uk

RSG

Monitor

News AF ↓ Епізодів: 4415

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

News

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

5 лис 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,7+ iOS незабаром

Епізоди

Voedselsekerheid in gedrang 07.06.2013

Volgens 'n verslag van die Verenigde Nasies se omgewingsprogramme word daar wêreldwyd elke jaar sowat 1,3 miljard ton kos vermors. Dit terwyl 870 miljoen mense van die wêreld se bevolking van sewe miljard ondervoed is. Die VN sê die vermorsing van kos het 'n groot invloed op voedselsekerheid vir toekomstige generasies.

Zille en De Lille uitgejou en met ontlasting gegooi 05.06.2013

Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, sê die ANC probeer om die provinsie onregeerbaar te maak. Sy het verwys na twee afsonderlike voorvalle gister waarin sy en die Kaapstad se burgemeester, Patricia de Lille, betrokke was. Eers is menslike ontlasting in Khayelitsha na 'n bus gegooi waarin Zille gery het. 'n Paar ure later is De Lille weggejaag van 'n openbare vergadering in Phillipi. De Lill...

ANC ontken betrokkenheid by voorvalle teen DA 05.06.2013

Die ANC ontken dat sy lede betrokke was by voorvalle waarby die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, en die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, betrokke was. Eers is menslike ontlasting in Khayelitsha teen 'n bus gegooi waarin Zille gery het. 'n Paar uur later is De Lille weggejaag van 'n openbare vergadering in Phillipi. 'n ANC-woordvoerder, Phillip Dexter, sê die party sal dit nie duld as sy led...

Liefling - Die Musiekblyspel 04.06.2013

Dis 'n eerste vir Afrikaans - dat 'n rolprent na 'n verhoogstuk aangepas word. So sê die vervaardigers van LIEFLING - DIE MUSIEKBLYSPEL, wat van vandeesweek af by die Staatsteater in Pretoria opgevoer word. Anna-Marie Jansen van Vuuren het die eerste opvoering bygewoon en die teatergangers gevra hoe dit met die fliek vergelyk.

Swinging 03.06.2013

Die volgende bydra handel oor die uitruil van huweliksmaats by klubs en ander bymekaarkomplekke. As hierdie onderwerp volgens jou onaanvaarbaar is, moenie hierna luister nie! Alhoewel dit nog weggesteek word onder 'n digte wolk van geheimsinnigheid, is daar duidelike tekens dat swinging, of die uitruil van huweliksmaats vir seksuele doeleindes, wêreldwyd en ook in Suid-Afrika, 'n groeiende bedryf...

Toename in beweerde Satanistiese misdade 31.05.2013

Die Gautengse polisie sê daar is 'n toename in misdade wat verband hou met Satanisme. In 'n onlangse voorval het 'n 14-jarige seun drie van sy familielede vermoor nadat hy glo 'n Satanistiese gebed opgesê het. 'n Polisiespeurder sê egter dat sommige misdadigers Satanisme bloot as 'n verweer in die hof gebruik en dat hulle misdade nie werklik daarmee te doen het nie.

Diskriminasie by skool teen ateïs 31.05.2013

Gevalle van diskriminasie teen kinders van ouers met ander geloofsraamwerke as die Christelike geloof kom toenemend in skole voor. In 'n onlangse voorval moes Sakeenah Dramat en haar broer Bilaal die Hoërskool Eben Dönges hof toe vat omdat die skool geweier het dat die kinders die tradisionele hooftooisels van die Moslemgeloof dra. In die jongste voorval berig parent24 van 'n jong ateïs wat by die...

Wat behels Satanisme? 31.05.2013

Satanisme is 'n geloof nes enige ander. Gereelde samekomste word gehou en fundamentele morele waardes word gepreek. Moord en wrede aanvalle is nie deel van Satanisme nie. So verduidelik 'n hoofpriester van die Kerk van Satan. Tog bestaan daar verskeie wanpersepsies rondom die geloof, wat sommige ongemaklik in hulle stoel sal laat rondskuif.

Te min onderwysers wat Afrika-tale aanbied 30.05.2013

Een van die uitdagings wat die Federasie van Beheerliggame (FEDSAS) gister tydens 'n vergadering met die Departement van Basiese Onderwys wou bespreek, is dat daar nie genoeg en goed gekwalifiseerde onderwysers is wat Afrika-tale vir leerders kan aanbied nie. Cobus Bester praat met die uitvoerende hoof van FEDSAS, Paul Colditz, oor hoe die vergadering afgeloop het.

SA rolprentmaker maak 'n kortfliek in Hollywood 30.05.2013

'n Plaaslike rolprentmaker het 'n kortfliek in Hollywood voltooi onder die mentorskap van die akteur en vervaardiger Kevin Spacey. Hanneke Schutte het die geleentheid gekry nadat sy die jaarlikse Jameson First Shot-rolprentkompetisie gewen het. Spacey het Schutte se fliek, Saving NORMAN, in Johannesburg bekendgestel. Schutte sê dit voel steeds onwerklik...

Groentetonnel gee werk aan en voed gestremdes 28.05.2013

'n Terapeutiese sentrum vir mense met gestremdhede van Huis Orion in Atlantis in die Wes-Kaap sal binnekort hulle inwoners self kan voed. Boonop sal werk ook verskaf word. Die maatskappy, Lesedi Nuclear Services, het ‘n groentetonnel van sowat 144 vierkante meter daar opgerig. Die Operasionele hoof, Hannl Cronjé, sê dit sal veral in dié ekonomiese toestande help. Die Departement van Landbou is by...

Rassisme en haatspraak op sosiale media 28.05.2013

Internetgebruikers kan ingevolge die gemenereg mede-aanspreeklik gehou word vir lasterlike en rassistiese kommentaar, wat deur iemand anders op hulle Facebook-profiele en blogs gemaak word. Dit is die mening van 'n regsgeleerde, prof. Owen Dean. Monitor het na aanleiding van rassistiese uitlatings op PRAAG se webtuiste en die Facebook-blad van die omstrede kommentator Dan Roodt gaan ondersoek inst...

Swart stoetboer blink uit 28.05.2013

'n Stoetboer van Senekal in die Oos-Vrystaat, Sechaba Majola, is die eerste swart boer om die Nasionale inter-ras beoordelaars kursus by die jaarlikse NAMPO-Oesdag buite Bothaville in die Vrystaat te slaag. Volgens kenners is dit 'n besondere prestasie.

Grasland Aasvoëlprojek 21.05.2013

Danksy moderne tegnologie kan die Trust vir Bedreigde Natuurlewe waardevolle inligting insamel as deel van sy Grasland Aasvoëlprojek. Die Trust het reeds terugvoer ontvang nadat die aasvoëls met plaatjies gemerk en sommiges met sonkragaangedrewe opsporingsapparate toegerus is.

Punt-durban 21.05.2013

Suid-Afrikaanse maatskappye en individuele rekenaargebruikers se webaddresse sal binnekort nie meer noodwending met punt-za eindig nie. Hulle sal ook punt-durban kan gebruik. 'n Aansoek deur die Stad Durban vir 'n eksklusiewe internetdomein het in die eerste fase van evaluering deur die Internet Korporasie vir Aangewese Name en Syfers geslaag. Die punt-durban domein sal waarskynlik teen einde Juni...

Is die Guptas die begin van die einde van Zuma as president? 20.05.2013

Die Guptas en president Jacob Zuma se verhouding, en Zuma se verweer dat die Waterkloof-lugmagbasis nie 'n nasionale sleutelpunt is nie, kan dalk net die eerste tekens wees dat volgende jaar se nasionale verkiesing 'n nuwe president gaan oplewer. So sê die politieke ontleder aan die Universiteit van Johannesburg, dr. Piet Croucamp.

Guptasage - staatsamptenare kry skuld 20.05.2013

Politieke ontleders sê staatsamptenare moet nou die skuld dra vir die Guptasage omdat president Jacob Zuma en sy ministers nie verantwoordelikheid daarvoor wil neem nie. Daar is ook groot verwarring oor hoekom die Waterkloof Lugmagbasis nie 'n nasionale sleutelpunt is nie. In Kommentaar op RSG het Anita Visser met die politieke ontleder prof. Dirk Kotze van Unisa hieroor gepraat.

Heining op Van Stadensrivierbrug om selfmoorde te keer 20.05.2013

Die Van Stadensrivierbrug naby Port Elizabeth is dikwels die laaste uitweg vir mense wat wil selfmoord pleeg en tientalle het al hier na hulle dood gespring. Niemand het nog ooit die val na benede oorleef nie. Ná baie planne oor die jare om die brug te beveilig, gaan daar nou uiteindelik 'n heining aan weerskante opgerig word.

Stamselle gekloon 17.05.2013

Die omstredenheid rondom die kloning van menslike stamselle wil net nie gaan lê nie, ten spyte van die ooglopende voordele. Navorsers van die Oregon Health and Science-universiteit onder leiding van die reproduktiewe biologiespesialis, prof. Shokhrat Mitalipov, het dit reggekry om pasiëntgerigte menslike stamselle te kloon. Die kloning kan hoop gee vir die genesing van onder meer diabetes, Parkins...

Angelina Jolie ondergaan 'n dubbele mastektomie 15.05.2013

In 'n emosionele brief aan die New York Times het die 37- jarige Hollywood filmster Angelina Jolie aangekondig dat sy 'n dubbele mastektomie ondergaan het. Sy is reeds die afgelope drie maande op die herstelpad en ontvang rekonstruktiewe chirurgie om haar borste op te bou. Jolie is getroud met die akteur Brad Pitt en hulle het ses kinders. Haar ma, Marcheline Bertrand, is dood aan borskanker en to...

Kubermisdaad te gesofistikeerd om jouself te beskerm 15.05.2013

Kubermisdaad raak net te gesofistikeerd vir Jan en San op straat om hulleself en hulle bankrekeninge teen die misdadigers te beskerm. So meen die direkteur van die Sentrum vir Kubersekerheid by die Universiteit van Johannesburg, prof. Basie von Solms. Maar watter regte het ons as verbruikers van internet bankdienste en hoe kan ons onsself probeer beskerm teen kuberaanvalle. Die antwoord is nie een...

Dis net die pootjies en vlerkies wat pla... 15.05.2013

Dis net die pootjies en vlerkies wat pla. So vertel die entomoloog, prof. Erik Holm, oor sy ervaring met insekte eet. Die Verenigde Nasies het vandeesweek 'n verslag bekendgestel waarin hulle sê dat 'n insekte-dieët hongersnood kan uitwis en boonop vetsug teëwerk. Boonop, sê hy, bevat insekte meer protëine as jou gebraaide biefstuk en verg minder landbougrond.

Oppikopter lewer bier af! 14.05.2013

'n Yskoue bier wat met 'n klein valskerm op jou skoot land. Wat meer wil jy hê? Die organiseerders van die negentiende Oppikoppi musiekfees naby Northam in Limpopo bied juis dit vir jou. 'n Sogenaamde "beer drone" sal vir jou 'n bier in jou kampterrein kom aflewer, nadat jy dit deur die Oppikoppi-selfoon-toepassing bestel het.

Al Kaïda opleidingsbasis in SA? 14.05.2013

Daar is nuwe bewerings dat Suid-Afrika as opleidingsbasis gebruik word deur die terreurorganisasie Al Kaïda. 'n Ondersoek deur die Daily Maverick het besonderhede oopgekrap van minstens drie persele waar terreuropleiding na bewering plaasvind of in die verlede plaasgevind het. Die Suid-Afrikaanse owerhede, wat glo bewus is van die aktiwiteite, is nou onder druk om te verduidelik waarom daar nog ni...

Moslemorganisasies kritiseer artikel oor Al Kaïda aktiwiteite in SA 14.05.2013

Moslemorganisasies het die ondersoek deur die Daily Maverick na die beweerde aktiwiteite van Al Kaïda in Suid-Afrika skerp veroordeel. Die joernalis, De Wet Potgieter, sê dat die Suid-Afrikaanse owerhede 'n paar jaar al bewus is van die terreurgroep se aktiwiteite in die land. Hy beweer terreuropleiding vind ten minste op drie persele plaas, insluitend op 'n plaas naby die voormalige basis van die...

Слухайте подкаст Monitor у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали