RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Sterre en planete 11.08.2018 27:39
Die span bespreek die Parker-satelliet se sending na die son. Dis 'n tuig wat uiteindelik binne in die son se korona werksaam sal wees. Daar baie uitdagings om die instrumentasie teen die son se hitte en bestraling te beskerm. Daar word ook gesels oor die meteorietreën wat elke nou en dan voorkom.
Sterre en planete 04.08.2018 30:26
Japie van Zyl vertel van die water wat onder die oppervlak van Mars gekry is, en waarom dit waarskynlik soutwater is. Hy praat ook oor die rooi pleneet se stofstorm wat aan die bedaar is. En die span gesels oor die projek om asteroiedes op te spoor, wat nou 20 jaar oud is.
Sterre en planete 28.07.2018 28:50
Die Satelliettoepassingsentrum by Hartebeeshoek, wes van Pretoria, doen belangrike werk oor die bestuur van satelliete. Die besturende direkteur van van die sentrum, Raoul Hodges, vertel hoe hoog die werk van die sentrum onder die ruimtegemeenskap geag word. Willie Koorts gesels ook oor die werk wat hy by die SAAO doen, en waarom hy so dikwels op Sutherland kuier.
Sterre en planete 21.07.2018 30:39
Hoe weet mens waar om te begin kyk na sterre en planete? Magda Streicher van Limpopo verduidelik hoe jy te werk moet gaan. Daar is baie inligting beskikbaar op die internet en in boeke. Jy hoef ook nie 'n wafferse teleskoop te hê om die naghemel te begin ondersoek nie – 'n verkyker sal ook doen. En Willie Koorts verduidelik hoe mens sterkaarte gebruik om jou rigting in die swart gewelf te bepaal.
Sterre en planete 14.07.2018 29:01
Die span gesels oor die maansverduidetring wat aan die einde van Julie plaasvind. Willie Koorts bespreek die verskillende stadiums van die verduistering, en wat die verskil is tussen 'n maansverduistering en 'n sonsverduistering. Daar is ook inligting oor 'n moontlike meteoor wat oor dele van Noordwes gesien is.
Sterre en planete 07.07.2018 28:14
Hoekom kan ons son nie as 'n gemiddelde ster beskou word nie? Hoe lank kan die son aanhou brand? Hoe kan die son sonder suurstof brand? Hoe ver in die ruimte het die magnetiese uitstralings van die son 'n invloed? Wat sal met son gebeur aan die einde van sy lewe?
Sterre en planete 30.06.2018 19:40
Dr. Japie van Zyl vertel dat Mars se rooi kleur te wyte is aan die dik laag stof, wat reg om die planeet voorkom. Hy sê die stof is op sommige plekke tot 40 km dik! Die span gesels ook oor 'n projek van Jaxa, die Japanese ruimte-agentskap, wat besoek gaan aflê by 'n asteroïede.
Sterre en planete 23.06.2018 30:37
As jy saans na die ooste kyk, sal jy 'n helder rooi voorwerp sien. Dit is Mars wat so duidelik vertoon. Miskien is dit die stofstorm wat tans aan die gang is wat, die planeet so 'n ekstra rooi kleur gee. Die span praat oor die storm, hulle gesels met ywerige sterrekyker Lafras Smit, wat in die omgewing van Heilbron boer. Hy is tans besig om die sogenaamde analemma te bestudeer. Hy vertel wat dit i...
Sterre en planete 16.06.2018 18:52
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Sterre en planete 09.06.2018 28:47
Het jy geweet dat die eerste kleurfoto van Mars geneem is met 'n teleksoop in Bloemfontein? Dawie van Jaarsveld vertel van die werk wat gedoen is met die teleskoop in die sterrewag op Naval Hill in Bloemfontein. Daar was ook onlangs 'n geleentheid waartydens die oorblyfsels van die bekende teleskoop 'n ereplek op Naval Hill gekry het. Die ou sterrewag huisves tans Suid-Afrika se eerste digitale pl...
Sterre en planete 03.06.2018 29:21
Planne word gemaak om 'n satelliet gevaarlik naby aan die son te laat kom. Die Parker Solar Probe gaan 'n skrale sesmiljoen kilometer van ons ster af sy werk doen. Dr. Japie van Zyl gesels ook oor die koers korreksies wat aan Insight se trajek aangebring word om die tuig in November op die regte dag, uur en minuut op Mars te laat land. Daar is ook inligting oor atmosferiese riviere in die aarde se...
Sterre en planete 02.06.2018 30:35
Planne word gemaak om 'n satelliet gevaarlik naby aan die son te laat kom. Die Parker Solar Probe gaan 'n skrale sesmiljoen kilometer van ons ster af sy werk doen. Dr. Japie van Zyl gesels ook oor die koers korreksies wat aan Insight se trajek aangebring word om die tuig in November op die regte dag, uur en minuut op Mars te laat land. Daar is ook inligting oor atmosferiese riviere in die aarde se...
Sterre en planete 26.05.2018 27:44
Suid-Afrika het pas 'n nuwe teleskoop, die Meerlicht, in gebruik geneem. Dit sal in die optiese ligspektrum saam met die Meerkat-teleskope werk doen. Daar het onlangs in 'n berig inligting verskyn oor hoe verbasend min sonvlekke die son tot dusver vanjaar gehad het. Die aardkant van die son was 73 uit 128 dae vlekloos. Dit kan dui op die son wat op pad is na sy son-minimum. Dis egter onmoontlik om...
Sterre en planete 19.05.2018 30:54
Hoe voel dit vir 'n Suid-Afrikaner uit die Bosveld om vir die eerste keer die Aurora Borealis te sien? Magda Streicher vertel van haar wedervaringe in Ysland, en 'n projek saam met Auke Slotegraaf om sterre in die Magelaanse wolk waar te neem. Daar is ook nuus oor die asteroïede wat 'n paar dae gelede rakelings verby die aarde geflits het.
Sterre en planete 12.05.2018 28:51
Kobus Olckers, ruimteweerkundige in Florida, VSA, dr. Japie van Zyl, die direkteur sonnestelseleksplorasie van JPL in Kalifornië, Willie Koorts van die SA Astronomiese Observatorium en prof. Matie Hoffman van die die Digitale Planetarium en die Universiteit van die Vrystaat praat oor die Insight-projek wat verlede week gelanseer is. Japie van Zyl praat oor die uitwerking van bestraling deur die so...
Sterre en planete 05.05.2018 30:23
Dr Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië moes die afgelope week redelik bontstaan met die lansering van die Insight-satelliet na Mars. Dis die eerste diepruimsatelliet wat van die Amerikaanse Weskus af gelanseer is. Hy vertel hoe alles afgeloop het, en wat die pad vorentoe is met Insight. Hy praat ook oor 'n stel nuwe satelliete, Grace Follow On, wat belangrike werk sal doe...
Sterre en planete 28.04.2018 29:26
Die span praat oor die tegnologie van die nuwe generasie digitale planetariums, en die oudste teleskoop op Sutherland, die Radcliffe. Willie Koorts vertel 'n interessante storie oor die instrument.
Sterre en planete 21.04.2018 29:46
Die span kyk na die verskil tussen 'n robotiese teleskoop en 'n teleskoop wat met afstandbeheer werk. En hulle verduidelik watter luglae 'n vuurpyl moet deurklief om die ruimte te bereik. Kobus Olckers kyk ook na ruimteweer.
Sterre en planete 14.04.2018 30:57
Een van die tergendste vrae wat ruimtewetenskaplikes en die mensdom mee te doen het is: Wat is ewigheid? Die span gesels ook oor die proses wat gevolg word voordat 'n wetenskaplike bevinding, soos die ontdekkking van 'n supernova, bekendgemaak word.
Sterre en planete 07.04.2018 30:28
Wat presies is sonlig? Watter deel van sonlig is dit wat jou brand? Kobus Olckers en die span praat oor die energie wat van ons ster, die son, af kom. Die span praat ook oor eksperimente wat met sonlig gedoen kan word. Ons gesels ook met Willem Esterhuyzen, die Algemene Bestuurder Ingenieurswese by SKA. Hy praat oor Meerkat wat nou ten volle operasioneel en geintegreerd is. Die eerste wetenskaplik...
Sterre en planete 31.03.2018 30:03
Dr Japie van Zyl gesels oor die feit dat die Curiosity marstuig sy sg 2000ste sol dag beleef het. 'n Sol dag is een Mars dag. Die ander naam vir ons ster, die son, is natuurlik Sol. Japie praat oor die mylpale wat reeds bereik is en waarvoor daar gemik word. Curiosity het op 6 Augustus 2012 in die Gale krater geland en is nou besig om stadig teen Mount Sharp uit te klim.
Sterre en planete 24.03.2018 30:11
Die Kepler-ruimteteleskoop se brandstof is besig om op te raak. Die span praat oor die groot bydrae wat die teleskoop tot dusver gemaak. Die grootste gros eksoplanete wat tot dusver ontdek is, is deur die Kepler gedoen. Hulle praat ook oor afstand en tyd in die ruimte.
Sterre en planete 17.03.2018 29:45
Hoe weet sterrekundiges dat die voorwerp wat hulle waarneem, 'n eksoplaneet is? Daar is nou al 3,741 eksoplanete waargeneem. Daar word ook gepraat oor 'n eksoplaneet wat 700 ligjaar weg is, en wat volgens waarnemings baie water het.
Sterre en planete 10.03.2018 28:22
Laat alle sterre fakkels opvlam? Daar is ook nuwe inligting oor kosmiese strale. En Wim Filmalter verduidelik hoe om sterstrepe af te neem.
Sterre en planete 03.03.2018 30:47
Een van instrumente wat die Insight-tuig na Mars aan boord sal hê, is 'n elektriese hamer waarmee 'n pen in die grond van Mars ingeslaan sal word. Dit is een van die onderwerpe wat bespreek word wanneer dr. Japie van Zyl van JPL aan die woord is. Die span vertel ook van 'n kubus-satelliet wat saam met Insight gelanseer sal word om te help met die kommunikasie tussen die tuig op Mars en die aarde.
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.