RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
Spektrum: ANC in Konstitusionele Hof om 181 raadslede op stembrief te kry 12.10.2026 50:00
12 Oktober 2026: Die ANC wend hom tot die Konstitusionele Hof in 'n poging om 181 raadslede op die stembrief te kry. Ons praat met 'n politieke kenner oor wie die MK-leisels sal vashou terwyl Jacob Zuma siek is. Die Aussies het die hef in die hand teen die Proteas in Durban.
Spektrum: Kan ’n vierdag-werkweek tot gesonder personeel lei? 09.10.2026 51:50
9 Oktober 2026: Die departement van binnelandse sake trek sy direktief oor die aanvaarding van asielaansoeke terug. Kan ’n vierdag-werkweek tot gesonder personeel lei? Bendegeweld op die Kaapse Vlakte is onder die vegrootglas. Wat is die ware braaibroodjie?
Spektrum: Ontvanger wil belasting op die taxibedryf hef. 08.10.2026 52:20
8 Oktober 2026: Die Inkomstediens wil belasting op die taxibedryf hef. Oud-weermaglede is onseker of hulle private mediese dekking van November af sal hê. Kan voorgeskrewe brande gemeenskappe teen veldbrande beskerm? Springbok kry sy eie boeremark.
Spektrum: Verkiesingsdebat - Stellenbosch 07.10.2026 52:16
Regstreekse uitsending van die RSG Nuus en Aktualiteits-verkiesingsdebat vir die Stellenbosch-munisipaliteit. Die ANC (Jerimia Thuynsma), DA (Jeremy Frasser), Good ( Marius van Stade), VF+ (JC Macfarlane) en die EFF (Carl Niehaus) sal Suzanne Paxton te woord staan oor verkiesingsbrandpunte.
Spektrum: Hoekom vaar sommige munisipaliteite beter as ander? 06.10.2026 53:26
6 Oktober 2026: Hoekom vaar sommige munisipaliteite beter as ander? Ons stel dié vraag aan 'n regeerkundige. Ons fokus op die val van Steinhoff. Dr. Allan Boesak se nalatenskap word in 'n nuwe boek vervat. Wyntoerisme se bydrae tot die ekonomie is onder die vergrootglas.
Spektrum: Duisende in Tshwane steeds kragloos 05.10.2026 54:09
5 Oktober 2026: Duisende inwoners in die Tshwane-metro is steeds sonder krag. Miljoene onderwysers wêreldwyd teen 2030 benodig. Het die verbod op selfone in die klaskamer 'n positiewe uitwerking op leerlinge se akademiese prestasie? Die Stellenbosch Wynroete vier sy 55ste bestaansjaar.
Spektrum: Voertuigverkope breek deur 60 000-kerf 02.10.2026 51:08
2 Oktober 2026: Nuwe navorsing wys dat werkloses wat die toelae van R370 ontvang, nie ontmoedig word om werk te soek nie. Voertuigverkope breek in September vir die eerste keer in jare deur die 60 000-kerf. Hoekom is 'n konferensie oor kunsaktivisme vandag relevant? Ons praat met 'n dramaturg en rolprentmaker.
Spektrum: Nuwe klag teen Shadrach Sibiya 01.10.2026 49:16
1 Oktober 2026: 'n Nuwe klag van die oortreding van die Vuurwapenbeheerwet word by die geskorste adjunk-polisiekommisaris, Shadrach Sibiya, se klagstaat gevoeg. Al hoe meer stemme gaan op dat die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, in sy amp herstel word. Cosatu sê R10-miljard moet uit die staatskas vir brandstofprysverligting bewillig word.
Spektrum: Verkiesingsdebat - Johannesburg 30.09.2026 52:17
30 September 2026: Suzanne Paxton lei die debat tussen politieke partye wat aan die plaaslike regeringsverkiesing in Johannesburg deelneem.
Spektrum: Stropers teiken die hoogsbedreigde Kaapse Hertkewer 29.09.2026 51:16
29 September 2026: 'n Aanbod is aan perskeboere gemaak wat deur die sluiting van die Tulbagh-inmaakfabriek geraak word. Demensie-gevalle in Suid-Afrika sal na verwagting skerp toeneem teen 2050. Stropers teiken nou ook die hoogsbedreigde Kaapse Hertkewer.
Spektrum: Groeiende tekort aan noodsaaklike medisyne 28.09.2026 49:18
28 September 2026: Die Madlanga-kommissie gaan strafregtelike klagte teen die voormalige adjunkhoof van misdaadintelligensie, Feroz Khan, lê. Drie Artikel 9-instellings begin met 'n ondersoek na geslagsgeweld. Daar is 'n groeiende tekort aan noodsaaklike medisyne in die openbare en private sektors.
Spektrum: DA vra vir ingryping by reguleringsowerheid vir private sekuriteitsbedryf 25.09.2026 49:19
25 September 2026: 'n Boete van so veel as R100 000 voorgestel vir die indiensneming van ongedokumenteerde buitelandse werknemers. Die DA vra vir ingryping by die reguleringsowerheid vir die private sekuriteitsbedryf. 'n Oudiovisuele boek is in die pyplyn om die N/uu-taal van uitsterwing te red.
Spektrum: Hofgeding oor vier partye se proporsionele kandidaatlyste 24.09.2026 48:45
24 September 2026: ‘n Hofgeding om vier partye se proporsionele kandidaatlyste onwettig te laat verklaar. Ons bekyk 'n taal wat diep in die geskiedenis en identiteit van Kaapstad verweef is, Afrikaaps of Kaaps. Amerika en Iran hervat vredesonderhandelinge.
Spektrum: ANC na Konstitusionele Hof oor kandidatelyste 23.09.2026 45:28
23 September 2026: By die Madlanga-kommissie veg die taxibaas, Bafana Sindane, om sy getuienis te stop. Die ANC besluit om die kwessie oor sy kandidatelys na die Konstitusionele Hof te neem. Die massaskietvoorval in KwaZulu-Natal is moontlik bendeverwant.
Spektrum: Die jongste oor bek-en-klouseer 22.09.2026 51:52
22 September 2026: Die jongste nuus oor die vordering in die stryd teen bek-en-klouseer. 'n Senior beampte van die polisiediens verskyn in die hof op aanklagte wat verband hou met seksuele oortredings. Hoe groot 'n bedreiging is die Withuis se nuwe Trump TV-kanaal vir onafhanklike joernalistiek?
Spektrum: 'n Vrou word elke 20 minute in SA verkrag 21.09.2026 48:28
21 September 2026: Volgens die jongste misdaadstatistiek word 'n vrou elke 20 minute in Suid-Afrika verkrag - ons vra wat loop skeef? Kiesers kan van vandag af vir spesiale stemme registreer. Die ANC se versuim om kandidate op die proporsionele verteenwoordiging-stembrief in Mangaung te plaas, kan 'n omwenteling by die stembus beteken.
Spektrum: Wat beteken konstitutionele hof se uitspraak oor Wet op Openbare Verkryging? 18.09.2026 51:25
18 September 2026: Die voorsitter van die Staatsdienskommissie sê by die Madlanga-kommissie dat staatsamptenare op papier aan openbaarmakingsvereistes voldoen, maar in werlikheid betekenisvolle en noukeurige ondersoek vermy. Ons bekyk die konstitutionele hof se uitspraak oor die Wet op Openbare Verkryging van 2024. Inwoners van Lerato Park in Kimberley ontvang huise en titelaktes.
Spektrum: Publiek se samewerking gevra ná negende vroueliggaam aan Oos-Rand gevind is 17.09.2026 48:27
17 September 2026: Die publiek se samewerking gevra nadat 'n negende vrou se liggaam aan Gauteng se Oos-Rand gevind is. 'n Petisie vra die parlement om die Gautengse departement van onderwys onder administrasie te plaas. Die Amerikaanse Reserwebank verhoog sy repokoers vir die eerste keer in drie jaar - wat beteken dit vir Suid-Afrika?
Spektrum: Tshwane-verkiesingsdebat 16.09.2026 55:05
President Cyril Ramaphosa het 4 November as 'n openbare vakansiedag verklaar, want dit is die dag wat Suid-Afrikaners na die stembus toe gaan om te stem vir leiers in hulle munisipaliteite. Dit is seker die een verkiesing waar jou stem op voetsoolvlak 'n impak sal maak, omdat jy toegang het tot die raadslede en die party in jou wyk. Dit maak die verkiesing dus baie belangrik. Ons praat met 'n paar...
Spektrum: Sesde liggaam van 'n vrou in Ekurhuleni gevind 15.09.2026 50:06
15 September 2026: 'n Sesde liggaam van 'n vrou word in Ekurhuleni gevind, die keer in KwaThema in Springs. Die ANC se besware oor sy kandidaatlyste wat laat ingedien is, word in die hof aangehoor. Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor die infiltrasie van die Johannesbur Metropolisie.
Spektrum: Liggaam van vyde vrou in Kemptonpark gevind 14.09.2026 48:27
14 September 2026: Forensiese kundiges van die polisie is op die toneel in Kemptonpark waar ‘n vyfde lyk van ’n vrou gevind is. 'n Gru-ongeluk in die Karoo waarin twee minibustaxis en 'n motor betrokke is, eis die lewens van 21 mense. Cosatu oorweeg wigtige sake by sy 15de kongres in aanloop tot November se plaaslike regeringsverkiesings.
Spektrum: Ses Nigeriërs aan VSA uitgelewer 11.09.2026 48:36
11 September 2026: Ses Nigeriërs wat glo met 'n R100 miljoen bedrogspul verbind word, word aan Amerika uitgelewer. Suid-Afrikaanse kersieprodusente kry vir die eerste keer toegang tot die Chinese mark. Nampo Kaap bewys sy gewildheid onder boere.
Spektrum: Jacob Zuma maak weer groot veranderings in MK-party 10.09.2026 52:05
10 September 2026: Die DA dien hofdokumente in om 'n party van belang te wees in die ANC se saak teen die OVK. MK-president Jacob Zuma maak vir die tweede keer in ses week groot verskuiwings aan die partyleierskap. Swak dienslewering kan dorpe wat op toerisme staatmaak, benadeel.
Spektrum: Belgiese Herdershond by polisiekademie beseer, uitgesit 09.09.2026 51:19
9 September: Ekurhuleni se vroeë kinder-ontwikkelingsprogram van R57 miljoen in die kollig weens ernstige uitdagings. 'n Ondersoek nadat 'n afgetrede polisiehond erg beseer is by ’n polisieakademie, en uitgesit moes word. Die aansoekdatums vir spesiale stemme is bekend.
Spektrum: ANC sleep OVK hof toe 08.09.2026 53:05
8 September 2026: Suid-Afrika se ekonomie krimp in die tweede helfte van die jaar. Die ANC sleep die Verkiesingskommissie kieshof toe oor die indien van sy kandidaatlyste. Ladingsvermindering is amptelik in sewe provinsies beëindig.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály