RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 10 18.12.2020 14:15
Jolene is nie gelukkig dat sy ’n badkamer met Morné moet deel nie. Tannie Lizzie vertel vir oom Blikkies hoe haar man Hannes destyds ’n polisieman wou word. Wilmien verneem haar broer se handlanger, Chris Schutte, kom ook Tankwa Karoo toe.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 9 17.12.2020 14:49
Oom Blikkies en Stephen neem hulle intrek by die kampeerterrein op oom Hannes se plaas. André lig Jolene in dat hy die grond by oom Hannes gekoop het in weerwil van Wilmien se teenstand, en dat sy bouer, Chris Schutte, die ou skuur in ’n wooneenheid sal omskep.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 8 16.12.2020 14:31
Wilmien konfronteer weer vir André omdat hy voortgaan met sy plan om die grond by oom Hannes te koop. Lizzie probeer Hannes ompraat om nie grond aan André Gouws te verkoop nie. Morné is besorg dat hy saam met Jolene in die plaashuis sal moet woon.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 7 15.12.2020 14:28
Stephen is skepties wanneer hy hoor Wilmien kry nie meer geld van haar broer vir die dokumentêre film nie. Hy besluit om haar te ondersteun nadat hy verneem sy het haar motor verkoop. Oom Hannes vra tannie Lizzie om nie met Ella Conradie kontak te maak nie.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 6 14.12.2020 12:56
Wilmien vind uit haar broer André was op die plaas by oom Hannes en tannie Lizzie, en konfronteer hom daaroor. Jolene probeer intussen by Morné uitvind wie die skattejagter, Stephen Roux, nou eintlik is.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 5 11.12.2020 15:13
Oom Hannes ry saam met André na die dokter op Ceres, op pad terug na Kaapstad. Stephen is nuuskierig oor wie André Gouws nou eintlik is. Morné en Jolene ontmoet mekaar om hulle filmgereedskap bymekaar te kry, en dit loop uit op ’n hewige argument.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 4 10.12.2020 15:55
Oom Hannes neem André om na die stuk plaasgrond wat hy moontlik wil verkoop, te gaan kyk. André word per ongeluk deur ’n slang gepik. Stephen en oom Blikkies daag by die plaas op om geografiese ligging en data-insameling te doen.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 3 09.12.2020 14:22
Morné probeer Jolene oortuig om saam met hom en Wilmien aan die dokumentêre film te werk. Wilmien vra haar broer vir die geld wat hy haar sal leen, maar hy wil self eers ’n draai by oom Hannes en tannie Lizzie se plaas maak.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 2 08.12.2020 15:35
Stephen reël om Wilmien op oom Hannes en tannie Lizzie se plaas in die Tankwa Karoo te ontmoet. Hannes is nie gelukkig om die mense op die plaas te ontvang nie, en tannie Lizzie oortuig hom om positief te wees met die vooruitsig dat hulle skatryk kan word van Paul Kruger se verlore goue ponde.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 1 07.12.2020 14:50
Stephen probeer om sy robot, oom Blikkies, mobiel te kry vir hulle skattejagavontuur in die Tankwa Karoo. Wilmien vertel haar broer, André, van haar nuwe dokumentêre film oor Stephen Roux, die skattejagter.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 65 (slot) 04.12.2020 16:47
Hans Terblanche besef dat hy sy grootste persoonlike oorwinning juis te danke het aan die mees traumatiese ervaring in sy lewe. Die verhaal, wat in 1916 afspeel, is gebaseer op ware gebeure.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 64 03.12.2020 14:07
Alhoewel die son skyn en die reën en wind iets van die verlede is, is die ontbering van die vorige nag se gebeure te veel vir Robert. Langs die malende vloedwater daag daar hulp uit ’n onverwagte oord op, wat Barnie baie moed gee.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 63 02.12.2020 13:53
Hans verbeel hom hy sien iemand in die wildevy langs die Saaymans se huis. Geskok beleef Hans en Robert ’n skrikwekkende gesig, wat hulle bewus maak van ’n onafwendbare realiteit.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 62 01.12.2020 13:34
Hans beraam ’n waaghalsige plan om die gesin na ’n veiliger skuilplek te neem. Martha se ergste vrees word bewaarheid.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 61 30.11.2020 15:50
Frank se maatreëls om sy gesin te beveilig ly skipbreuk, en hulle vlug na ’n buitengewone skuilplek. Die toestand vererger, en geleidelik begin die hoop in almal vervaag.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 60 27.11.2020 13:18
Frank, Hans en Robert word deur ’n onverwagte gesig begroet toe hulle saam met Barnie van buite af die huis binnekom. Barnie neem ’n dapper besluit, en kort voor middernag is die Campbell-huishouding in skok en vertwyfeling.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 59 26.11.2020 13:12
Frank kom van buite af in met nuus dat die harde reën opgehou het, maar dat daar nog donker wolke na die Langkloof se kant toe is. Martha rig ’n stille waarskuwing aan Frank wat hom ongemaklik stem. Barnie kom met ontstellende nuus.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 58 25.11.2020 11:49
Hans en Robert het goeie nuus vir Frank en Martha. Frank nooi Barnie om later die aand iets warm voor die kaggelvuur te kom drink indien hy te koud sou kry. Barnie is ongerus.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 57 24.11.2020 14:34
Pollie is bekommerd oor Hans, en Piet Vink oortuig Faans om saam met hom na Vlakplaas se poskantoortjie te probeer gaan om Barnie te bel om te hoor hoe dit op Kleinpoort gaan. Frank verseker Martha van die feit dat hy die huis hoog bo die vloedlyn gebou het, en Faan het slegte nuus vir Pollie.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 56 23.11.2020 14:15
Faans en Pollie Terblanche is ten gronde oor vloedskade op Hoekplaas, maar Pollie herinner Faans daaraan dat hulle immers nog die toevlug van ’n stewige huis het. Hans en Robert maak ’n skokkende ontdekking.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 55 20.11.2020 12:56
Frank en Barnie is bekommerd oor die hoeveelheid water wat hulle uit die bergklowe sien afstroom na die Baviaanskloofrivier, waarvan die vlak bly styg. Barnie is bekommerd oor nuus uit die Bo-Kloof.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 54 19.11.2020 13:34
Vroeg Donderdagoggend is Frank baie opgewonde, want ná agtien lange maande is die droogte uiteindelik finaal gebreek! Barnie bied aan om Flossie en die seuns skool toe te neem met sy motor, en Kosie Schreuder het ’n belangrike besluit om te neem.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 53 18.11.2020 12:30
Die goeie reënval is nie net baie welkom in die Onder-Kloof nie, maar laat by Hans ook die hoop ontstaan dat die droogte op Hoekplaas uiteindelik gebreek sal word. Verwysings na die vloed van 1905 en die voorspellings van Hendrik Skoorbek, demp die opgeruimde stemming aan tafel.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 52 17.11.2020 15:01
Frank berou sy vorige uitsprake, en deel wonderlike nuus met Martha. Barnie Zilburg word vir ete genooi, en Flossie sowel as Ada deel besonder goeie nuus met Martha.
DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 51 16.11.2020 14:03
Hans vertrou Ada met ’n persoonlike probleem, en Frank skok Martha met sy uitsprake oor die droogte en geloof.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály