RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Education

Podcastens hjemmeside

www.rsg.co.za

Seneste episode

30. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Kompas 12 Augustus 2021 12.08.2021

Athina Jansen praat met dr. Melodie de Jager, stigter van die Mind Moves Instituut, oor wat kinders belemmer om te leer. Sy deel wenke met ouers en webwerwe waar luisteraars meer inligting kan kry.

Kompas 11 Augustus 2021 11.08.2021

Athina Jansen praat met ‘n onderwyser wat RSG se vervolgverhale in die klaskamer gebruik. Shalom Harris verduidelik hoe haar graad 11 leerders Afrikaanse radio geniet. Die uitvoerende hoof van SA Innovation Summit, Audrey Verhaeghe, vertel van hulle program vir jongmense wat in September plaasvind.

Kompas 10 Augustus 2021 10.08.2021

Dillion Seals, ‘n wiskunde onderwyser, gee finansiële wiskunde wenke vir Graad 12 leerders ter voorbereiding van die eindeksamen.

Kompas 9 Augustus 2021 09.08.2021

Chris Balie en Chante Adams van die Obafhanklike Verkiesingskommissie praat oor kieserregistrasieproses.

Kompas 5 Augustus 2021 05.08.2021

Ons kyk na die impak wat afwesige pa’s op seuns het. Die stigter van The Character Company, Jaco van Schalkwyk, vertel van die organisasie en hoe jy betrokke kan raak.

Kompas 4 Augustus 2021 04.08.2021

Het jy al gewonder hoe dit sou wees om oorsee te werk, of selfs daar te bly? Ons kyk na Au Pair-werk. Dit is iemand wat by ‘n buitelandse familie gaan bly en hulle kind of kinders versorg. Chandrey Howburg en Alica Brown deel hulle Au Pair-ervaring, en die vereistes vir hierdie loopbaankeuse.

Kompas 3 Augustus 2021 03.08.2021

Ons hoor hoe jongmense die geleentheid kry om hulleself in hulle moedertaal uit te druk en uit te leef. Esra Plaatjies, die bestuurshoof van die jeuginisiatief, Afrikaans Leef, gesels oor die geleenthede wat hulle vir jongmense skep om hulle moedertaal te bevorder.

Kompas 2 Augustus 2021 02.08.2021

Ons gesels met die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor die kiesersregistrasieperoses. Die plaaslike verkiesings is uitgestel tot 2022.

Kompas 29 Julie 2021 29.07.2021

Carinne Adams, ‘n dieetkundige, vertel van die uitdagings wat kinders ervaar wanneer hulle nie genoeg eet nie, en hoe belangrik dit is om reg te eet. Jean Steyl, ‘n fiksheidskenner, praat oor die belangrikheid van oefening, en gee wenke oor hoe jy by die huis kan begin.

Kompas 28 Julie 2021 28.07.2021

Ons kyk na 'n loopbaan in inligtingstegnolgie, en hoe om aan te pas in die tegnologiese era waarin ons lewe. Alida van der Walt vertel ons van ‘n rekenaarskursus, wat veral vir vroue voordelig kan wees. En ons hoor by ‘n paar jongmense watter loopbaanrigting hulle wil volg, en hoe hulle beoog om dit te bereik.

Kompas 27 Julie 2021 27.07.2021

Jean Goliath, senior kurrikulumbeplanner vir Lewenswetenskappe by die Wes Kaapse Onderwysdepartement, gee wenke vir Graad 12's ter voorbereiding vir die eindeksamen.

Kompas 26 Julie 2021 26.07.2021

Ons praat met die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor die plaaslike regeringsverkiesings.

Kompas 22 Julie 2021 22.07.2021

Watter rol speel die kerk in die jeug se lewe? Ds. Hendry Tromp van Gqeberha kuier by Kompas. Mario Lewis van die Helenvale Sentrum van Hoop vertel wat hulle in die gemeenskap doen om jongmense te ondersteun en te help.

Kompas 21 Julie 2021 21.07.2021

Denielle Blignaut van Gqeberha vertel van 'n loopbaan in menslike hulpbronne. Karina Watermeyer van die Wes-Kaap gee wenke oor hoe om ‘n CV op te stel, en hoe om voor te brei vir ‘n onderhoud.

Kompas 20 Julie 2021 20.07.2021

Alexa van Wyk, 'n Wiskundige Geletterdheid-vakadviseur by die Overberg-onderwysdistrik en seniormerker van die NSS eksamens, gee wenke vir die eksamen. Dillon Seals, ‘n Wiskunde-onderwyser, verduidelik hoe datahantering werk.

Kompas 19 Julie 2021 19.07.2021

Dit is Goedvoel-Maandag op Kompas. Ons hoor wat die drome van verskeie jongmense is en hoe hulle beplan om dit te bereik.

Kompas 15 Junie 2021 15.07.2021

Ons kyk na die belangrikheid van berading in skole. Debbie-Ann Dreyer, die stigter van die PYM16-organisasie, gesels oor die jeugwerkers wat hulle by skole plaas, en Quinton Adams,’n opvoedkundige sielkundige, gesels oor die rol van ’n berader en hoe die gemeenskap leerders kan ondersteun.

Kompas 14 Julie 2021 14.07.2021

Trevino Isaacs en Melvin Williams vertel van Mitchels Plain en Kraaifontein se musiekakademies. Nelia Groenewald, stigter van For the Love of Music, deel met ons hoe hulle musiek anders benader.

Kompas 13 Julie 2021 13.07.2021

Razzia Ebrahim, adjunk-hoofonderwysspesialis vir Wiskunde by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, is al langer as 30 jaar betrokke in die onderwys. Sy gee wenke vir Graad-12's.

Kompas 12 Julie 2021 12.07.2021

Athina Jansen gesels met die Dramaweb-kompetisiewenners. Die top 20 skole wat deel is van die Filmit-kompetisie word aangekondig. Maria Strauss,  ‘n dramastudent van Graafwater, het haar diploma aanlyn ontvang, en deel haar storie met ons.

Kompas 8 Julie 2021 08.07.2021

Ons praat oor wat leerders verhinder om te studeer of voor te berei vir eksamens. ‘n Paar leerders van Wittedrift Hoërskool vertel wat hulle aandag aftrek, en Quinton Adams, ’n opvoedkundige sielkundige, gee raad oor hoe hulle dit kan oorkom.

Kompas 7 Julie 2021 07.07.2021

Ons gesels met klankingenieurswese student, Stephen Kruger, en klankingenieur Sean Bezuidenhout oor wat jy kan verwag indien jy hierdie beroep wil volg.

Kompas 6 Julie 2021 06.07.2021

Chris Banda, senior kurrikulumbeplanner vir Afrikaans graad 10 tot 12 in die Wes-Kaap, gee wenke oor Afrikaans Huistaal.

Kompas 5 Julie 2021 05.07.2021

Aktrise Ira Blanckenberg vertel van die Dramaweb-kompetisie wat aanlyn plaasvind. Marilize du Plessis, ‘n Suid Afrikaner wat in Amerika drama studeer, praat oor haar ervaring daar.

Kompas 1 Julie 2021 01.07.2021

Dr. Henk Gous, ’n predikant van Pretoria, verduidelik die tekens waarvoor jy op die uitkyk moet wees om iemand te help wat aan depressie ly. Elisna Kelly, 'n opvoedkundige spesialis, gesels met Zander Cromhout, ‘n forensiese kriminioloog, en met Natalie Hayes, ’n slagoffer van misdaad.

Lyt til podcasten Kompas i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.