100.5FM Radio Laeveld

100.5FM Radio Laeveld

As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.radiolaeveld.co.za

Autor

100.5FM Radio Laeveld

Kategorie

Uncategorized

Podcast-Website

www.radiolaeveld.co.za

Neueste Folge

16. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Pumas segeloos na Curriebeker se tweede ronde 28.07.2026

Die Cheetahs en Boland Kavaliers het hul onoorwonne lopies in die Curriebeker-premierafdeling met oortuigende oorwinnings voortgesit tydens die tweede ronde die naweek. Die Cheetahs het die Haaie met 43-21 in Bloemfontein geklop, met Prince Nkabinde wat 'n driekuns behaal het en Faf de Klerk wat twee keer gaan druk het. Die Leeus het die Airlink Pumas met 52-29 op Ellis Park oorrompel. Die verdedi...

Tweelingbroers maak Uplands baie trots 27.07.2026

Siphesihle en Thubelihle Marule is tweelingbroers wat skoolgaan by Uplands danksy 'n KLM-beurs. Binne vier jaar het hulle van nuwelinge in rugby tot provinsiale verteenwoordigers gevorder en vanjaar die eerste spelers van Uplands in 20 jaar geword wat vir die o.18-Cravenweek gekies is. Siphesihle het ook nasionale erkenning verwerf deur vir die SA Skole-A-span gekies te word.

Luilekker Sondag: Tiffany Steyn 27.07.2026

Die plaaslike sangeres, Tiffany Steyn, was Anne se gas tydens Luilekker Sondag gister.

Graskopboksers wen SA-titels 27.07.2026

Die Graskop junior boks sensasies Arion Fraser (Weltergewig) en Dylan Roets (lig, middelgewig) het by die Saterdag Ontbyt ateljee kom inloer om oor hul onlangse oorwinnings te gesels by die Nasionale boksbyeenkoms in Kaapstad. By hulle was die Afrigter van Highlands Boxing Club asook die huidige Provinsiale Afrigter, Lance Gibson.

Mbombela gaan slim elektrisiteitsmeters installeer 24.07.2026

Mbombela-munisipaliteit gaan slim elektrisiteitsmeters installeer. Phumula Mathebula verduidelik vir Sonop Ontbyt wat jy moet weet van die Tesourie se RT 29-projek.

Operasie Glimlag herstel gesplete lippe in Mbombela 23.07.2026

Operation Smile South Africa doen 'n beroep op individue en gesinne om na vore te kom vir gratis chirurgie en omvattende sorg vir gesplete lippe en verhemeltes in Mbombela hierdie Julie, in vennootskap met die Mpumalanga-departement van gesondheid. Aspekte van die storie sluit in gratis sifting, chirurgie en multidissiplinêre sorg wat van 24 tot 26 Julie plaasvind, asook 'n gratis mondgesondheidsp...

Diefstal van infrastruktuur neem toe 23.07.2026

Callum MacPherson gesels met Laeveld Brunch oor die toenemende diefstal van infrastruktuur.

Chirurgiese marathon vir Mandelamaand 22.07.2026

Cure Day Hospital Mbombela het hierdie Mandelamaand hande geneem met dokters en die ASH-stigting om toegang tot spesialis chirurgie te verbeter. Jessica Prim gesels saam met dr. Viola Morolo en dr. Brighton Mashava met Sonop Ontbyt.

Beskerm jouself teen brande wetlik en prakties 22.07.2026

Lefpa en Black Sable Risk werk saam om mense se eiendom teen brande te beskerm. André Scheepers en GJ Wentzel gesels met Laeveld Brunch.

Wat jy benodig in 'n voertuighandelaar 21.07.2026

Cas Kolbè, handelaarshoof van Mahindra Nelspruit, deel met die Middag Game Drive waarvoor voertuigeienaars op die uitkyk moet wees wanneer hulle wiele aanskaf.

Pumas verloor naelskraap teen Haaie in Curriebeker 21.07.2026

Die besoekende Haaie het die Pumas Vrydag met 26-24 in die Curriebeker by Mbombela-stadion getroef. Die oorwinning het die Sharks vyf punte op die punteleer besorg, met die Pumas wat twee verdien het met hul verloorbonuspunt. Die Pumas se volgende drie wedstryde word weg gespeel. Afrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, gesels met Sonop Ontbyt.

Luilekker Sondag: Jacques Lombard 20.07.2026

Jacques Lombard is 'n bekende gesig in die Laeveld en hy onlangs 'n nuwe nering by sy lang lys aktiwiteite gevoeg: Dié van kunstenaar. Hy gesels met Luilekker Sondag.

Laevelder op pad na Pro Hyrox-kompetisie 20.07.2026

Stephan Hartman het al twee keer aan Hyrox-kompetisies deelgeneem en pak in Augustus sy eerste pro-kompetisie in Kaapstad aan. Hy hoop om die SA-span te haal wanneer dit 'n Olimpiese sport word.

Hoë brandgevaar heers vandag in die Laeveld 17.07.2026

Vandag is ‘n geen-brand dag nie, sê die Laeveld en platorand-brandbeskermingsvereniging (Lefpa) weens die heersende weerstoestande, hoë brandgevaar en wind. André Scheepers gesels met Sonop Ontbyt oor die Laeveld brandseisoen.

Diefstal: Wanneer dit nie vreemdelinge is nie 16.07.2026

Ons spandeer baie geld om mense uit ons huise en ondernemings te hou, maar hoeveel misdade begin met iemand wat wettig toegang gehad het: 'n kontrakteur, afleweringspersoon of voormalige werknemer? Callum McPherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch.

The Rhythm of Resilience 16.07.2026

Lynette Nepaul penned her memoir "The Rhythm of Resilience" after surviving four different types of cancer over a decade. The book is meant to inspire, offer hope and get communities talking about cancer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

LOMAC-lugskou eersdaags aangebied 15.07.2026

Die Laeveld Modelvliegtuigklub (LOMAC) bied volgende Saterdag 'n lugskou aan. Alec Groenewald en Phillip Lewis gesels daaroor met Sonop Ontbyt.

Pumas lek lippe af vir Haaie in Curriebeker 14.07.2026

Die Airlink Pumas skop hul Curriebeker-veldtog Vrydag by Mbombela-stadion teen die Haaie af. Jimmy Stonehouse en Corné Steenkamp kuier by Sonop Ontbyt.

Wat is beter: sade of saailinge? 13.07.2026

Die organiese groentetuinkundige, Elzabé de Bruyn, was weer in die Saterdag Ontbyt-ateljee saam met Charles om te praat oor wat die beste is, sade of saailinge?

Mbombela registreer behoeftige huishoudings 13.07.2026

Registreer by Mbombela as jy 'n behoeftige huishouding is. Phumula Mathebula gesels met Laeveld Brunch.

Mozzieweek volgende week aangebied 10.07.2026

NHS bied volgende week die 14de keer hul jaarlikse Mozziefees aan wat topklas krieket na die Laeveld lok. Morné van der Merwe vertel meer.

Caring Angels Nursing College bekroon 09.07.2026

Caring Angels Nursing College in Nelspruit het onlangs 'n toekenning van 'n Britse organisasie ontvang. Belinda Pretorius deel haar passie oor tuisversorging.

Koue verhoog brandgevaar: Beveilig jouself 09.07.2026

Die brandgevaar is beduidend hoër in die winter. GJ Wentzel van Black Sable gesels met Laeveld Brunch.

Spotbots die toekoms 09.07.2026

"Ons is besig om in die regte rigting te beweeg wat betref pro-aktiewe misdaadbestryding," sê Callum MacPherson van Securicon.

Warrior Ric roep avontuur-hardlopers 09.07.2026

Warrior Ric en Michelle Scott gesels met Laeveld Brunch oor die Sabi Sands-veldwedloop 29 Augustus.

Höre den Podcast 100.5FM Radio Laeveld in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet