RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Monitor 6 Januarie 2026 06.01.2026 47:16
Suid-Afrika veroordeel die VSA se optrede in Venezuela - ons praat met 'n politieke ontleder. Gift of the Givers help met watervoorsiening in die Klein Karoo. 'n Groot daling in brandstofpryse om middernag, maar ekonome is bekommerd oor die sterk rand se impak op uitvoere.
Monitor 5 Januarie 2025 05.01.2026 52:31
Die Verenigde Nasies hou vandag 'n noodvergadering oor Amerika se aanval op Venezuela. Brandstofpryse daal vandeesweek. Twintigduisend mense word by die Kaapse karnaval in Groenpunt verwag.
Monitor 2 Januarie 2025 02.01.2026 50:32
Met verkiesings op hande, is politieke partye dit eens dat 2026 'n beslissende jaar vir demokratiese toesig en plaaslike regering in Suid-Afrika sal wees. Nooddienste in Nelson Mandelabaai is op hoë gereedheid te midde van die voortslepende brandgevare. Uitspraak in die Phala Phala-saak wat reeds in November 2024 aangehoor is, word steeds voorbehou.
Monitor 1 Januarie 2026 01.01.2026 48:35
President Cyril Ramaphosa lewer sy Nuwejaarsboodskap aan die land. Suid-Afrika se begrotingstekort styg met meer as R14 miljard - ons praat met ’n ekonoom. Die drama oor die Tweedenuwejaar-Klopseparade in Kaapstad verdiep.
Monitor 31 Desember 2025 31.12.2025 49:45
Die ANC het vanjaar 'n reeks wysigings aan sy grondwet voorgestel - ons sit dit uit een. Die Madlanga-kommissie hervat weer in Januarie - ons neem die getuienis tot dusver in oënskou. Die nuwe jaar is om die draai en die land se paaie gaan weer besig raak - ons praat met die verkeersowerhede.
Monitor 30 Desember 2025 30.12.2025 48:46
Moontlike brandstofprysverligting vir motoriste in die nuwe jaar. Vakbonde is onsteld oor die groot getal onderwysers wat glo betrokke is by die jongste matriekbedrog. Bafana Bafana het die uitklopfase van AFCON bereik - waar kan ‘n verdere verbetering in spelpeil vandaan kom?
Monitor 29 Desember 2025 29.12.2025 49:31
Die polisie in Gauteng soek steeds na ‘n groep gewapende transitorowers ná Saterdag se geweldadige tonele in Thokoza. Klopjagte in die Wes-Kaap lei tot die inhegtenisneming van minstens drie verdagtes in verband met bendegeweld op die Kaapse Vlakte. Rusland loods 'n rits nuwe aanvalle op Oekraïne se hoofstad kort voor gesprekke tussen die Amerikaanse president en die president van Oekraïne.
Monitor 26 Desember 2025 26.12.2025 44:49
Gautengse gesondheidsowerhede is bekommerd oor die getal tiener-ma's in die provinsie. Die feesseisoen is 'n bitter herinnering van verlies vir slagoffers van bendegeweld in die Wes-Kaap. Verkeersvolumes begin van vandag af weer toeneem. Ons praat met die onderskeie verkeersowerhede.
Monitor 25 Desember 2025 25.12.2025 51:44
Die nuusstorie wat vanjaar meer as enige ander op ons sosiale media-platforms afgelaai is, is die storie van die wegraping: die dag toe die musikant en prediker, Danie Botha, aan die wêreld verkondig het dat hy 'n boodskap ontvang het dat die wêreld teen 24 September 2025 sou vergaan. Ons hoor of Botha weer die Woord op dié manier sal verkondig. Ons bring ook vir jou stories oor spesiale kerstradi...
Monitor 24 Desember 2025 24.12.2025 46:12
Adjunkpresident Paul Mashatile beloof in sy Kersboodskap dat ekonomiese herstel in 2026 ‘n regeringsprioriteit sal wees. Gee die kabinet werklik uitvoering aan die Grondwet se opdrag om die lewensgehalte van alle burgers te verbeter? UNISA kap terug ná bewerings dat die universiteit se raad gekaap is.
Monitor 23 Desember 2025 23.12.2025 49:24
'n Terugblik oor die mynboutragedie in Stilfontein in Noordwes vroeër vanjaar, terwyl die onwettige mynboukrisis in Bapong ontvou. Dierewelsynsorganisasies sien 'n toename in weggooitroeteldiere tydens die feesgety. Die jongste nuus na nóg oorstromings in KwaZulu-Natal.
Monitor 22 Desember 2025 22.12.2025 48:19
Die motief vir die Bekkersdal-slagting waarin 9 mense doodgeskiet is, steeds onbekend. Nuwe navorsing wys dat laerskoolleerlinge wat grade herhaal, beter presteer as dié wat na 'n volgende graad bevorder word. Die MK-party het die afgelope twee jaar vriend en vyand verras, maar waarheen nou?
Monitor 19 Desember 2025 19.12.2025 47:35
'n Klopjag word op die gebou uitgevoer waar DJ Warras doodgeskiet is. Die Tuinroete ervaar 'n ernstige droogte. Die Weerdiens waarsku oor weersomstandighede vir die volgende twee maande.
Monitor 18 Desember 2025 18.12.2025 47:31
Die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur wil nalatigheid in die konstruksiebedryf strafregtelik vervolg ná die ineenstorting van ‘n Hindoe-tempel by Verulam. Ons ontleed die Wes-Kaap se jongste misdaadsyfers. Teenstrydige berigte oor wat tydens 'n klopjag by 'n Amerikaanse vlugtelingsentrum in Johannesburg gebeur het.
Monitor 17 Desember 2025 17.12.2025 50:15
Talle mense is geskok oor die moord op die vermaaklikheidster, DJ Warras. Die presidensie sê hulle sal 'n Starlink-proses ondersteun, mits dit wettig is. 213 Ongelukke is sedert die begin van die feestyd aangemeld.
Monitor 16 Desember 2025 16.12.2025 47:52
Die premier van KwaZulu-Natal oorleef 'n wantrouemosie te midde van chaos in die wetgewer. Hoe versoen is Suid-Afrikaners? Wyle dr. Franklin Sonn vereer.
Monitor 15 Desember 2025 15.12.2025 49:15
Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê die regering het begin om met die boubedryf oor voldoening aan regulasies te praat nadat 'n tempel in Durban ineengestort het. Afriforum se bewering dat ten minste twee joernaliste deur die regering betaal word om die burgerregte-organisasie te diskretiteer, laat die wenkbroue lig. Die SAKP is onseker oor sy alliansie met die ANC. Australië se eerste...
Monitor 12 Desember 2025 12.12.2025 49:38
Die Spesiale Ondersoekeenheid voer klopjagte uit op 16 maatskappye en 35 mense vir beweerde bedrog van R161 miljoen. 'n Taakspan ondersoek uitgelekte eksamenvraestelle. Die ANC-president sê die party sal weer onstuitbaar word.
Monitor 11 Desember 2025 11.12.2025 49:49
Die familie van 'n vermoorde Brakpan-man eis geregtigheid ná onthullings by die Madlanga-kommissie. Meer as 80% van die rioolsuiweringsaanlegte in die land stort besoedelde water direk in riviere en damme. Hoe lyk Australië ‘n dag nadat alle kinders onder 16 jaar oud verban is om toegang te hê tot sosiale media.
Monitor 10 Desember 2025 10.12.2025 47:53
Die ANC-president vra partylede om nie-rassige beleid in Suid-Afrika, te bevorder. Onderhoude vir die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag begin vandag. Die Kannaland-munisipaliteit in die Wes-Kaap is op die rand van finansiële ineenstorting.
Monitor 9 Desember 2025 09.12.2025 50:12
Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula skets 'n donker prentjie van die party. Die polisie identifiseer drie mense van belang in die ondersoek na die moord op die fluitjieblaser, Marius van der Merwe. Die amptelike brandseisoen in die Wes-Kaap het begin - brandbestryders het reeds op 92 brande in die provinsie gereageer.
Monitor 8 Desember 2025 08.12.2025 49:42
Die ANC gaan sy vernuwingsveldtog by sy hoofraadsvergadering in oënskou neem. Die veiligheid van fluitjieblasers is onder die vergrootglas ná die moord op Getuie D by die Madlanga-kommissie. Minder as 30% van Suid-Afrikaanse soldate is gesond genoeg om ontplooi te word. Fedsas is bekommerd dat die Menseregtekommissie traag is om klagtes in die onderwyssektor te ondersoek.
Monitor 5 Desember 2025 05.12.2025 49:50
Gauteng se onderwysdepartement sê ouers moet deels die blaam dra vir die skoleplasingskrisis. Kommer oor skietvoorvalle buite howe in die Kaapse-metro. Die vernuwing van die ANC in Johannesburg is hoog op die agenda by sy streekskonferensie. Eskom beplan om nog 'n kernkragsentrale op te rig.
Monitor 4 Desember 2025 04.12.2025 48:08
Die soektog na die tweede verdagte in die Baltimore-plaasmoord gaan voort, terwyl die eerste verdagte vandag weer in die hof sal verskyn. Suid-Afrika se wapenverkope aan die Verenigde Arabiese Emirate word as 'n gebrek aan behoorlike oorsig gesien. Nóg 'n parlementêre komitee word in die lewe geroep, dié keer op provinsiale vlak, teen bendegeweld in Kaapstad.
Monitor 3 Desember 2025 03.12.2025 48:57
Die ANC ontken 'n komplot om sy president te verwyder. Eben Etsebeth sal nog moet wag om te hoor wat sy straf is. Op Wêrelddag vir Mense met Gestremdhede praat ons oor die uitdagings.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали