RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Monitor: Departement van Militêre Veterane in groot gemors 04.08.2026 49:05
4 Augustus 2026: Ons bespreek die groot gemors waarin die Departement van Militêre Veterane hom bevind, en bring terugvoer op luisteraars se vrae. Kritiek teen die lankverwagte Nasionale Raad teen Geslagsgeweld en Vrouemoord. Die OVK is veral tevrede met die aantal jongmense wat registreer vir die verkiesing.
Monitor: Grondwetlikheid van Onteieningswet in hof betwis 03.08.2026 50:47
3 Augustus 2026: Talle partye tree vandag tot die stryd toe in die hooggeregshof in Kaapstad om die grondwetlikheid al dan nie, van die Onteieningswet te bepaal. Voornemende kiesers het nog tot Vrydag om vir die verkiesing te registreer, aar baie kiesers sê hulle gaan wegbly van die stembus weens swak dienslewering.
Monitor: Ondersoekbeampte van IDAC geskors 31.07.2026 45:46
31 Julie 2026: Die senior ondersoekbeampte van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie is geskors, hangende ’n tugverhoor. Die voormalige hoof van IDAC se getuienis voor die Madlanga-kommissie word as onwaar beskryf. Rybewyse vir ligte motorvoertuie sal voortaan tien jaar lank geldig wees.
Monitor: Afsettingskomitee gaan appelleer teen Ramaphosa-interdik 30.07.2026 47:37
30 Julie 2026: Die parlement se afsettingskomitee gaan appelleer teen die tussentydse interdik, wat die hof aan president Ramaphosa toegestaan het. 'n Man wat na bewering doelbewus MIV aan sy vriendin oorgedra het, verskyn Maandag in die hof. Presies 'n maand ná die groot optog vra ons of March and March sy doel bereik het.
Monitor: Planne om invoere te verbied wat met behulp van dwangarbeid en kinderarbeid vervaardig word 29.07.2026 46:21
29 Julie 2026: Die parlement se afsettingskomitee vergader weer vandag om sy voorbereidende werk af te handel. Action SA dien 'n wetsontwerp in om professionele steunwerwing te reguleer. Nuwe handelsregulasies om invoere te verbied van handelsvennote waar dwang- en kinderarbeid voorkom, gaan in Staatskoerant gepubliseer word.
Monitor: Klagtes teen hoof van misdaadintelligensie teruggetrek 28.07.2026 46:59
28 Julie 2026: Reaksie op die Vervolgingsgesag se besluit om strafregtelike klagtes teen die hoof van misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, terug te trek. Die MRK bevind dat rioolaanlegte in Oos-Kaapse metro's nie aan die voorgeskrewe vereistes voldoen nie. Die aanlynaansoekproses vir die plasing van leerlinge in Gautengse skole begin in Augusttus.
Monitor: Rekord aantal partye geregistreer vir verkiesing 27.07.2026 49:13
27 Julie 2026: 'n Rekord 526 partye het reeds vir die komende munisipale verkiesing geregistreer. Met 'n 100 dae oor tot die verkiesing, praat ons met die OVK oor die vordering en uitdagings. Die land se mees senior ondersoekende en vervolgingsbeampte na korrupsie vra toestemming om te bedank. 'n Burgerregtegroep waarsku oor vertragings in hofsake.
Monitor: Hoekom het Reserwebank rentekoerse onveranderd gelaat? 24.07.2026 47:24
24 Julie 2026: 'n Ekonoom verduidelik die Reserwebank se onveranderde rentekoers-besluit. Ernstige vrae oor die integriteit, bekwaamheid en begrip oor die reg, van die hoof van die Ondersoek Direktoraat na Korrupsie. 'n Bek-en-klouseer-uitbreking onder wild in die Oos-Kaap.
Monitor: Meer as 70% van verbruikers ervaar finansiële stres oor hulle geldsake 23.07.2026 48:58
23 Julie 2026: Sommige parlementslede van die afsettingskomitee wil hê president Cyril Ramaphosa moet in persoon getuig. Nóg 'n repokoersverhoging blyk onafwendbaar te wees, nadat inflasie die hoogte in skiet. Finansiële stres onder jong mense is aan die toeneem.
Monitor: Winkelgroepe bestee miljoene om verbruikers se gedrag te beïnvloed 22.07.2026 47:14
22 Julie 2026: Die afsettingskomitee in die parlement begin met werksaamhede vandag, in weerwil van president Cyril Ramaphosa se dringende interdik om die komitee te stop. Winkelgroepe bestee miljoene om verbruikers se gedrag te beïnvloed - ons vind uit hoekom ons daarvoor val. Verskeie wetstoepassingsagentskappe voer klopjagte in die Noord-Kaap uit om handelaars van onveilige en onwettige produkt...
Monitor: Biefstuk kos 25% meer as ’n jaar gelede 21.07.2026 49:20
21 Julie 2026: Die hooggeregshof in Pietermaritsburg sluit die heropende ondersoek na die 1981-dood van die menseregteprokureur, Griffiths Mxenge. President Cyril Ramaphosa koppel 'n prys aan die nasionale waterkrisisplan. Politieke partye is bekommerd oor die Openbare Beleggingskorporasie.
Monitor: Geen radioaktiewe gevaar by Koeberg - Eskom 20.07.2026 50:13
20 Julie 2026: Eskom hou vol dat die radioaktiewe besmetting by Koeberg nie 'n gevaar vir die publiek inhou nie. 69 Mense vandag in hof ná gewelddadige betogings in Kouga in die Oos-Kaap. Dringende ingryping geëis in die kragkrisis in die Noord-Kaapse dorp, Koingnaas. Spanje kraai koning in die Sokker Wêreldbeker-toernooi.
Monitor: OUTA hof toe oor AARTO 17.07.2026 49:45
17 Julie 2026: OUTA bring 'n hofaansoek om die implementering van die tweede fase van AARTO op te skort. Nog 'n mosie van wantroue word teen die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro ingedien. Uitspraak in die president se hofaansoek om die afsettingskomitee se werk te staak, teen einde aanstaande week verwag.
Monitor: Ramaphosa sê die Artikel 89-afsettingskomitee se werk sal hom verneder 16.07.2026 52:01
16 Julie 2026: President Cyril Ramaphosa sê die Artikel 89-afsettingskomitee se werk sal hom verneder, en daarom wil hy dit stuit. Die regering verwerp bewerings dat die onlangse protesoptrede teen onwettige immigrasie Suid-Afrika van die res van die vasteland isoleer. Die minister van elektrisiteit se plan om die land se opwekkingskapasiteit te verdubbel, is vandeesweek herbevestig, maar hoeveel...
Monitor: Ramaphosa vandag hof toe om Phala Phala-afsettingskomitee te stop 15.07.2026 46:11
15 Julie 2026: Konsepwetgewing vir 'n enkele, onafhanklike regterlike gesag sal vroeg aanstaande jaar gereed wees. President Cyril Ramaphosa gaan vandag hof toe om die werksaamhede van die afsettingskommittee oor die Phala Phala-aangeleentheid te stop. Ons kyk na wat die Madlanga-kommissie se koste uiteindelik kan beloop, en vra of dit finansieel die moeite werd is.
Monitor: Nie een spoedkamera in Johannesburg werk nie 14.07.2026 50:33
14 Julie 2026: Geen van die spoedkameras in Johannesburg werk die afgelope sewe maande nie. Die Minister van Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê verdere gesprekke oor ministers wat met belangegroepe vergader. soos sy eie vergadering met Starlink. kan voordelig wees. Hoekom is honderde Afrikaners deur die Amerikaanse vlugtelingeprogram afgekeur? Nuwe navorsing wys hidrobreking vir skaliegas kan...
Monitor: Boere in Mpumalanga bekommerd oor vertragings met verspreiding van bek-en-klouseer-entstof 13.07.2026 48:26
13 Julie 2026: Boere se stryd teen bek-en-klouseer neem 'n nuwe wending. Inwoners van Oesterbaai en St. Francisbaai bekommerd oor 'n beplande kernkragstasie by Thyspunt. Die oorlog tussen Amerika en Iran vlam weer op.
Monitor: Hernieude kommer oor kunsmis- en brandstofpryse 10.07.2026 50:22
10 Julie 2026: Kommer oor kunsmis- en brandstofpryse weens die hernieude konflik in die Midde-Ooste. Voëlgriep vlam weer op langs die Wes- en Oos-Kaap se kus. Sestienduisend maatskapye wat versuim om werknemers se pensioenfondse oor te betaal, gaan vasgevat word.
Monitor: Skietstilstand tussen VSA en Iran wankel 09.07.2026 46:34
9 Julie 2026: Die skietstilstand tussen die VSA en Iran wankel. Hoeveel mense is nou al gerepatrieer, en watter hervormings in beleid sal volg? March and March vertel wat die plan is met vandag se eerste Donderdag-optog teen onwettige immigrasie. Suid-Afrika se ekonomiese aktiwiteit verlangsaam verder.
Monitor: Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite 08.07.2026 49:11
8 Julie 2026: Die Nasionale Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite. Minister Pieter Groenewald reageer op die MK Party se eis dat buitelandse gevangenes gerepatrieer word. Kommer oor die omstandighede waarin 350 soldate in Bloemfontein in kwarantyn gehou word.
Monitor: MRK vra regering om in te gryp met buitelanders wat in Kaapstad gestrand is 07.07.2026 52:34
7 Julie 2026: Die Menseregtekommissie vra die regering om in te gryp nadat minstens 600 buitelanders in Kaapstad gestrand is. Ons bespreek Ayanda Dlodlo se aanstelling as ambassabeur in Frankryk. Ongeloof oor FIFA se besluit om 'n verbod op 'n Amerikaanse doelskieter op te hef ná 'n telefoonoproep van president Trump - nie dat dit gewerk het nie, want Amerika was gister die laaste gasheerland om d...
Monitor: Europa steier onder hittegolwe en veldbrande 06.07.2026 53:24
6 Julie 2026: Kommer oor die humanitêre impak van die landwye protesoptrede teen ongedokumenteerde buitelanders. Europa en Brittanje steier onder die soveelste hittegolf dié somer, en verwoestende veldbrande. Luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi het presies 'n jaar gelede die land laat regop sit met sy bewerings: Was dit in die beste belang van Suid-Afrika?
Monitor: RNE is twee jaar oud 03.07.2026 50:32
3 Julie 2026: 'n Regter vonnis die Saunders-moordenaars lewenslank, en sê die motief bly 'n raaisel. Die Regering van Nasionale Eenheid is vandag twee jaar oud. Kan Nigerië vergoeding eis namens sy burgers wat gerepatrieer is? 'n Malawiër weier om die land sonder sy hond te verlaat.
Monitor: 80 000 Werksgeleenthede verlore in eerste kwartaal 02.07.2026 50:06
2 Julie 2026: AARTO-wetgewing is nou amptelik in werking in 62 munisipaliteite. Die Inkomstediens hoop om vanjaar sowat ses miljoen outo-assesserings te doen. Sowat 80 000 werksgeleenthede gaan in die eerste kwartaal van 2026 verlore.
Monitor: Betogings teen buitelanders voortaan elke Donderdag 01.07.2026 48:12
1 Julie 2026: Betogers sê hulle sal die veldtog teen ongedokumenteerde buitelanders voortsit, en voortaan elke Donderdag betoog. Talle besighede sluit hulle deure uit vrees vir onluste tydens die betogings. Wie en wat is agter die veldtog teen onwettige buitelanders?
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали