RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ Epizody: 3032

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

2. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 49 16.02.2024

Die spoggerige nuwe vakansieoord in Dolfynbaai word ‘n naweek van absolute drama. Niemand het dié gebeure sien kom nie. Wie boek almal in vir die naweek in die oord? Wat skud Chanel tot in haar fondamente?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 48 15.02.2024

Wie doen kruie-inspeksie? Beide Gertrude en Neville doen inderhaas vernuftige voetwerk om die polisie van hulle voordeure af weg te hou. Vir wie doen Johanna reisbesprekings? Wat soek die ambulans in Hibiscus?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 47 14.02.2024

Chanel kry Louis voor stok. Hy besef hy kan nie langer ‘n sekere gesprek uitstel nie. Neville soek hulp. Wie raak soek? Gertrude kry ‘n onverwagse besoek met skokkende nuus.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 46 13.02.2024

Louis kry ‘n besoek van iemand, wat hom gooi. Wie kry die braaikompetisie weer op dreef? Wie borg die wenprys? Johnny kry nuttige inligting vir ‘n koerantstorie. Kort voor lank kry Johnny sowaar nog inligting vir nog ‘n koerantstorie.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 45 12.02.2024

Neville is duidelik op die oorlogspad. Hy konfronteer Celeste, en sy is stom. Celeste besluit sy moet iemand in haar vertroue neem. Wie word onverwags vir ete genooi? Gertrude neem ‘n besluit wat skokgolwe veroorsaak.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 44 09.02.2024

Met wie deel Janice haar ervaring in Witkareevlei? Chanel kry uiteindelik die terugvoer waarvoor sy so lank wag. Sy kry egter ook ‘n paar snaakse navrae. Wie ontvang onverwags ‘n aardige bedrag geld? Waarvoor? ‘n Sleutel sorg vir vrae.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 43 08.02.2024

Seebult is geskok. Waaroor gons die dorp? Chanel druk Louis in ‘n blik. Dis die meeste mense vir wie Lappies op een aand nog moes braai, maar die kuiergaste gesels nie oor braaivleis nie. Waar daag die polisie met ‘n lasbrief op?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 42 07.02.2024

Waarheen ry Louis en Chanel hierdie keer? Gertrude doen iets wat Jonanna toetentaal onkant betrap. Wie nooi Lappies vir ete? Wat gebeur? Janice se kragdadige optrede verras Johnny. Die drama in Kruie-oase kry ‘n nuwe hoofstuk by.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 41 06.02.2024

Janice se verdwyning uit Seebult maak meer mense bekommerd. Louis ry saam met Chanel. Waarheen? Wat gebeur? Wie kuier almal in ‘n Italiaanse restaurant? Wie slaan almal in Witkareevlei uit? Wat gebeur alles in die Noord-Kaapse dorpie? Seebult word geskud.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 40 05.02.2024

‘n Foto bevestig Gertrude se weergawe van gebeure. Lappies help Johanna, en hulle ontdek ‘n valdeur. Iemand in Seebult help ongetwyfeld vir Felix Frost. Dis duidelik die man is vasberade om sy sin te kry, al kos dit wat.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 39 02.02.2024

Janice is ‘n emosionele wrak. Almal om haar ontgeld dit. Johnny en Celeste besluit op Plan B. Terwyl Celeste in Kaapstad rondskarrel, ry Johnny Pretoria toe, maar Felix Frost sit ook nie stil nie. Hy maak sy volgende skuif, en dit maak seer.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 38 01.02.2024

Die polisie vind gou uit hoe die bakkie aan die brand gesteek is. Chanel is nie op haar mond geval nie. Sy sê ’n ding soos dit is. Die liefdesdriehoek van desjare kom aan die lig. Wie was almal betrokke? Lappies kan nie langer uitstel nie, hy moet ‘n afspraak maak. Wat gebeur?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 37 31.01.2024

Celeste swig onder innerlike druk, en besluit om die grootste skok van haar lewe aan te gee vir iemand. Vir wie? Chanel word Johanna se afgevaardigde. Waar moet sy oral opdraf? Louis kry ‘n paar onverwagse besoeke en verrassings.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 36 30.01.2024

Dit lyk amper soos die perfekte klub vir oujongnooiens wat uiteet, maar daar is ‘n gewigte saak op die tafel. Johnny wil weet of sy artikel in die kol is. Dis nie al wat op sy spyskaart vir die Sondag is nie. Uiteindelik skraap hy al sy moed bymekaar vir ’n gesprek, wat hy al vir ‘n week lank uitstel.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 35 29.01.2024

Dis ‘n heuglike Saterdag in die geskiedenis van Seebult. Johnny se fotograaf is byderhand om die opening van Koffiekamer en Reisgogga op film te verewig. Maar dis tog of Neville eerder met ‘n suur as vrolike gesig rondstap. Wat pla hom? Wie daag almal op vir die groot geleentheid?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 34 26.01.2024

Celeste is op ‘n missie. Wie doen ‘n vreemde oproep en verdwyn dan? ‘n Interessante verhaal uit 1977 en 1978 word in in herinnering geroep. Wie was betrokke? Johanna kry haar eerste bespreking vir Reisgogga. Namens wie doen sy die bespreking?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 33 25.01.2024

Celeste het ‘n sake-afspraak wat dreig om skeef te verloop. Chanel se nuuskierigheid kry die oorhand. Sy moet eenvoudig weet. Waar gaan kuier sy? Celeste wil net toetse doen. Neville pak af. By wie?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 32 24.01.2024

Neville kondig sy nuwe groot projek aan. Waaroor is Louis so begeesterd? Janice verstaan glad nie waarom word sy voorgekeer en ondervra nie. Sy neem ‘n groot besluit wat skokgolwe maak. Die geskiedenis van die visdammetjies verdiep.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 31 23.01.2024

Die verdwene rewolwer is meer as ‘n kopseer. Wie handig ‘n “slim” verklaring by die polisie in? Wat maak dit so “slim”? Genadenburg se diamantmyn is skerp onder bespreking. Jy kan ‘n plan kam en skeer, maar soms val dit net in die water.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 30 22.01.2024

Lappies se geskiedenis is die middelpunt van bespreking. Twee brandkluissleutels veroorsaak erge ongemak. Wie word onverwags by ‘n aandpatrollie betrek? Waarheen ry die patrollie? Wat is die hoogtepunte van die patrollie?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 29 19.01.2024

Wie raak opgewonde oor kruie? Neville se gereelde oorsese besoeke is die middelpunt van bespreking. Wie verras Johnny met ‘n dokument en nuus waarvan hy niks weet nie? Daar is interessante inligting uit Zanzibar.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 28 18.01.2024

Gertrude is op ‘n missie. Wie kry die skok van sy lewe? ‘n Verdwaalde flitslig in ‘n donker huis trek aandag. ‘n Vreemde ontmoeting vind in ‘n begraafplaas plaas. Wie is almal daar?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 27 17.01.2024

Johnny bly nou maar eenmaal aan Gertrude se verkeerde kant. Wie eis sy skenking van die trust terug? Hoekom? Waaroor is Gertrude so moeilik? Wie ry Dolfynbaai toe, en om wat daar te maak? Hoe eindig die uitstappie?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 26 16.01.2024

Neville is op die oorlogspad. Wie is in sy visier? Die alarmstelsel by die woonstel langs die Jancel Laboratorium is die middelpunt van bespreking. Daar word ‘n nuwe vennootsap op Seebult gesluit.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 25 15.01.2024

Dis Gertrude se verjaarsdag, maar sy weet gou dis ‘n dag wat sy eerder wil vergeet. Louis kry die boodskap dat sy verblyf in die woonstel langs die Jancel Laboratorium net tydelik is. Hy voel die druk om spoedig ander verblyf te bekom, maar dis nie die einde van sy stres nie.

Poslouchej podcast Middagvervolgverhaal v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály