RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ Epizody: 2962

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

6. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

RSG Kuns 28.02.2017

Leon Starker gesels oor Boerneef sing Palissandertaal, 'n produksie by vanjaar se Woordfees.

RSG Kuns 28.02.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met Munnik Marais van CANSA oor hulle maandlikse uitstallings by die Brooklynteater in Pretoria. Sy praat ook met die kunstenaar Jaco van Zyl oor sy uitstalling daar.

RSG Kuns 28.02.2017

Dr. Ben Dehaeck het 'n groot bydrae gelewer op die toneelfront in die Kaap. Hy is verlede week oorlede. Johan van Lill vind meer uit oor sy nalatenskap.

RSG Kuns 28.02.2017

Charl du Plessis sluit sy reeks oor die klaviertegnikus af.

RSG Kuns 28.02.2017

Martin Headger gesels met Lynelle Kenned oor haar rol in West Side Story, wat by die Joburg Theatre op die planke is.

RSG Kuns 21.02.2017

Willem Vogel vertel van die Mandolien-uitvoerings wat eersdaags by die Brooklynteater in Pretoria uitgevoer word.

RSG Kuns 21.02.2017

Martin Headger hoor by Georgina Thompson oor die hoogtepunte by vanjaar se Dance Umbrella.

RSG Kuns 21.02.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met die kunstenaar Bruinette Brecher oor haar 30 jaar in die bedryf, en veral die vrouefigure wat deel is van haar werk.

RSG Kuns 21.02.2017

Charl du Plessis sit sy reeks oor die klaviertegnikus voort, en vind uit waarom 'n klavier ná die winter anders klink.

RSG Kuns 14.02.2017

Charl du Plessis gesels verder met klaviertegnikus Rudolf Strydom oor die wonderwêreld van klaviere. Hulle fokus op die klank van 'n klavier, en watter maniere daar is om dit te manipuleer.

RSG Kuns 14.02.2017

Christelle Webb-Joubert gesels met die vervaardigers, Johan van der Merwe en Rudi Sadler, asook twee van die akteurs, Ben Prinsloo en Stephanie Gericke, oor DEURnis. Gehore kan gaan kyk na 12 stukke deur 12 regisseurs, met slegs een akteur en een gehoorlid op 'n slag.

RSG Kuns 14.02.2017

Martin Headger gesels met die regisseur, James Ngcobo, oor die toneelstuk THE MEETING wat by die Markteater in Johannesburg op die planke is.

RSG Kuns 14.02.2017

Christelle Webb-Joubert gesels verder met die kunnstenaar Johann van der Schjiff oor sy uitstalling, IN A DIFFERENT TIME.

RSG Kuns 14.02.2017

Lizelle de Bruin kuier by die kunstenaar Liza Grobler. Haar werk is te sien by vanjaar se Cape Town Art Fair van 17 – 19 Februarie.

RSG Kuns 07.02.2017

Ná 'n speelvak in die Kaap, kan Gautengers nou die musiekspel WEST SIDE STORY gaan kyk. Terrance April het meer besonderhede.

RSG Kuns 07.02.2017

Die King's Singers se toer in Suid-Afrika word afgeskop met 'n werkswinkel sodat hulle kan sien wat Afrika aanbied deur sy universiteitskore. Martin Headger gesels met Renette Bouwer, die koorleier van die Johannesburg Universiteit se koor, oor hoe hulle hiervan sal wees.

RSG Kuns 07.02.2017

Charl du Plessis gesels verder met die klaviertegnikus, Rudolf Strydom. Hulle gesels oor die klank en stem van 'n klavier, en of dit waar is dat jou klavier teen 'n binnemuur moet staan.

RSG Kuns 07.02.2017

Chris Bruerton, 'n lied van die King's Singers, verduidelik wat hulle doel is met die werkswinkel, en wat hulle vir die kore en gehore aanbied.

RSG Kuns 07.02.2017

Johan van Lill vind uit wat alles op vanjaar se Woordfees-spyskaart is.

RSG Kuns 31.01.2017

Martin Headger gesels met skilder Deon Venter oor sy uitstalling THERE IS NO PATH/THE PATH IS MADE BY WALKING by die Everard Read-galery in Rosebank, Johannesburg.

RSG Kuns 31.01.2017

Die pianis Charl du Plessis gesels in 'n reeks van vyf episodes met klaviertegnikus Rudolf Strydom oor die onderhoud van 'n klavier.

RSG Kuns 31.01.2017

Christelle Webb-Joubert besoek die Fried Contemporary-galery in Pretoria waar Johann van der Schijff se uitstalling, IN A DIFFERENT TIME, te sien is.

RSG Kuns 31.01.2017

Theresa Lizamore vier haar loopbaan in die kunsbedryf met 35 YEARS – A LIZAMORE PERSPECTIVE. Martin Headger het by haar gaan kuier.

RSG Kuns 31.01.2017

Lizelle de Bruin kuier by Anna-Mart van der Merwe en vind meer uit oor die toneelstuk, THE MOTHER, waarin sy eersdaags te sien is.

RSG Kuns 24.01.2017

Martin Headger gesels met die kunstenaar Clive van den Berg oor sy uitstalling, A Pile of Stones.

Poslouchej podcast RSG Kuns v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály