uk

Maroela Media

Maroela-onderhoude

News AF ↓ Епізодів: 167

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: maroelamedia.co.za

Автор

Maroela Media

Категорія

News

Сайт подкасту

maroelamedia.co.za

Останній епізод

12 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Gee ʼn Bybel, verander ʼn lewe 11.12.2025

Vir vervolgde gelowiges kan ʼn enkele Bybel die verskil tussen wanhoop en volharding wees. Jy kan help om God se Woord in die hande van iemand te plaas wat hul lewe vir hul geloof waag. Elizabeth Botha van Geopende Deure Afrika het Maroela Media meer oor die veldtog vertel. Maroela Media

Groei weer só nader aan jou huweliksmaat 09.12.2025

“Geskeduleerde aktiwiteite toegespits op gehaltetyd sal die paartjie dadelik weer nader aan mekaar bring.” Maroela Media

Ons Winkels vier jaar van groei, danksy jou skenkings en aankope 03.12.2025

Elke item wat jy aan Helpende Hand se Ons Winkels skenk of daar koop, word omgesit in kanse, hulp en hoop vir ander. Maroela Media

‘Wicked’-opvolgfliek vir ma’s en dogters aanbeveel 03.12.2025

Alhoewel glansryk en beeldskoon – iets wat moderne gehore, veral ma’s en hul dogters, betower – raak die rolprent soms selfvertroetelend en te lank met ʼn onverwagse liefdestoneel. Maroela Media

Die huwelik en intimiteit | Episode 1: Praat met jou maat 02.12.2025

Intimiteit is nie iets wat vroeër jare juis bespreek is nie, daarom heers daar baie wanindrukke rondom die onderwerp, meen huweliksberader Louise Ehlers in episode een van Maroela Media se nuwe podsendingreeks oor intimiteit in die huwelik. Maroela Media

Die huwelik en intimiteit | Episode 5: Platoniese aanraking 02.12.2025

Hierdie platoniese aanrakings speel ʼn groot rol in die huwelik, aangesien dit emosionele sekuriteit en intimiteit bevestig. Maroela Media

Die huwelik en intimiteit | Episode 4: Liefdestale 02.12.2025

“Om The Five Love Languages deur Gary Chapman saam met jou huweliksmaat te lees, is ʼn briljante manier om te help bepaal watter liefdestale vir jou van meer waarde is.” Maroela Media

Die huwelik en intimiteit | Episode 3: Seksuele geweld 02.12.2025

“Die huweliksmaat wat die trauma deurgemaak het, moet ook deur die proses leer om hul uitkyk op intimiteit te verander. In die verlede was dit iets wat hulle bang en seergemaak het, en nou is dit iets spesiaals wat hulle aan hul maat verbind.” Maroela Media

Die huwelik en intimiteit | Episode 2: Jou maat en verslawing aan porno 01.12.2025

In episode twee van Maroela Media se podsendingreeks oor intimiteit in die huwelik, bespreek leraar Ian Dubery verslawing aan pornografie vanuit ʼn Christelike perspektief en verduidelik waarom hierdie verslawing so skadelik vir die huwelik is. Maroela Media

Die huwelik en intimiteit | Episode 6: Voorhuwelikse kursusse, wittebrood 01.12.2025

“Julle moet leer hoe om hierdie heilige spasie wat die Here vir jou as man en vrou gegee het te respekteer en sodoende die volle voorregte daarvan te benut.” Maroela Media

Guinness-wêreldrekord vir kankervegters beplan 30.11.2025

Dit is ʼn reuse-uitdaging, aangesien die span mik om ʼn allemintige 6 000 unieke strikkies op ʼn Renault Duster te plak. Maroela Media

Luister | Driemanskap sing oor nostalgie van seevakansies 28.11.2025

“Ons het so drie jaar gelede saam aan musiek begin skryf, en dit het ʼn rukkie gevat om ons klank te vind. Ons is uiteindelik op ʼn plek waar ons van ons musiek hou.” Maroela Media

Hoop, kreatiwiteit in gospelsnit verken 28.11.2025

“Ons wil vir Afrikaanse mense in hul eie taal ʼn uitdrukking van kerk wees.” Maroela Media

Dirk Kotzé oor Hartland Akademie 25.11.2025

Dirk Kotzé, burgemeester van die Mosselbaai-munisipaliteit, reageer op berigte oor Hartland Akademie. Maroela Media

‘Verjaarsdaggeskenk-liedjie’ word Jak se jongste uitreiking 25.11.2025

“Ek het aanvanklik vir hom half skertsend gevra of hy dit nie sommer met kunsmatige intelligensie wil doen nie – dis mos deesdae maklik om ʼn liedjie self te maak – maar hy het gesê hy wil hê dit moet spesifiek van my af kom.” Maroela Media

Luister | ‘Onvermydelike stiltes’ inspireer musikant Karla Bosch 25.11.2025

Die musikant Karla Bosch gesels in Maroela Media se ateljee oor haar nuwe album. Maroela Media

Nuwelingsangeres skryf emosioneel oor geslagsgeweld 21.11.2025

“Dit maak my uiters emosioneel om te weet dat dit ander vroue se werklikheid is.” Maroela Media

Irene-Louise verruil tekkies vir pienk vellies 21.11.2025

“Wat mense in die musiekvideo sien, is eintlik nie toneelspel nie, want ek is nie gemaak vir die plaaslewe nie.” Maroela Media

Sprokiesverhale kry nuwe lewe in Afrikaanse pantomime 20.11.2025

“Dis so te sê ʼn sing-dans-saamskree- Suid-Afrikaanse weergawe van ʼn sprokie met baie komedie – gesinsvermaak geskik vir almal.” Maroela Media

Dís ‘Troumateriaal’ vir Brendan Peyper 15.11.2025

Brendan Peyper het in Maroela Media se ateljee gesels oor sy jongste kortspeelalbum, sy pad in die bedryf, voorlopige sekwestrasie en die trek terug Pretoria toe.a Maroela Media

Vanes-Mari delf geestelik met eie parfuum 14.11.2025

“Reuk kan herinneringe en emosies ook teweegbring. As jy in ʼn ou huis instap of iets spesifieks ruik, ontlok dit soveel meer.” Maroela Media

Blackbyrd se Tasha verken solopad 14.11.2025

Tasha Zaaiman gesels in Maroela Media se ateljee oor haar pad as solokunstenaar, haar jongste enkelsnit en die geestelike ervaring wat sy in haar tyd op “Die Kontrak” gehad het. Maroela Media

MOS beskerm moedertaalonderrig met nuwe skool in Pta 10.11.2025

Roedolf van der Westhuizen, uitvoerende hoof van Die MOS Inisiatief, en Lerina van Rensburg, hoof van Enso Akademie in Wonderboom, Pretoria het met Esté Meyer Jansen oor dié skool gesels. Hulle verduidelik die visie agter hierdie baanbreker- Afrikaanse skool: van die simboliek van die Enso-sirkel tot die droom om leerders te vorm wat die toekoms met selfvertroue en karakter aanpak. Kom luister na...

Nederige sakeman gee terug ná hy entrepreneurskompetisie wen 09.11.2025

“Die Here was nog altyd goed vir my en my gesin, Hy’t nog altyd vir ons gesorg. Hierdie prysgeld is natuurlik wonderlik, maar dit het vir my gevoel soos ʼn geleentheid om terug te gee.” Maroela Media

MOS brei Afrikaanse aanlyn onderrig uit na grondslagfase 07.11.2025

Roedolf van der Westhuizen, uitvoerende hoof van Die MOS Inisiatief, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor hoe Afrikaanse onderwys in ʼn digitale wêreld nuwe vlerke kry. Hy vertel waarom hulle besluit het om MOS-Wêreldwyd se aanlyn kurrikulum na die grondslagfase uit te brei Maroela Media

Слухайте подкаст Maroela-onderhoude у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали