RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ Epizody: 3038

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

12. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 16 10.10.2019

Die feit dat die profeet van Nasaret die Sabbat ontheilig het, is vir Debora en Rufus 'n reuse skok. Buite Jerusalem slaan hulle kamp op, en Simon gaan haal water by die put. Met sy terugkeer tref hy 'n baie vreemde besoeker in sy gesin se geselskap aan.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 15 09.10.2019

Dis 'n paar maande later. Simon-hulle is uit Joppe onderweg na Jerusalem. Die gesprek oor Jesus van Nasaret staan Simon nie aan nie, en hy besluit om hulle te vertel watse soort mens hierdie danige profeet van hulle is.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 14 08.10.2019

Dis 'n blye weersiens op die hawe, maar Simon-hulle se agtervolgers is kort op hulle hakke. Eers toe die skip van die kaai af begin wegvaar, besef Simon-hulle wat die prys was wat vir hulle ontsnapping betaal is.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 13 07.10.2019

Naomi se vertelling van 'n jong Romeinse seeman met 'n litteken op die wang wat Philo kom waarsku het dat die Romeine op soek is na Rufus se ouers, gee Simon en Debora nuwe moed. Naomi se voorspelling stem Simon erg onrustig.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 12 04.10.2019

Simon en Debora-hulle kom uiteindelik pootuit in Alexandrië aan. Hulle word egter spoedig ontnugter. Die weduwee by wie Rufus in Alexandrië tuisgegaan het, het 'n waaghalsige plan vir hulle beraam.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 11 03.10.2019

Debora is opgewonde oor die vooruitsig om Rufus weer te sien. 'n Onverwagte gesprek met Juba laat haar diep nadink oor die man van Galilea.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 10 02.10.2019

Esegiël en Juba kondig aan dat hulle saam met Simon en Debora na Egipte gaan vlug. Die Romeinse kaptein wat hulle met sy soldate agtervolg, moet 'n belangrike keuse maak.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 9 01.10.2019

Cirene se inwoners het in opstand gekom. Onderweg na sy sel van die praetorium af, verander Simon se omstandighede onverwags.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 8 30.09.2019

Simon se verhoor verloop baie sleg vir hom. Benewens sy kommer oor Debora alleen by die huis, word sy grootste vrees bewaarheid.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 7 27.09.2019

Simon kom vroegaand by sy dorsvloer aan terwyl Romeinse soldate en slawe besig is om sy koring op waens te laai om na Rome te verskeep. Sy impulsiewe reaksie het ingrypende en blywende gevolge vir hom, Debora, Esegiël en Juba.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 6 26.09.2019

Die goewerneur van Cirene, Sextus Quirinius, waarsku 'n afgesant van Rome, Gaius Papinius, dat die lae graanprys tot 'n opstand kan lei, veral omdat 'n timmerman van Galilea besig is op die Jode met 'n nuwe idee op te sweep.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 5 25.09.2019

Simon konfronteer Alexander oor sy beroep as slaweopsigter op 'n Romeinse galei, en storm by die huis uit. Debora vertel Alexander waar sy en Rufus se name vandaan kom.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 4 24.09.2019

Simon kom tuis en vaar uit teen die Nasarener wat by die tollenaar gaan eet het. Hy noem terloops dat hy 'n potjie met Vitellius geloop het. Debora is erg bekommerd. Terwyl Simon nog probeer sê dat Quirinius hom nie aan die voorval sal steur nie, verskyn daar 'n Romein in die deur...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 3 23.09.2019

Esegiël is onrustig oor die gevolge van hulle skermutseling met Vitellius, maar Simon is meer bekommerd oor die feit dat iemand wat homself die titel van Messias aanmatig, by 'n tollenaar gaan eet het. Plaas Herodus die timmerman en nie die Doper nie se kop afgekap het...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 2 20.09.2019

Terwyl Simon, Esegiël en Juba, Simon se vry slaaf, besig is op die dorsvloer, kom Markus Vitellius, die taksateur van die goewerneur van Cirene met twee soldate te perd aan om Simon in te lig dat die oes volledig ingesamel moet wees om op die graanskip te laai daardie aand. Die besoek verloop egter nie vir Vitellius na verwagting nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 1 19.09.2019

In hierdie eerste episode van F.A. Venter se klassieke topverkoperroman wat vir die eerste keer in 1957 verskyn het, ontmoet ons die sentrale karakters van die verhaal in Cirene, 'n antieke Griekse stad in die huidige Libië, wat ongeveer in die jaar 630v. C tot stand gekom het: Die forsgeboude, bo-gemiddelde groot en sterk Simon Niger, 'n Jood van byna 40 jaar oud, wat die bynaam Niger gekry het v...

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 60 (slot) 18.09.2019

Buksie bewerkstelig 'n versoening.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 59 17.09.2019

Sonet bedink 'n plan om Albert tot ander insigte te bring.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 58 16.09.2019

Johannes en Brendan kry 'n droom-geleentheid.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 57 13.09.2019

Daar is weer troukoors in die buurt.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 56 12.09.2019

Dita maak planne om Brendan se droom te bewaarheid.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 55 11.09.2019

Marlene maak 'n bekentenis.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 54 10.09.2019

Sonet kry 'n briljante idee in die middel van die nag.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 53 09.09.2019

Albert het genoeg gehad van Mathilda se eise.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 52 06.09.2019

Albert aanvaar Mathilda se uitdaging.

Poslouchej podcast Middagvervolgverhaal v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály