RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Monitor 29 Oktober 2025 29.10.2025 48:41
Die adjunkminister van polisie, Cassel Mathale, meen daar is nie faksies in die polisiediens nie. Action SA wil hê politieke meningspeilings moet gereguleer word. Kiesers in Tanzanië gaan vandag na die stembus. Die beheerraad vir gesondheidsprodukte het die gebruik van 'n inenting, wat MIV kan voorkom, goedgekeur.
Monitor 28 Oktober 2025 28.10.2025 49:40
Kommer oor die bek-en-klouseer-krisis in die Vrystaat. Baie Suid-Afrikaanse skole is swak voorbereid om boelies vas te vat. Ons bespreek Amerika se aangewese ambassadeur na Suid-Afrika.
Monitor 27 Oktober 2025 27.10.2025 49:22
Drie munisipaliteite tree toe tot die hofstryd oor die bepaling van munisipale tariewe. Goeie nuus wink vir motoriste by die brandstofpomp. 'n Hofsaak word vandag aangehoor oor die publikasie van matriekuitslae.
Monitor 24 Oktober 2025 24.10.2025 47:44
Wat hou die opspraakwekkende bewerings teen Aubrey Ledwaba vir hom in as adjunkregter? Ons bespreek oudminister Bheki Cele se bewerings voor die ad hoc-komitee. Boeliegedrag landwyd in die kollig ná die Milnerton High School-voorval, wat nou gelei het tot aanklagte van aanranding.
Monitor 23 Oktober 2025 23.10.2025 49:20
Die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, sê ’n teenkorrupsie-eenheid moet op die been gebring word. Prominente wit Suid-Afrikaners skryf 'n ope brief oor die Trump-administrasie se retoriek oor Afrikaners en Suid-Afrika. Vleisinflasie is op sy hoogste vlak in sewe jaar. Nog 'n fase van die Aarto-stelsel tree binnekort inwerking.
Monitor 22 Oktober 2025 22.10.2025 48:35
'n Soektog na aanvallers wat op sewe tieners in Johannesburg losbrand. Kenners optimisties dat Suid-Afrika van die gryslys verwyder kan word. Kommer oor soet geurmiddels in babakos.
Monitor 21 Oktober 2025 21.10.2025 47:15
Die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, sal waarskynlik langer voor die parlement se ad hoc-komitee getuig. Geen tugstappe is tot dusver teen regerings- en weermagamptenare gedoen vir die onreëlmatige aankoop van die St George's Hotel nie. Die Departement van Basiese Onderwys sê alles is gereed vir die matriekeindeksamen, wat vandag begin. Suid-Afrika se hokkiespanne het vir die 2026-wêr...
Monitor 20 Oktober 2025 20.10.2025 47:49
Reaksie op die Geïntegreerde Hulpbronplan. Kommer oor minder geld en personeel vir Gautengse skole in 2026. Akademiese aktiwiteite hervat vandag by die Universiteit van die Vrystaat.
Monitor 17 Oktober 2025 17.10.2025 49:27
Die minister van polisie, Senzo Mchunu, verdedig sy besluit om die Politieke Moorde-taakspan te ontbind. Die Patriotiese Alliansie presteer goed in tussenverkiesings. Die hof hoor argumente aan oor wie oudpresident Jacob Zuma se regsonkoste van R28 miljoen moet betaal.
Monitor 16 Oktober 2025 16.10.2025 47:05
AfriForum stuit Eskom en Nersa se omstrede R54-miljard skikking met 'n hofbevel. Kommer oor wanvoeding in die Oos-Kaap. Die Vryemarkstigting vra dat die kabinet verklein word tot tien sleutelportefeuljes.
Monitor 15 Oktober 2025 15.10.2025 48:55
Die Universiteit van die Vrystaat bly gesluit ná gewelddadige betogings op al drie kampusse. Die Menseregtekommissie is vasbeslote om sy hofaksie teen Operasie Dudula voort te sit. 'n Dramatiese wending op Dag 11 van die Madlanga-kommissie. Amerika hier kom ons... danksy Bafana Bafana!
Monitor 14 Oktober 2025 14.10.2025 50:32
Die geskorste adjunkpolisiekommissaris sê hy het bloot opdragte van die nasionale polisiekommisaris uitgevoer. Groot blydskap met die uitruil van Palestynse en Israelse gevangenes - ons bespreek die heropbou van Gasa met 'n politieke ontleder. Ons praat oor 'n nuwe drama wat gebaseer is op die verdwyning van Joshlin Smith.
Monitor 13 Oktober 2025 13.10.2025 49:53
Die ontslape Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, word as 'n sleutelfiguur in die betrekkinge tussen president Cyril Ramaphosa en Emmanuel Macron beskryf. Mthethwa is gister by sy familietuiste in KwaMbonambi aan die noordkus van Kwazulu-Natal begrawe. Die ANC oorweeg dit straks om voor die verkiesing hulle burgemeesterskandidate bekend te maak. Dosyne vragmotors met kos en and...
Monitor 10 Oktober 2025 10.10.2025 48:24
Die nasionale polisiekommisaris, Fannie Masemola, sê misdaadsindikate beraam dalk 'n komplot teen hom. Die Menseregtekommisie ondersoek die stand van dienslewering in Noord-Kaapse munisipaliteite. Israel se kabinet aanvaar 'n skietstilandsooreenkoms vir Gasa. Die impak van 'n giftige werksomgewing op werkers se geestesgesondheid is in die kollig.
Monitor 9 Oktober 2025 09.10.2025 49:51
Hoop op vrede in Gasa. Produsente en veeartse in die Suid-Kaap verskerp pogings om bek-en-klouseer te bekamp. 'n Ekonoom verduidelik wat die voordele van ‘n rekordgoudprys vir Suid-Afrika is.
Monitor 8 Oktober 2025 08.10.2025 49:27
Nhlanhla Mkhwanazi beweer opnuut dat 'n DA-LP geklassifiseerde misdaadintelligensie uitgelek het. Die parlementêre ondersoek na ongerymdhede by die Padongelukkefonds begin. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie is bekommerd oor damprook wat aan die toeneem is onder tieners.
Monitor 7 Oktober 2025 07.10.2025 48:56
Reaksie op die ANC-president se ekonomiese regrukplan. Dis vandag presies twee jaar sedert Hamas Israel binnegeval het. Die Parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, begin vandag.
Monitor 6 Oktober 2025 06.10.2025 49:35
Die parlement se ad hoc-komitee oor nasionale veiligheid is gereed om met sy eerste verhore te begin. 'n Nuwe politieke party, Unite for Change, sal aan aanstaande jaar se munisipale verkiesing deelneem. Vrystaatse boere word genoop om self op te dok vir die herstel van paaie. Sirië hou sy eerste parlementêre verkiesing sedert Basjar al-Assad uit die kussings gelig is.
Monitor 3 Oktober 2025 03.10.2025 49:38
Ons praat met 'n misdaadkenner oor die toename in kontrakmoorde. Ons bespreek die onderskepping van die Gasa-flottielje, en die voorgestelde vredesplan vir Gasa. Oktober is Borskanker-bewustheidsmaand - 'n chirurg verduidelik wat die gevaartekens is.
Monitor 2 Oktober 2025 02.10.2025 48:32
EFF-leier Julius Malema gaan appelleer teen sy skuldigbevinding. Fedsas sê honderde openbare skole het nog nie hulle postevoorsiening vir 2026 ontvang nie. Die Withuis sê talle federale werknemers kan hulle werk verloor weens die regeringsluiting.
Monitor 1 Oktober 2025 01.10.2025 49:39
Die jongste oor die dood van SA se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthetwa. 'n Amerikaanse regeringsluiting tree in werking - 'n ekonoom verduidelik wat dit behels. Ons praat met die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, oor sy sakebesoek aan die VSA.
Monitor 30 September 2025 30.09.2025 48:39
Die minister van gesondheid sê staatsamptenare wat by die korrupsie by Tembisa Hospitaal betrek word, moet aan die pen ry. Omgewingsorganisasies wil hê die gebruik van fossielbrandstowwe moet gestaak word. Die nasionale energiereguleer begin met 'n markondersoek na die stygende kragpryse. Israel aanvaar Amerika se vredesplan vir die Gasastrook.
Monitor 29 September 2025 29.09.2025 49:37
'n Nuwe boek beskryf hoe georganiseerde misdaad in magsposisies ingesypel het. Gefrustreerde partye in die RNE sê die president het vyf maande gelede met hulle vergader. Die PA-leier, Gayton McKenzie, draai die president se arm oor Kenny Kunene se posisie in die Johannesburg-metro.
Monitor 26 September 2025 26.09.2025 49:04
Die Nasionale Raad van Provinsies beraadslag vandag oor die Wes-Kaapse regering se besluit om die Knysna-munisipaliteit onder administrasie te plaas. Die Minister van Elektrisiteit en Energie glo ladingsvermindering kan binne 12 maande beëindig word. Die kwessie van instemming in seksuele misdaadsake draai in die Konstitusionele Hof. President Cyril Ramaphosa sê vordering word gemaak om 'n nuwe ha...
Monitor 25 September 2025 25.09.2025 50:16
Kwaai kritiek teen president Donald Trump oor die onwetenskaplike verband wat hy trek tussen 'n pynmiddel en outisme. Moenie daai swerm bye in jou tuin uitrook of bespuit nie - 'n byevanger verduidelik. 'n Legendariese 93-jarige koerantman in die Karoo maak sy besigheid se deure toe.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали