Netwerk24 Klankgolwe

Netwerk24 Klankgolwe

Welkom by Netwerk24 Klankgolwe! Hier kry jy die wêreldklas podsendings oor verskillende genres, in Afrikaans, en alles op een plek.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.netwerk24.com

Autor

Netwerk24 Klankgolwe

Kategorie

Uncategorized

Web podcastu

www.netwerk24.com

Nejnovější epizoda

29. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

Bulle-baas Strauss: ‘Dalk betaal ons ons spelers te veel’ 12.02.2025

In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie, hom by ons aan om te praat oor al die uitdagings op die rugbylandskap. Hy benadruk die belangrikheid van goeie, betroubare ekwiteitsvennote in rugby en sê ’n 12-maande-rugbykalender is nie volhoubaar nie. Ons praat ook oor Matthew Breetzke se spogbeurt teen Nieu-Seeland, Dricus du Plessis se oorwinn...

Rob Walter: ‘Temba is geestelik sterker as báie mense daar buite’ 05.02.2025

Dit is ’n waterskeidingsweek vir Suid-Afrikaanse rugby, met ’n reuse-vergadering wat Donderdag in Johannesburg plaasvind. Hendrik Cronjé sê sommige rugbybase voel die toekoms vir Suid-Afrikaanse rugby lê in ’n stelsel met slegs ses tot agt beroepspanne, en die res wat dan amateur-status het. Ons gesels ook oor die SA20-liga, Sesnasies-reeks, Dricus du Plessis se reuse-geveg teen Sean Strickland wa...

Vlok onthul: Vir dié Bok sal ek altyd ’n sagte plekkie hê 29.01.2025

In dié week se Rapport Praat Sport sluit Vlok Cilliers hom by ons aan om te gesels oor Frankryk se voorbereiding vir die Sesnasies-reeks. Hy verduidelik wat van Antoine Dupont so ’n spesiale speler maak, en verklap ook wie die beste skopper is wat hy tot nog toe afgerig het. Jóhann Thormählen keer ook vir sy paaltjies ná nóg ’n wilde Stormers-voorspelling. Laat weet ons wat jy dink by tinus.vansta...

Die dag toe Dok aan Schuster sê: ‘Jy kom nie met daai str*nt na my toe nie!’ 22.01.2025

In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Albert Heenop hom by Tinus van Staden en Jóhann Thormählen aan en deel staaltjies en inspirerende stories oor al die sportlui met wie hy al gesels het vir sy gewilde Wat het geword van-onderhoude. Hy vertel stories van Frik du Preez, Gary Player, Tommy Bedford, Rob du Preez, Kallie Knoetze, Shaun Tomson . . . en een van Leon Schuster en Dok Craven wat jy...

Rassie glo dis net kwessie van tyd voor Proteas ’n beker wen 15.01.2025

Dié week op Rapport Praat Sport sluit die Protea- en MI Cape Town-kolwer Rassie van der Dussen hom by ons aan. Hy onthul dat sommige oorsese spelers in vorige reekse van die SA20-liga “bloot in Kaapstad was om vakansie te hou”. Laat weet asseblief wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

Ons wens vir 2025: Bokke, snoer dáái Kiwi-gifpen se mond! 08.01.2025

Die meeste Springbok-ondersteuners ken teen dié tyd al die naam Ben Smith... Daai Nieu-Seelandse rugbyskrywer wat nie ’n goeie woord oor die Bokke te sê het nie. In dié week se Rapport Praat Sport spreek ons die wens uit dat die Springbokke hom met twee wegseges oor die All Blacks in sy baan kan hou. Ons praat ook oor Rassie Erasmus se planne vir die jaar, en wonder of die Proteas nie dalk ’n bete...

George Linde wou krieket groet ná Protea-afjak 18.12.2024

As hy nou terugkyk, glo George Linde hy moes ’n sielkundige gaan sien nadat hy op onverklaarbare wyse weggelaat is uit die Protea-groep vir die T20-Wêreldbeker-toernooi vir 2021. Maar nou is hy terug in die Protea-prentjie, en hóé! In dié week se Rapport Praat Sport vertel hy ook die staaltjie van hoe hy die bus verpas het vir die kragmeting met Pakistan verlede week, en lig die sluier oor die gee...

Die dag toe Leeus-breier Cash van vlakvark moes vlug 11.12.2024

Dit is nie toevallig dat Ivan “Cash” van Rooyen juis die Lééus se hoofafrigter geword het nie. Hy het immers tussen die Groot Vyf skoolgegaan. In dié week se Rapport Praat Sport gesels Hendrik Cronjé en Tinus van Staden met Van Rooyen oor die Leeus se opgang, en sy grootwordjare in die Krugerwildtuin. Ons hoor ook watter Suid-Afrikaanse span Frédéric Michalak glo die beste gaan vaar in die Kampioe...

Só help Peyper vir Rassie in geveg om Bok-wapens te behou 04.12.2024

In dié week se Rapport Praat Sport sluit Jaco Peyper – die Springbokke se reël-adviseur, oftewel blaser-breier – hom by ons aan en gesels oor alles van Jerry Flannery se Afrikaans tot sy eie rol aan Rassie Erasmus se sy. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen praat ook oor hoe Wêreldrugby sewesliefhebbers beroof met ’n onsinnige nuwe formaat vir die toernooi in Kaapstad. Ons wonder ook hardop of SA...

Rassie ondergaan groot operasie 27.11.2024

In dié week se Rapport Praat Sport onthul Hendrik Cronjé dat Rassie Erasmus pas ’n groot operasie ondergaan het. Ons praat ook oor die toekoms van Steven Kitshoff se loopbaan ná ’n nekoperasie, en neem die Bokke se spogseisoen in oënskou. Laat weet ons gerus wat jou hoogte- en laagtepunte van die jaar was, by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Wees ook op die...

Ackers onthul: Dís hoekom ek terugkeer na SA 20.11.2024

Johan Ackermann sluit hom dié week by Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe rol by die Junior Springbokke. Hy verduidelik waarom hy dié pos aanvaar het, verklap ’n paar geheime van Japanse klubrugby en erken ’n pos by die Bokke iewers in die toekoms is iets wat hy met albei hande sal aangryp. Peter Engledow, Cameron Hanekom se sko...

Rapport Praat Sport | Saru-baas: Wêreld is jaloers op Bokke 13.11.2024

In dié week se Rapport Praat Sport met Netwerk24 erken die grootbaas van SA Rugby, Rian Oberholzer, dit voel soms vir hom of daar jaloesie is oor Suid-Afrika se sukses. Dít nadat die rugbywêreld alweer knorrig is oor Rassie Erasmus se Bomb Squad. Oberholzer verduidelik ook waarom Suid-Afrika die 20-minuut-rooikaart-reël steun, en onthul Mark Alexander is gevra om te staan vir die pos van Wêreldrug...

Rapport Praat Sport | Heyneke Meyer verduidelik Tonybôl en Duhan se ma sê: Watch this space... 06.11.2024

Die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer gesels vandag saam met Hendrik Cronjé en Tinus van Staden oor alles van rugby in Amerika tot die geheime van Bok-hardlooprugby. Hy dink terug aan van die spelers wat hy gebrei het: Van Joost van der Westhuizen tot Fourie du Preez, Victor Matfield en Handré Pollard. Ons wonder hardop waarom Rassie sy span-aankondiging na Vrydag geskuif het, en verwelk...

Rapport Praat Sport | Rassie se snoeiproses: Die verskil tussen Faf en Cobus 30.10.2024

Eers was dit ’n losskakel vir ’n haker. Nou ’n losvoorspeler vir ’n agterspeler... en selfs ’n losskakel vir ’n stut! Ons gesels oor Rassie Erasmus wat wéér interessante spankeuses maak. Jóhann Thormählen sê waarom Damian Willemse se afwesigheid die Bokke vanjaar minder hard tref as wat verlede jaar die geval sou wees, en ons kies ons vyftientalle vir die toets teen Skotland. Ons spreek ook die ol...

Rapport Praat Sport | Basta met rugby se stampkar-rooies 23.10.2024

Die Bulle het in albei hul laaste wedstryde rooi kaarte ontvang wat by nabetragting afgegradeer is na geel. Die besluit vandeesweek dat die haker Johan Grobbelaar nie werklik rooi moes sien nie, het egter te laat gekom om die Bulle van ‘n eenpunt-nederlaag te red. Met Wêreldrugby op die punt om te stem oor die instelling van die 20 minuut-rooikaart woed ‘n hewige debat weer oor watter oortredings...

Rapport Praat Sport | Onthul: Vier Grotes wil Cheetahs en kie met Superrugby-geelwortel swaai 16.10.2024

Ons gesels oor die stand van sake met SA Rugby se beoogde Ackerley-vennootskap, en Hendrik Cronjé onthul ’n nuwe voorstel van die Stormers, Leeus, Bulle en Haaie om Saru se planne omver te werp. Ons praat ook oor Gayton McKenzie, die minster van sport, kuns en kultuur, se betrokkenheid by die voornemende ooreenkoms. Dit is ook die eerste keer dat ’n gas hom regstreeks by ons aansluit. Jacques Faul...

Rapport Praat Sport | Dís Rassie se plan met jaareind-span 09.10.2024

Hendrik Cronjé onthul wat sy bronne vir hom sê oor Rassie Erasmus se rotasie-planne vir die drie toetse op die jaareindtoer. Ons gesels ook oor die spelers en spanne wat tot dusver indruk maak in die Verenigde Rugbykampioenskap (hoe lekker brul dié trop Leeus nie!). Wêreldrugby het ook weer gaan staan en torring aan die reëls... maar gaan dit dalk ’n kobra-effek tot gevolg hê? Jóhann Thormählen vo...

Rapport Praat Sport | Bokke se lekker losskakel-toffie 02.10.2024

Die 10-uit-10 vertoning wat Manie Libbok Saterdag in Mbombela vir die Bokke opgedis het, het opnuut gewys hoeveel kopkrap die 10-trui nog vorentoe vir die Bokke se breintrust gaan veroorsaak. Ons gesels ook oor TonyBall, die speelstyl wat Tony Brown as aanvalsafrigter na die Bokke gebring het, en ons hoor wat Swys de Bruin tranerig maak sedert hy die vroue-Bokke begin afrig het. Sport | Rapport

Rapport Praat Sport | Rassie onthul waarom hy met Manie volhard 25.09.2024

’n Haai se groot bekentenis oor dáái omgekeerde bal. Die R7 miljoen-Curriebeker-geelwortel vir die Groot Vier... en natuurlik alles en nog meer oor Manie Libbok se mislukte stelskop. In dié week se Rapport Praat Sport wonder Hendrik Cronjé of dit nie dalk tyd is vir Manie om sy vlerke oorsee te sprei nie. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen het verskillende idees oor hoe die Bokke dié losskakel...

Rapport Praat Sport | Rassie knorrig oor Sacha hom nie van besering sê 18.09.2024

In dié week se Rapport Praat Sport onthul Rassie Erasmus ’n opwindende agterlyn-plan vir die tweede helfte van die toets teen Argentinië. Ons hoor ook hoekom hy ongelukkig was met Sacha Feinberg-Mngomezulu. Hendrik Cronjé, Tinus van Staden en Jóhann Thormählen praat ook Curriebeker-rugby, en ons beantwoord ’n paar vrae wat luisteraars ingestuur het. Hendrik gee ’n lusmakertjie oor ’n groot storie...

Rapport Praat Sport | Só kan Rassie se breker-bank teen Poemas lyk 11.09.2024

Hendrik Cronjé is oortuig Argentinië se rekordsege oor Australië het Rassie Erasmus se planne so effens deurmekaar gekrap. Verwag dus ’n breker-Bomb Squad volgende naweek in Santiago. Hendrik, Tinus van Staden en Jóhann Thormählen probeer ook vasstel hóé die Bokke nóg ’n sege by die All Blacks weggestoei het; selfs al is daar meer by Suid-Afrika se afbreekpunte gesteel as uit die staatskas in die...

Rapport Praat Sport | Siya oefen saam met Bokke in Kaapstad 04.09.2024

Hendrik Cronjé se molle laat weet: Siya Kolisi het vanoggend saam met die Bokke gesweet in Kaapstad. Maar gaan hy gereed wees om die All Blacks Saterdag in Kaapstad aan te durf? Luister en bespiegel saam met Hendrik, Tinus van Staden en Jóhann Thormählen oor hoe die span moontlik kan lyk. Is Jasper Wiese dalk ’n opsie op nr. 6? Ons praat ook oor die talle omstrede blasersbeslissings in die eerste...

LUISTER | Rassie keer terug na Bomb Squad-wortels met Eben-dinamiet 28.08.2024

Pap, lepel, sous en Pieter-Steph du Toit se gunsteling-kos is maar net enkele van die vele gesprekspunte in dié week se Rapport Praat Sport. Hendrik Cronjé doen ook ’n meesterklas-ontleding van die All Blacks se skopplan, en Rassie verklap wat die énigste wedstryd is waarvoor hy sy heel beste Bok-23-tal kies. Tinus van Staden praat ook ’n bietjie krieket, en Jóhann Thormählen gee raad oor watter S...

Rapport Praat Sport | Fêns juig oor Bokke, Dricus… maar waar is jolyt oor Proteas? 21.08.2024

Dit is asof die Protea-krieketspan deesdae die stiefkind van Suid-Afrikaanse sport is, selfs wanneer hulle wen. In dié week se Rapport Praat Sport, bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen hierdie stand van sake. Ons wonder ook hardop wie Rassie Erasmus met die nr. 10-trui gaan toevertrou vir die toetse teen die All Blacks. Sport | Rapport

Julano King sing die Paulus Joubert Sekondêre Skool se derby-liedjie 20.08.2024

Julano King (18) was die hoofseun van die Paulus Joubert Sekondêre Skool in die Paarl. Hy is op 17 Julie dood nadat hy glo deur 'n familielid in die nek gesteek is. Julano was ’n rymkletser wat voor sy dood, die skool se derby-liedjie opgeneem het. Netwerk24

Poslouchej podcast Netwerk24 Klankgolwe v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály