RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Monitor 20 Augustus 2025 20.08.2025 50:01
'n Voormalige direkteur van die Nasionale Loteryeraad moet R21 miljoen terugbetaal. Die Nasionale Dialoog probeer om die sewe stigtings wat vroeër onttrek het, weer aan boord te kry. Die Kremlin steur hom skynbaar nie aan moontlike samesprekings om die oorlog in Oekraïne te beëindig nie.
Monitor 19 Augustus 2025 19.08.2025 48:55
Die parlement se ad hoc-komitee oor bewerings van korrupsie binne die strafregstelsel sal nog twee dae moet vergader om hulle verwysingsraamwerk af te handel. Rise Mzanzi eis dat die hoof van die Weermag bedank. Vroue praat oor hulle werk by die Nasionale Seereddingsinstituut.
Monitor 18 Augustus 2025 18.08.2025 48:47
Uiteenlopende menings oor die naweek se Nasionale Konvensie. Ons praat met Oudspringbok Wynand Claasen oor die Bokke se nagmerrievertoning. 'n Plaaslike aksie-fliek met 'n vroueheld in Vrouemaand vrygestel.
Monitor 15 Augustus 2025 15.08.2025 48:09
Die soektog na 'n vermiste vlieënier in Durban word vanoggend voortgesit. Talle nie-regeringorganisasies sal die Nasionale Dialoog in Pretoria bywoon. Die ad hoc-komitee van die Parlement, wat bewerings van politieke inmenging en korrupsie in die polisie sal ondersoek, oorweeg 'n robuuste verwysingsraamwerk.
Monitor 14 Augustus 2025 14.08.2025 48:34
'n Staatsgetuie in die Joshlin Smith-saak word van vervolging gevrywaar. Die lang wag in 'n tou vir jou ID-dokument of paspoort is binnekort iets van die verlede. Onderwyskundiges is bekommerd oor die druk op leerlinge om eerder Wiskunde Geletterdheid as suiwer Wiskunde te neem.
Monitor 13 Augustus 2025 13.08.2025 47:53
Suid-Afrika gaan die diversifisering van uitvoermarkte bespoedig. 8,4 Miljoen Suid-Afrikaners is nou werkloos. Uitspraak word verwag in die Joshlin Smith-staatsgetuie, Lourentia Lombaard, se aansoek om haar van vervolging te vrywaar. OUTA moedig besighede en huishoudings aan om vir tyd en wyl nie hulle sonkragstelsels by Eskom te registreer nie.
Monitor 12 Augustus 2025 12.08.2025 49:28
Vrese oor die storting van kernafval in die Noord-Kaap. Die soldate wat in die DRK ontplooi was, wag steeds op vergoeding. Ons praat met Operasie Dudula se voorsitter oor dié beweging se optrede teen buitelanders.
Monitor 11 Augustrus 2025 11.08.2025 49:44
Die Presidensie sê die eerste byeenkoms van die Nasionale Dialoog sal Vrydag plaasvind, ondanks sewe stigtings se ontrekking aan die voorbereidingstaakspan. Omgewingsaktiviste is gekant teen 'n tweede kernkragaanleg in die Wes-Kaap. Sakeliga eis nasionale ingryping by die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes.
Monitor 8 Augustus 2025 08.08.2025 49:22
Nóg 'n kind wreed aangerand. Ons bespreek die omstrede podsending wat aanstootlike opmerkings teenoor Bruinmense gemaak het. Ons praat met 'n onderwyskenner oor die nuwe BELA-regulasies wat pas in die staatskoerant gepubliseer is vir openbare kommentaar.
Monitor 7 Augustus 2025 07.08.2025 48:36
Die geskorste bestuurshoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust is nog dieper in die sop nadat sy glo 'n joernalis probeer omkoop. Die ANC gaan sy RNE-vennote raadpleeg oor die beplande uitbreiding van dié koalisie. Die polisiehoofde van Lesotho en Suid-Afrika onderneem om verdere ondersoek in te stel na beweerde onwettige militêre kampe op Vrystaatse plase.
Monitor 6 Augustus 2025 06.08.2025 49:58
Opposisiepartye betreur die verkiesing van 'n ANC-parlementslid as voorsitter van die Mkhwanazi ad hoc-komitee. 'n Verbod op wapens kelder Amerikaanse deelname aan 'n militêre oefening in Suid-Afrika. Die departement van Binnelandse Sake reik 'n identiteitsdokument aan 'n staatslose persoon uit ná groot druk van 'n oudregter.
Monitor 5 Augustus 2025 05.08.2025 47:19
Die regering voorspel dat 30 000 werksgeleetnhede in gedrang is weens Amerika se nuwe invoertariewe. Die ANC sê hy is bekommerd oor die SAKP se besluit om onafhanklik aan die munisipale verkiesing deel te neem. Die Newclare-gemeenskap eis dat borgtog geweier word aan die beskuldigdes wat 'n kleuter aangemoedig het om 'n dwelmmiddel te rook. En die tweede fase van die Aarto-wetgewing tree op 1 Dese...
Monitor 4 Augustus 2025 04.08.2025 47:07
Die ANC is bekommerd oor die SAKP se besluit om onder sy eie vaandel aan volgende jaar se munisipale verkiesings deel te neem. Die polisie in Gauteng slaan toe op misdaadsindikate in twee provinsies. Die stadsaal in Kaapstad se kloktoring is na 15 jaar weer herstel.
Monitor 1 Augustus 2025 01.08.2025 49:05
Amerika se nuwe handelstarief tree amptelik in werking - ons praat met die wynbedryf wat sê hulle gaan swaar getref word. Die Reserwebank voorspel dat die gemiddelde inflasiekoers teen 2027 op 3% sal staan. Die parlement se etiekkomitee beboet adjunkpresident Paul Mashatile vir sy versuim om 'n diamant van Louis Liebenberg te verklaar.
Monitor 31 Julie 2025 31.07.2025 47:19
Werknemers van die studentehulpskema, NSFAS, praat oor hulle griewe voor die deure van die parlement. Die Konstitusionele Hof hoor dat dit onwettig van president Cyril Ramaphosa was om polisieminister Senzo Mchunu op verlof te plaas. Die spertyd vir die implementering van tariewe deur Amerika kom al hoe nader. Die groot tsoenami-waarskuwing in die Stille Oseaan word op baie plekke gekanselleer. Na...
Monitor 30 Julie 2025 30.07.2025 47:04
Minister Dean Macpherson vra die Valke om in te gryp by ongerymdhede van R800-miljoen by die Onafhanklike Ontwikkelingstrust. Adjunkpresident Paul Mashatile is in die kollig nadat hy eiendom van byna R66-miljoen verklaar. Bied Suid-Afrika genoeg aan die VSA om op 1 Augustus 'n 30%-handelstarief af te weer?
Monitor 29 Julie 2025 29.07.2025 48:55
Die Madlanga-kommissie van ondersoek na kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel se eerste mediakonferensie word verwelkom. Verskeie munisipaliteite in die Vrystaat word deur onreëlmatighede gekenmerk. 'n Konferensie begin in New York oor ’n tweestaat-oplossing vir die Palestyne en Israel.
Monitor 28 Julie 2025 28.07.2025 48:36
Vrystaat Landbou reageer op gerugte dat Lesotho-burgers grond naby die grens wil gryp. Noodvoorraad word ná maande uiteindelik na Gasa deurgelaat. Boland skok die Cheetahs.
Monitor 25 Julie 2025 25.07.2025 47:45
Afslaers sê daar kleef 'n stigma aan die Gupta-huise in Johannesburg, want net een van drie eiendomme is gister verkoop. Hoe groot is die druk van binne die ANC om van die DA as 'n RNE-vennoot ontslae te raak? 'n Kenner sê moontlike sanksies teen ANC-politici sal nie noodwendig alle Suid-Afrikaners benadeel nie. Nadat die enkele Knysna-olifant in die Tuinroetestreek van die Wes-Kaap onlangs waarge...
Monitor 24 Julie 2025 24.07.2025 48:22
Die Toedelingswetsontwerp word in die Nasionale Vergadering goedgekeur. Die Wes-Kaapse landbousektor wag in spanning op die 30%-tarief wat op 1 Augustus deur die VSA ingestel word. Ons praat hieroor met die bestuurshoof van Agri Wes-Kaap. Die VSA is 'n tree nader om sanksies teen die ANC-leierskap in te stel.
Monitor 23 Julie 2025 23.07.2025 48:27
Die MK-party dien 'n mosie van wantroue in teen president Cyril Ramaphosa. Die Nasionale Vergadering moet besluit oor die stigting van ’n ad hoc-komitee om Nhlanhla Mkhwanazi se bewerings te ondersoek. Inwoners van Welverdiend in Gauteng is al amper vier weke sonder krag. 'n Peiling wys Suid-Afrikaners stres minder oor hulle finansies as twee jaar gelede.
Monitor 22 Julie 2025 22.07.2025 50:22
Reaksie op die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding se afdanking. Wie is die nuwe minister, Buti Manamela? Die seëvierende Junior Bokke trots terugverwelkom. Vandag, op Wêreld Breindag, is die vinnige toename in demensie-gevalle onder die soeklig. Ons praat met 'n neuroloog.
Monitor 21 Julie 2025 21.07.2025 48:37
Flysafair-vlieëniers verbonde aan die vakbond, Solidariteit, begin vandag met 'n tweeweeklange staking. Die regering onderneem om die nodige hervormings in te stel om soortgelyke tragedies soos die George-gebouramp, te voorkom. Leefstyloudits op senior staatsamptenare is in die kollig. Japan se regerende party verloor sy meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers.
Monitor 18 Julie 2025 18.07.2025 49:20
FlySafair tref voorsorgmaatreels ter voorbereiding van 'n dreigende staking deur vlieëniers. Ons praat met die medevoorsitter van die groep van vooraanstaande persone, dr. Roelf Meyer, wat die Nasionale Dialoog sal lei. Op Mandela-dag praat ons oor leierskap, spesifiek verantwoordelike leierskap, of die gebrek daaraan.
Monitor 17 Julie 2025 17.07.2025 49:13
Die SAUK se nuusdiens is vandag 75 jaar oud. Joernaliste wat oor die jare by Monitor gewerk het, vertel hulle staaltjies. Hoe het die medialandskap - en spesifiek die SAUK - die afgelope 75 jaar verander?
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали