RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ Epizody: 3032

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

2. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 45 24.08.2023

Karl sukkel om ʼn lys van privaatspeurders by Izel te kry. Susan laat vir Magda weet dat Lauren nou veilig in ʼn gastehuis bly, en wil hoor of sy as ʼn buitepasiënt by Nova behandel mag word. Meneer X dreig om Karl se misbruik van die trustfondse te onthul.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 44 23.08.2023

Lauren bel vir Susan om haar te laat weet dat sy veilig is. Susan oorreed haar om iewers saam met haar te gaan. Lauren skrik as sy besef waarheen hulle gaan.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 43 22.08.2023

Dokter Lewis wil by Susan hoor of sy weet waar Lauren is. Nadat Susan met haar ma oor Lauren se toekoms praat, besef sy dat sy die enigste persoon is wat Lauren sal kan help.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 42 21.08.2023

Johan, wat weier om te glo dat Susan nie op hom verlief is nie, kom ongenooid vir haar kuier. Susan sê vir hom om te loop, maar hy weier. Bettie probeer om haar dogter te help.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 41 18.08.2023

Terwyl Richard and Dennis oor die probleme tussen Susan en Karl gesels, bel meneer X vir Richard. Die bangmaakpraatjies van meneer X maak Richard woedend, en iets wat hy sê versterk Richard se vermoede oor wie agter die geheiomsinnge stem skuil.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 40 17.08.2023

Lauren laat weet Susan dat sy nie langer by Nova sal bly nie. Sy het ʼn vriend in Groenpunt wat vir haar blyplek sal gee. Susan vertel vir haar ma en dogter dat sy teruggaan universiteit toe.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 39 16.08.2023

Richard begin vermoed dat Izel nie so onskuldig is as wat sy voorgee nie. Karl sterk by die hospitaal aan. Hy beplan om al die geld wat hy weggedobbel het weer by die casino terug te wen.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 38 15.08.2023

Vir die eerste keer nadat sy by die Nova Rehabilitasiesentrum weg is, word Susan gekonfronteer met die drang om weer te begin drink.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 37 14.08.2023

Dennis speel vir Richard een van die opnames van meneer X, wat hy onwettig bekom het. Dis die eerste keer wat Richard meneer X se stem hoor. Tanya laat weet vir Karl dat daar berigte is dat Karl ʼn tweede hartaanval gehad het.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 36 11.08.2023

Susan besoek Magda vir ʼn opvolgsessie. Vir die eerste keer is sy eerlik oor haar gevoelens teenoor haar familie en die mans in haar lewe.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 35 10.08.2023

Karl probeer weer om Richard te oortuig om die sake teen hom terug te trek. Izel kan nie glo dat Karl besluit het om op te gee, en meneer X te gee wat hy vra nie.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 34 09.08.2023

Lauren bel vir Susan, sy is weer lus om weg te hardloop. Susan glo sy het haar oorreed om by Nova te bly. Richard probeer, sonder sukses, om Johan te oortuig om van Susan te vergeet.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 33 08.08.2023

Om dankie te sê vir hulle harde werk met haar dogter se saak, nooi Bettie vir Richard, Dennis en Myburgh na ʼn Griekse restaurant. Myburgh en Bettie leer mekaar ʼn bietjie beter ken.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 32 07.08.2023

Karl neem Susan na ʼn deftige restaurant om vrede te probeer maak. Johan maak onverwags sy verskyning.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 31 04.08.2023

Essie en haar ouma kom haal vir Susan by Nova Rehabilitasiesentrum. Susan moet gewoond raak aan haar nuwe lewensruimte.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 30 03.08.2023

Dis Magda en Susan se laaste privaatsessie. Sy het nou 30 dae by die sentrum spandeer en, Magda voel dat Susan huis toe kan gaan. Susan groet vir Lauren, en die twee van hulle doen iets spesiaal om te verseker dat hulle mekaar nie sal vergeet nie.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 29 02.08.2023

Johan bel vir Richard in ʼn desperate poging om sy verhouding met Susan te red. Richard deel met Dennis dat hy nie meer vir Izel vertrou nie. Iets is nie reg nie.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 28 01.08.2023

Susan en Magda sit vas oor Lauren. Magda wil hê dat Susan al haar energie aan haar eie probleme spandeer.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 27 31.07.2023

Susan bel vir Bettie en Essie, en die drie van hulle vang op. Izel erken aan Richard dat sy besig is om iets te doen wat almal van hulle in diep moeilikheid sal laat beland.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 26 28.07.2023

Richard en Karl sit lelik vas wanneer hulle oor die skeisaak praat. Meneer X plaas meer druk op Karl om te betaal.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 25 27.07.2023

Magda laat Johan toe om met Susan te praat. Susan probeer die verhouding beëindig, maar Johan weier om die realiteit van hulle situasie te aanvaar.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 24 26.07.2023

Dennis besoek die gastehuis in Kaapstad waar hy glo Essie wegkruip. Susan probeer om vir Lauren die vertroue te gee om hulp te aanvaar van die dokters en die mediese behandeling wat sy ontvang.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 23 25.07.2023

Karl kuier by die Nova Sentrum by Susan. Hy probeer haar oortuig om nie te skei nie. Dinge loop skeef. Dennis ondervra Bettie oor Essie se laaste dag by die huis, en kry toevallig ʼn baie goeie leidraad. Nou is hy op Essie se spoor!

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 22 24.07.2023

Susan is weer by Magda vir ʼn privaatsessie. Noudat die druk van ʼn moontlike saak teen haar verdwyn het, sien Susan haar verblyf by die sentrum in ʼn nuwe lig. Karl vertel vir Izel van sy nuwe plan met meneer X.

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 21 21.07.2023

Richard bring vir Susan goeie nuus dat alle klagtes teen haar teruggetrek is. Sy moet planne maak oor haar toekoms. Karl is weer tuis ná sy tydjie in die hospitaal. Meneer X bel, en dring aan op spoedige betaling.

Poslouchej podcast Middagvervolgverhaal v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály