Netwerk24 Klankgolwe

Netwerk24 Klankgolwe

Welkom by Netwerk24 Klankgolwe! Hier kry jy die wêreldklas podsendings oor verskillende genres, in Afrikaans, en alles op een plek.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.netwerk24.com

Autor

Netwerk24 Klankgolwe

Kategorie

Uncategorized

Web podcastu

www.netwerk24.com

Nejnovější epizoda

29. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

Rapport Praat Sport | Dís die plan met Rassie se vreemde span 14.08.2024

Dis ’n gevoel wat Bok-fêns ongelukkig alte goed ken. ’n Reuse-oorwinning opgevolg deur ’n getjommel. Maar dié week kan dinge dalk net anders wees, ná ’n moontlike Rassie Erasmus-meesterskuif. Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen is terug met nog ’n aflewering van Rapport Praat Sport, en bespiegel oor die redes agter Erasmus se laslappie-span. Ons kyk ook terug na die Olimpiese Spe...

Rapport Praat Sport | En Tony Brown se oogappel is… 07.08.2024

Wat moet ons lees in Sacha Feinberg-Mngomezulu se insluiting op losskakel in die Springbok-beginspan vir die eerste Rugbykampioenskapstoets teen Australië? En wat hou die toekoms vir die Wêreldbeker-held Handré Pollard in? In dié week se Rapport Praat Sport, probeer Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen om dié vrae te beantwoord. Ons raak ook filosofies oor Tatjana Smith se swem-in...

Rapport Praat Sport | Dis mos Bok-guts daai van Tatjana! 31.07.2024

Die Olimpiese Spele is in volle swang, en die Suid-Afrikaners stel glad nie teleur nie. In dié week se Rapport Praat Sport, gesels Tinus van Staden met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor Tatjana Smith se meesterklas in die swembad, die Blitsbokke se broekskeur-brons, en ons hoor ook van Philip Snyman, Selvyn Davids en Rosko Specman. En wat nog? O, ja! Hoe gaan Rassie maak op agtsteman en skru...

Rapport Praat Sport | Rassie Erasmus: Die man sonder ’n ego 24.07.2024

Die B-Bokke was vyfster teen Portugal, en gelukkige Jan-Hendrik Wessels het die Vincent Koch-rekord vrygespring. In dié week se Rapport Praat Sport, gesels Tinus van Staden met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor Rassie Erasmus se oog vir talent. John Dobson sê Sacha Feinberg-Mngomezulu is perfek, en Ricardo Louscher meen Krappies van den Berg kan nog báie toetse speel. En die opvolger vir Pie...

Rapport Praat Sport | Die volmaakte 3 minute van Ierse rugby-digkuns wat die Bokke sink 17.07.2024

Die bloed het geloop, die bier het gevloei en Ierland het hul pad tot ’n 1-1-uitslag in Durban oop-geskepskop. Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen gesels oor ’n toetsreeks uit die boeke, die mite van driedruk-rugby, die aard van sosialemedia-trolle, pap wiele, dubbeldoor-derduiwels en die volgende geslag sterre. Ons hoor ook wat sê Rassie Erasmus oor bitterpille in bekke, en kry...

Des Rohde, bestuurder: SAVF Die Anker, vertel aan Quinton Lourens meer oor die brand by die tehuis 11.07.2024

Des Rohde, bestuurder: SAVF Die Anker, vertel aan Quinton Lourens, Netwerk24-joernalis, meer oor die brand by die tehuis in Germiston waarin een inwoner dood is. Netwerk24

Rapport Praat Sport | Dubbele standaarde: Iere kla oor Casey, maar wat van Henshaw-voorval? 10.07.2024

Ierse skelmstreke in die skrums, ’n splinternuwe Bok-aanval... en ’n Ierse gekerm oor Coldplay. Tinus van Staden praat met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor die talle brandpunte ná die slag van Loftus, en kyk vorentoe na Saterdag se tweede toets tussen Suid-Afrika en Ierland in Durban. Sport | Rapport

LUISTER | Dreigboodskap van 'n vermeende Colombiaanse dwelmkartel 05.07.2024

Dit is die stemboodskap waarin beweer word dat Peter Jaggers ontvoer is na Suid-Amerika toe. Netwerk24

Rapport Praat Sport | Kookwater-Proteas verwelkom druk van die huis af 02.11.2023

Nog ‘n dag, nog ‘n groep Kiwi’s afgeslag. . . en nou skram niemand meer weg van praatjies oor ‘n Wêreldbeker-dubbel vir Suid-Afrika se rugby- en kriekethelde nie. So hoe voel die Proteas self? Hulle het lesse geleer uit hul eie én die Springbokke se onlangse naelskraap-seges, sê Rapport se sportredakteur, Tinus van Staden, en verwelkom die druk wat kom saam met Suid-Afrika se groot verwagtinge. Sp...

Rapport Praat Sport | Bongi-sage wys hoe ver hang Wêreldrugby se onderrok uit 27.10.2023

Rapport se rugbyskrywer Hendrik Cronjé was die afgelope week aan die voorpunt van die beriggewing oor die onsmaaklike rasbewerings teen die Bok-haker Bongi Mbonambi. Hy meen dit was “ ‘n hartseer week vir rugby” en een waaroor sowel die Engelse Rugbyunie as Wêreldrugby bloedrooi moet bloos. Sport | Rapport

Rapport Praat Sport | Teenstanders se stert-kolwers groot kopseer vir Proteas 25.10.2023

Die Wêreldbeker-toernooi het reeds sakke vol hoogtepunte vir Suid-Afrika opgelewer – maar daar is een groot bron van kommer: die boulers se onvermoë om die spreekwoordelike stert af te kap. Altesaam 51% van die lopies teen Suid-Afrika is aangeteken wanneer die stertkant-kolwers voor die penne was. Rapport se sportredakteur, Tinus van Staden, bespreek moontlike redes daarvoor. Sport | Rapport

Rapport Praat Sport | Verwag weer Bok-truuks in halfeind teen Engeland 20.10.2023

Vier jaar gelede het hulle Engeland gefop met die bekende ‘The Move’, en laasweek die Franse onkant gevang met ‘n skrum van ‘n merk en danspassies voor ‘n tikskop. In hul Wêreldbeker-herontmoeting Saterdag met die Engelse sal daar beslis weer ‘n truuk of twee wees – vraag is net wat. Sport | Rapport

Rapport Praat Sport | Nederland-slae kos Proteas nie hul moed 20.10.2023

Die Protea-kolwer Rassie van der Dussen het nou wel Dinsdag in die skok-nederlaag teen Nederland sy paaltjie met ‘n omgekeerde veeghou verloor – maar moet vir geen oomblik dink dit maak hom skrikkerig om dit aan te hou probeer nie. Sport | Rapport

Rapport Praat Sport | Franse verrassings en Protea-perfeksie 10.10.2023

Die Franse Hane het toestemming gevra dat Antoine Dupont die naweek in hul WB-kwarteindstryd teen die Springbokke in 'n spesiale skrumpet en masker speel - 'n proses wat gewoonlik maande vat, maar dalk net vir Frankryk se goue seun bespoedig kan word. En in Lucknow in Indië wag 'n Australiese span wat lanklaas op alle suiers gevuur het op 'n Protea-groep wat hul WB-veldtog met 'n groot knal begin...

Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé verklap watter Bok monsterskepdoele op die oefenveld oorklits 28.09.2023

Jacques Nienaber en Rassie Erasmus sal eers ná die toets teen Tonga besluit hoe hulle gaan maak met hul losskakel-vraagstuk. Kan ’n goeie vertoning aan Handré Pollard die nr. 10-trui besorg vir die kwarteindronde? Of gaan hy die plaasvervangersbank warm hou en eers later in wedstryde vir Manie Libbok vervang. Hendrik verklap ook ’n paar “oefenveldgeheime”. Sport | Rapport

Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé oor 7/1-bank: Kwagga oefen vir seker in agterlyn 20.09.2023

Jacques Nienaber en Rassie Erasmus het die rugbywêreld Dinsdagaand geskok met die insluiting van sewe voorspelers en net een agterspeler op hul plaasvervangersbank vir die Wêreldbeker-toets teen Ierland Saterdag in Parys. Hendrik Cronjé en Tinus van Staden ontleed dié taktiek, en bespreek ook redes vir die weglating van Willie le Roux en Duane Vermeulen. Sport | Rapport

Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé praat uit Frankryk: Faf dalk gevra om skoppe by Manie oor te neem 12.09.2023

Die Bokke het 'n potensiële piesangskil vermy deur Skotland met 18-3 in hul Wêreldbeker-openingswedstryd te klop. Rapport se Hendrik Cronjé, wat die skouspel vir Netwerk24 dek, ontleed dié wedstryd en sê wat hý reken van die spanveranderinge teen Roemenië kan wees. Marco van Staden en Kwagga Smith kan byvoorbeeld die kantmanne wees. Sport | Rapport

Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé praat WB-rugby uit Toulon: Faf of Jaden? Willie of Damian? 05.09.2023

Die Bokke het 'n paar kopkrap-keuses voor hul Wêreldbeker-openingstoets teen Skotland Sondag in Marseille. Sport | Rapport

LUISTER | Stemboodskappe tussen kunstenaar, kliënt 12.07.2023

Stemboodskappe wat Santha Vermaas, 'n Pretoriase kunstenaar, aan een van haar vermeende slagoffers gestuur het nadat die vrou vrae begin vra het oor geld wat sy betaal het vir goedere wat sy glo nie ontvang het nie. Netwerk24

LUISTER | Steenhuisen betuig medelye 05.06.2023

John Steenhuisen, leier van die DA, het Maandag sy medelye oor die dood van Tina Joemat-Pettersson, voormalige minister van energie, ANC-LP en voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie, uitgespreek. Netwerk24

Poslouchej podcast Netwerk24 Klankgolwe v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály