RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Sterre en planete 19 April 2026 19.04.2026 27:11
Ons verrassingsgas het dit reggekry om die Artemis II-ruimtetuig vir ‘n paar uur af te neem terwyl dit nog meer as 200 000 km van die aarde af was, op pad terug van die maan af. Ons kyk ook na die toerusting en metodes om asemrowende astrofoto’s te neem.
Sterre en planete 12 April 2026 12.04.2026 27:16
Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts praat oor die hoogtepunte en verrassings wat die Artemis II-maansending opgelewer het, soos voorstelle vir die benaming van twee kraters, ‘n boodskap van die destydse bevelvoerder van Apollo 13, en meteoor-impakte wat reg voor hulle oë gebeur het! Die gebruik van helium en ‘n nuwe alternatief daarvoor kom ook onder bespreking.
Sterre en planete 5 April 2026 05.04.2026 26:57
Jim Adams en Prof Matie Hoffman praat oor die geskiedkundige Artemis II-sending na die maan. ‘n Luisteraar het vrae oor ruimtevaarderopleiding, en ‘n reddingoperasie van 33 Chileense mynwerkers waarby NASA destyds betrokke was.
Sterre en planete 29 Maart 2026 29.03.2026 27:24
Wat hou die Aprilnagte vir ons in? Daar is Venus wat nou weer die aandster word, en vir vroegopstaners is daar ‘n pragtige groepering van die sekelmaan en drie planete. Ons hoor ook hoe die veskyning van Halley se Komeet meegewerk het dat Engeland ‘n oorlog teen Normandië verloor het! Ons sluit af met ‘n bespreking oor slim-teleskope, wat deesdae baie opspraak verwek in astrotofografiekringe.
Sterre en planete 22 Maart 2026 22.03.2026 27:09
Na aanleiding van ‘n luisteraarsvraag, praat ons met dr. Nic Erasmus, oor sogenaamde City Killer-asteroïede. Nuwe waarnemings deur die James Webb-teleskoop het onlangs ‘n belangrike bepaling gedoen oor die veelbesproke asteroiëd wat die maan sou tref in 2032. En, die botsing tussen twee eksoplanete is pas bevestig.
Sterre en planete 15 Maart 2026 15.03.2026 27:26
John Booth vertel wat agter die skerms gebeur van hoe SALT uit sy Amerikaanse tweeling ontstaan het, en van die verbeteringe wat die Suid-Afrikaanse span aangebring het. Ons hoor ook die storie hoe dit gebeur het dat ‘n teleskoop in Texas vandag nog ses koeëlgate in sy hoofspieël het!
Sterre en planete 8 Maart 2026 08.03.2026 25:02
Vir die eerste keer in 1 355 dae was die son vlekkeloos, d.w.s. geen sigbare sonvlekke aan die aardgerigte kant van die son nie. Dr. Stefan Lotz verduidelik wat dit beteken. Professor Matie Hoffman beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor kwantumverstrengeling.
Sterre en planete 1 Maart 2026 01.03.2026 24:45
Jim Adams bring ons op hoogte van die jongste stand van die Artemis II-sending na die maan. Die praat oor hoe lanserings en satelliete botsings vermy, en hoe die bestuurders van die Marskarretjies hulle lewens- en slaapptrone moet sinkroniseer met dag en nag op Mars.
Sterre en planete 22 Februarie 2026 22.02.2026 23:51
Ons kyk uitgebreid na die hoogtepunte van Maart se naghemel, wat interessante komeetnuus bevat. Het jy geweet dit is moontlik om van Jupiter se mane met die blote oog te sien? Het ons son ‘n naam?
Sterre en planete 15 Februarie 2026 15.02.2026 27:19
Ons verrassingsgas neem ons op ‘n lang reis met ‘n paar staaltjies van hoe dit is om vrou alleen deur lang nagte in Sutherland se koepels te werk, hoe hulle vir 18 maande lank ‘n fout herstel het in een van SALT se mees delikate optiese stelsels, asook ‘n agter-die-skerms-kyk hoe SALT bedryf word. Ons reis eindig in die Atacamawoestyn in Suid-Amerika op, wat beskryf kan word as ‘n pelgrimstog na d...
Sterre en planete 8 Februarie 2026 08.02.2026 27:23
Jim Adams beantwoord ‘n skynbaar eenvoudige kort luisteraarsvraag oor hoe satelliete gelanseer word, wat op ‘n uitgebreide bespreking uitloop, voordat die span die jongste nuus oor die redes vir die uitstel van die lansering van die Artemis 2-sending na die maan in perspektief bring.
Sterre en planete 1 Februarie 2026 01.02.2026 27:20
Dr Stefan Lotz praat oor die geweldige getalle betrokke toe die onlangse massa-uitbarsting van die son, die aarde getref het. Dit het rare groen aurora, of te wel suiderligte, veroorsaak in Suid-Afrika. Met die duisende satelliete, word die kans dat die lae-aarde-wentelbaan sonder waarskuwing kan ineenstort, al hoe groter.
Sterre en planete 25 Janaurie 2026 25.01.2026 27:11
Ons vind meer uit oor ’n gedeeltelike sonsverduistering in Februarie. Net soos die slimfoon ons lewe drasties verander het, so het die slim-teleskoop gekom om astrofotografie radikaal op sy kop te draai. Hoor hoe Johan le Roux te werk gegaan het om komeet, 3i/ATLAS, met sy splinternuwe slim-teleskoop af te neem.
Sterre en planete 18 Januarie 2026 18.01.2026 27:19
Ons praat met Adriaan Peens-Hough van die SA Radio-astronomie Sterrewag oor ‘n belangrike mylpaal wat by die SKA bereik is.
Sterre en planete 11 Januarie 2026 11.01.2026 27:24
Dr. Stefan Lotz van SANSA praat oor die vooruitsigte vir 2026. Die res van die program kom weer uit die oorskietstukkie-leêr op Willie se rekenaar, waar hy waardevolle brokkies bêre wat voorheen gesny moes word wanneer ’n opname te lank geraak het. Eers hoor ons van Sirius, wat in die verre toekoms ons poolster sal word. Daarna gesels ons uitgebreid oor kosmiese strale, asook van ’n spesiale tassi...
Sterre en planete 4 Januarie 2026 04.01.2026 27:22
Jim Adams skop 2026 af met sy lys van hoogtepunte van die afgelope jaar. Daarna kyk ons na interessante ruimtesendings waarna ons kan uitsien in 2026, wat Amerikaanse, Chinese, Europese, Japanese en Indiese sendings insluit.
Sterre en planete 28 Desember 2025 28.12.2025 27:20
In die laaste program van 2025, kyk ons terug op die hoogtepunte van die jaar in die naghemel, en gee ’n opsomming van die afgelope jaar se programme. Ons kyk ook vooruit na 2026, en die interessanthede wat ons te wagte kan wees. So tussendeur kyk ons na die betekenis van die termologie wat ons dikwels in die program hoor, voor ons afsluit met die hoogtepunte van Januarie 2026 se naghemel.
Sterre en planete 21 Desember 2025 21.12.2025 27:26
As Sterre en Planete se bydrae tot die Afrikaans-100-viering, huldig ons iemand wat aan sowel die eerste as tweede taalbeweging deelgeneem het, en meer as ’n eeu gelede ’n wonderlike skat van inheemse Afrikaanse sterstories vir ons opgeskryf het.
Sterre en planete 14 Desember 2025 14.12.2025 27:34
Jim Adams bring ons vir oulaas vanjaar op hoogte van verskeie ruimtesendings, soos die Artemis 2.
Sterre en planete 7 Desember 2025 07.12.2025 27:34
Dr. Stefan Lotz praat oor die ruimteweer, met ‘n fokus op ’n reuse-sonvlekgroep, wat vergelykbaar is in grootte aan die berugte Carrington-gebeurtenis van 1859, wat tans oor die son beweeg. Professor Matie Hoffman en twee van sy kollegas vertel van die SAASTEC-konferensie wat vanjaar die eerste keer in Bloemfontein gehou is, waar verteenwoordigers van meer as 40 wetenskapsentra vergader het.
Sterre en planete 30 November 2025 30.11.2025 27:22
Lafras Smit vertel watter interessanthede ons in Desember se naghemel kan sien. Prof. Matie Hoffman beantwoord luisteraarsvrae oor die Meerkat- en SKA-projekte, en die geweldige snelhede waarteen die aarde om sy as draai, terwyl dit terselfdertyd om die son wentel, sowel as rondom die Melkweg teen sowat 1 miljoen km/h. Ons hoor ook van ’n onlangse ontdekking van organiese molekules in yskristalle...
Sterre en planete 23 November 2025 23.11.2025 27:20
As jy na samesweringsteorieë luister oor Komeet 3i/ATLAS, nou dat dit weer agter die son herverskyn het, hoor jy stellings dat dit nou “getransformeer” het en nie meer die tipiese profiel van ’n komeet het nie. Dat dit nou vier keer helderder is en die helderheid skielik begin varieer het, dat dit nou radiogolwe en ultravioletlig uitsaai, ensovoorts. Hiervan word selfs deur ’n Harvard-professor wa...
Sterre en planete 16 November 2025 16.11.2025 27:34
Dit is SALT se 20ste verjaarsdag. Sterre en Planete het by die destydse projekbestuurder, Kobus Meiring, gaan kuier, om meer van hierdie reuse ingenieursprestasie te gaan uitvind. Ons hoor hoe die ingenieurspan gekies is, hoe hulle die ontwerp aangepas het vir Suid-Afrikaanse omstandighede om binne die begroting te bly, en hoe ons die Amerikaners kon leer van gemak! Hoekom is SALT se koepel ’n hal...
Sterre en planete 9 November 2025 09.11.2025 27:27
Die son is tans taamlik aktief. Dr. Stefan Lotz van SANSA vertel wat alles daar gebeur. Studies met die wêreld se grootste sonteleskoop het pas ’n dekadesoue vraag opgelos oor hoekom die son se atmosfeer tot miljoene grade Celcius verwarm, terwyl sy oppervlak skaars 6000° C is. Prof. Matie Hoffman verduidelik die verskil tussen die twee teorieë van lig, naamlik die golfteorie en die deeltjieteorie...
Sterre en planete 2 November 2025 02.11.2025 27:28
Jim Adams en prof. Matie Hoffman bespreek die moontlikheid dat twee ruimtesendings dalk deur die stert van die veelbesproke komeet 3i/ATLAS sal kan vlieg, om baie waardevolle inligting oor hierdie interessante buiteruimtelike besoeker te bekom. Die span beantwoord ook ’n luisteraarsvraag oor cubesats, en Jim deel ’n staaltjie hoe hy destyds vinnig sy aanvanklike siening, dat cubesats ruimterommel...
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.