RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Spektrum 10 Februarie 2026 10.02.2026 53:04
Paul O'Sullivan sê misdadigers wil sy naam beswadder. Die March and March-beweging eis dat die regering 'n massadeportasie van ongedokumenteerde buitelanders uitvoer. Renosterstropery het in 2025 met 16% afgeneem teenoor 2024.
Spektrum 9 Februarie 2026 09.02.2026 53:05
Kriminaliteit en korrupsie in die Ekurhuleni-metro is weer onder die vergrootglas by die Madlanga-kommissie. Japan se nuwe eerste minister wen 'n blitsverkiesing oortuigend. suid-Afrika se strategiese minerale sal waarskylik by die Mynbou Indaba in Kaapstad bespreek word.
Spektrum 6 Februarie 2026 06.02.2026 49:44
Die polisietender aan Vusimuzi 'Cat' Matlala is onder die vergrootglas by die Madlanga-kommissie. Die personeelvereniging in die motorbedryf, Misa, verwelkom die verlenging van AGOA. 'n Uitbreking van bek-en-klouseer is in Humansdorp in die Oos-Kaap bevestig. Amerika en Iran begin met kernonderhandelinge in Oman.
Spektrum 5 Februarie 2026 05.02.2026 49:26
Suid-Afrika is ingesluit in AGOA, maar waar laat dit die land met die VSA se 30%-tarief? Kommer oor die gesloer in die ondersoek oor die militêre operasie waaraan Iran deelgeneem het. ESKOM sal nie meer boetes uitreik aan kliënte wat nog nie hulle sonkragstelsels geregistreer het nie.
Spektrum 4 Februarie 2026 04.02.2026 49:34
John Steenhuisen onttrek uit die DA se leierskap-wedloop. Talle vrae oor 'n burgemeester se lyfwagte wat na bewering 'n motoris doodgeskiet het. Nóg 'n groot daling in brandstofpryse om middernag.
Spektrum 3 Februarie 2026 03.02.2026 51:32
John Steenhuizen onttrek uit die DA se leierskap-wedloop. Talle vrae oor 'n burgemeester se lyfwagte wat na bewering 'n motoris doodgeskiet het. Nog 'n groot daling in brandstofpryse om middernag.
Spektrum 2 Februarie 2026 02.02.2026 54:38
Blouligbrigades is weer in die kollig, ná nog 'n noodlottige skietvoorval. Kritiek op die rits naamsveranderings in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Wêreld Vleilanddag word herdenk.
Spektrum 30 Januarie 2026 30.01.2026 51:19
'n Nuwe getuie by die Madlanga-kommissie word glo reeds in die kommissie se tussentydse verslag genoem. Die Nasionale Persklub wys die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, aan as Nuusmaker van die Jaar. 'n Dokumentêre rolprent oor die Amerikaanse eerste dame, Melania Trump, word vandag wêreldwyd vrygestel.
Spektrum 29 Januarie 2026 29.01.2026 48:49
'n Ondersoek begin na die ongeluk tussen 'n vragmotor en 'n minibustaxi in Isipingo in KwaZulu-Natal, wat elf lewens geëis het. 'n Onderwyser van Zeekoevlei Laerskool in die Wes-Kaap in verband met aanranding in hegtenis geneem, nadat 'n Graad 4-leerling glo lyfstraf opgelê is. Die omstrede tenderpreneur, Vusimuzi 'Cat' Matlala, is terug in die hof.
Spektrum 28 Januarie 2026 28.01.2026 54:22
Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê hofsake sal die verkryging van entstowwe vir bek-en-klouseer vertraag. Die eerste toetssaak van die taal- en toelatingsvereistes van die BELA-wet eersdaags in die hof aangehoor. Die March and March-beweging sê hulle sal nie deur die owerhede geboelie word nie.
Spektrum 27 Januarie 2026 27.01.2026 51:05
Kritiek teen die beplande Weermagdag, wat R372 miljoen sal kos. Amerikaanse oudpresidente spreek hulle sterk uit teen ICE-agente se geweld teen Amerikaners. Ons praat met 'n kenner oor die oordrag van selfoondata.
Spektrum 26 Januarie 2026 26.01.2026 51:40
ActionSA verwelkom nog twee organisasies onder wat hulle die 'groen sambreel' noem. Die Madlanga-kommissie hervat met 'n nuwe getuie. Lyfstraf word weer in alle erns as 'n alternatief tot tronkstraf voorgestel.
Spektrum 23 Januarie 2026 23.01.2026 50:02
'n Gedenkdiens vir die 14 leerlinge wat vandeesweek in 'n taxiongeluk gesterf het. Skoolvervoer ontwrig weens 'n wegbly-aksie, nadat meer as 60 skoliervervoervoertuie in Gauteng geskut is. Ons praat met 'n misdaadkenner oor die Minister van Polisie se erkenning dat die mag nie opgewasse is teen bendes nie.
Spektrum 22 Januarie 2026 22.01.2026 50:50
Nog klagtes word bygevoeg teen die bestuurder van die minibustaxi wat betrokke was by Maandag se noodlottige skoolvervoerbotsing in Vanderbijlpark. Die vrees vir onwettige mynwerkers noop inwoners van gemeenskappe wes van Johannesburg om uit hulle huise te vlug. Nog lande onderneem om deel te vorm van president Donald Trump se Vredesraad.
Spektrum 21 Januarie 2026 21.01.2026 51:38
Sal geopolitieke spanning gesprekke by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos oorheers? Die departement van samewerkende regering besin steeds oor 'n datum vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing. Werksaamhede by die Booysens-landdroshof in Johannesburg gaan voort ondanks gister se skietvoorval. Tersiêre instellings in KwaZulu-Natal waarsku dat toelating van eerstejaars op mededingende grondsla...
Spektrum 20 Januarie 2026 20.01.2026 53:23
Die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie bevestig dat die bek-en-klouseer-pandemie nou ook varke raak. Die voormalige OPOD-hoof en motorbomplanter, Robert McBride, getuig voor die parlement se ad hoc-komitee. Gauteng se Departement van Gesondheid pas die dodetal aan in gister se skoliervervoer-ongeluk in Vanderbijlpark 14 tot 12.
Spektrum 19 Januarie 2026 19.01.2026 50:45
Skok oor die dood van 12 leerlinge wat in 'n gru-ongeluk in Gauteng sterf, presies 'n jaar ná die dood van elf ander leerlinge in dieselfde deel van die provinsie. Die soektog na twee tieners in die vloedgeteisterde Limpopo is vanoggend hervat. Die dodetal het intussen tot 20 gestyg. Ons bespreek die impak van British American Tobacco SA se besluit om later vanjaar sigaretproduksie in Suid-Afrika...
Spektrum 16 Januarie 2026 16.01.2026 52:30
Nog 'n mosie van wantroue is teen die burgemeester van Johannesburg gebring. Gift of the Givers spring in om te help nadat oorstromings groot verwoesting in Mpumalanga saai. Action SA stel nuwe wetgewing voor om fluitjieblasers beter te beskerm.
Spektrum 15 Januarie 2026 15.01.2026 53:28
Padsterftes tydens die feesgety neem af in vyf provinsies. Die hoof van die Onafhanklike Onwikkelingstrust, Tebogo Malaka, bedank te midde van bewerings van korrupsie en omkopery. Luitenant-generaal Dumisani Khumalo getuig voor die ad hoc-komitee wat bewerings van politieke inmenging in die regstelsel ondersoek.
Spektrum 14 Januarie 2026 14.01.2026 53:10
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem om die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika met drie jaar te verleng, maar wat beteken dit vir Suid-Afrika? Die minister van landbou, John Steenhuisen, kondig ‘n strategie aan om bek-en-klouseer hok te slaan. Die Knysna-munisipaliteit rig 'n dringende beroep op inwoners om hulle waterverbruik drasties te verminder.
Spektrum 13 Januarie 2026 13.01.2026 53:57
Die matriekklas van 2025 behaal die hoogste slaagsyfer ooit, maar nie almal aanvaar dit nie. Ons vra hoe die gebrek aan vergaderings tussen leiers van die RNE beleidsrigting in Suid-Afrika beïnvloed. Iran onttrek aan die BRICS Vloot-oefening in Suid-Afrika in 'n poging om verdere spanning met Amerika te verhoed.
Spektrum 12 Januarie 2026 12.01.2026 48:22
Die matrieks van 2025 tel die ure af voor die slaagsyfer amptelik bekendgemaak word. Owerhede in Knysna spook om alternatiewe waterbronne te beveilig in aanloop tot 'n dreigende Dag Zero. Dele van die Nasionale Krugerwildtuin is gesluit weens swaar reënneerslae. Verskeie brande in die Oos- en Wes-Kaap woed voort.
Spektrum 9 Januarie 2026 09.01.2026 51:19
Lede van KwaZuluNatal se eenheidsregering reageer op die NFP se onttrekking. Buitengewoon swaar reën word vir die volgende week vir die noordooste van die land voorspel. Reaksie op die VSA se onttrekking aan 66 multilaterale organisasies.
Spektrum 8 Januarie 2026 08.01.2026 52:53
Die ANC vier 114de bestaansjaar. Die jongste oor die vernietigende brande in Mosselbaai. Verskeie organisasies betoog buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria teen die VSA se optrede in Venezuela.
Spektrum 7 Januarie 2026 07.01.2026 52:55
Reaksie op die aanstelling van advokaat Andy Mothibi as die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings. Brande in dele van die Mosselbaai-munisipaliteit in die Wes-Kaap woed voort. Meer oor die nuwe plan vir vrede in Oekraïne.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали