RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Wie betaal vir die troue? 31.10.2025 0:49
Fransman Dagobert Renouf het sy troue gefinansier deur advertensiespasie op sy tuxedobaadjie te verkoop. Ses-en-twintig ondernemings het spasie gekoop, wat hierdie uitgawe van belasting kan aftrek.
Jonk 30 Oktober 2025 30.10.2025 7:30
Dr. Ria Smit praat oor die effek van blou lig van foon-, tablet- en rekenaarskerms op jou vel.
Verloor gewig en wen 'n Porsche! 30.10.2025 1:13
‘n Gimnasium in Binzhou, China, het ‘n omstrede kompetisie, waar 'n Porsche op die spel is vir ‘n deelnemer wat 50 kg in drie maande verloor. Dokters waarsku egter teen só ‘n drastiese gewigsverlies só vinnig.
Vroue-bemagtigingsprojek in byeboerdery 29.10.2025 6:28
Die werking van ‘n bykolonie is fassinerend, maar waar kom die byekorf vandaan? Johan Rademan het by NAMPO Kaap vasgeloop in Anelda van den Heever, wat uit Montagu uit gaan deelneem het aan die expo.
Fynkuns, fynbos en vuur 29.10.2025 8:18
Eri-Kah van Breda vertel vir Martelize Brink van haar botaniese fynkuns-fotografie, wat fokus op die verhouding tussen fynbos en vuur.
Die geskiedenis van lipstiffie 29.10.2025 7:09
Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van die snaakse geskiedenis van lipstiffie - van Cleopatra se lipstiffie gemaak van fyngemaalde kewers en ‘n sekere seeslak, tot rooi lippe se rol in die Tweede Wêreldoorlog.
Koskaskenades in Japan 29.10.2025 1:08
‘n Man in Japan het ‘n kosaflewingsplatform mislei, en so 1 095 gratis etes ter waarde van meer as 3,7 miljoen Jen bekom. Hy het 124 rekeninge onder vals name en adresse gehad.
Êrens oorsee 28 Oktober 2025 28.10.2025 13:49
Riki Small-Smith vertel vir Martelize Brink van die lewe in Madrid, Spanje. Daar eet jy jou tamaties net in seisoen!
Cole Wessels laat sosiale media gons 28.10.2025 8:59
Cole Wessels het sy rol in 'n gewilde sepie met soveel oortuiging gespeel, dat daar op sosiale media omtrent oor hom gegons is. Haidee Muller-Isaacs vind meer uit oor wie die mens agter dié talentvolle akteur is, en die impak wat sy rol as die flambojante Tino op kykers gehad het.
Kleurvolle sokkerbaas 28.10.2025 2:05
Lutz Pfannenstiel is nou Aberdeen, die Skotse Premiersokkerklub, se sportdirekteur. Sy pad tot daar klink soos ‘n film. Hy het al ‘n pikkewyn ontvoer. Hy was vir 101 dae in Singapoer in die tronk. Hy was ‘n model vir Armani. Op die sokkerveld is hy al drie keer dood verklaar...
Troetelpraatjies 27 Oktober 2025 27.10.2025 7:38
Veearts dr. Elizna Boag praat oor hondsdolheid, ‘n aansteeklike virale siekte wat mense én diere affekteer.
Debmarie Simons se passie vir onderwys 27.10.2025 9:38
Debmarie Simons is ’n boorling van Mosselbaai. Sy is tans die onderhoof by ’n skool in Kaapstad, wat fokus op spesiale behoeftes. Sy is passievol oor onderwys, veral oor die ondersteuning van kinders met spesiale behoeftes — ’n veld waarin sy al verskeie suksesverhale behaal het. Haar liefde vir haar tuisdorp en sy mense is duidelik in die gemeenskapsprojekte wat sy al aangepak het.
Hoe het julle ontmoet 27 Oktober 2025 27.10.2025 2:37
Loda Bothma vertel vir Martelize Brink hoe sy en Loutjie Maree mekaar by ‘n reünie herontdek het.
'n Boom vir RSG se verjaarsdag 27.10.2025 3:30
Marina Jenkins vertel vir Martelize Brink hoe sy RSG se 88 ste verjaarsdag vier deur ‘n inheemse boom te borg, wat namens RSG by die mees suidelikste woud in Afrika by Platbos tussen Gansbaai en Stanford geplant word.
Duisende stoele gesteel in Madrid 27.10.2025 0:52
Sewe mense in Spanje is gevang nadat hulle 1 100 stoele oor ‘n tydperk van twee maande by restaurante en kroeë in Madrid en ‘n naburige stad gesteel het.
Kuns op die berg 24.10.2025 8:15
Fynboskunstenaar Hermien van der Merwe se spesiale droom om ’n opskiet-ateljee op Tafelberg te open, word bewaarheid. Sy deel Art on the Mountain met 50 medekunstenaars. Johan Rademan is berg-op met die driesestig-mikrofoon.
360 Speseryroete - Deel 103 24.10.2025 7:40
Kos- en kultuurhistorikus, Hetta van Deventer-Terblache, praat oor die gebruik van yster in kos.
Slapeloos in slimbeddens 24.10.2025 1:07
‘n Onderbreking in internet-ondersteuning het gemaak dat eienaars van slimbeddens nie juis kon slaap nie. Te warm, te regop, flitsende ligte en alarms was deel van hoe dinge verkeerd geloop het.
Siggestremdes vat weer die pad 23.10.2025 7:27
Annelette Kemp vertel vir Martelize Brink van die Pioneer Rally, waar bekendes as bestuurders saam met siggestremde navigators op die pad is.
Jonk 23 Oktober 2025 23.10.2025 7:56
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor kakao, wat deesdae gons op sosiale media. Die rou vorm het die meeste voedingswaarde.
Wat is jou volle naam? 23.10.2025 2:08
Laurence Watkins hou die wêreldrekord vir die langste persoonlike naam. Hy het 2 253 voorname!
Die belangrike rol van luiperds 22.10.2025 5:57
Jaco Fourie, ‘n omgewingsopvoedkundige beampte by die Cape Leopard Trust se taak is om veral armer gemeenskape in te lig oor luiperds se voordeel in die voedselketting. Dit strek veel wyer as net die Kaap, het Johan Rademan uitgevind by NAMPO Kaap, waar die Cape Leopard Trust met die boerderygemeenskap gaan gesels het.
Bouwer Bosch oor geestesgesondheid 22.10.2025 8:00
Bouwer Bosch gesels oor sy geestesgesondheidsuitdagings en die Kaapstad Internasionale Vlieërfees, wat geestesgesondheid ondersteun.
Lotery-geluk met KI 22.10.2025 1:07
Tammy Carvey van Michigan indie VSA het vir ChatGPT vir loterynommers gevra. Daardie nommers het haar toe $100 000 in die sak gebring!
Êrens oorsee 21 Oktober 2025 21.10.2025 11:07
Vlok Cilliers vertel vir Martelize Brink van die lewe in Marcoussiss, Frankryk. Dit is waar Franse rugby se hoofkwartier geleë is. Vlok is die Franse Hane se skopafrigter.
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet