100.5FM Radio Laeveld

100.5FM Radio Laeveld

As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.radiolaeveld.co.za

Autor

100.5FM Radio Laeveld

Kategorie

Uncategorized

Podcast-Website

www.radiolaeveld.co.za

Neueste Folge

16. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Nelspruit tenniskampioene op pad na Sun City 03.09.2026

Mias Bezuidenhout en Wernich Rossouw is van die spanlede van Nelspruit Tennisklub wat onlangs as provinsiale kampioene gekroon is en nou op pad is na die American Express National Club Championships Finals in Sun City.

SolarFlair gaan Laeveldse vlag wapper by Sasol Solar Challenge 02.09.2026

SolarFlair. 'n plaaslike span, is weer op pad om aan die Sasol Solar Challenge deel te neem. Klasie Botha en Craig Gebhardt gesels met Sonop Ontbyt oor hul passie vir elektriese voertuie.

Pumas haal weer Curriebeker halfeind 02.09.2026

Die Griekwas sal as gasheer vir die Leeus in Kimberley optree, terwyl die Cheetahs die Airlink Pumas in Bloemfontein verwelkom vir die Curriebeker-premierafdeling se halfeindstryde die naweek. Die Griekwas het boaan die punteleer geëindig met 31 punte na hulle die Boland Kavaliers met 48-17 geklop het, terwyl die Cheetahs tweede geëindig het met 27 punte, ten spyte van ‘n nederlaag van 52-26 teen...

Bach to Beatles kom na Laeveld 02.09.2026

Die wêreldbekende Charl du Plessis Trio is op pad na die Laeveld. Die pianis gesels met die Middag Game Drive oor Bach to Beatles.

Mahindra Nelspruit: Finansier 'n voertuig so 02.09.2026

Christelle Froneman van Mahindra Nelspruit gesels met die Middag Game Drive oor wat die beste manier is om 'n voertuig te finansier.

911 Riders hou Saterdag Riddle Ride 01.09.2026

Die 911 Riders-motorfietsklub bied Saterdag hul jaarlikse Riddle Ride aan. Nandi de Witt gesels met die Middag Game Drive.

Lowveld Venom Suppliers: Pas op vir slange die somer 31.08.2026

Die somer beloof om uitermatig warm te wees weens die El Niño effek. Chris Hobkirk van Lowveld Venom Suppliers het met Saterdag Ontbyt gesels oor wat jy kan doen om jouself te beveilig teen giftige slange wat moontlik skuiling sal probeer vind in koeler plekke soos in jou huis of tuin.

Stem in volgende ronde van Skryf'it 28.08.2026

Stemming is oop vir die volgende ronde van die FAK Skryf’it-liedjieskryfkompetisie. Ons eie Coenie Naudé het jou stem nodig. Hy het “Geraas” self geskryf en nou kan óns help om dit verder te vat. Jy kan TWEE keer vir hom stem: een keer met jou selfoonnommer en een keer met jou e-posadres. Besoek https://www.skryfit.co.za/ én SMS AD1 na 45730. Kom ons help hierdie Laeveldse rocker tot in die Top 5!

Boere speel gholf vir landelike veiligheid 27.08.2026

Die Sterkspruit-boeregemeenskap het 'n oorspronklike tipe gholfdag bedink om fondse in te samel vir hul veiligheid. Andrew Dunn en Henry du Pradines vertel meer.

Ondersteun Loslitdag vir mense met gestremdhede 27.08.2026

Vrydag 4 September is Loslitdag. Dominique Vogel van die MPDA vertel hoe jy dit kan ondersteun.

Beskerm jouself so teen swendelaars 27.08.2026

Aanlyn swendelary neem net toe met verneukers wat al hoe meer gesofistikeerd raak om slagoffers uit te oorlê. Juan Grobbelaar, die hoof van kredietverhoudings by die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum, gesels met Laeveld Brunch oor hoe jy jouself kan beskerm.

Securicon: Ontmoet Gerald Erasmus 27.08.2026

Callum MacPherson van Securicon het sy jarelange operasionele bestuurder, Gerald Erasmus, tydens Laeveld Brunch aan luisteraars bekend kom stel.

Black Sable Risikobestuur: Veiligheid begin voor iets verkeerd loop 26.08.2026

Ilze Erasmus gesels met Laeveld Brunch oor Beroepsgesondheid en veiligheid.

Mahindra Nelspruit: Die groter sportnutsvoertuig 26.08.2026

Wanneer het jy werklik die groter sportnutsvoertuig nodig? Lamont Erasmus, verkoopskonsultant by Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive.

Cake 4 CANSA eerste keer in Laeveld 25.08.2026

Louise Liebenberg wou vir jare reeds iets doen vir KANSA om hul in hul goeie werk te ondersteun. Sy organiseer Cake 4 CANSA, wat hopelik 'n jaarlikse instelling sal word.

SANParke waarsku besoekers aan wildtuin oor reëls voor Parkeweek 25.08.2026

SANParke se jaarlikse Parkeweek bied Suid-Afrikaners die week van 7 September gratis toegang tot reservate. Rey Thakhuli gesels met 100.5FM oor toeriste wat onlangs die park onregmatig betree het en besoekers wat op geslote paaie gestrand raak en gered moet word.

Pumas bly derde op Curriebeker-punteleer met een ronde oor 25.08.2026

Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion. Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde. Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die Boland Kavaliers met 16. Daar is slegs een ronde oor om die halfeindrondes te bepaal. Die pienktru...

Luilekker Sondag: Brian Wilkinson 24.08.2026

Die plaaslike musikant Brian Wilkinson was Anne se gas gister tydens Luilekker Sondag.

Penryn bied e-sport aan 21.08.2026

Penryn het besluit om e-sport te omarm. Nicole dos Santos vertel alles.

Moenie brand nie! sê Lefpa 21.08.2026

Die naweek beloof die brandgevaarindeks in die Laeveld om uitermatig hoog te wees, waarsku Lefpa.

Lowveld Torque Wars 21.08.2026

Die Lowveld Torque Wars wil petrolkoppe 'n veiliger plek bied om te wys hoe vinnig hulle regtig kan ry. Chris de Klerk en Marloe van Niekerk gesels met Sonop Ontbyt.

Gesondheid en Welstand met Intercare Mbombela: reiskliniek 20.08.2026

Dr. Ingrid Siebrits bedryf 'n reiskliniek by Intercare Mbombela. Sy gesels met Laeveld Brunch oor reisgesondheid.

Pasop vir "visvangers" 20.08.2026

Callum MacPherson van Securicon verduidelik die bekende "visvang"-metode wat diewe inspan om jou deur 'n oop venster van jou eiendom te verlos.

Plaaslike armdrukker hou aan seëvier 20.08.2026

Janco Kok het in April sy titel by die Afrika-kampioenskappe in Ghana verdedig en weereens eerste plek in beide arms behaal. In Augustus het hy ook sy nasionale titel by die Nasionale Kampioenskappe suksesvol verdedig met nog ’n eerste plek in die Jeug-afdeling.

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld 19.08.2026

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Höre den Podcast 100.5FM Radio Laeveld in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet