RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 1 27.06.2019 15:47
Albert sleep opnuut vlerk by Mathilda.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 60 (slot) 26.06.2019 15:48
Sal John-John wraak neem oor sy vrou se moord? Kan Anton en Amelia hulle verhouding verbeter, en sal die verliefdes mekaar kan vind ná die toer?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 59 25.06.2019 11:55
Anton en John-John is in die Cullinanmyn-sinkgat in met die plutonium. Richard en sy manne agter hulle aan. Ruth en Nina wil gaan help. Dis die groot klimaks!
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 58 24.06.2019 12:08
Die trein stop in Rayton waar Anton van die plutonium ontslae wil raak -dis nou as hulle die kluis kan oopkry. Richard is 'n regte kanniedood, en het ekstra hulp ingeroep om hom te help teen Anton. Sal Richard by Anton-hulle uitkom voor hy van die plutonium ontslae kan raak?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 57 21.06.2019 12:18
Richard word agtergelos met die ontploffing. Is hy dood? Anton het 'n plan om van die plutonium ontslae te raak. Terwyl die agterste wa aan die brand is, probeer Nina om almal kalm hou.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 56 20.06.2019 11:31
Anton vertel vir John-John van sy plan om van Richard ontslae te raak. Sal John-John hom glo?. Anton en Nina probeer in die agterste wa inkom. Sal hulle dit kan doen sonder dat Richard dit agterkom?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 55 19.06.2019 11:30
Anton begin agterkom dat John-John vir Richard inligting deurgee. Anton beraam 'n plan om van Richard ontslae te raak, maar daarvoor moet Ruth en Amelia hulle deel kan doen. Sal die plan werk?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 54 18.06.2019 11:22
John-John en Ruth probeer sake uitpraat, maar hulle sukkel om hulle gevoelens vir mekaar te verwoord. Anton en Richard sit vas. Amelia moet probeer sterk staan, maar sal sy kan doen wat haar pa van haar verwag?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 53 17.06.2019 11:34
Richard is van plan om saam op die trein te ry tot in Pretoria. Ruth se maag begin haar weer probleme gee. Anton en Amelia kry die kans om met mekaar te gesels. Amelia is nie net bang nie, maar ook kwaad. Kan Anton sy dogter gerus stel?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 52 14.06.2019 11:43
Anton wil uitvind aan wie Richard Minnie die plutonium wil verkoop. Ruth probeer die gaste rustig hou. John-John neem 'n groot besluit wat almal in gevaar stel.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 51 13.06.2019 12:37
Anton oorrompel vir Wolf, en moet vir Richard van hulle spoor af hou. John-John beplan vinnig 'n uitstappie deur Maputostasie om die gaste gelukkig te hou, en Nina moet vir Anton help met die plutonium.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 50 12.06.2019 13:29
Roux sukkel om sy emosies onder beheer te hou, en voel die druk van dit wat van hom verwag word. Anton konfronteer vir John-John oor aan wie se kant hy is. Wolf word totaal en al onkant gevang. Wie sal bo uitkom?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 49 11.06.2019 12:09
Anton en Roux probeer vir Wolf slaappille ingee, maar hy laat hom nie sommer om die bos lei nie. John -John sukkel om te besluit aan wie se kant hy is. Wolf het iets wat hy baie graag wil hê, maar terselfdertyd voel hy skuldig teenoor die mense op die trein.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 48 10.06.2019 14:08
Anton kry vir Roux om hom te help, alhoewel die sjef nie baie gelukkig is daarmee nie. Wolf en Nina sit vas oor wat hy van haar verwag. Roux pak vir Liam 'n heerlike mandjie vol lekkernye vir sy aand uit saam met Rix.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 47 07.06.2019 13:22
Wolf sit vir John-John onder druk om meer van Anton se planne uit te vind. Liam kry alles reg vir sy aand op die strand, in die tent, saam met Rix. Wolf verduidelik aan Nina presies waar sy met hom staan.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 46 06.06.2019 13:39
Nina openbaar aan Roux wat sy alles uitgevind het oor Anton en Wolf terwyl sy van die trein af was. Liam is naarstiglik op soek na 'n tent. John -John probeer by Anton uitvind wat sy planne met Wolf is.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 45 05.06.2019 13:13
Rix en Liam is vasgevang in 'n grot waar water besig ia om in te loop. Hulle kan nie uitkom nie. Anton-hulle begin na hulle soek. Sal hulle die twee verliefdes vinnig genoeg opspoor?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 44 04.06.2019 14:11
Rix en Liam stap in die grootste park in Dar es Salaam. Liam wil in die grotte gaan rondkruip, maar Rix wil niks daarvan weet nie. Volgens haar is dit te gevaarlik. Wolf en Anton praat oor die gevare wat vir hulle in Mosambiek wag.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 43 03.06.2019 12:49
Ruth het 'n ou boereraat vir Anton en Roux se maagpyne, maar sal hy daarvan hou? Wolf probeer vir John-John kry om hom te help. Sal hy dit regkry?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 42 31.05.2019 13:18
Liam en Rix besef dat die lewe nie net sonskyn en rose is nie. Hoe sal hulle hulle eerste groot struikelblok as paartjie hanteer? Roux en Anton vat mekaar aan in die kombuis om 'n paar baie warm rissies.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 41 30.05.2019 13:43
Anton en Wolf moet vinnige besluite neem tydens die transaksie in die ou fort. Rix en Liam leer mekaar beter ken op 'n dobberende boot in Zanzibar se hawe. John-John neem die gaste op 'n uitstappie na 'n speseryplaas. Wat wag daar op hulle?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 40 29.05.2019 14:23
'n Deel van die toergroep vertrek na Zanzibar. Ruth help vir Rix om 'n onvergeetlike aand vir haar verloofde te reël. Wolf en Anton bespreek die volgende transaksie, en hoe hulle dit veilig en vinnig op die eiland sal kan doen. Kan die twee mekaar vertrou?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 39 28.05.2019 12:55
Die toergroep kom in Dar es Salaam aan. Nina en Anton moet Delia se lyk van die trein afkry sonder dat die gaste dit agterkom. Roux gaan sien vir Karien af by die lughawe, en John -John word deur Wolf in 'n hoek gedryf.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 38 27.05.2019 13:20
Die trein word aangeval deur 'n groep boewe. Terwyl John -John die trein aan die gang kry, is Anton en Wolf besig om die rowers van die trein af weg te hou. Karien kry hulp met die gaste uit 'n onverwagse oord. Rix Voster is 'n jong vrou wat ook haar deel wil doen om te help.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 37 24.05.2019 13:10
Die trein ondervind 'n meganiese probleem, en dit los die gaste gestrand in die middel van nêrens. Nina het haar hande vol met die gaste. Anton en John-John probeer die probleem oplos, maar Wolf maak dit moeilik vir hulle. Hulle kom agter dat iemand uit die bos uit hulle dophou. Wie kan dit wees?
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály