RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
Kuns- en vermaakjoernalis AJ Opperman 06.06.2023 11:51
Die kuns- en vermaakjoernalis, AJ Opperman, gaan ‘n weeklikse verjaarsdag dagboek lewer vir RSG kuns. Christelle Webb-Joubert leer ken hom van nader.
Hennie Meyer - 400 gram – Is ons dieselfde? 06.06.2023 10:12
Keramiekkunstenaar Hennie Meyer is besig met ‘n unieke projek. Hy vertel vir Lizelle de Bruin van die projek, 400 gram – Is ons dieselfde?
Boston Filharmoniese Jeugorkes in SA 06.06.2023 9:28
Die Boston Filharmoniese Jeugorkes besoek Suid-Afrika. Johan van Zyl vertel vir Terrance April van hulle konserte en werkswinkels.
Innibos is terug met mening 06.06.2023 12:03
Innibos hou vanjaar weer volwaardig fees. Die media- en bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, gesels oor van die hoogtepunte by vanjaar se fees.
Johannes Meintjes - 100 jaar 30.05.2023 11:44
Die kunstenaar Johannes Meintjes sou vanjaar ‘n 100 jaar oud geword het. In ‘n argiefonderhoud uit 1969 vertel hy hoe sy pad met dié van Maggie Laubser gekruis het.
Bach, Beethoven & Medtner 30.05.2023 8:03
Christelle Webb-Joubert gesels met pianis Pieter Grobler oor die volgende Aardklop Aubade in Pretoria, Bach, Beethoven & Medtner.
Johannesburg Filharmoniese Orkes se winterseisoen 30.05.2023 9:14
Magda de Vries vertel vir Terrance April wat gehore kan verwag by die eerste twee konserte van die Johannesburg Filharmoniese Orkes se winterseisoen.
Nicolaas Swart vertel van Six in a boat 30.05.2023 16:37
Nicolaas Swart was 15 jaar lank Nataniël se produksiebestuurder. Hy is ook al vir jare te sien in sy produksies. Hy gesels onder andere oor hulle volgende vertoning by Kunstekaap, Six in a boat.
Kaapstad Filharmonies winterseisoen 2023 23.05.2023 6:33
Louis Heyneman, die bestuurshoof van die Kaapstad Filharmoniese Orkes, vertel van hulle wintersimfonieseisoen wat op 1 Junie begin.
Vincent by Theatre on the Square 23.05.2023 10:44
Amanda Botha vertel vir Terrance April van die produksie, Vincent, wat te sien is by Theatre on the Square in Johannesburg.
Hermanus FynArts 2023 23.05.2023 12:11
Die elfde FynArts-kunstefees in Hermanus vind vanjaar van 9 tot 18 Junie plaas. Hedda Mittner vertel meer.
Reflections - Annemie Odendaal 23.05.2023 19:36
Christelle Webb-Joubert stap saam met die kunstenaar Annemie Odendaal deur haar uitstalling, Reflections.
Die Kaplyn by Afriforumteater 16.05.2023 15:12
Christelle Webb-Joubert gesels met Johan Vorster, Jacomien de Wet en Abel Knobel oor die nuwe Afrikaanse musiekspel, Die Kaplyn.
Atterbury Klassiek 2023 16.05.2023 5:42
Die derde Atterbury Klassiek vind plaas van 18 – 21 Mei. Pianis Charl du Plessis het meer besonderhede.
Sylvaine Strike oor Firefly 16.05.2023 9:57
Sylvaine Strike vertel vir Terrance April van die magiese stuk, Firefly, waarin sy en Adrew Buckland te sien is.
Klarinetspeler Maria du Toit toer in SA 16.05.2023 16:09
Klarinetspeler Maria du Toit is getroud met die bekende dirigent, Arjan Tien, en woon al sedert 2014 in Nederland. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert van haar toer na Suid-Afrika.
Alyzzander Fourie oor skryf vir sepies 09.05.2023 19:13
Die akteur, Alyzzander Fourie, was onlangs te sien as Majoor Jak in 7de Laan. Hy is ook betrokke by die skryf van die sepie se tekste. Hy vertel vir Christelle Webb-Joubert van die skryfproses.
Bernice van den Berg - van kuns en viole 09.05.2023 13:44
Christelle Webb-Joubert gesels met kunstenaar Bernice van den Berg, wat ook ‘n kranige violis is.
SA se drie stadsorkeste 09.05.2023 6:17
Die dirigent, dr. Paul Loeb von Zuilenburg, vertel van die drie Suid-Afrikaanse stadsorkeste se planne vir 2023.
Buddy, The Buddy Holly Story 09.05.2023 11:27
Terrance April gesels met twee van die akteurs wat te sien in Buddy, The Buddy Holly Story, Keaton Ditchfield en Gerhard van Rooyen.
Brittany Smith - Die Pêrelvissers 02.05.2023 20:41
Christelle Webb-Joubert gesels met die sopraan, Brittany Smith, wat eersdaags te sien is in die opera, Die Pêrelvissers.
Cat & Monkey 02.05.2023 8:59
Danielle Retief en Rowlen von Gericke vertel van die toneelstuk, Cat & Monkey, waarin hulle te sien is.
Echo of Noise - Pieter-Dirk Uys 02.05.2023 15:15
Terrance April gesels met Pieter-Dirk Uys oor sy vertoning, Echo of Noise, by die Pieter Toerienteater in Johannesburg.
Classics for All 2023 25.04.2023 10:37
Die Classics for All-fees in Greyton en Genadendal vind vanjaar vir die 19e keer plaas. Feesdirekteur Coenie Visser gesels oor van die hoogtepunte.
Hoerkind nou op die verhoog 25.04.2023 12:55
Herman Lategan se boek, HOERKIND, is verwerk vir die verhoog. Vervaardiger Margit Meyer-Rodenbeck vertel wat gehore kan verwag.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály