RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Education

Podcastens hjemmeside

www.rsg.co.za

Seneste episode

30. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Kompas 27 September 2021 27.09.2021

Ons gesels met Henrico Fredericks van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor die plaaslike regeringsverkiesings en die politieke verdraagsaamheid en vryheid tydens die verkiesingsperiode.

Kompas 23 September 2021 23.09.2021

Athina Jansen praat met prof. Ronnie Webber-Youngman van die Univerisiteit van Pretoria  oor hoe XR-tegnologie die toekoms van die mynboubedryf kan verander. Sy praat ook met Russel Rensburg, wat deel was van die Co Create Design-fees. Hy vertel hoe Covid-19 die  gesondheidsektor geraak het, en hoe tegnologie en jongmense ‘n verandering te weeg kan bring.

Kompas 22 September 2021 22.09.2021

Athina Jansen praat met Bernard Jordaan oor sy eerste kunsuitstalling, en met Michael Angelo oor ‘n loopbaan in die kunste.

Kompas 21 September 2021 21.09.2021

Stres is iets wat alle jong mense in hulle lewe ervaar. Francois van der Merwe het by Juffrou Amanda de Villiers, ‘n sielkundige by Hoërskool Bellville, gaan hoor hoe om stres baas te raak.

Kompas 20 September 2021 20.09.2021

Ons gesels met Lucian Witbooi van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor die plaaslike regeringsverkiesing en hoe toeganklik en insluitend dit is.

Kompas 16 September 2021 16.09.2021

Athina Jansen praat met Ferdie Niemand, die bestuurshoof van Curro, oor die verskillende keusevakke waaruit leerders kan kies. Eleen Polsen, ‘n voorligtingsielkundige, vertel van die SISTARS-plaform wat geskep is vir tieners om mekaar te ondersteun.

Kompas 15 September 2021 15.09.2021

Athina Jansen gesels met Ashley Dudley, ‘n wiskundetutor, oor wat ‘n tutor doen.

Kompas 14 September 2021 14.09.2021

Ons gesels met die OVK-verteenwoordigers, Chante Adams en Lenishia Davids, oor die plaaslike regeringsverkiesing se registrasieproses en -naweek van Saterdag en Sondag 18 en 19 September. Hoekom is dit belangrik om vanjaar te stem en jou demokratiese reg uit te oefen?

Kompas 13 September 2021 13.09.2021

Athina Jansen gesels met uitblinker Henze du Preez, ‘n graad 7 leerder by Welkom Volkskool in die Vrystaat, oor sy prestasies by twee danskompetisies. Chantald de Wee, ‘n dansonderwyseres, het raad vir dansers.

Kompas 9 September 2021 09.09.2021

Athina Jansen gesels met Theresa van Baalen, ‘n skrywer, oor die op-die-plaas-emosie-reeks wat kinders sal help om hulle emosies beter te verstaan. Anelia Oosthuizen vertel van die aanlynplatform, Obuntu, wat mense met hulle geestesgesondheid ondersteun.

Kompas 8 September 2021 08.09.2021

Athina Jansen gesels met ‘n 20 jarige dieselwerktuigkunde student, Kayla Hildebrandt, oor haar passie vir motors; en met Sidwil Josias, ‘n werktuigkundige, oor sy besigheid en hoe hy jongmense oplei en help.

Kompas 7 September 2021 07.09.2021

Athina Jansen praat met, Tyrone Cloete, die bemarkingsbestuurder van Netbooks Video Learning oor hoe leerders ektra lesse kan kry teen ‘n bekostigbare prys. Chadwin Erasmus, ‘n onderwysstudent van die Noord-Kaap, gee sy mening oor ekstra wiskundeklasse.

Kompas 6 September 2021 06.09.2021

Athina Jansen gesels met Living Through Learning, 'n nie-winsgewende organisasie, oor Wêreld Geletterdheidsdag wat op 8 September plaasvind. Dr. Stephan van der Westhuizen is hierdie week se uitblinker.  Hy het sy doktorsgraad in Bewegingsonderwys verwerf.

Kompas 2 September 2021 02.09.2021

Athina Jansen praat met dr. Jacques Mostert, die akademiese bestuurder by Abbotts College, oor die leerbehoeftes van kinders wat die afgelope tyd verander het, en hoe ons leerders kan help en ondersteun deur die ander opsies wat daar beskikbaar is soos Evolve-Aanlyn.

Kompas 1 September 2021 01.09.2021

Athina Jansen praat met die bestuurshoof van Eduvelopment, Steven van Zyl, oor die pad wat hulle met leerders stap om te bepaal watter loopbaanrigting vir hulle geskik sal wees.

Kompas 31 Augustus 2021 31.08.2021

Lizette Booys, beter bekend as die Wiskunde Juffie, gee wenke aan graad 4, 5 en 6 leerders. Sy verduidelik lengte en herleiding.

Kompas 30 Augustus 2021 30.08.2021

Athina Jansen gesels met Hendrik Matthews en jongmense van die Noord-Kaap oor die Onafhanklike Verkiesingskommissie en wat hulle dorpies benodig. Die junioronderburgemeester van Mosselbaai, Ethan-John Carstens, is Kompas se uitblinker.

Kompas 26 Augustus 2021 26.08.2021

Athina Jansen praat met Eleen Polsen, ‘n voorligtingsielkundige, oor hoe om trauma deur beweging te verwerk. Sy verduidelik die Tention Release Exercise en hoe kinders by die huis kan oefen om stres te verminder.

Kompas 25 Augustus 2021 25.08.2021

Athina Jansen praat met twee onderwysers oor 'n loopbaankeuse in die onderwys. Dalize Ludick van die Oasis Spesiale Skool en Matthew Nortje van die Steinthal Vaardigheidskool vertel watter eienskappe jy moet hê om by ‘n skool te werk wat nie deel van die hoofstroom is nie.

Kompas 24 Augustus 2021 24.08.2021

Ter viering van Vrouemaand praat ons met meisies wat landbouwetenskap, landboutegnologie en landboubestuurspraktyke by die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas neem. Juffrou Jacolene Crawford deel studiewenke ter voorbereiding vir die eksamen.

Kompas 23 Augustus 2021 23.08.2021

Ter viering van Vrouemaand gesels ons met dr. Nicolene Steyn, die jongste gegradueerde wat haar PHD in Regte by die Universiteit van Noordwes ontvang het. Sy deel haar ervaring en hoe sy bo haar omstandighede uitgestyg het.

Kompas 19 Augustus 2021 19.08.2021

Athina Jansen praat met ‘n kinderkinetikus en ‘n biokinetikus oor die belangrikheid van oefening, en watter oefeninge by die huis gedoen kan word.

Kompas 18 Augustus 2021 18.08.2021

Julian Manuel, wat onlangs sy liedjie Stormloop vrygestel het, vertel musiek as 'n loopbaan, en wat jy in die musiekbedryf kan verwag.

Kompas 17 Augustus 2021 17.08.2021

Dillion Seals, ‘n wiskunde onderwyser, gee wenke oor finansiële wiskunde aan die graad 12’s. Peter Kriel het raad oor hoe om in die nuwe werkera aan te pas, en wat ‘n werkgewer van jou CV verwag.

Kompas 16 Augustus 2021 16.08.2021

Ons gesels met die OVK verteenwoordigers, Lynn Jason en Chante Adams oor die plaaslike regeringsverkiesing. Kan dit 'n vry en regverdige verkiesing wees tydens ‘n gesondheidkrisis?

Lyt til podcasten Kompas i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.