RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Van leerlooier tot drukker 21.10.2025 6:26
Kate Coetzee was'n behendige leerlooier van beroep in die Oos-Kaap. Sy en haar gesin het toe op Swellendam in die Overberg gaan nesskop. Sy het kopgekrap oor wat om te doen. Deesdae het sy vir
Nagmaalwyn in die kroeg! 21.10.2025 1:12
Die Katolieke kerk in Kenia het nou ‘n Suid-Afrikaanse verskaffer vir hulle wyn wat vir die Heilige Mis gebruik word. Dié skuif is gemaak nadat die plaaslike verskaffer die wyn ook aan die plaaslike kroeë verskaf het.
Troetelpraatjies 20 Oktober 2025 20.10.2025 10:12
Dr. Elizna Boag praat oor probleme en kondisies verwant aan honde se spysverteringstelsel.
Prof. Michael se krisante 20.10.2025 9:24
Prof. Michael le Cordeur vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die oorsprong van sy van, en wat hy daaroor uitgevind het. Hy is al beskryf as die minister van onderwys buite die parlement - van 'n nederige begin as kaalvoetseun van Verlate Kloof op Wellington tot professor en visedekaan aan die Universiteit Stellenbosch. En, hy is steeds 'n kampioen krisantkweker.
Hoe het julle ontmoet? 20 Oktober 2025 20.10.2025 4:20
Retha Goodchild vertel vir Martelize Brink hoe haar en Willem se skoolkys jare later 'n huwelik geword het.
Verbod op swart kat-aannemings 20.10.2025 1:04
Van 6 Oktober tot 10 November laat die dierewelsynsorganisasies in die Spaanse dorp, Terrassa, geen aannemings van swart katte toe nie, om te verhoed dat hulle Halloween-versierings word.
Troetelpraatjies 13 Oktober 2025 13.10.2025 7:42
Martelize en Johan hoor van die werk wat Farm Sanctuary SA doen. Hulle het ‘n skilderskaap, Baanksy. Pigcasso, die skildervark, was ook by hulle. Pigcasso is in the Guiness Book of World Records vir ‘n kunswerk deur ‘n dier, wat vir $25 000 verkoop is. Dr. Jane Goodall het ook van Pigcasso se skilderye gehad in haar huise.
360 Speseryroete - Deel 102 10.10.2025 10:01
Koskonsultant Heleen Meyer praat oor die gebruik van suiker, en praktiese maniere om dit te vervang.
Hoe beboet jy 'n bestuurderlose taxi? 10.10.2025 1:06
In Kalifornië in die VSA is die het die polisie te make met ‘n vreemde situasie. ‘n Bestuurderlose taxi het ‘n onwettige u-draai gemaak. Die taxi kon egter nie beboet word nie, siende dat daar nie ‘n bestuurder was wat die oortreding begaan het nie.
Magdalena se slag met klaviere 09.10.2025 5:34
Haidee Muller-Isaacs maak kennis met Magdalena Hendricks, wat al 40 jaar lank by Heuer Pianos op Stellenbosch werk. Toe sy skool los om te gaan werk, wou sy eers net klaviere afstof. Vandag is dié 75-jarige Wellingtonner een van die beste klaviertegnici, en al te beskeie daaroor. Haidee het gaan hoor hoe haar pad tot hier geloop het.
Jonk 9 Oktober 2025 09.10.2025 7:29
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor voeding in die verskillende fases van die menstruele siklus.
Museum vir hare 09.10.2025 1:28
Na 30 jaar maak Leila se haarmuseum in die VSA toe. Die museum het meer as 3 000 items wat meestal haarkuns is, maar ook lokke van bekendes soos Marilyn Monroe. Kunswerke van hare was voor foto’s ‘n manier om gestorwenes te onthou.
Ou landboumetodes en nuwe innovasies 08.10.2025 6:21
Daar was ten minste vyf spanne hommeltuig-operateurs by vanjaar se NAMPO Kaap op Bredasdorp in die Overberg. Boere het van oral oor gereis om met die fokus op die winterreënvalstreek se behoeftes, na nuwe innovasie en tegnologie te kom kyk. Corius Visser was een van hulle. Johan Rademan het met hom oor ou metodes en nuwe innovasies gesels.
Breinselle vir 'n rekenaar 08.10.2025 1:32
Wetenskaplikes werk aan ‘n lewende rekenaar, waar stamselle gebruik word om neurone te skep. Dit ontwikkel in trosse, wat organoïede genoem word.
Êrens oorsee 7 Oktober 2025 07.10.2025 10:49
Marie-Louise Burden vertel vir Martelize Brink van Taiwan waar sy al byna 15 jaar woon.
Christénus se sake 07.10.2025 9:19
Haidee Muller-Isaacs gesels met advokaat Christénus van der Vijver, ’n afgetrede senior staatsaanklaer, wat betrokke was by hoëprofiel sake soos dié van Allan Boesak en
Toustaan vir plesier!?! 07.10.2025 0:49
Britte vind plesier in toustaan! Dis deesdae ‘n sosiale aktiwiteit wat mense gebruik om ander te ontmoet, en dan groepe te stig om saam te gaan toustaan, byvoorbeeld by die opening van nuwe winkels.
Troetelpraatjies 6 Oktober 2025 06.10.2025 7:17
Veearts dr. Ginelle Vivier praat oor mondhigiëne, waarna om te kyk, en die behandelingsopsies vir honde en katte.
Hoe het julle ontmoet? 6 Oktober 2025 06.10.2025 6:30
Olivia Lamprecht vertel vir Martelize Brink hoe Hein eers by haar kwaai pa moes verby kom. Hy is nege jaar ouer as sy.
Smokkelsigarette vertraag vlugte 06.10.2025 1:13
Oor die naweek is 30 vlugte met 6 000 passasiers in Litaue vertraag, weens smokkelsigarette wat met klein lugbalonne oor die grens van Belarus af in die rigting van Vilnius-lughawe gewaai het.
Hannes van Wyk 03.10.2025 13:25
Hannes van Wyk gesels oor sy werk en die navorsing wat nodig is om ‘n sukses te maak van wat hy doen, hetsy as akteur of aanbieder.
360 Speseryroete - Deel 101 03.10.2025 11:08
Koskonsultant Heleen Meyer praat oor hoe om jou kos te geur sodat jy minder sout gebruik.
Gewilde Belville-winkel sluit ná jare 03.10.2025 8:17
Tony en José Farinha het jare gelede Kaap toe gekom uit Madeira in Portugal. Vir 35 jaar het hulle die gewilde One Shop Superette in Oakdale, Bellville, bedryf. José het 'n ruk gelede die tuig neergelê, en nou het Tony uiteindelik besluit dis tyd om die deure te sluit. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan inloer op die heel laaste dag om te hoor wat die getroue klante oor Tony en sy span te sê het....
Wat is daar op jou tand? 03.10.2025 1:01
In China gons dit oor tandtatoeëring. Tandartse sê om te kerf aan ‘n tand, verswak dit, so moet liewer nie.
Lize Beekman se nuwe album 02.10.2025 9:00
Lize Beekman vertel van haar nuwe album, Tussen hier en daar, en haar eie reis en proses tot die skep van die musiek.
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet