RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Spektrum 21 April 2026 21.04.2026 54:27
Die nasionale polisiekomissaris, generaal Fannie Masemola, op waarskuwing vrygelaat ná sy eerste hofverskyning. 'n Derde dag van kruisondervraging vir die geskorste finansiële bestuurshoof van die Tshwane-metro, Gareth Mnisi. Die vakbond, COSUTU, is bekommerd oor die toekoms van die drie-party-alliansie nadat ANC-lede wat ook aan die SAKP behoort, tien dae gegee is om kant te kies.
Spektrum 20 April 2026 20.04.2026 51:03
Die polisie reageer op bewerings van Mpumalanga se geskorste polisiekommisaris dat top-polisiestrukture inmeng by ondersoeke in die provinsie. Boeliegedrag in skole neem toe, en word nou as 'n nasionale krisis beskryf. Die Universiteit Stellenbosch is besig om die omvang van skade te bepaal ná drie dae van swaar reën in die Wes-Kaap.
Spektrum 17 April 2026 17.04.2026 48:36
'n Bloedige week op die Kaapse Vlakte, ondanks die teenwoordigheid van die Weermag. 'n Reddingsboei van R200 miljoen vir die Suid-Afrikaanse suikerreus, Tongaat Hulett. Munisipaliteite in KwaZulu-Natal wys 'n beperkte verbetering.
Spektrum 16 April 2026 16.04.2026 50:53
Die EFF-leier, Julius Malema, word gevangenisstraf opgelê. President Cyril Ramaphosa verdedig sy besluit om die oudpolitikus, Roelf Meyer, as ambassadeur in Amerika aan te stel. Vier mense, waaronder 'n tiener, sterf in bendegeweld op die Kaapse Vlakte. Die gewilde televisie-aanbieder en sanger, Johnny Davids, is vanoggend in die ouderdom van 49 jaar oorlede.
Spektrum 15 April 2026 15.04.2026 52:02
EFF-lede is by die Oos-Londense landdroshof byeen vir die vonnisoplegging van hulle leier, Julius Malema. Wye en gemengde reaksie op die aanstelling van die oudpolitikus, Roelf Meyer, as Suid-Afrika se volgende ambassadeur in Amerika. Motoriste hou asem op vir die brandstofprys-aankondiging aan die einde van die maand, terwyl sekere sektore vrees vir afleggings.
Spektrum 14 April 2026 14.04.2026 53:13
Die Johannesburg Metro kry 'n negatiewe vooruitsig vir sy kredietgradering. Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, getuig weer voor die Madlanga-kommissie. Eskom publiseer nuwe wetgewing oor koolstofkrediete om lugbesoedeling te bekamp.
Spektrum 13 April 2026 13.04.2026 53:19
Die F.W. de Klerk Stigting sê die uitlating van die bruin stem in die DA se top leierskapstruktuur, het 'n strategiese vakuum geskep. Die nuwe party, Unite For Change, sal nie deelneem aan vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing nie. 'n Peiling van die Instituut vir Rasseverhoudings wys die meeste Suid-Afrikaners gee nie om watter ras die president is nie, solank die persoon die werk kan doen.
Spektrum 10 April 2026 10.04.2026 48:50
Die Madlanga Kommissie van Ondersoek hoor getuienis oor korrupsie in die Tshwane-metropolisie. Die debat oor 'n nuwe geskiedeniskurrikulum vir skole word heftig. Ouers en die Departement van Onderwys is gewikkel in 'n twis oor meer as 70 bykomende leerlinge by die Swartruggens Gekombineerde Skool in Noordwes.
Spektrum 9 April 2026 09.04.2026 53:50
Daar is meningsverskille en verwarring oor die twee weke lange wapenstilstandooreenkoms tussen die Verenigde State en Iran. Die Vryheidsfront Plus sê nee vir die MK-party se voorgestelde wysiging van artikel 235 van die Grondwet, wat selfbeskikking waarborg. Daar is 63 onopgeloste politieke moorde, dalk as gevolg van die afskaffing van die polisie se politieke moorde-taakspan.
Spektrum 8 April 2026 08.04.2026 53:31
Twee verdagtes in die hof in verband met die ontvoering van 'n 17- en 21-jarige in Randfontein aan Gauteng se Wesrand. Oliepryse daal ná die nuus oor 'n skietstilstand in die Midde-Ooste, maar dit kan die lugvaartbedryf maande vat om te herstel. Die nuwe Amerikaanse ambassadeur, Leo Brozell III, oorhandig saam met ander diplomate sy geloofsbriewe.
Spektrum 7 April 2026 07.04.2026 53:49
'n Nuwe getuie, die hoof van die Tshwane Metropolisie Yolande Faro, verskyn vandag voor die Madlanga-kommissie. Die polisievakbond, SAPU, sê hy sal nie toelaat dat daar 'n heksjag op sy lede uitgevoer word terwyl die ondersoeke na korrupsie in die polisiediens aan die gang is nie. Die DA sê voorbereidings vir sy Federale Kongres in Midrand hierdie naweek, is goed op dreef.
Spektrum 6 April 2026 06.04.2026 51:10
Die ANC se Veteraneliga het sy ontevredenheid uitgespreek met die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, se aanstelling van ’n EFF-lid in sy provinsiale kabinet. E-taxi-dienste maak beswaar teen nuwe regulasies wat passasiers beskerm. Die soektog na agt ontsnaptes in Maluti in die Oos-Kaap gaan voort. Die militêre leier van Burkina Faso, Ibrahim Traoré, sê demokrasie in nié vir hulle nie.
Spektrum 2 April 2026 02.04.2026 52:30
Wye reaksie op die skommeling van Gauteng se kabinet. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes moedig Suid-Afrikaners aan om hulle teen griep te laat inent. Wetstoepassers word in verskeie provinsies op hoofroetes ontplooi op die vooraand van die Paasnaweek.
Spektrum 1 April 2026 01.04.2026 53:08
Die Weermag word op die Kaapse Vlakte ontplooi. Byna die helfte van die land se munisipale afvalwaterstelsels is in 'n kritieke toestand. China wil 'n vredesooreenkoms tussen Amerika, Israel en Iran, bemiddel.
Spektrum 31 Maart 2026 31.03.2026 54:42
Die president stel 'n ambiseuse teiken om buitelandse beleggings na die land te lok. Die DA vra vir 'n dringende debat oor die dreigende brandstofkrisis. Agttienduisend nuwe werksgleenthede is in die laaste kwartaal van 2025 geskep.
Spektrum 30 Maart 2026 30.03.2026 49:31
Thabo Mbeki en Jacob Zuma loop 'n bloutjie in die hof. Statistieke Suid-Afrika se stelsel word deur kuberkrakers binnegedring. Die 30ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees lok duisende mense na Oudtshoorn in die Wes-Kaap.
Spektrum 27 Maart 2026 27.03.2026 49:03
Frankryk ontken dat hy onder druk van Amerika was om Suid-Afrika se uitnodiging na die G7-beraad in Junie terug te trek. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het harde woorde oor die polisiediens. Die Suid-Afrikaanse Bloeddiens vra mense om voor die Paasnaweek bloed te skenk.
Spektrum 26 Maart 2026 26.03.2026 49:50
Die DA lê 'n strafregtelike klag oor SETA-wanbestuur van R637-miljoen. 'n Waterskeidinghofsaak oor sosiale media-verslawing. Ekonome verwag dat die repokoers onveranderd sal bly.
Spektrum 25 Maart 2026 25.03.2026 50:56
Twaalf senior polisiebeamptes in die hof oor 'n tender van R360-miljoen. Afriforum oorweeg die private vervolging van Fikile Mbalula. Sowat die helfte van stemgeregtigde Suid-Afrikaners is nie vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing geregistreer nie.
Spektrum 24 Maart 2026 24.03.2026 47:19
Tenderonreëlmatighede in die Tshwane Metropolisie is onder die vergrootglas by die Madlanga-kommissie. Die Appèlhof las dat Eskom die inhoud van sy diesel- en steenkoolkontrakte aan Afriforum bekend maak. Dis 'n tweeman-stryd vir die posisie van DA-leier. Boere in die Tuinroete in die Wes-Kaap ontvang broodnodige droogtehulp.
Spektrum 23 Maart 2026 23.03.2026 48:18
Die DA wil die Madlanga-kommissie nader oor bewerings van korrupsie in die Tshwane-metro. Die oorskot van al vyf mynwerkers, wat by die Ekapa-myn ondergronds vasgekeer was, is na die oppervlak gebring. Gauteng se departement van gesondheid doen stappe om uitstaande pasiëntgelde te verhaal.
Spektrum 20 Maart 2026 20.03.2026 52:19
OUTA gaan met Sanral bemiddel oor motoriste se agterstallige e-tolskuld. Statistieke Suid-Afrika sê minder mense trou as tien jaar gelede. 'n WhatsApp-platform rus onderwysers toe met die vaardighede om gehoorverlies onder kinders vroeg te kan identifiseer.
Spektrum 19 Maart 2026 19.03.2026 52:07
Die parlementêre ad hoc-komitee beweeg na 'n volgende fase in sy werksaamhede. Intussen is die Madlanga-kommissie besig om opspraakwekkende getuienis aan te hoor. Eskom sê sy finansiële posisie is besig om te verbeter met die regering se skuldverligtingshulp.
Spektrum 18 Maart 2026 18.03.2026 51:14
Die verbruikersinflasiekoers verlangsaam. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, is die laaste getuie om voor die parlementere ad hoc-komitee te getuig. Die Universiteit van Wes-Kaapland bied 'n seminaar aan oor bendegeweld en sosiale disfunksie.
Spektrum 17 Maart 2026 17.03.2026 53:08
Sakereddingspraktisyns wil die Poskantoor likwideer - ons praat met Mark Barnes, 'n voormalige bestuurshoof. Dis geen grap nie - hengse prysverhogings wag by die pomp op 1 April. President Donald Trump wil Kuba oorneem.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали