RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 731 Folgen

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Science

Podcast-Website

www.rsg.co.za

Neueste Folge

11. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Hoe verklaar jy dit? 19 April 2026 19.04.2026

Het jy al ooit gewonder hoekom ’n hond reageer op mense se stemme, maar nie op ’n papegaai wat presies dieselfde naam roep nie? En, kan paddas rêrig vlieg, of is dit net ’n wolhaarstorie?

Hoe verklaar jy dit? 12 April 2026 12.04.2026

Daar is lewende organismes diep in die oseaan, wat onder sulke ekstreme druk leef dat hulle selle fisies anders gebou is. Ons hoor hoe lewe kan aanpas by toestande waar ’n mens binne sekondes sou sterf, en wat dit vir ons begrip van lewe self beteken. Lig kan miljarde jare lank deur die ruimte reis sonder om “moeg” te raak, omdat dit nie energie verloor soos gewone bewegende voorwerpe nie. Wat sê...

Hoe verklaar jy dit? 5 April 2026 05.04.2026

Miljoene jare gelede het iets begin, wat vandag nog die Kaap en Namakwaland uniek maak — ’n landskap só ryk aan plantedat dit nêrens anders op aarde bestaan nie. Wat lyk soos ’n slang wat oor sement beweeg, maar nie ’n slang is nie? Dis duisende larwes wat saam migreer! Hoekom? Waarheen? En wat gebeur volgende?

Hoe verklaar jy dit? 29 Maart 2026 29.03.2026

Ons vind uit hoe fyn verweef jou lewe met die natuur is, en hoekom die gesondheid van ekostelsels eintlik oor jou toekoms gaan. Wat gebeur wanneer diere oor generasies selektief geteel word? Watter onbedoelde biologiese nadele ontstaan so?

Hoe verklaar jy dit? 22 Maart 2026 22.03.2026

Nie alle insekte wat jy in jou tuin sien, eet jou plante nie. Sommige, soos bidsprinkane en sekere kewers, is roofinsekte wat ander insekte jag en opvreet. Hulle werk dus soos klein natuurlike plaagbeheeragente, wat help om plantvreters in toom te hou. Ons kyk na die rol wat sekere insekte speel in ’n tuin of ekosistelsel, en hoekom sommige insekte eintlik jou plante se beste beskermers kan wees....

Hoe verklaar jy dit? 15 Maart 2026 15.03.2026

Wanneer ’n kolonie roosluise oorvol word, of die plant swak word, ontwikkel sommige rooiluise vlerke, en vlieg na nuwe plante om ’n nuwe kolonie te begin. Het jy geweet dat ongeveer 90% van Madagaskar se plante en diere endemies is? Dit beteken hulle kom nêrens anders op aarde voor nie. Dis omdat die eiland al sowat 88 miljoen jaar geïsoleer is van ander kontinente.

Hoe verklaar jy dit? 8 Maart 2026 08.03.2026

Onder watter omstandighede byt slange droog? Hoekom lyk dit of sekere voëls en diere beter aanpas by veranderende omgewings as ander?

Hoe verklaar jy dit? 1 Maart 2026 01.03.2026

Hoekom is die mure van grotte, waar daar gewoonlik geen sonlig is nie, groen? Kan swaartekrag uitgeskakel word deur lug of atmosfeer te verwyder?

Hoe verklaar jy dit? 22 Februarie 2026 22.02.2026

Kan diere morele keuses maak, of lyk dit net so vanuit ’n menslike perspektief? Hoe affekteer menslike geraas, soos verkeer en konstruksie, diere se gedrag in die natuur?

Hoe verklaar jy dit? 15 Februarie 2026 15.02.2026

Wat is die verskillende stadiums van gedaanteverwisseling by insekte? Hoekom word daar gereeld slange in huise gevind? Wat is die aantrekkingskrag?

Hoe verklaar jy dit? 8 Februarie 2026 08.02.2026

Kan paddas vlieg? Hoekom kan narkose gevaarlik wees vir mense wat vetinspuitings gebruik? Wat is ‘n laser-geïnduseerde afbreekspektroskopie?

Hoe verklaar jy dit? 1 Februarie 2026 01.02.2026

Waarom dryf bote op water, maar rotse sink? Wat het simbiose te doen met die maak van parfuum?

Hoe verklaar jy dit? 25 Januarie 2026 25.01.2026

Wat is die kikkervis-garnaal, en watter rol vervul dit in sy ekostelsel? Wie het die grootste impak gehad op die benaming van diere en insekte in Suid-Afrika?

Hoe verklaar jy dit? 18 Januarie 2026 18.01.2026

Wat is die mag van kamoflering by insekte en diere? Hoe produseer sonbesies hulle klank, en hoe is dit moontlik dat sonbesies elke x-hoeveelheid jare klokslag verskyn en verdwyn?

Hoe verklaar jy dit? 11 Januarie 2026 11.01.2026

Hoe algemeen is dit om ‘n perdehaarwurm in ‘n bidspringkaan te vind? Hoekom moet ons ons selfoonbatterye vol laai voor eerste gebruik, en is dit nodig om altyd jou battery vol te laai daarna?

Hoe verklaar jy dit? 4 Januarie 2026 04.01.2026

Watter stappe moet jy doen wanneer ‘n slang jou hond pik? Hoekom is katte minder die slagoffer van slange? Wat is die verhouding tussen insekte en plante? Wanneer suig die insek, en wanneer kou hulle?

Hoe verklaar jy dit? 28 Desember 2025 28.12.2025

Tydens die wintermaande is sekere swaeltjies in die Vrystaat gewaar. Het hulle die emigrasiebus verpas? Hoe kwaak ‘n padda? Is daar stembande, of is dit ‘n klank wat die ly produseer?

Hoe verklaar jy dit? 21 Desember 2025 21.12.2025

Waarom het teleskope geboë spieëls of lense om voorwerpe in die verte te vergroot? Hoe is dit dat die Piet-my-vrou so skielik uit die niet verskyn, en aanhoudend roep? Waar is hulle tydens die wintermaande?

Hoe verklaar jy dit? 14 Desember 2025 14.12.2025

Hoekom verander ‘n springkaan van kleur nadat hy die blom van ‘n sterlizia gevreet het? Hoe is dit vir geitjies moontlik om teen mure, selfs plafonne, te hardloop?

Hoe verklaar jy dit? 7 Desember 2025 07.12.2025

Wat is die verhouding tussen plante en insekte – wie voed eintlik die ander? Wat is die doel van die vagus-senuwee?

Hoe verklaar jy dit? 30 November 2025 30.11.2025

Die boomslang het ‘n slegte reputasie, maar is al die gruwelstories waar? Wat sou gebeur as ons nooit weer tuin sou maak nie, en ons los alles om self te groei en oorleef?

Hoe verklaar jy dit? 23 November 2025 23.11.2025

Hoe hoog vlieg voëls? Hoe dra die bergskilpad by tot saadverspreiding in die Suid-Afikaanse ekostelsel?

Hoe verklaar jy dit? 16 November 2025 16.11.2025

Hoe beïnvloed die hoek van 'n oprit die beweging van 'n voorwerp wat daar af rol? Wat is die mees fassinerende voorbeeld van simbiose wat Dave Pepler in sy navorsing teëgekom het? Wat kan dit ons oor die natuurlike wêreld leer?

Hoe verklaar jy dit? 9 November 2025 09.11.2025

‘n Luisteraar het ‘n videogreep ingestuur waar ‘n kewer ‘n ander laat ontplof! Waar gaan daar aan? Hoe verander sekere spesies van geslag? Watter omstandighede veroorsaak hierdie verandering?

Hoe verklaar jy dit? 2 November 2025 02.11.2025

Hoe verskil waterkewers van landlewende kewers? Wat presies is ryp, onder watter weersomstandighede vorm dit, en wat is die verskillende soorte ryp?

Höre den Podcast Hoe verklaar jy dit? in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet