RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
RSG Kuns 19.09.2017 7:07
Johan van Lill vind meer uit oor die Barokfees op Stellenbosch, waar heelwat historiese instrumente gehoor sal word.
RSG Kuns 19.09.2017 6:28
In die derde deel van Christelle Webb-Joubert se gesprek met Nataniël gesels hulle oor die misterie wat hom omhul.
RSG Kuns 19.09.2017 16:44
Johan van Lill besoek die Tuin van Digters by die Breytenbachsentrum op Wellington. Hy gesels met 'n paar rolspelers oor vanjaar se hoogtepunte.
RSG Kuns 12.09.2017 5:03
Die balletdanser Margaux Fourie vertel vir Christelle Webb-Joubert van Ballet Magnificat! wat Suid-Afrika eersdaags besoek. Dit is Amerika se eerste Christelike balletgeselskap.
RSG Kuns 12.09.2017 5:20
Die kunstenaar Johan du Plessis se uitstalling, . . . every piece comes with it's own story . . . is in Bloemfonteinte sien. Christelle Webb-Joubert gesels met hom.
RSG Kuns 12.09.2017 7:11
Wilson Dunster en Elize Cawood gesels oor hulle nuwe produksie, Mike en Mavis, wat te sien is by vanjaar se Aardklop.
RSG Kuns 12.09.2017 16:56
Nataniël se vertoning 30 Years, 90 minutes is te sien by Emperors Palace in Johannesburg. In die tweede deel van sy gesprek met Christelle Webb-Joubert vertel hy waar sy naam vandaan kom, waarom hy nie hare het nie en waaraan hy verslaaf is.
RSG Kuns 12.09.2017 7:00
Nina Marais, Stachia van Tonder en Mercia Kriel gesels oor The Finery Arts Festival wat die naweek van 30 September tot 1 Oktober plaasvind in Pretoria.
RSG Kuns 05.09.2017 6:25
Christelle Webb-Joubert gesels met dr. Pieter Binsbergen oor die Nuwe Handtekeninge-kompetisie wat 50 jaar oud is. Die Sasol Nuwe Handtekeninge vir 2017 is onlangs aangewys.
RSG Kuns 05.09.2017 8:28
Nataniël is vanjaar 30 jaar in die bedryf. In die eerste van 'n reeks gesprekke vind Christelle Webb-Joubert meer uit van sy kinderjare.
RSG Kuns 05.09.2017 6:33
Kapenaars wat gereeld by die Groenpuntstadion in Seepunt ry, moes opgemerk het dat 'n anderste sirkusvenue oornag daar staangemaak is. Dis tyd vir 'n nuwe teaterervaring, Enchanted Cirque. Johan van Lill het gaan hoor wat hulle beplan om Kapenaars mee te betower.
RSG Kuns 05.09.2017 12:04
Elke twee jaar word 'n koorfees gehou vir die land se beste universiteitskore. Die Kuesta 2017 Koorfees vind op Stellenbosch plaas, en Johan van Lill het meer daaroor gaan uitvind.
RSG Kuns 05.09.2017 10:31
Leon Gropp was vir baie lank deel van die kitaarduo, CH2. Deesdae het hy 'n sololoopbaan,. Hy vertel vir Christelle Webb-Joubert van sy produskie, Rooidag, by vanjaar se Aardklop.
RSG Kuns 05.09.2017 8:00
'n Groep uitgelese internasionale balletdansers is tans in Suid-Afrika om kragte saam te span met 'n paar plaaslike kunstenaars. Terrance April vind meer uit by die balletimpressario Dirk Badenhorst.
RSG Kuns 29.08.2017 10:33
Roelof Temmingh se pa was die internasionaal bekende komponis Roelof Temmingh (in 2012 oorlede). Sy ma is die befaamde orrelis en pianis, Zorada Temmingh. Dit is dus nie vreemd nie dat die musiekgene dik deur sy are loop. Hy studeer tans in London. Johan van Lill het hom toevallig in die Kunstekaap Teatersentrum raakgeloop, en met hom voor 'n klavier gaan sit en gesels.
RSG Kuns 29.08.2017 9:21
Christelle Webb-Joubert gesels met Zyma Amien oor haar solo-uitstalling, 'Real' lives and 'ordinary'objects.
RSG Kuns 29.08.2017 8:29
Die dirigent Alexander Fokkens vertel van die Vrystaat Simfonieorkes Concertofees vir jong musici.
RSG Kuns 29.08.2017 16:10
Gedig, my snaar is 'n produksie wat saamgestel is deur Hilandi du Toit. June van Merch vertolk hierin van die bekendste Afrikaanse gedigte. Johan van Lill het voor 'n optrede by hulle gaan inloer.
RSG Kuns 29.08.2017 4:29
Franschoek hou hulle eerste Lentefees. Johan du Plessis vertel vir Christelle Webb-Joubert meer van die fees.
RSG Kuns 22.08.2017 5:21
Christelle Webb-Joubert gesels met Johan Conradie vandie Kunsverening van Pretoria oor die uitstalling, I am rooted, but I flow.
RSG Kuns 22.08.2017 9:45
Die kunstenaar Tanja Malan vertel hoe sy met byewas verf vir haar uitstalling Pursue.
RSG Kuns 22.08.2017 11:13
Die kunstenaar Jaco van Schalkwyk vertel van sy uitstalling, Arium, wat te sien is by die Barnard-galery in Kaapstad.
RSG Kuns 22.08.2017 10:28
Hannes Brummer is in drie produksies te sien by vanjaar se AARDKLOP. Hy vertel vir Christelle Webb-Joubert waar hy oral betrokke is.
RSG Kuns 22.08.2017 9:56
Martin Headger maak 'n draai by die Wits Kunsgalery in Johannesburg, waar hy meer uitvind oor die Andy Warhol-uitstalling.
RSG Kuns 15.08.2017 9:35
Die musiekspel Calling me Home is by die Joburg Teater te sien. Dit bestaan uit 'n geselskap van 33 mense. Martin Headger het met Christiaan Snyman en Lynelle Kenned tydens hulle repetisie gesels om meer oor die produksie uit te vind.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály