Simondium Familiekerk
Preek Opnames
Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.simondiumfamiliekerk.co.za
Автор
Simondium Familiekerk
Категорія
Сайт подкасту
Останній епізод
23 сер 2026
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Kinderdiens - 19 Oktober 2025 19.10.2025 29:02
Prediker: Nadia Muller Teks: 2 Timoteus 3:14–17 Paulus herinner ons hoe kosbaar en lewensnoodsaaklik die Woord van God is. Die Bybel is nie net ’n boek vol reëls of stories nie – dit is God se lewende stem wat ons lei, leer en versterk. Hoe lees jy die Bybel? Net af en toe, of met ’n oop hart om werklik meer van God te leer ken en te groei as mens? Kom hoor Sondag hoe Paulus ons uitnooi om die Woo...
Erediens - 12 Oktober 2025 12.10.2025 37:58
Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 17:11–19 Tema: Jesus “on demand” Tien siekes word in ’n oomblik genees - maar net een van hulle snap wat regtig gebeur. Is hierdie tendens vandag nog waar? Draai ons na Jesus net wanneer ons Hom nodig het? ’n Verhouding met die enigste ware God kan mos nie net gebasseer wees op ’n ekonomie van “wat ek soek en wat ek in ruil daarvoor gee” nie. Ons kyk môre onder ande...
Erediens - 05 Oktober 2025 05.10.2025 22:57
PREDIKER: Nicolette Bester TEKS: 2 Timoteus 1:1-14 TEMA: Die roeping geskenk in jou hart en menswees In 2 Timoteus 1:9 lees ons: “Hy het ons verlos en geroep met ’n heilige roeping – nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy eie besluit en genade. Reeds van ewigheid af is dit in Christus Jesus aan ons geskenk.” (2020-vertaling) God het vir ons deur Christus ’n onoplosbare genadegawe gesk...
Erediens - 28 September 2025 28.09.2025 27:35
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Psalm 146 TEMA: Waar is jou vertroue? Psalm 146 is een van die lof- of halel-psalms, die eerste van vyf aan die einde van die psalmboek. Dit daag ons uit om ernstig te wees oor waar – of by wie – ons vertroue lê. God wat van die begin tot in ewigheid daar is, moet ons vertroue en lof kry. Hierdie vertroue is nie iets wat soos ’n lig aan- en afgeskakel word nie, maar ’n...
Erediens - 21 September 2025 21.09.2025 28:22
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Psalm 113 TEMA: God wat afbuk en optel Ons weet God is groot en almagtig, ons weet Hy is die Skepper van hemel en aarde, maar ons vergeet soms dat dieselfde God ook afbuk en ons van die ashoop af optel, ons uit die stof ophelp en afskud. En dit is dieselfde God wat dit vir almal doen – of ons dink hulle verdien dit of nie.
Erediens - 07 September 2025 07.09.2025 31:48
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Psalm 1 TEMA: Gelukkig is die mens… Ons dink dikwels geluk is iets om na te streef. Ons hou dit in ons visier en dink: net nog daardie ding of prestasie gaan vir ons geluk bring. Tog voel dit soms of geluk soos ’n reënboog is – altyd net buite bereik. Psalm 1 herinner ons dat geluk nie gevang kan word nie, maar kom wanneer ons kies om anders te kyk en anders te leef as...
Erediens - 10 Augustus 2025 10.08.2025 32:56
Prediker: Nicolette Bester Teks: Hebreërs 10:1-3; 8-18 Tema: Geloof wat volhard – wat beteken dit? Geloof – ’n woord wat ons so maklik gebruik maar tog so moeilik werklik kan begryp. ’n Ander verstaan kan wees “vertroue in God”. Die twee loop hand-aan-hand. As mense is ons geneig om te wil volhard in alles wat ons aanpak, ook in ons geloof. Ons stel ons eie ideale op en probeer ons uiterste bes om...
Erediens - 03 Augustus 2025 03.08.2025 28:36
Prediker: DJ Muller Teks: Rom. 8:35-39 Tema: “Welwese” is baie meer as ’n gevoel In ons lewens is daar seisoene waarin ons geweldige swaarkry beleef. Soms is hierdie seisoene ’n paar ure lank, ander kere hou dit vir jare aan. Dikwels word ons in hierdie tye lamgelê deur bekommernis, hartseer of woede. Om dan te dink oor welwese (to be well) is soos om jou hand uit te steek na die maan en te dink j...
Erediens - 20 Julie 2025 20.07.2025 21:37
Teks: Lukas 10 Prediker: DJ Muller Tema: Wanneer is besig-wees genoeg? Produktiwiteit! Dis iets waarna ons daagliks streef. Ons gebruik hulpmiddels soos outomatisering en kunsmatige intelligensie om dit te verhoog. Waarom? Omdat ons meer wil doen. Ons wil beter presteer. Dit voel selfs goed om te vertel hoe besig ons is — dat ons nie altyd by alles uitkom nie. Selfs in die kerk jaag ons soms nóg ’...
Erediens - 13 Julie 2025 13.07.2025 35:16
Teks: Kolossense 1:9-20 Prediker: Nadia Muller Tema: Is my God groot genoeg? Ons almal ken die kinderlied: “My God is so groot, so sterk en so magtig, daar’s niks wat my God nie kan doen nie.” As kinders – of selfs as volwassenes – sing ons dit uit volle bors, maar nie altyd uit volle hart of met volle oortuiging nie. Ons beeld van God bly dikwels klein, en ons sukkel om gemaklik voor Hom te leef...
Erediens - 06 Julie 2025 06.07.2025 32:22
Tema: Geloofsonderskeiding: Wat beteken dit? Teks: Lukas 10:1–12, 16–19 Prediker: Nadia Muller Ons wens soms vir ’n stem uit die hemel of ’n vers in die Bybel wat ons sommer op die naam noem en al ons vrae beantwoord — maar dis nie hoe dit werk nie. As God dan nie altyd vir ons duidelike antwoorde gee nie, wat is die belang van geloofsonderskeiding?
Pinkster 2025: Deel 4 - Skoenlapper, hoekom kruip jy nog? 08.06.2025 31:28
Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Pinkster 2025: Deel 3 - Veranderkrag van Bo 04.06.2025 34:01
Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Pinkster 2025: Deel 2 - Wat is ek besig om te word? 02.06.2025 39:06
Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Pinkster 2025: Deel 1 - Sien jy die ooreenkoms? 01.06.2025 31:52
Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Erediens - 18 Mei 2025 18.05.2025 34:33
Prediker: Nadia Muller Tema: From thanksgiving to thanksliving Teks: 1 Tess. 5:16–22; Ps. 148 Ons leer ons kinders om dankie te sê. Ons sê dankie as ons iets ontvang het of iemand iets vir ons gedoen het. Maar wat as ons leef in dankbaarheid? Hoe sal ons anders begin leef as ons in elke dag se elke oomblik bewus is van God se gawes en elke oomblik vir Hom dankie sê?
Erediens - 06 April 2025 06.04.2025 30:22
Prediker: Nadia Muller Teks: Jesaja 43:19 Tema: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen. Kan julle dit nie besef nie?” Ons verlede vorm ’n belangrike deel van wie ons is. Dit gee konteks, identiteit en herinneringe. Waar jy vandaan kom, beïnvloed wie jy vandag is – maar dit hoef nie te bepaal waarheen jy oppad is nie. Te dikwels hou ons aan die verlede vas op ’n manier wat ons verhinder om God se nuwe drome...
Erediens - 30 Maart 2025 30.03.2025 30:39
Nadia wys 'n video tydens die diens. In hierdie opname, sê sy wanneer jy gou na die video moet kyk. Kyk die stukkie daarvan wat hier begin (dit is omtrent so 2min lank): https://youtu.be/gYF1AsOmoW8?si=EI41w7L0RHSBheZB&t=4210 Video:
Erediens - 09 Maart 2025 09.03.2025 30:08
Prediker: Nadia Muller Teks: Deuteronomium 26:1-11 Tema: Wat was, wat is en wat kom! Met die eerste week van Lydenstyd dink ons spesifiek aan die verlede, aan Jesus, en die verlossing wat Hy bewerkstellig het. Ons word herinner aan die dankbaarheid wat ons teenoor Hom voel. Ons bevind ons tans in ’n dankseisoen in die gemeente, en Nadia sal meer inligting hieroor deel tydens die aankondigings in d...
Erediens - 02 Maart 2025 02.03.2025 28:51
Prediker: Nadia Muller Teks: Eksodus 34 Tema: Oopgevlek voor God Wat beteken dit om oopgevlek voor God te wees? Om sonder maskers, voorgee of namaak, net eerlik, eg en broos voor Hom te staan? Ons verhouding met God word dikwels verhinder deur sluiers – sluiers van tradisie, wêreldse gewoontes, skuldgevoelens en vrees. Maar eers wanneer ons hierdie sluiers oplig, kan ons God sien en herken vir wie...
Erediens - 16 Februarie 2025 16.02.2025 23:05
Prediker: Nadia Muller Teks: Jeremia 17:5-10 Tema: Die probleem van die hart, is die hart van die probleem Ons sê so maklik dat ons op die Here vertrou, maar as ’n mens kyk na die statistieke van mense wat sterf aan hartaanvalle, depressie en ander stresverwante siektes, besef ons dat ons dit dalk net sê – terwyl ons eintlik net op onsself staatmaak. God word maklik net ’n Sondagoggend-, Bybellees...
Kinderdiens - 09 Februarie 2025 09.02.2025 28:39
Prediker: Nadia Muller Teks: Jes. 6:1-8; Luk. 5:1-11 Hoe roep God ons vandag? Dit lyk dalk anders as in die Bybel – daar is nie engele met warm kole soos by Jesaja nie, en Jesus loop nie meer fisies op die aarde rond soos in Lukas nie. Tog praat God steeds met ons en roep Hy ons om vir Hom te leef en te werk! Ons gesels oor belangrike vrae soos: • Hoe weet ek as God my roep? • Hoe oud moet ek wees...
Erediens - 26 Januarie 2025 26.01.2025 29:48
Prediker: Nadia Muller Teks: Psalm 19 Psalm 19 is ’n bekende Psalm wat soveel diep en mooi waarhede bevat. Om hierdie Psalm se boodskap ten volle te verstaan, delf ons dieper in die poësie van dié Psalm. Dit sal ons help om die wonderlike prentjie wat hierdie Psalm van God skets – as die Een wat alles insluit, alles weet, en almal ken – nog dieper te verstaan. Analise van Psalm 19
Erediens - 12 Januarie 2025 12.01.2025 30:28
Prediker : DJ Muller Tema : Samaria: God se Gees was LAAT? Hoekom? Teks: Handelinge 8:14-17 In Samaria word die Gees eers heelwat later oor die gedoopte nuwe lidmate uitgestort. Dit is heeltemal verkeerdom met hoe dit normaalweg gebeur het! Hoekom was die Gees dan “laat”? Ons gesels onder andere oor die besondere waarde van getuies (soos dié van jul wat verlede Sondag die doop van die Buys tweelin...
Erediens - 05 Januarie 2025 05.01.2025 21:14
Prediker: Nadia Muller Teks: Jesaja 60
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали