uk

RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ Епізодів: 634

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

Kids

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

15 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Groeipyne 27 April 2023 27.04.2023

Deesdae moet beide ouers in ‘n huishouding werk om die pot aan die kook te hou. Dit lei daartoe dat baie skoolgaande kinders smiddae by naskoolsentra deurbring tot die werksdag verby is. Naskool-juffrou Tina Kleynhans vertel wat naskool behels.

Groeipyne 20 April 2023 20.04.2023

Anthea Fredericks fokus op die ATKV se AbbAsorg-projek, hulle sosiaal-maatskaplike verantwoordelikheidsprogram wat onder meer gehalte onderwys aan kwesbare voorskoolse kinders bied.

Groeipyne 13 April 2023 13.04.2023

Met Suid-Afrika se warm klimaat, vind baie buitemuurse aktiwiteite in en om water plaas. En steeds hoor ons tragiese stories van kinders wat verdrink. Sweminstrukteur Ida van Wyk praat oor swemlesse en waterveiligheid vir voorskoolse kinders.

Groeipyne 6 April 2023 06.04.2023

Baie ouers is nou al bekommerd oor 2024 en die inskrywingsproses vir Graad R of Graad 1. Dr. Elsabe Wessels van die Fakulteit Opvoedkunde by Noordwes-Universiteit het raad.

Groeipyne 30 Maart 2023 30.03.2023

Klein ongelukke in en om die huis, en ook op die speelgrond, is iets waarmee menige ouer van voorskoolse kinders al te bekend is. Maar weet ons kinders wat om te doen as daar nie ‘n volwassene  naby is nie?  Anthea Fredericks praat hieroor met gesertifiseerde noodhulpinstrukteur Margi Snyders.

Groeipyne 23 Maart 2023 23.03.2023

Professor Renier Coetzee van die Skool vir Openbare Gesondheid aan die Universiteit van Weskaapland praat oor die impak van tuberkulsoe op kinders.

Groeipyne 16 Maart 2023 16.03.2023

Die gesprek oor gehoorverlies by babas en voorskoolse kinders word voortgesit. Ilouise le Roux, 'n spraakterapeut en oudioloog, verduidelik waarom vroeë diagnose so belangrik is.

Groeipyne 9 Maart 2023 09.03.2023

Watter impak het gehoorverlies op kinders se ontwikkeling en taalgebruik? Ilouise le Roux, spraakterapeut en oudioloog, beantwoord hierdie en ander vrae.

Groeipyne 2 Maart 2023 02.03.2023

Die gesprek oor Wiskunde en voorskoolse kinders word voortgesit. Prof. Corné Kruger van die Noordwes-Universiteit se fakulteit opvoedkunde praat oor Wiskundeonderrig in die grondslagfase.

Groeipyne 23 Februarie 2023 23.02.2023

Prof. Corne Kruger van die Noordwes-Universiteit se fakultieit opvoedkunde praat oor Wiskunde-onderrig in die grondslagfase.

Groeipyne 16 Februarie 2023 16.02.2023

(Heruitsending) Ons fokus op voorskoolse kinders se breinontwikkeling deur middel van musiek en beweging. Corne Kotze, ‘n kenner op die gebied wie se ondervinding oor 30 jaar strek, verduidelik hoe musiek aangewend word om klein kinders se breinontwikkeling te stimuleer.

Groeipyne 9 Februarie 2023 09.02.2023

Benita Taylor, 'n dosent in vroeë kinderontwikkeling by die Noordwes-Universiteit, het haar doktorale tesis oor die motoriese ontwikkeling van babas gedoen. Sy vertel wat haar bevindings was.

Groeipyne 2 Februarie 2023 02.02.2023

Nelmari Kemp, projekleier by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, vertel van hulle voorleesprojek en hulpbronne.

Groeipyne 26 Januarie 2023 26.01.2023

Spraak- en taalterapeut Hannekie Verwoerd fokus op leesvoorbereiding vir voorskoolse kinders.

Groeipyne 19 Januarie 2023 19.01.2023

Ons kyk verder na grondslagfase onderwys met dr. Elsabé Wessels van die Noordwes-Universiteit.

Groeipyne 12 Januarie 2023 12.01.2023

Ons fokus ons op grondslagfaseonderwys met dr. Elsabe Wessels van die Fakulteit Opvoedkunde by Noordwes-Universiteit.

Groeipyne 5 Januarie 2023 05.01.2023

Anthea Fredericks deel van die hoogtepunte wat die afgelope jaar op die program uitgesaai is.

Groeipyne 29 Desember 2022 29.12.2022

Anthea Fredericks deel van die hoogtepunte wat die afgelope jaar op die program uitgesaai is.

Groeipyne 22 Desember 2022 22.12.2022

Die somervakansie is in volle swang. Kinderbiokinetikus Karyna le Roux gee wenke oor hoe om voorskoolse kinders in hierdie tydperk aktief te hou.

Groeipyne 15 Desember 2022 15.12.2022

Is kos jou liefdestaal as ouer? Anthea Fredericks sit haar gesprek met Ronel Beukes van die Departement Menslike Voeding aan die Universiteit Stellenbosch voort oor die feesseisoen en watter kosriglyne ons behoort te volg.

Groeipyne 8 Desember 2022 08.12.2022

Ronel Beukes van die Departement Menslike Voeding aan die Universiteit Stellenbosch praat oor die moets en moenies van voorskoolse kinders se dieet tydens die feesseisoen.

Groeipyne 1 Desember 2022 01.12.2022

Anthea Fredericks fokus op die toekoms van Afrikaans teen die agtergrond van moedertaalonderrig. Dr. Hendrik Theys van die Afrikaanse Taalraad en die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans kuier in die ateljee.

Groeipyne 24 November 2022 24.11.2022

Anthea Fredericks sit haar gesprek met spesialisdermatoloog dr. Suretha Kannenberg voort oor velsiektes en velprobleme by voorskoolse kinders.

Groeipyne 17 November 2022 17.11.2022

Anthea Fredericks fokus op die  liggaam se grootste orgaan, die vel, en veral op velsiektes en velprobleme wat by voorskoolse kinders kan kop uitsteek. Spesialis dermatoloog dr. Suretha Kannenberg gee raad.

Groeipyne 10 November 2022 10.11.2022

Anthea Fredericks hoor van ‘n navorsingstudie by die Universiteit van Weskaapland oor die impak van hoërisiko swangerskappe op pa's. Erika Erasmus het haar tesis as sielkunde honneurs-student hieroor gedoen. En ‘n ma van Wellington vertel van hulle pleegseuntjie wat as premature baba aan hulle toevertrou is.

Слухайте подкаст Groeipyne у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали