RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Sterre en planete 26 Oktober 2025 26.10.2025 27:22
Lafras Smit vertel wat November se naghemel vir ons inhou. Prof. Matie Hoffman praat oor die veelbesproke komeet, 3i/ATLAS, wat tans besig is om teen ’n geweldige snelheid deur ons sonnestelsel te blits. Iets wat soos wetenskapfiksie klink, is die ontdekking van ’n heel nuwe verskynsel van ’n ster wat ontplof het nadat dit deur ’n swartgat binnegedring is.
Sterre en planete 19 Oktober 2025 19.10.2025 27:30
Ons praat met iemand wat vir 45 jaar ’n teleskoopoperateur was. Wat dit merkwaardig maak, is die verskeidenheid van teleskope, wat strek van ’n halfmeter tot 11 meter in spieëldeursnee. Fred Marang vertel van die beginjare van die Sutherland Sterrewag, hoe mense poetse op mekaar gebak het, en hoe sterrekundige ontdekkings gemaak word.
Sterre en planete 12 Oktober 2025 12.10.2025 27:21
Dr. Stefan Lotz van SANSA bring ons op hoogte van die ruimteweer. Prof. Matie Hoffman van Bloemfontein praat oor gravitasie-lense, wat Einstein meer as 100 jaar gelede voorspel het en onlangs weer met die James Webb-teleskoop agtvoudig bevestig is ná die ontdekking van meer as 400 kandidate. Dit is vandeesmaand presies 30 jaar sedert die ontdekking van die eerste eksoplaneet. Intussen is daar is m...
Sterre en planete 5 Oktober 2025 05.10.2025 27:17
Jim Adams praat al die pad uit Amerika oor die Artemis-sendings, wat vir die eerste keer na byna 60 jaar weer mense op die maan sal laat loop. Hy verduidelik hoe verskillende vuurpyle en selfs ’n mini-ruimtestasie mense na en van die aarde in ’n wentelbaan om die maan en uiteindelik af na die maanoppervlak en terug sal neem, en later selfs na Mars. NASA het pas tien kandidaat-ruimtevaarders uit 8...
Sterre en planete 28 September 2025 28.09.2025 27:35
Wêreldwyd is daar sewe komete sigbaar in Oktober! Daar word geskat dat so iets slegs elke 30 000 tot 100 000 jaar herhaal. Ons praat ook oor mini-mane, wat ’n gulde geleentheid skep om skaars aardmetale en selfs goud te kan myn. Die Curiosity Marskarretjie het iets ontdek, wat weer bevestig dat daar voorheen water op Mars was.
Sterre en planete 21 September 2025 21.09.2025 27:37
Dit is ongelooflik hoeveel sterrekunde in Hermanus gepleeg word. Ons verrassingsgas is een van die stigterslede van die Hermanus-sterrekundeklub. Ons hoor van hulle uitreikaksies en hoe hulle skole en die publiek by sterrekunde betrek, asook verskeie uitstallings by die gewilde walvisuitkykpunt en die staproete langs die see.
Sterre en planete 14 September 2025 14.09.2025 27:49
Verlede week se skouspelagtige totale maansverduistering het omtrent die land aan die gons gehad. Ons het uiteenlopende boodskappe ontvang van die Kaap tot Berlyn en van die strand tot uit die lug. En, dr. Stefan Lotz van SANSA praat oor die jongste ruimteweer.
Sterre en planete 7 September 2025 07.09.2025 27:29
Wanneer ons die program opneem, raak my gaste dikwels so lekker aan die gesels, dat ons baie keer ver oor die tyd gaan. Ons bewaar hierdie juweeltjies vir latere gebruik, soos in hierdie episode. Ons gesels onder andere oor ’n klompie interessante ruimtesendings wat strek van Sputnik, tot die Grace-sending en die Euclid-ruimteteleskoop wat sogenaamde Einstein-ringe bestudeer. Ons hoor ook dat oor...
Sterre en planete 31 Augustus 2025 31.08.2025 27:37
Lafras Smit praat oor September se ruimtehoogtepunte, soos die totale maansverduistering. Osn bespreek ’n luisteraarsnavraag oor gravitasiekolke, die uitdying van die heelal, en hoe afstande bepaal word. ’n Luisteraar het ’n kinder-gediggie gestuur, wat amper 40 jaar gelede deur ’n elfjarige meisie geskryf is tydens die verbyvlug van Halley se Komeet. Vir die pret het ons vir KI gevra om vir ons ’...
Sterre en planete 24 Augustus 2025 24.08.2025 27:34
Angus Burns is nie net ’n bekroonde fotograaf en astrofotograaf nie, hy is ook ’n karate-instrukteur en musikant. Ons gesels land en sand oor die beste manier hoe om te werk te gaan as iemand in sterrekunde belangstel. Die Newcastle-sterrepartytjie het geweldig gegroei die afgelope paar jaar, met 2 000 mense wat dit in 2024 bygewoon het. Dit vind weer op Vrydag 5 September plaas, en groot pryse is...
Sterre en planete 17 Augustus 2025 17.08.2025 27:39
Wille Koorts bring hulde aan ‘n ikoon in ruimtevaart, Jim Lovell, wat onlangs oorlede is. Prof. Matie Hoffman beantwoord ’n luisteraar se vrae oor die bewegings van die aarde se magneetpole.
Sterre en planete 10 Augustus 2025 10.08.2025 27:42
Dr. Stefan vertel van ‘n sonvlek in die middel van die son, met ‘n interessante klassifikasie van Beta-Gamma-Delta. Prof. Matie Hoffman praat oor die baie helder vuurbal, wat hele landskappe verlig het, wat vroegoggend verlede Sondag oor groot dele van Suid-Afrika deur sekuriteitskameras vasgevang is. Ons sluit af met NASA se onlangs gelanseerde tweeling TRACERS-satelliete, wat binnekort tergende...
Sterre en planete 3 Augustus 2025 03.08.2025 27:38
Jim Adams en prof. Matie Hoffman beantwoord luisteraarsvrae weerlig op die Aarde en ander planete in ons sonnestelsel. Hulle bespreek oom die slingervel-effek wat gebruik word om ruimtetuie in die diep ruimte in te versnel. Die verduideliking neem ons op lang draaie, wat strek van partikelversnellers tot die Voyagers se grand tour van die planete in die 1970’s.
Sterre en planete 27 Julie 2025 27.07.2025 27:42
Lafras Smit vertel van die hoogtepunte wat Augustus se naghemel sal bied, veral die seldsame konjunksie van die twee helderste planete, Venus en Jupiter, waar altwee binne ’n teleskoopveld sal kan inpas. Sterre en Planete was weer vanjaar by die Vrystaat Kunstefees, en ons luister na opnames wat daar gemaak is, soos die verhaal van die program self, asook dié van Willie en Matie. Ons sluit af met...
Sterre en planete 20 Julie 2025 20.07.2025 27:40
Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer, en hoe dit gebeur het dat Amerikaanse boere $500-miljoen skade gely het omdat hul GPS-geleide stropers die pad byster geraak het. Asteroïde-kenner dr. Nic Erasmus, praat oor hoe Vera C. Rubin die ontdekkings deur die ATLAS-netwerk sal beïnvloed, oor ’n nuutontdekte besoeker uit die buitenste ruim, wat binnekort deur ons sonnestelsel sal blits.
Sterre en planete 6 Julie 2025 06.07.2025 27:42
Jim Adams, die NASA se voormalige adjunktegniesedirekteur gee sy eerste indrukke van die Vera C. Ruben Sterrewag. Ons beantwoord ’n luisteraarsvraag oor dinge waaroor mense nie gereeld praat nie, naamlik hoe ruimtevaarders toiletbehoeftes bestuur op lang ruimtereise, asook die bestuur van hulle geestesgesondheid. Ons gesels ook oor vryswenende planete, na aanleiding van onlangse ontdekkings deur d...
Sterre en planete 29 Junie 2025 29.06.2025 27:42
Lafras Smit vertel wat Julie se naghemel vir ons inhou. Prof. Matie Hoffman beantwoord ’n luisteraarsvraag oor die uitdying van die heelal. Ons vertel van die pasgeopende Vera C. Rubin-sterrewag wat met sy reuseteleskoop, toegerus met die wêreld se grootste digitale kamera ooit, eersdaags die sterrekundewêreld op sy kop gaan draai.
Sterre en planete 22 Junie 2025 22.06.2025 27:36
Ons beantwoord ’n luisteraarsvraag oor wat sal gebeur as ’n 400 ton asteroïde die aarde sou tref, en hoor dat daar ’n moontlikheid is van ’n veel groter een wat dalk die maan kan tref in 2032. Ons gesels oor ’n antieke swaard wat van ’n ystermeteoriet gemaak is, en hoor hoe dr. Nic Erasmus en Willie Koorts onlangs vereer is deur Jim Green met baie besonderse medaljes, gemunt uit afvalstukkies van...
Sterre en planete 15 Junie 2025 15.06.2025 28:01
Thinus van der Merwe is al langer as ’n dekade betrokke by reëlings vir die jaarlikse Vrystaat Sterrefees wat naby Bloemfontein plaasvind. Hy vertel wat alles by die fees gebeur.
Sterre en planete 8 Junie 2025 08.06.2025 27:18
Dr. Stefan Lotz van Hermanus en prof. Matie Hoffman van Bloemfontein praat oor verskeie aspekte van ruimteweer en sonsake, veral na aanleiding van die onlangse verhoogde sonaktiwiteit wat selfs as 'n dowwe aurora vanaf ’n paar plekke in Suid-Afrika gesien is. As jy graag meer wil weet van helioseismologie en oor twee nuwe hoëresolusie sonteleskope wat detail in die son se corona kan oplos wat lyk...
Sterre en planete 1 Junie 2025 01.06.2025 26:53
Ons neem jou op ’n virtuele toer van die Sutherland Sterrewag. Dis opgeneem tydens Jim Adams en Jim Green se onlangse Space Tour South Africa. Ons reis strek van 1973, toe Margaret Thatcher die amptelike opening bygewoon het, verby die grasieuse ou dame, die reuse Radcliffe-teleskoop, wat vanjaar reeds 87 jaar oud is, tot die moderne LESEDI- en ATLAS-teleskope.
Sterre en planete 25 Mei 2025 25.05.2025 27:46
Lafras Smit vertel wat Junie se naghemel inhou. Ons bespreek die Large Hadron Collider, die wêreld se kragtigste en grootste deeltjieversneller, wat protone versnel tot baie na aan die spoed van lig, en hulle dan laat bots. Dit stel wetenskaplikes in staat om die fundamentele boustene van materie en die wette wat die heelal beheer, te bestudeer.
Sterre en planete 18 Mei 2025 18.05.2025 27:38
Ons verrassingsgas vertel van sterrekunde met die Voortrekkers, die oudste planetarium in die land, hoe om regstreeks satellietfoto’s af te laai, en laat ons luister hoe "klink" ’n satelliet. Ons leer ook die belangrike stappe hoe om astrofoto’s met jou selfoon en kamera te neem.
Sterre en planete 11 Mei 2025 11.05.2025 27:33
Lafras Smit het die onlangse Groot Vegkop-sterrepartytjie bygewoon, en vertel wat alles daar gebeur het. Die internasionale Planetary Defence-konferensie is die afgelope week op Stellenbosch gehou. Willie Koorts het daar gepraat met twee van die groot geeste van die ATLAS-projek, wat asteroïedes ontdek wat moontlik die aarde kan tref.
Sterre en planete 4 Mei 2025 04.05.2025 27:59
Ons praat met die skeppers van ’n grensverskuiwende produksie wat boeiende storievertelling oor die ruimte kombineer met meesleurende musiek en visuele elemente. Dan beantwoord Jim Adams en prof. Matie Hoffman ‘n luisteraarsvraag oor die temperatuurbeheer van elektronika in satelliete, sodat dit nie oorverhit of te veel afkoel nie. Ons kyk ook na ‘n spesiale mylpaal wat die Dragonfly-sending na Sa...
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.