RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Hoe verklaar jy dit: Van slange tot insekte - die natuur werk soms heel anders as wat ons dink 11.10.2026 21:36
11 Oktober 2026: Wanneer is ’n slang op sy gevaarlikste — as hy jonk is, of wanneer hy groot en oud is? Wat gebeur met die wêreld se insekte wanneer die aarde warmer word en El Niño sy invloed laat geld?
Hoe verklaar jy dit: Twee vrae, twee raaisels 04.10.2026 20:49
4 Oktober 2026: Het jy al ooit op iets afgekom en gewonder: Kan dit ’n fossiel wees? ’n Luisteraar het tydens ’n besoek aan Ballito moontlike fossielvoetspore afgeneem, maar wat sien hy eintlik? En voordat Google en Wikipedia bestaan het, hoe het mense plante en diere beskryf, benoem en opgeteken?
Hoe verklaar jy dit: Kan diere rou?; Helium 27.09.2026 19:49
27 September 2026: Kan diere rou? Ons weet diere ervaar verlies, maar verstaan ons regtig wat in daardie oomblikke gebeur? En, Hoekom styg ’n heliumballon?
Hoe verklaar jy dit: Boom word voëlrestaurant; Nuwe spesies 20.09.2026 22:21
20 September 2026: ’n Bessieboom kan skielik soos ’n voëlrestaurant lyk! Tientalle meelogies het opgedaag vir ’n feesmaal, en toe die laaste bessie weg is, het hulle net so skielik verdwyn. Hoekom sien ons party voëls en diere in sommige woonbuurte, en ander glad nie? En, as wetenskaplikes ’n nuwe spesie ontdek, het dié dier nou eers ontstaan, of het ons hom bloot nou eers raakgesien?
Hoe verklaar jy dit: Twee luisteraarsvrae wat anders na miere en aardvarke sal laat kyk 13.09.2026 21:57
13 September 2026: Kan miere regtig ’n “lewende reddingsvlot” vorm om mekaar aan die lewe te hou? Waarom lyk ’n aardvark soos ’n mengsel van ’n vark, ’n haas en ’n kangaroe, en is hy enigsins familie van ’n vark?
Hoe verklaar jy dit: Die wêreld van insekte en slange 06.09.2026 20:16
6 September 2026: Het jy geweet insekte kan dalk meer as net ’n plaag wees – hulle kan ’n verrassend effektiewe voedselbron wees? En, hoe weet ’n slang wat om hom aangaan as hy nie ore het nie?
Hoe verklaar jy dit: Die verrassende wetenskap van water kook op groot hoogtes 30.08.2026 22:48
30 Augustus 2026: Hoekom kook water op groot hoogtes teen ’n laer temperatuur, maar neem dit dan langer om kos gaar te maak? Hoe is dit moontlik dat ’n spinnekop elke nag haar web bou, dit ’n paar uur later weer afbreek, die sy oprol en selfs herwin – alles terwyl ons slaap?
Hoe verklaar jy dit: Brein se invloed op liggaam; Krokodille; Reptielsmokkel 23.08.2026 22:56
23 Augustus 2026: Ons kyk na die verrassende invloed wat jou brein op jou liggaam kan hê; hoe krokodille miljoene jare se verandering oorleef het; en hoe reptielsmokkel Suid-Afrika se reptielgetalle bedreig.
Hoe verklaar jy dit: Hoekom voel metaal kouer as hout? SA se padda-rooilys 16.08.2026 21:35
16 Augustus 2026: Het jy geweet 'n metaalstoel en 'n houtstoel kan presies dieselfde temperatuur wees, maar metaal voel kouer omdat dit hitte baie vinniger uit jou vel trek? Jou brein ervaar die vinnige hitteverlies as kouer. Ons verduidelik hoekom jou sintuie jou soms mislei, én hoe wetenskaplikes bepaal watter paddas en ander amfibieë op Suid-Afrika se rooilys beland, en waarom dit belangrik is...
Hoe verklaar jy dit? Bye wat bal vorm sonder korf; Kan geelvinke reën voorspel? 09.08.2026 22:55
9 Augustus 2026: Hoekom vorm bye skielik 'n digte bal onder 'n tafel sonder 'n korf? Kan geelvinke regtig voorspel of dit 'n nat of droë somer sal wees, deur hoe hoog hulle neste bou?
Hoe verklaar jy dit? Reptiele wat in die see leef? 02.08.2026 23:01
2 Augustus 2026: Het jy geweet sommige insekte kan mettertyd minder vatbaar raak vir insekdoders? En, terwyl amfibieë soms in die see voorkom, is daar ook reptiele wat hulle hele lewe in soutwater deurbring.
Hoe verklaar jy dit? Kan jou maagsappe gif neutraliseer? 26.07.2026 22:50
26 Julie 2026: Wat gebeur as jy per ongeluk 'n giftige spinnekop of ‘n ander giftige organisme insluk? Word die gif deur jou maagsappe geneutraliseer? Hoekom gebruik ons steeds die QWERTY-sleutelbord, al is daar glo beter alternatiewe? Wat is die langtermyn-uitwerking van stres op diere?
Hoe verklaar jy dit? Super El Niño; Hoekom QWERTY? 19.07.2026 22:26
19 Julie 2026: Berigte oor 'n moontlike Super El Niño laat baie mense wonder: Hoe ernstig is dit regtig, en hoe onderskei jy feite van vrees? Het jy al gewonder hoekom jou rekenaar se sleutelbord nie alfabeties is nie? Waarom lyk QWERTY soos dit lyk?
Hoe verklaar jy dit? Hoe oorleef insekte insekte ekstreme toestande? Vesel-lasers. 12.07.2026 21:06
12 Julie 2026: Hoe oorleef insekte yskoue winters, versengende hitte en van die mees ongenaakbare plekke op aarde? Entomoloog dr. Johan Pretoriu sluit sy reeks af oor hoe insekte ekstreme toestande trotseer. En, ons hoor hoe vesel-lasers die wêreld van tegnologie verander – van presisie in materiaalverwerking tot vinniger telekommunikasie.
Hoe verklaar jy dit? Het lewe 'n manier om bykans enigiets te oorleef? 05.07.2026 22:16
5 Julie 2026: Het lewe 'n manier om bykans enigiets te oorleef? Ons vind uit hoe insekte uiterste hitte, ysige koue en droë omgewings trotseer. En, ons beantwoord 'n luisteraarsvraag: As mikroskopiese lewe op Aarde onder ongelooflike omstandighede kan oorleef, kan daar dalk ook lewe op die Maan of Mars wees?
Hoe verklaar jy dit? Hoe oorleef sommige insekte in uiterste omstandighede? Word slange meer aggressief? 28.06.2026 22:53
28 Junie 2026: Hoe oorleef sommige insekte toestande wat vir die meeste lewe onmoontlik sou wees, soos vrieskoue, uitdroging en selfs suurstoftekorte? En, is dit waar dat slange al hoe meer aggressief word namate die aarde warmer word?
Hoe verklaar jy dit? Is diere selfbewus? 21.06.2026 22:40
21 Junie 2026: Is diere werklik selfbewus, of lyk dit net so vir ons? Hoekom voel dit asof ’n draaiende fietswiel of tol weerstand bied wanneer jy dit probeer omkantel?
Hoe verklaar jy dit? Waarom voer ’n houtkapper oorlog met sy spieëlbeeld? 14.06.2026 22:47
14 Junie 2026: Waarom vlieg ’n kuifkophoutkapper herhaaldelik teen ’n venster vas, asof hy doelbewus die glas aanval? En, hoekom vloei ’n rivier vinniger in die middel van die stroom as langs die oewer?
Hoe verklaar jy dit? Wat gebeur met jou liggaam in uiterste toestande? 07.06.2026 22:43
7 Junie 2026: Wat gebeur met jou liggaam wanneer dit aan uiterste toestande blootgestel word? En, kan ’n mens regtig vlieë wat in water verdrink het weer lewendig kry?
Hoe verklaar jy dit? Vreemde diertjie wat in droë dorsland oorleef; Insekte wat skielik in getalle toeneem 31.05.2026 22:30
31 Mei 2026: Wat is daardie vreemde diertjie wat in die droë dorsland oorleef? En, hoekom vermeerder sekere insekte skielik in groot getalle, terwyl ander amper verdwyn?
Hoe verklaar jy dit? 24 Mei 2026 24.05.2026 22:30
Hoe bly ’n papie lewendig binne sy omhulsel, en hoekom sterf hy as dit te vroeg breek? Hoekom sien ’n mens kilometers se voëlneste aan kragdrade tussen Britstown en Upington, maar amper niks tussen Britstown en Kaapstad nie?
Hoe verklaar jy dit? 17 Mei 2026 17.05.2026 22:18
Het jy al ooit gewonder hoe klank diere se gedrag, kommunikasie en hulle oorlewing beïnvloed? En hoe sekere organismes kan leef in plekke waar niks anders kan oorleef nie - van ys tot kookwater? Ons ontbloot die ongelooflike maniere waarop die natuur aanpas en oorleef.
Hoe verklaar jy dit? 10 Mei 2026 10.05.2026 23:07
Sommige diere kan klank “sien” deur vibrasies. Harde, mensgemaakte geraas kan hulle navigasie en oorlewing ernstig ontwrig. En, daar is organismes wat in toestande leef wat vir ons onmoontlik is - van yskoue poolstreke tot byna kookpuntwarm water.
Hoe verklaar jy dit? 3 Mei 2026 03.05.2026 21:42
Jou eie immuunstelsel kan soms jou liggaam aanval asof dit die vyand is. En, in die natuur kan plante insekte wegstoot met gifstowwe, maar sonder daardie insekte kan hulle nie voortplant nie. Ons verduidelik hoe hierdie skynbare teenstrydighede werk.
Hoe verklaar jy dit? 26 April 2026 26.04.2026 21:02
Oorlog vernietig nie net menselewe nie, maar kan hele ekostelsels vir dekades lank ontwrig, van besoedelde grond en water tot diere wat permanent uit gebiede verdwyn. Ons kyk na die onsigbare impak van oorlog op die natuur, en hoekom die skade baie langer bly as wat ons dink. Daar is paddas met deursigtige velle, sogenaamde glaspaddas, waar jy regdeur hulle lyf kan sien, selfs hulle kloppende hart...
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали