uk

Radio Pulpit

Met Hart en Siel

Religion AF ↓ Епізодів: 162

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.radiopulpit.co.za

Автор

Radio Pulpit

Категорія

Religion

Сайт подкасту

www.radiopulpit.co.za

Останній епізод

29 вер 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Stutterheim, lugbraaierwenke en 'n historiese roman 24.03.2026

Willem en Renee de Beer vertel oor hoe die Here hul van Texas in die VSA na Stutterheim in die Oos-Kaap geroep het. Louisa Holst gee wenke vir die skep van vinnige maaltye in jou lugbraaier en skrywer Malene Breytenbach vertel meer oor haar jongste Christelike historiese roman Die vrywilligers. Met Hart en Siel

Die vreugde van kuns 17.03.2026

Vanoggend gesels ons oor die vreugde van kuns. Nicolette Geldenhuys, Paula du Bois en Anel Stricker-Bessinger - al drie gelowige kunstenaars vir wie kuns nie net 'n vreugde is nie, maar ook 'n bron van genesing. Hul kom deel ook die belangrikheid van kreatiwiteit Met Hart en Siel

Skrywers en Boeke 10.03.2026

Susan Jordaan gesels oor die jongste Christelike boeke op die Lux Verbi-publikasielys en Helena Hugo kom vertel meer oor haar jongste roman, Cara. Met Hart en Siel

Verlies en die impak van 'n ma op generasies 03.03.2026

Pastoor Jacques Bornman gesels oor verlies en die Woord. Prof Wentzel Coetzer vertel oor die invloed van ‘n ma op volgende generasies vanuit ‘n pastorale perspektief Met Hart en Siel

Salwing 24.02.2026

Dr Eunice van der Merwe gesels oor die Bybelse gebruik en betekenis van salwingsolies. Met Hart en Siel

Geopende Deure & Trauma-genesing 17.02.2026

Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor vanjaar se wêreldwaarnemingslys wat onlangs bekendgestel is. Dr Cobus Janse van Nieuwenhuizen is terug in die ateljee om ons gesprek oor neuro-pastorale trauma intervensie voort te sit. Met Hart en Siel

Geestesgesondheid & kinderveiligheid 10.02.2026

Sielkundige, Dr Truida Botha, kuier in die ateljee en gesels onder meer oor hoe om negatiwiteit te oorwin en die lewe se uitdagings sommer al vroeg in die jaar reg te hanteer. Jeanli Smit gesels daarna oor kinderveiligheid en die belangrikheid daarvan in elke gesin se lewe. Met Hart en Siel

Te midde van die storm 03.02.2026

Armandina Adams ‘n geregistreerde en gesertifiseerde lewensafrigter, kuns- en trauma-berader en kunstenaar gesels onder meer oor hoe God ons in die storm ontmoet. Predikant en skrywer Jimi le Roux vertel meer oor sy jongste dagstukkieboek asook die lesse wat ons by Bybelvroue kan leer. Mandi Hart gee wenke oor hoe om veerkragtigheid by jou kind te kweek na aanleiding van haar jongste boek The Oak...

Gesalfde 27.01.2026

In hierdie aflewering gesels dr Eunice van der Merwe oor die Bybelse gebruik van salwingsolies. Dr. Cobus Jansen van Nieuwenhuizen gesels oor innerlike genesing na trauma. Elmarie Berry vertel meer oor haar jongste kookboek en deel onthaalwenke wat jou sal lus maak om mooi tafel te dek en gaste oor te nooi! Met Hart en Siel

Verlies 20.01.2026

Sonja Smith kuier in die ateljee en gesels oor die Sweedse gebruik van die sogenaamde “gentle art of death cleaning” en die voordele wat dit op vele vlakke inhou. Sy vertel ook meer oor haar stryd vir die regte van ouers, wat 'n kindjie weens 'n miskraam verloor, om behoorlik te kan afskeid neem. Jeanette Coetzee deel haar getuinenis rondom die verlies van drie baba’s en die geloofslesse wat hieru...

Al Psalmend 06.01.2026

Marielle de Vos vertel meer oor die Hebreeuse jaar 5786 en wat dit beteken om in die vrees van die Here te leef. Spesialis-lewensafrigter, Amanda de Lange, vra hoe wil jy hê jou lewe moet lyk in 2026? Daar gesels ds Ronell Bezuidenhoudt oor hoe die Psalms ons kan help om God se teenwoordigheid in die komende jaar nog dieper te beleef. Met Hart en Siel

Floreer 09.12.2025

Spesialis-welstandsberader, Retha van Zyl, vertel hoe om jou ware self te ontdek, sodat jy, ondanks jou letsels, kan floreer. Susan Coetzer kuier in die ateljee om oor haar jongste boek Super C Van swaarmoedige Sannie tot supervrou te gesels. Met Hart en Siel

Feestyd 21.10.2025

Elsabé Conradie, skoolhoof van Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl, vertel meer oor dié skool wat vanjaar 165 jaar oud is, se geskiedenis. Skrywer Lizette Murray gesels oor haar spesiale verbintenis met dié skool en Milanie Vosloo gee raad oor hoe om einde van die jaar stres en moegheid te takel. Met Hart en Siel

Leef voluit 14.10.2025

Amanda de Lange oor innerlike genesing en hoe om eienaarskap van jou lewe te neem. Niël Steinmann vertel meer oor hoe om jou doel, passie en roeping te (her)ontdek. Met Hart en Siel

Wanneer godsdiens tot verwonding lei + Plaas-camino 07.10.2025

Prof Wentzel Coetzer gesels oor wanneer godsdiens tot verwonding eerder as heling lei. Stephanie van Rensburg vertel meer oor ‘n nuwe plaas-camino wat hierdie week van stapel gestuur word. Met Hart en Siel

Hallo, Jesus! 30.09.2025

Marinda Engelbrecht gesels oor Hallo, Jesus!, haar dagstukkieboek vir kleingoed. Kinderboekskrywer Wendy Maartens vertel meer oor ‘n reeks boeke wat kinderhartjies en die emosies wat hulle beleef aanspreek. En Elschanté Boumann kuier in die ateljee en deel manna uit vir mamma’s. Met Hart en Siel

Inspirerende leierskap 16.09.2025

Jurie Schoeman en Brand Pretorius gesels oor Inspirerende leierskap Riglyne vir sukses uit die sakewêreld en die Woord. Niël Steinmann vertel meer oor hoe om jou doel, passie en roeping te (her)ontdek. Met Hart en Siel

Selfbejammering & Koninkrykskinders 09.09.2025

Caylin Prince kuier in die ateljee om te gesels oor haar boek Decline Pity Parties & invite mercy. Jozine Botha vertel hoe om Koninkrykskinders volgens ‘n pastorale ouerskapsplan groot te maak. Met Hart en Siel

Gebou op die Rots 02.09.2025

Pastoor Marielle de Vos gesels oor die simboliek van rotse en klippe in die Bybel. Ds. Ian Coetzee van die Evangelies-Gereformeerde Kerk Tygerberg vertel meer oor die Missions Expo 2025 waar uitreike en sendingorganisasies in die kollig geplaas word. Met Hart en Siel

'n Liefdevolle Vader 26.08.2025

Lewensafrigter, Amanda de Lange, kuier in die ateljee en word daar gesels oor die verhouding tussen ouers en volwasse kinders. Sakevrou & entrepeneur, Joey Stofberg van Treats Food Distibutors, deel haar getuienis. Met Hart en Siel

Vir die jongklomp 19.08.2025

Jaco Strydom gesels oor sy jongste boek Eendag te ver wat spesiaal vri jong Jesus-volgelinge geskryf is. Julita Kok vertel meer oor die Matt Redman-konsertreeks en Annique Jordaan en Lelani Brugman vertel meer oor hul Woord en Wsyie-kinderbediening. Met Hart en Siel

Tyd & SAAI 12.08.2025

Narratiewe berader, Faith Durie, gesels oor die betekenis van tyd in ‘n gelowige se lewe. Francois Rosssouw & Dr Theo de Jager van die organisasie SAAI kuier in die ateljee om meer te vertel oor die werk wat hulle onder ons land se familieboere doen én die opwindende Lamb Champs 2025-kompetisie wat tans landwyd aan die gebeur is. Met Hart en Siel

Oorgange en seisoene 05.08.2025

Dr. Melodie de Jager kuier in die ateljee om te gesels oor verwondering, geloofspaaie, maar ook oor die oorgange in ‘n mens se lewe en hoe elkeen jou lewe beïnvloed. Met Hart en Siel

Sorg so vir jou immuunstelsel 29.07.2025

Voedingskundige, Madalein Helm van Health and Hope Nutrition, kuier in die ateljee en gesels oor die impak van jou immuunstelsel op jou gesondheid. Met Hart en Siel

Maklik met Marinda, 'n jong meisie se reis deur Jerusalem en Die boekengel 22.07.2025

Bekende tuiskok Marinda Engelbrecht oor haar jongste kookboek Maklik met Marinda. Lilian de Jager kuier in die ateljee om meer te vertel oor haar boek The Path Through His Vineyard en Malene Breytenbach gesels oor haar jongste Christelike roman Die boekengel. Met Hart en Siel

Слухайте подкаст Met Hart en Siel у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали