RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Sterre en planete 4 Desember 2022 04.12.2022 26:20
Hoe moontlik is dit om die energie van die son vanuit ‘n ruimtetuig af te kaats aarde toe? Dit beteken in wese dat elektrisiteit op dié manier opgewek, en op die aarde opgevang word. Dis span praat ook oor nuwe tegnologie aanboord van Artemis soos vergelyk met die Apollo-projek.
Sterre en planete 27 November 2022 27.11.2022 26:07
Die auroras by die poolstreke word veroorsaak deur magnetiese interaksie van die son af. Normaalweg is die auroras groen. Die span praat oor pienk auroras wat onlangs gesien is. NASA het bekendgemaak dat hy ‘n span aangestel het om VVV’s te ondersoek. Lafras Smit vertel ook wat in Desember se hemelruim te sien sal wees.
Sterre en planete 20 November 2022 20.11.2022 23:01
Die Apollo sendings het ‘n hele paar dekades gelede ten einde geloop. Daarom is die Artemis-sending wat die afgelope week plaasgevind het, ‘n mylpaal in ruimteverkenning. Die sending is ‘n toetslopie vir die plasing van mense op die maan. Die sending is ‘n paar keer vertraag as gevolg van tegniese probleme en ‘n orkaan. Ons het 'n paar weke gelede gepraat oor die groen flits wat soms gesien kan w...
Sterre en planete 13 November 2022 13.11.2022 25:42
Suid-Afrika word stadigaan ‘n groter speler in ruimtetegnologie. Afgesien van ‘n paar satelliete wat al gelanseer is, het ‘n Suid-Afrikaanse produk ook onlangs ‘n rol in die Dart-sending gespeel. Nou is die klein Matjiesfontein gekies om hulp te verleen met die Artemis-sending na die maan. Die hoof van NASA se kommunikasie-afdeling, Bardi Younis, wat verantwoordelik is vir die kommunikasie tussen...
Sterre en planete 6 November 2022 06.11.2022 25:57
Die eerste mensegemaakte ruimtetuig, Sputnik, is 1975 opgeskiet. Dit was die eerste satelliet. Wat is ’n satelliet, en hoeveel soorte satelliete is daar? Was Cassini wat om Saturnus gewentel het, ‘n satelliet? Wat van die Dart-sending? Jim Adams van Maryland in die VSA verduidelik.
Sterre en planete 30 Oktober 2022 30.10.2022 25:28
Is die maan besig om van die Aarde af weg te dryf? ‘n Reuse kamera wat opnames van die hele ruimte moet maak, is bekendgestel. Dis is die grootste digitale kamera wat nog gebou is. Dit weeg drie ton en het ‘n resolusie van 3200 megapixels.
Sterre en planete 23 Oktober 2022 23.10.2022 28:28
Wat het geword van die Arecibo radioteleskoop in Puerto Rico wat in 2020 ineengestort het? Gaan dit herbou word? Willie Koorts verduidelik wat die groen flits is wat soms gesien kan word met die sonsondergang. Die spam praat ook oor ‘n reuse gammaknal wat onlangs waargeneem is, ook deur een van die teleskope op Sutherland.
Sterre en planete 16 Oktober 2022 16.10.2022 24:49
Laika was die eerste hond wat die ruimte ingeskiet is. Wat het van die hond geword, en hoe lank was hy in die ruimte? 'n Luisteraar het in Bermuda ‘n “komeet” gesien. Hoe weet mense dat dit ‘n komeet is of nie? Die stof oor die botsing van die DART-tuig met ‘n asteroïde het nog nie gaan lê nie. Daar is bevind dat die projek wel geslaagd was.
Sterre en planete 9 Oktober 2022 09.10.2022 24:30
Die James Webb-ruimteteleskoop het die afgelope tyd groot opgewondenheid veroorsaak vanweë die skerp beelde wat verkry is. Daar word intussen ‘n teleskoop gebou wat nog skerper beelde behoort te gee. Dit is nie ‘n infrarooiteleskoop soos die James Webb nie, maar ‘n optiese teleskoop wat waarnemings van die aarde af doen. Ander onderwerpe wat bespreek word, is die invloed van die maan op die mens...
Sterre en planete 2 Oktober 2022 02.10.2022 25:02
Daar was groot opgewonderheid toe die Dart-satelliet op 26 September teen ‘n asteroïde gebots het. Die botsing was daarop gemik om te sien of die tuig dit effens uit sy baan sou kon stoot. Twee Suid-Afrikaanse ondernemings speel ‘n rol in hierdie sending. Ons praat hieroor met Nic Erasmus van die SAAO en Rikus Cronjé van Dragonfly Aerospace.
Sterre en planete 25 September 2022 25.09.2022 26:56
Wat kan die mens doen om moontlike asteroïde botsings met die aarde te voorkom? Dit is die vraag wat die Dart-sending wil beantwoord. Dis ‘n sending wat daarop gemik is om ‘n asteroïde effens uit sy baan te druk. Ruimtewetenskaplikes wil vasstel of die voorwerp wel genoeg uit sy baan gedruk kan word. Die SAAO op Sutherland is ook betrokke by die meting. Daar is ook inligting oor die Insight-tuig o...
Sterre en planete 18 September 2022 18.09.2022 24:51
In ruimtevaart word daar dikwels van ‘n lanseervenster gepraat. Wat is dit? Daar is ook inligting oor die sogenaamde wikkeling van die aarde. Die span praat ook oor die proses van fusie in sterre. En, daar is aandoenlike nuus van ‘n bejaarde dame wat na elke uitsending van die program geluister het sedert sy ontstaan in 2000. Sy is onlangs in die rype ouderdom van 97 jaar oorlede.
Sterre en planete 11 September 2022 11.09.2022 26:42
‘n Groot deel van die noordelike halfrond het kwaai hittegolwe beleef. Waarom? Is die son die sondebok, of is daar iets anders? Daar is interessante inligting oor die Starlink-satelliete wat ingespan gaan word om ruimteweer te voorspel. Het jy al gewonder wat die kleure van sterre beteken? As mens kyk na Antares, die rooi ster in die skerpioen-konstellasie, of Betelegeuse by Orion, sal jy sien dat...
Sterre en planete 4 September 2022 04.09.2022 25:37
Die lansering van die Artemis maak hoofberigte in die media. Jim Adams verduidelik die stappe wat gevolg word voor ‘n lansering plaasvind. Hy vertel wat fout gegaan het tydens die eerste lanseringspoging. Daar is ook interessante feite oor die reuse motore van die SLS. Die reuse kruiptrekker wat gebruik word om die vuurpyl van die Vehicle Assembly-gebou na die die lanseerplatform te vervoer, slaan...
Sterre en planete 28 Augustus 2022 28.08.2022 28:08
Die ruimte is vol klanke… as jy dit kan dekodeer. Hoe word dit gedoen? Die kenwysie van Sterre en Planete is byvoorbeeld saamgestel uit klanke wat van verskillende sterre af kom. Ons luister na klank wat sy ontstaan het in ‘n reuse gravitasiekolk. ‘n Groot deel van die program word gewy aan die lansering van die Artemistuig wat Maandag plaasvind. Dit sal die eerste keer sedert die Apollosendings w...
Sterre en planete 21 Augustus 2022 21.08.2022 26:05
Ons buurplaneet, Mars, het twee van die merkwaardigste geologiese verskynsels in ons sonnestelsel, al is die rooi planeet die helfte van die aarde se grootte. Die planeet spog nie net met die hoogste berg in die sonnestelsel nie, maar ook met die langste skeurvallei. Daar is aanduidings dat Betelgeuse, die rooi reus naby Orion, ‘n deel van sy oppervlak weggeskiet het. Betelgeuse is ‘n wisselster,...
Sterre en planete 14 Augustus 2022 14.08.2022 26:17
Die aktiwiteite op die son raak die lewe op aarde op verskeie maniere. Een daarvan is die effek van magnetiese storms. Dié storms kan die lesings van GPS toestelle nadelig beïnvloed en onakkurate lesings veroorsaak. Magnetiese storms is ook verantwoordelik vir die skouspelagtige auroras wat op die aarde se pole sigbaar. Die Marsvoertuig, Curiosity, is nou al tien jaar lank op die rooi planeet doe...
Sterre en planete 7 Augustus 2022 07.08.2022 25:27
Europa is een van die groter mane van Jupiter. Nasa dr Europa Clipper is besig om die maan van naderby te bestudeer. Jim Adams vertel van dié interessante projek, waartydens ‘n spesiale ysboor sowat 20 km deur Europa se ysoppervlak sal boor om by die water binne-in die maan uit te kom. As dit suksesvol is, sal ‘n swerm robotte vrygelaat word wat die water sal ondersoek.
Sterre en planete 31 Julie 2022 31.07.2022 26:13
In die volksmond staan die Pleiades-sterregroep as die Sewe Susters bekend, maar is daar werklik net sewe? Daar is ook inligting oor Rusland wat bekend gemaak het dat hy nie meer gaan deelneem aan die aktiwiteite op die Internasionale Ruimtestasie nie. Die juwelekis by die Suiderkruis het nie verniet dié naam nie. Sal mens die groep met ‘n verkyker kan sien, en die kleure kan onderskei?
Sterre en planete 24 Julie 2022 24.07.2022 23:35
Wat gebeur wanneer iets soos ‘n mikrometeoor een van die spieëls van die James Webb-ruimteteleskoop tref? Die sterregemeenskap is ook gaande oor ‘n komeet wat vanuit sommige dele van die wêreld te sien is. Dit is die 2017 Panstarrs-komeet. Suid-Afrikaners wonder seker ook of die komeet in ons lugruim te sien sal wees.
Sterre en planete 17 Julie 2022 17.07.2022 26:31
Die foto’s wat deur die James Webb-ruimteteleskoop geneem is, het wêreldwyd opslae gemaak as gevolg van die detail wat te sien is. Sterre en Planete gesels met die man wat verantwoordelik was vir die samestelling van die beelde. Dr. Anton Koekemoer werk by die Space Telescope Science Institute in Baltimore in die VSA. Hy was jare lank betrokke by die aktiwiteite van die Hubble-ruimteteleskoop. Dr....
Sterre en planete 10 Julie 2022 10.07.2022 26:35
Die aarde draai om sy eie as, so ook die ander planete in ons sonnestelsel, maar waarom draai die son om sy eie as? Wat veroorsaak dit? Daar is inligting oor ‘n dubbelkrater wat op die man gesien is, wat veroorsaak is deur die impak van ‘n Sjinese tuig. Kenners weet nog nie waarom daar twee kraters is nie.
Sterre en planete 3 Julie 2022 03.07.2022 25:41
Kan daar vuur gemaak word in die Internasionale Ruimtestasie? As dit wel die geval is, hoe sou so ‘n vuur lyk? Daar is ‘n bespreking oor die aarde se atmosfeer wat swel, en meebring dat sommige satelliete gouer in die atmosfeer uitbrand.
Sterre en planete 26 Junie 2022 26.06.2022 25:05
Rekenaarbedryfstelsels vorm die ruggraat van ons lewe hier aarde. Almal weet van Windows, Apple, Linux en nog ‘n paar ander. Een van Sterre en Planete se luisteraars het onlangs gevra watter bedryfstelsels in ruimtetegnologie gebruik word. Die Hubblekonstante is ‘n belangrike begrip in die kosmologie. Die span praat oor dié belangrike begrip en nuwe bevindings wat gemaak is oor die uitdying van di...
Sterre en planete 19 Junie 2022 19.06.2022 26:22
Die bedryfspan van die James Webb-ruimteteleskoop het onlangs geskrik toe hulle agterkom dat ‘n ruimtebrokstuk een van die panele van die nuwe teleskoop getref het. Hulle was egter nie te bekommerd daaroor nie, want die teleskoop se panele is op aarde deeglik getoets vir so ‘n moontlikheid. Die span verduidelik hoe ruimtewetenskaplikes dit op groot afstand regkry om rekenaarstelsels aan boord van...
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.