RSG

Sterre en Planete

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Science

Podcastens hjemmeside

www.rsg.co.za

Seneste episode

11. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Sterre en planete 28 Mei 2023 28.05.2023

Donker energie is ‘n moeilike begrip om te beskryf, maar prof. Matie Hoffman is die regte persoon om dit te doen. Kunsmatige intelligensie is deesdae ‘n gonswoord. Die vraag is nou watter toepassings dit in ruimtetegnologie het. Jaarringe word gebruik om ‘n boom se ouderdom te bepaal. In ‘n sekere mate kan yslae ook gebruik word om die aarde se geskiedenis vas te stel. Navorsers in Japan het onlan...

Sterre en planete 21 Mei 2023 21.05.2023

Christian Andreas Doppler word beskou as die eerste om die Doppler-effek wat op baie terreine gebruik word, te beskryf. In Sterrekunde word die verskynsel aktief gebruik, byvoorbeeld om eksoplanete te ontdek. Die span verduidelik wat dit is en hoe dit werk. As mens in sterrekunde van ‘n ligjaar praat, is dit ‘n periode of is dit ‘n afstand? Ons weet dat daar in die ruimte drie voorwerpe is: astero...

Sterre en planete 14 Mei 2023 14.05.2023

Die son is tans baie aktief. Is hoë sonaktiwiteit voordelig vir jou sonpanele? Die antwoord sal jou verbaas. ‘n Luisteraar wil ook weet wat die uitwerking op die menslike liggaam sal wees as die mens uiteindelik ‘n reis na Mars onderneem.

Sterre en planete 7 Mei 2023 07.05.2023

Die Voyager satelliete is tans die verste mensgemaakte voorwerpe wat die ruimte ingeskiet is. Voyager 2 beleef tans beurtkrag omdat sy kernkrag oor jare afgeneem het. Nietemin is die satelliet nog funksioneel al is hy 122,6 astronomiese eenhede van die aarde af. ‘n Astronomiese eenheid is die afstand van die aarde af na die son – 150 miljoen kilometer.

Sterre en planete 30 April 2023 30.04.2023

Wanneer daar oor die aktiwiteite van die son gepraat word, word daar dikwels na plasma verwys. Wat is plasma? Is dit moontlik om van die suidpunt van Suid-Afrika auroras te sien? Die Amerikaanse lugvaartadministrasie het ‘n ondersoek gelas na SpaceX se Starship wat tydens lansering ontplof het.

Sterre en planete 23 April 2023 23.04.2023

Die maan beweeg stadig weg van die aarde af. Hoe beïnvloed dit iets soos tyd? Japie van Zyl se baba, die Ingenuity-helikopter op Mars, het nou al 50 vlugte voltooi - veel meer as wat verwag is. Is daar iets soos ’n suksesvolle mislukking? Dis nou na aanleiding van die Starship van SpaceX wat Donderdag kort na die lansering ontplof het. Wat gebeur as twee sterrestelsels teen mekaar bots? Daar is be...

Sterre en planete 16 April 2023 16.04.2023

Galileo Gallelei was die eerste om deur ‘n teleskoop die vier mane van Jupiter te sien. Hoe het sy teleskoop gelyk? Was hy die eerste persoon om ‘n teleskoop te bou? Matie Hoffman gesels oor die geskiedenis van teleskope. Die Aurora Borealis en Aurora Australis is baie aanskoulik, en reis ver om hierdie verskynsel waar te neem. Maar het jy geweet die ligte kan ’n geluid maak? Hennie Maas nooi jou...

Sterre en planete 9 April 2023 09.04.2023

‘n Reuse gammaknal het onlangs groot opspraak in die sterrekunde veroorsaak. Stefan Lotz van Sansa verduidelik waarom hierdie gebeurtenis so besonders is. Venus is ‘n interessante planeet. Hoewel dit die tweede planeet van die son af is, is die temperatuur op dié planeet hoër as op Mercurius wat nader aan die son is. Daar is onlangs bevind dat daar interessante dinge op Venus gebeur. Die grootste...

Sterre en planete 2 April 2023 02.04.2023

Die eerste volledig elektriese stumotor vir vuurpyle is byna gereed om die ruimte te deurklief. Jim Adams praat oor hierdie ontwikkeling wat die snelheid van ruimtetuie aansienlik kan verhoog. Daar is ook inligting oor die Osiris Rex-tuig wat sy lading asteroïdestof later vanjaar oor die Amerikaanse deelstaat Utah sal loslaat, nadat dit ‘n paar jaar gelede die asteroïde Bennu besoek het. En, Clyde...

Sterre en planete 26 Maart 2023 26.03.2023

Wat is in April in die hemelruim te sien? Lafras Smit het die inligting. Daar is ook inligting oor die verskillende sterrelyste wat jy kan raadpleeg as jy na iets besonders soek. Sowat ‘n dekade gelede het ‘n reuse meteoor bokant die Russiese dorp, Tjeljabinsk, ontplof. Een van Sterre en Planete se luisteraars het onlangs so ‘n meteoor gesien en gehoor. Hy het naby Brey in die Noord-Kaap in die ve...

Sterre en planete 19 Maart 2023 19.03.2023

Waar in ons sonnestelsel is die hoogste berg? Dié planeet het ook die diepste en langste skeurvallei. Daar is kommer oor die Hubble-teleskoop wat deur mensgemaakte voorwerpe soos satelliete getref kan word. Daarteenoor ontdek die nuutste ruimteteleskoop, die James Webb, byna daagliks nuwe horisonne in die ruimte.

Sterre en planete 12 Maart 2023 12.03.2023

Die son is deesdae vol sonvlekke. Wat beteken dit? Stefan Lotz van SANSA gee ‘n oorsig oor die aktiwiteit van die son. Daar is ook inligting oor diegene wat glo dat die aarde plat is. Die Flat Earth Society bestaan steeds, en Willie Koorts praat oor ‘n paar argumente wat jy kan gebruik wanneer jy so ‘n persoon ontmoet. Hoeveel sterre is daar in die heelal? Dis ‘n vraag wat ‘n luisteraar aan die sp...

Sterre en planete 5 Maart 2023 05.03.2023

’n Asteroïde het onlangs die naam van ‘n bekende in sterrekundekringe gekry. Die James Webb-ruimteteleskoop is steeds besig om nuwe horisonne te ontdek. Een van die mees onlangse waarnemings is gemaak toe reuse sterrestelsels ontdek is wat eintlik nie daar behoort te wees nie. Dit lyk dus of die hemelruim al groter word soos die toerusting en insig verbeter.

Sterre en planete 26 Februarie 2023 26.02.2023

Daar was onlangs heelwat berigte oor klippe wat uit die ruimte op die aarde geval het. Die span praat oor hoe akkuraat sterrekundiges kan voorspel hoe groot ‘n meteoor is en of dit op die aarde sal val. Een van die teleskope op Sutherland, die Atlas, is een van vier teleskope in die wêreld wat sulke hemelliggame dophou. Hoekom noem ons die aarde die aarde? Waar die kom begrip vandaan?

Sterre en planete 19 Februarie 2023 19.02.2023

Kosmiese strale het die afgelope weke vir drama op die James Webb-teleskoop gesorg. ‘n Belangrike onderdeel van die teleskoop is deur ‘n straal getref. Willie Koorts verduidelik wat fout gegaan het en hoe die fout herstel is. Matie Hoffman praat oor alledaagse gebruiksartikels wat hulle ontstaan uit ruimtenavorsing gehad het.

Sterre en planete 12 Februarie 2023 12.02.2023

Die groen komeet is tans iewers in die omgewing van Mars en Aldebaran in die noorde. Daar was ‘n berig dat een van die James Webb-onderdele onklaar geraak het vanweë ‘n kosmiese straal. Die span verduidelik wat ‘n kosmiese straal is, en of die fout uiteindelik herstel is. Hulle praat ook oor produkte wat uit die ruimteprogram voortgevloei het, en hoe ons op verskeie maniere daarby baat. Stefan Lot...

Sterre en planete 5 Februarie 2023 05.02.2023

Tjel Lindgren van Nasa is ‘n ervare ruimtevaarder wat al twee keer na die Internasionale Ruimtestasie gevlieg het. Hy vertel hoe sy pad geloop het om uiteindelik ‘n ruimtevaarder te word. Afgesien van sy kwalifikasie as vegvlieënier het hy ook gespesialiseer in fisiologie om die uitwerking van mikrogravitasie op die menslike liggaam te bestudeer.

Sterre en planete 29 Januarie 2023 29.01.2023

Min mense besef hoe klein die aarde teenoor die son is. As mens byvoorbeeld die son na 1 meter sou verklein, sal die aarde se grootte ‘n skrale 9 mm wees. Die span verduidelik wat ‘n planetêre hoofweg is waarin planete op skaal op sekere afstande geplaas word. Eksoplanete is lankal nie meer nuus nie. ‘n Teleskoop wat spesfiek na eksoplanete soek, Tess, het onlangs bevind dat daar twee aardagtige p...

Sterre en planete 22 Januarie 2022 20.01.2023

Daar is ‘n groen komeet wat in Februarie oor Suid-Afrika sigbaar sal wees met ‘n verkyker.  Willie Koorts en Matie Hoffman gesels oor hierdie besoeker aan ons hemelruim. Sterrekykers is veral opgewonde omdat dit 50 000 jaar gelede naby die aarde was. ‘n Luisteraar wil weet wat van die satelliete geword het wat aan boord die vuurpyl was wat onlangs nie volledig in ‘n baan ontplooi kon word nie. Die...

Sterre en planete 15 Januarie 2023 15.01.2023

Is daar iets soos ‘n suksesvolle mislukking? In die wêreld van ruimtetegnologie word daar dikwels hierna verwys. Die onlangse mislukte poging van die Britte om ‘n vuurpyl van ‘n vliegtuig af te lanseer, is ‘n goeie voorbeeld daarvan. Nuwe navorsing wys dat ons son nie ‘n tipiese ster is nie. Suid-Afrikaanse satellietbouers het nog ‘n mylpaal bereik deur ‘n kubsat te lanseer, wat spesifiek daarop g...

Sterre en planete 8 Januarie 2023 08.01.2023

Hoe word die grootte van die heelal bepaal? Stefan Lotz van Sansa kyk na die aktiwiteit van die son en vertel van die sonwind wat water op die maan skep. Daar is nuus oor die Hubble-ruimteteleskoop wat in 1990 gelanseer is, wat moontlik nuwe lewe gaan kry vanweë Nasa se samewerking met Space X. ‘n Groen komeet is op pad en sal weldra in die suidelike halfrond gesien kan word.

Sterre en planete 1 Januarie 2023 01.01.2023

2022 is gekenmerk deur drie uitstaande gebeurtenisse in ruimtevaart. Die James Webb-ruimteteleskoop is op Kersdag in 2021 die lug in geskiet, en het in die loop van 2022 ruimtewetenskaplikes verbaas oor die gehalte van die eerste beelde wat ontvang is. Die Dart-sending, waartydens ‘n tuig teen ‘n asteroïde gebots het, het ook vrugte afgewerp, en bewys dat ‘n ruimteklip wel deur ‘n tuig effe van ri...

Sterre en planete 25 Desember 2022 25.12.2022

Daar is al baie bespiegel oor wat die Bethlehemster presies was. Was dit ‘n konjunksie of ‘n okkultasie? Die span praat ook oor die drie konings in die somerkonstellasie. die Oriongroep, en die Rigel- en Betelgeuse-sterre. Twee gereelde spanlede, prof. Matie Hoffman en Willie Koorts, vertel wat hulle werk behels.

Sterre en planete 18 Desember 2022 18.12.2022

Teleskope was tradisioneel aardgebonde. Dis eers heelwat later dat ruimteteleskope soos die Hubble, die Kepler en Chandra om die aarde begin wentel het om waarnemings te doen. Nou word fyner gewerk aan die moontlikheid om teleskope met balonne op te stuur om waarnemings bo die atmosfeer te doen. Daar word ook gepraat oor die heelal wat uitdy, met ander woorde alles beweeg weg van mekaar af. Nou ho...

Sterre en planete 11 Desember 2022 11.12.2022

Die reuse Arecibo-radioteleskoop in Puerto Rico het in 2020 in duie gestort, en is onherstelbaar beskadig. Die teleskoop het ‘n groot rol gespeel in die radiodeel van sterrekundige waarnemings. Intussen is ‘n ander groter radioteleskoop in China opgerig om waarnemings van die son te doen. Willie Koorts vertel hoe SALT se spieëls skoongemaak word, en hoe dikwels.

Lyt til podcasten Sterre en Planete i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.