand? Wat maak die Tambotieboom so ongelooflik?
Hoe verklaar jy dit 1 Junie 2025 01.06.2025 23:02
Wat is klipsweet, en watter rol speel dit in parfuum? Hoe is dit moontlik dat ‘n stralekrans om iemand se kop gevorm kan word, en wat is die presiese omstandighede om dit te kan vasvang?
Hoe verklaar jy dit? 25 Mei 2025 25.05.2025 21:04
Is dit waar dat spraak voor die genus Austrolopiticus nie moontlik was nie aangesien hulle in daardie stadium nie beskik het oor 'n tongbeen of hyoïdbeen nie? En, ons sit die gesprek oor inseksosialisering voort.
Hoe verklaar jy dit? 18 Mei 2025 18.05.2025 22:57
Op skool leer ons paddas lê eiers in stringe, maar dit is net waar vir een soort padda. Wat doen die ander paddas? Hoe het die poffadder sy unieke hittewaarnemende put ontwikkel?
Hoe verklaar jy dit? 11 Mei 2025 11.05.2025 22:27
Hoekom maak ‘n essenhoutboom geluide wanneer daar sap en skuim uit die stam gestoot word? Hoe beïnvloed die hoek van 'n oprit die beweging van 'n voorwerp wat daar afrol?
Hoe verklaar jy dit? 4 Mei 2025 04.05.2025 22:30
Hoekom word sekere bye meer aangetrek na die kos wat mense eet, eerder as na blomme? Wat is ASMR? Hoe weet ons dit ontspan mense? Wat as dit eintlik die teenoorgestelde doen?
Hoe verklaar jy dit? 27 April 2025 27.04.2025 23:28
Hoe is dit moontlik dat voëls nooit met mekaar bots wanneer hulle in vlug is nie, veral as hulle in teenoorgestelde rigtings vlieg, en om hoeke by huise en geboue waar hulle nie kan sien wat aan die anderkant is nie? Waar kom al die wanpersepsies oor die swartmamba vandaan?
Hoe verklaar jy dit? 20 April 2025 20.04.2025 22:42
Wat is die mees fassinerende voorbeeld van insek-sosialiteit, en wat kan dit ons leer oor samewerking en kommunikasie by diere? Hoe kry 'n uitgebrande protea dit reg om ondanks sy of haar oorlye nog tekens van lewe te wys, soos lewende sirkels wat draai in ander nuwe sirkels, asof die sirkels oneindig is?
Hoe verklaar jy dit? 13 April 2025 13.04.2025 22:38
Hoe is dit moontlik vir ‘n perdeby om haar eiers in ‘n lewende spinnekop te lê en die spinnekop aan die lewe te hou? Waar hiberneer ‘n padda? As dit ondergrond is, hoekom spit meer mense nie paddas in die winter op nie?
Hoe verklaar jy dit? 6 April 2025 06.04.2025 22:34
Hoe is dit moontlik dat paddas oor die land, en tussen provinsies kan trek, en watter les kan ons daaruit leer Indien die aarde so vinnig draai, hoekom hoor ons nie die gesuis van wind in ons ore nie?
Hoe verklaar jy dit? 30 Maart 2025 30.03.2025 21:27
Het jy geweet dat voëls tande gehad het? Hoekom het hulle die tande verloor, en opgeëindig met ‘n snawel Waar kom kleremotte vandaan? Hoe kan mens ontslae raak van hulle sonder om naftaleen te gebruik?
Hoe verklaar jy dit? 23 Maart 2025 23.03.2025 22:44
Wat is die korrekte manier om die stompneuskewer uit te roei? Ná ‘n smaaklike ete van hoendermagies, vra 'n luisteraar wat die doel van hierdie spiermaag is, en of ander diere ook sulke spiermae het?
Hoe verklaar jy dit? 16 Maart 2025 16.03.2025 22:48
Siende dat muskiete paddas toepak, kan paddas malaria kry? Wat is die rooi wurmpies wat gereeld uit die kraan uitkom saam met die water, veral op die platteland?
Hoe verklaar jy dit? 9 Maart 2025 09.03.2025 23:48
Hoe word klank veroorsaak of geskep, en wat presies vind plaas op daardie oomblik wanneer dit voortgebring word. Wat veroorsaak dat klank hard of sag is? Moet 'n huis met asbesplafonne en -mure gesloop word, of kan verf die gevare onder beheer hou?
Hoe verklaar jy dit? 2 Maart 2025 02.03.2025 22:58
Wat gebeur met paddavissies se sterte? Watter uitwerking het sonpanele op die veranderde weerspatrone wat ons deesdae ervaar?
Hoe verklaar jy dit? 23 Februarie 2025 23.02.2025 21:09
Ons vind meer uit van albino voëls, goudgeel wurmpies wat in vlieë woon, en bye se verslawing aan hoenderkos.
Hoe verklaar jy dit? 16 Februarie 2025 16.02.2025 23:01
Hoekom skree reënpaddas? Hoe bly die suurstofpersentasie in die atmosfeer konstant?
Hoe verklaar jy dit? 9 Februarie 2025 09.02.2025 22:18
Stel jou voor dat 'n Boeing 747 op 'n vervoerband staan, so breed en lank soos 'n aanloopbaan. Die vervoerband is ontwerp om presies by die spoed van die wiele te pas en in die teenoorgestelde rigting te beweeg. Kan die vliegtuig opstyg? Is dit waar dat krokodille nader verwant is aan voëls as aan akkedisse en slange?
Hoe verklaar jy dit? 2 Februarie 2025 02.02.2025 21:55
Die Aarde het ʼn wonderlike vermoë om homself te reguleer, en ons sien dit in die natuur, só is die mens nie skynheilig deur kwansuis die Aarde te wil regd nie? Vugtevliegies en muggies daag uit die bloute op in die kombuis as daar ryp vrugte is. Waar broei hulle, en wat is hulle aantrekkingssintuie?
Hoe verklaar jy dit? 26 Januarie 2025 26.01.2025 22:15
Wat is teoretiese wiskunde. Hoe word dit gebruik, en waarvoor?
Hoe verklaar jy dit? 19 Januarie 2025 19.01.2025 23:06
Hoekom maak ‘n tortelduif ‘n hoorbare, vinnige vlerkklap en vlieg amper loodreg in die lug op, en sweef dan grond toe met uitgespreide stert en vlerke in ‘n spiraal? Hoe weet 'n men's wanneer 'n sampioen giftig of eetbaar is?
Hoe verklaar jy dit? 12 Januarie 2025 12.01.2025 20:55
Kan ‘n padda in melk, suurmelk verhoed? Hoe maak vuurvliegies lig, en watter ander lewende wesens kan dit ook doen?
Hoe verklaar jy dit? 5 Januarie 2025 05.01.2025 22:13
Ons praat oor die klanke wat dinosourusse gemaak het, hoe mense dit weet, hoekom sekere dinosourusse oorleef het, en in watter diere ons vandag trekke van dinosourusse vind.
Hoe verklaar jy dit? 29 Desember 2024 29.12.2024 22:39
Is jy met die maan-fases gepla? Hoekom kan maanverduistering nie voorspel word nie? Hoe kry babahaaitjie dit reg om uit ‘n haaieier (wat baie hard is) te kom?
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet