RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Sterre en planete 24.02.2018 29:15
Sterrekundiges het bekend gemaak dat hulle die verste supernowa ooit opgespoor het. In Sterre en Planete praat die span oor die Supernova wat 10,5 duisend miljoen ligjaar ver is. Een van die vrae wat bespreek word hoe mens iets wat so ver is kan meet. Daar is ook inligting oor die groot teleskoop van die Boyden sterrewag wat deesdae sonder 'n spieël sit want die spieël word op Sutherland gediens o...
Sterre en planete 17.02.2018 29:41
Die span gesels oor die krag en grootte van die swaarste vuurpyl ooit, die Falcon Heavy. Wat die lansering merkwaardig maak, is dat dit gedoen is deur 'n privaatmaatskappy, Space X. Daar word ook gepraat oor NASA wat blykbaar van plan is om die befondsing van die Internasionale Ruimtestasie oor te skuif na die privaatsektor.
Sterre en planete 10.02.2018 29:01
Wim Filmalter praat oor 'n paar tegnieke om sterre en die maan mooi af te neem. Kobus Olckers vertel van kosmiese strale. En daar is inligting oor twee sterrekyk-geleenthede. Die een is by Ludwig se roosplaas net noord van Pretoria, en die ander tydens die Woordfees by Knorhoek in die Wes-Kaap.
Sterre en planete 03.02.2018 29:59
Een van die projekte waaraan dr. Japie van Zyl en sy span by die Jet Propulsion Laboratory werk, is die Europa Clipper-sending na een van Jupiter se mane. Hy vertel van een van die uitdagings wat sy span het om vas te stel of die oppervlak van die maan met bros ys bedek is, en of daar soliede ysplate is. Dit sal die ontwerp van die tuig beïnvloed. Daar is ook inligting oor soliede ys wat onder die...
Sterre en planete 27.01.2018 30:18
Die span gesels oor die verskillende sonne of sterre in ons sterrestelsel. Een van die interessante feite wat na vore kom, is dat dit ons son sowat 200 miljoen jaar neem om een keer om die sentrale punt in die Melkweg te roteer. Daar is ook interessante feite oor ligbesoedeling en die omvang daarvan.
Sterre en planete 20.01.2018 28:55
2018 is, wat ruimte-aktiwiteit betref, 'n taamlike vol jaar. Die span gesels oor die doen en late van verskeie ruimteagentskappe. En Willie Koorts praat oor vanjaar se twee bloumane.
Sterre en planete 13.01.2018 30:20
Kobus Olckers na die moontlikheid dat die hoë sonvlekaktiwiteitaktiwiteit moontlik tot 'n nuwe Maunder-periode kan lei. Tydens die vorige Maunder-periode van ongeveer 1659 tot 1772 het die aarde heelwat koeler temperature ervaar, sodat selfs die water in die Teemsrivier geys het. Die span praat ook oor die wisseling van die waarneembare sonversksynsels en die voorkoms van verskynsels wat baie moei...
Sterre en planete 06.01.2018 30:41
Dr. Japie van Zyl, direkteur van sonnestelseleksplorasie by die Jet Propulsion Laboratory in die V.S.A. praat oor die land se besluit om sy navorsing op die diep ruimte te fokus, en wat dit vir sy departement beteken. Daar word ook gepraat oor hoe ver in die ruimte sonkrag nog doeltreffend is, en die span gesels oor kubussatelliete wat deesdae baie gewild is.
Sterre en planete 23.12.2017 30:50
Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts praat oor die Bethlehemster. Daar is baie oor hierdie ster bespiegel, en een van die vrae wat gevra word, is of dit moontlik 'n okkultasie was.
Sterre en planete 16.12.2017 30:24
Die span vertel waar sterre se name vandaan kom. Sterre het verskillende name in die verskillende kulture. 'n Interessante vraag word ook bespreek oor fisika: As daar 'n ander beskawing elders in die ruimte sou wees, sou die fisikabeginsels dieselfde wees as hier op aarde?
Sterre en planete 09.12.2017 29:03
Die boek, Sterre en Planete, is onlangs gepubliseer. Dit is in Pretoria en Bloemfontein bekendgestel, waar die gaste kon luister na 'n spesiale samestelling van hoe die skrywers die skryf van die boek ervaar het. Die skywers is prof. Matie Hoffman, Willie Koorts, Kobus Olckers, dr. Japie van Zyl en Hennie Maas.
Sterre en planete 02.12.2017 29:58
Die Jet Propulsion Laboratory werk saam met ander organisasies aan verskeie projekte. Dr. Japie van Zyl vertel meer van die JPL se samewerking met die APL van die Johns Hopkins Universiteit in Baltimore. Hy verduidelik hoe noukeurig hulle te werk moet gaan om te sorg dat die werk wat gedoen word, inpas by die vereistes van die JPL. Daar word ook gesels oor aandrywingsmiddels in die ruimte. Die JPL...
Sterre en planete 25.11.2017 30:06
Die span praat oor die eienaardige vorm van die vreemde asteroïde wat van buite ons sonnestelsel afkomstig is, en hoe dit waargeneem is. Hoewel tekens van water op Mars reeds gevind is, is daar nou 'n siening dat sommige sogenaamde waterstrepe waarskynlik sandstrepe is.
Sterre en planete 18.11.2017 30:52
Daar is heelwat mense wat in die aand na die sterre kyk, en dan wonder “kyk ek na 'n ster of is dit 'n planeet?” Die span verduidelik hoe jy na die naghemel moet kyk. Daar is ook meer duidelikheid oor die somerkonstellasies en winterkonstellasies. Dit wil ook voorkom asof die eeu van die pendeltuie nog nie verby is die. Die VSA het pas 'n toets suksesvol voltooi vir die volgende generasie tuie wat...
Sterre en planete 11.11.2017 27:46
Hoewel dit nie wyd bekend is nie, is Suid-Afrika ook aktief met satellietprogramme. Sias Mostert van die SCS Aerospace Groep vertel van een van hulle satelliete, die En Sight 1, wat reeds langer as 120 dae om die aarde wentel. Hy verduidelik wat die verskil is tussen 'n nanosatelliet en 'n kubsat, en wat die funksies daarvan is. Kobus Olckers, ons sonkenner in Florida in die VSA, verduidelik ook h...
Sterre en planete 04.11.2017 30:42
Dis ongelooflik hoe die mens gevorder het om die teenwoordigheid van planete en komete om ander sterre (sonne) aan te toon. Die span gesels oor die oorgangsmetode wat gebruik word. Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe ses komete met hierdie metode gevind is wat om 'n ster wentel wat 800 ligjare weg is. Daar is ook nuus oor 'n komeet wat van iewers van buite ons sonnestelsel af naby die aarde verby be...
Sterre en planete 28.10.2017 30:49
Waarom is die grond se kleur op die maan so anders as die op Mars? Daar is ook inligting oor die nuwe Sterre en Planete boek, en die span gesels oor hulle wedervaringe om deel te wees van die boekskryfprojek. Hulle vertel ook van 'n nuwe virtuele speletjie waarmee jy, voor jou rekenaar of TV, die oppervlak van die rooi planeet kan verken. Die Dawn-projek by die asteroïede Ceres is intussen ook nuw...
Sterre en planete 21.10.2017 29:57
Dit gebeur nie sommer dat sterrekundiges regoor die wêreld gaande raak oor 'n gebeurtenis in die ruimte nie. Dit het die afgelope week bekend geword dat 'n botsing van twee neutronsterre nie net gravitasiegolwe die ruimte ingestuur het nie, maar ook liggolwe. Die sterre het 130 miljoen jaar gelede gebots, en die lig van die ontploffing kon waargeneem word. Dit is ook die eerste keer dat gravitasie...
Sterre en planete 14.10.2017 30:41
So elke nou en dan hoor mens van 'n swart ster of 'n nuwe planeet met die naam “X”. 'n Naam wat ook dikwels gehoor word is Niburu. Die span gesels oor die moontlikheid dat daar 'n negende planeet mag bestaan. Dis tans nog net teorie, maar wetenskaplikes het goeie rede om te meen dat daar wel so iets is. En 'n asteroïede het die afgelope week rakelings verby die aarde geflits. Die span vertel hoe m...
Sterre en planete 07.10.2017 30:12
Die Nobelprys vir wetenskap is onlangs toegeken aan 'n drietal Amerikaners vir hulle werk op gravitasiegolwe. Die span praat oor die belangrikheid van hierdie praktiese bevestiging van Einstein se bekende teorie. Die Amerikaners het 'n apparaat ontwikkel wat 'n verandering in gravitasie baie noukeurig kan meet. Die verandering staan bekend as 'n gravitasiegolf, soos golwe op die see.
Sterre en planete 30.09.2017 30:28
Al die lande wat te doen het met ruitenavorsing en -sendings het die afgelope week in Adelaide in Australië byeengekom. Dr. Japie van Zyl was ook daar. Hy vertel wat daar gebeur het, en dat die Amerika belangstel in satelliet-onderdele wat op Somerset-Wes ontwikkel word.
Sterre en planete 23.09.2017 29:02
Die span verduidelik die verskille tussen die twee hoofgroepe teleskope, refraktor en reflektor. Die Hubble ruimteteleskoop is 'n reflektor met 'n spieël asook SALT op Sutherland wat 'n saamgestelde spieël het. Daar is ook 'n kort gesprek met dr. Japie van Zyl wat opgeneem is pas nadat die Cassini-verkenningstuig homself in die atmosfeer van Saturnus vernietig het.
Sterre en planete 16.09.2017 29:30
Die Cassini-verkenningstuig het Vrydag sy swanesang gesing toe hy in Saturnus ingeduik het op 'n selfvernietigingstrajek. Die span gesels oor die gebeure en wat Cassini alles bereik het in sy 13 jaar lange sending by die ringplaneet. Daar is ook 'n gesprek oor die Kepler-ruimteteleskoop wat drie superaardes raakgesien het, nie te ver van ons sonnestelsel af nie. Die teleskoop het reeds 2 494 eksop...
Sterre en planete 09.09.2017 29:52
Die son laat sy invloed op baie maniere op aarde geld. Die kragtige orkane wat die ooskus van Amerika tans teister, is een voorbeeld. Die span gesels oor die korrelasie tussen die son se gedrag en 'n verskynsel soos 'n orkaan. Daar is ook inligting oor die satelliete wat gebruik word om die son dop te hou. En Kobus Olckers vertel van 'n nuwe satelliet wat die ruimte ingestuur gaan word, wat byna b...
Sterre en planete 02.09.2017 30:27
Een van die veteraanruimtevaarders, Chris Hadfield, het onlangs gewonder waarom mense nie eerder die maan koloniseer as Mars nie. Dit is een van die onderwerpe wat die span bespreek saam met dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië. Japie vertel ook dat daar heelwat belangstelling in Amerika is om asteroïdes te gaan myn.
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.