RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
Gita Fourie praat oor Afval 14.03.2023 13:03
Afval, is ‘n komedieklug wat te sien is by vanjaar se KKNK en Suidoosterfees. Die skrywer, vervaardiger en aktrise, Gita Fourie, vertel waaroor dit gaan.
Joburg Ballet - Dialogues 14.03.2023 10:42
Joburg Ballet bied die produksie Dialogues aan. Terrance April gesels met die artistieke direkteur, Iain MacDonald, en twee van die choreograwe, Cloë Blair en Roseline Wilkens.
Prof. Elfriede Dreyer - Lied van die filosoof 14.03.2023 10:00
Prof. Elfriede Dreyer vertel van haar solo-uitstalling, Lied van die filosoof.
Johannesburg Filharmonies se laaste konsert in seisoen 14.03.2023 2:57
Terrance April vertel van die laaste konsert as deel van die Johannesburg Filharmoniese Orkes se huidige seisoen.
Strykers Galore! 07.03.2023 11:45
Tjellis Mietze Dill vertel van die eerste Aardklop Aubade vir 2023, Strykers Galore!
Johannesburg Filharmonies se derde konsert in reeks 07.03.2023 2:13
Terrance April vertel van die Johannesburg Filharmoniese Orkes se derde konsert in die huidige seisoenreeks.
Koorkonvensie in Kaapstad 07.03.2023 18:27
Die CCNF bied ‘n koorkonvensie in Kaapstad aan. Die stigter en bestuurshoof, Alta Marè, vertel meer.
Being - Janni Wasserfall 07.03.2023 6:49
Kunstenaar Janni Wasserfall gesels oor haar solo-uitstalling, Being, by die ArtBox-galery in Pretoria.
Wakkerstroom Musiekfees 2023 07.03.2023 11:13
Linette van der Merwe vertel van vanjaar se Wakkerstroom Musiekfees, wat plaasvind van 17 tot 21 Maart.
Uit die argief: Matilda Hanekom 28.02.2023 16:20
In ‘n argiefonderhoud uit 1963 vertel Matilda Hanekom van die geselskap se uitdagings gedurende die depressiejare.
Home Affairs in Johannesburg op die planke 28.02.2023 6:46
Terrance April gesels met die akteurs, Sello Ramolahloane en Lawrence Joffe, wat te sien is in Home Affairs by Theatre on the Square in Johannesburg.
Kaapstad Opera besoek plattelandse skole 28.02.2023 10:19
Madrè Loubser, die hoof van jeugontwikkeling en opvoedkunde by Kaapstad Opera, besoek plattelandse skole om werkswinkels aan te bied.
Minne Veldman in Vredefort 28.02.2023 6:06
Die bekende Nederlandse orrelis, Minne Veldman, besoek Suid-Afrika, en lewer onder andere ‘n konsert in Vredefort. Die dirigent, Erna Rademan, vertel meer.
Johannesburg Filharmoniese Orkes se tweede konsert 28.02.2023 2:07
Terrance April vertel van die Johannesburg Filharmoniese Orkes se tweede konsert in die huidige seisoen.
Birth of a new moon 21.02.2023 7:25
Birth of a new moon is ‘n vermenging van teater, film en koormusiek. Die regisseurs Christo Burger en Liesel Harris-Kruger vertel meer.
Legato Koorfees en -toekennings 21.02.2023 13:33
Vind meer uit oor ‘n nuwe koorfees en -toekennings.
Johannesburg Filharmonies se nuwe seisoen 21.02.2023 2:39
Terrance April vertel van die Johannesburg Filharmoniese Orkes se eerste konsert in die nuwe seisoen.
Sandra Prinsloo is Maria Callas 21.02.2023 9:13
Sandra Prinsloo vertolk die rol van Maria Callas in dieproduksie, Master Class. Sy gesels oor die rol en die uitdagings daarvan.
Die Moot se kunstige brûe 21.02.2023 8:56
Stap saam met Christelle Webb-Joubert deur die Moot in Pretoria se strate om te hoor hoe hulle die brûe met kuns verfraai.
Lara Kirsten - Sun in my fingers 21.02.2023 6:15
Pianis Lara Kirsten vertel van haar buitelugkonsert Sun in my fingers.
Cape Town Art Fair vier 10 jaar 14.02.2023 6:15
Een van die Cape Town Art Fair se organiseerders, Mia Louw, gesels oor vanjaar se hoogtepunte. Die CTAF vind vanjaar vir die tiende keer plaas.
Louis van Niekerk 1935 - 2023 14.02.2023 26:50
RSG bring hulde aan akteur Louis van Niekerk wat op 7 Februarie oorlede is. Jy kan luister na ‘n dokumentêr deur Ina Strydom, Lokstem van ‘n Dionusus.
André Prinsloo - Perpetuum Mobile 14.02.2023 16:09
Die beeldhouer André Prinsloo gesels oor sy uitstalling, Perpetuum Mobile, wat te sien is by ArtBox in Pretoria.
Poppespel help kinders met probleme 07.02.2023 11:46
Michelle Botha van die Bizzy Hands Puppet Company vertel hoe hulle kinders help met sosiale en emosionele probleme.
Dreamland/Droomland 07.02.2023 15:20
DuPreez Strauss was vir ses jaar deel van The Lion King se internasionale toer. Hy gesels oor sy terugkeer na Suid-Afrika en sy vertoning, Dreamland/Droomland.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály