RSG
Groeipyne
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Groeipyne 11 Junie 2020 11.06.2020 23:16
Johan van Lill kyk na die keuse tussen tuisskool, tuisonderrig (aanlyn-skole) of om kinders terug skool toe te stuur.
Groeipyne 4 Junie 2020 04.06.2020 25:37
Johan van Lill praat met twee spraak- en taalterapeute oor kinders wat in multi-taal huise grootword. Hoe gemaak as die taal van onderrig verskil van die huistaal? Moet my kinderopasser of die speelskool se versorgers hulle huistaal praat met my baba of nie?
Groeipyne 28 Mei 2020 28.05.2020 22:46
Johan van Lill praat met dr. Melodie de Jager oor die rol wat die vel en die tassintuig speel in kinders se ontwikkeling, en hoe ouers dit kan inspan om kinders te help met hulle ontwikkeling.
Groeipyne 21 Mei 2020 21.05.2020 21:41
Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor hoe om moeilike tieners te hanteer. Hoe gemaak as jou tiener jou uitdaag? En hoe kan ek opbouende gesprekke met my tieners hê wanneer hulle skielik te kenne gee dat hulle soveel slimmer is as jy?
Groeipyne 14 Mei 2020 14.05.2020 21:30
Johan van Lill praat met Zuleka Smit, 'n Graad R-onderwyser by Klein Bois High in die Paarl, oor hoe om 'n voorskoolse kind gereed te kry vir formele leer. Vanjaar is dit 'n uitdaging omdat die kinders langer by die huis is. Waarop moet ouers of versorgers fokus?
Groeipyne 7 Mei 2020 07.05.2020 18:06
Johan van Lill praat met dr. Marelize Vlok by die ongevalle-afdeling van die hospitaal waar sy werk. Hoe gemaak as jou kind 'n noodgeval beleef, en jy moet hom of haar na die ongevalle-afdeling toe neem waar dit skielik nou heeltemal anders is as voorheen. Ons vind uit wat jy daar te wagte kan wees, sodat jy jou kind kan voorberei daarop.
Groeipyne 30 April 2020 30.04.2020 18:25
Johan van Lill praat met twee Graad R onderwysers oor waarop jy moet fokus met jou voorskoolse kind by die huis. Hoe kry ek hulle gereed vir formele leer in Graad 1 sonder om skool te hou.
Groeipyne 23 April 2020 23.04.2020 22:37
Johan van Lill praat met Lynette Beer oor kinders se verskillende temperamente, en hoe kennis hiervan jou kan help om dinge makliker by die huis te hanteer.
Groeipyne 16 April 2020 16.04.2020 25:43
Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, en onderwyskundige Alta Greeff oor die dinge waaroor ouers, versorgers en kinders bekommerd is in die grendeltyd van COVID19. Wat is jou vrese en wat kan jy daaraan doen in hierdie tyd van afsondering?
Groeipyne 9 April 2020 09.04.2020 22:12
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundiges Elzette Fritz en Talitha Veldsman oor hoe om kajuitkoors te hanteer. Kinders kry kajuitkoors wanneer hulle vir lang tye in isolasie moet wees, weggaan vir 'n vakansie en uit hulle gewone roetine moet funksioneer.
Groeipyne 2 April 2020 02.04.2020 19:38
Johan van Lill praat met onderwyskundige Jaco de Kock oor lekker dinge wat mens by die huis kan doen terwyl almal ingeperk is. Hy gee idees vir aktiwiteite wat jy met kinders van enige ouderdom kan aanpak, en waar leer gebeur sonder dat die kinders dit agterkom!
Groeipyne 26 Maart 2020 26.03.2020 22:11
Johan van Lill gesels verder met Alta Greeff, operasionele hoof van Die Mos-inisiatief en onderwyskundige, oor digitale ouerskap, hoe mens al die elektroniese huiswerk wat kinders nou van skole gaan ontvang kan hanteer, en wat is die belangrike vaardighede is wat kinders moet aanleer tydens afstandsonderwys.
Groeipyne 19 Maart 2020 19.03.2020 21:53
Johan van Lill praat met Alta Greeff, operasionele hoof van Die Mos-inisiatief en onderwyskundige, oor hoe ouers en versorgers die internet kan gebruik om sinvolle, stimulerende en leersame gesprekke met hulle kinders te hê. Ons verwys spesifiek na voorbeelde van TEDtalks wat mense kan gebruik om uitdagende situasies met hulle tieners te hanteer.
Groeipyne 12 Maart 2020 12.03.2020 22:48
Johan van Lill praat met dr. Marelize Vlok oor veiligheid by die huis en wanneer ons reis, en oor al die dinge wat in 'n gesin se noodhulpkissie moet wees. Hoe hanteer ek algemene mediese gebeure by die huis, en wanneer moet ek dringend by Noodgevalle uitkom?
Groeipyne 5 Maart 2020 05.03.2020 21:01
Johan van Lill praat met Leanda Otto, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe die saamlees van boeke en storievertel jou band met jou kind kan versterk. Hulle gee wenke oor hoe om hierdie tye nog lekkerder te maak.
Groeipyne 27 Februarie 2020 27.02.2020 19:34
Johan van Lill praat oor die uitdagings van immigrasie met Talitha Veldsman, 'n opvoedkundige sielkundige, en twee ma's wie se gesinne na Australië geëmigreer het.
Groeipyne 20 Februarie 2020 20.02.2020 19:20
Johan van Lill praat met Daan Potgieter van die Afrikaanse Onderwysnetwerk oor Wêreld Moedertaaldag op 21 Januarie. Sondag word daar op RSG 'n simposium aangebied oor die belangrikheid van moedertaalonderwys, en Daan vertel ook waarna luisteraars kan uitsien.
Groeipyne 13 Februarie 2020 13.02.2020 20:10
Johan van Lill praat met Hannes Wessels, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die voor- en nadele van die gebruik van tegnologie in die klaskamer, en wat ouers en versorgers hieroor moet weet.
Groeipyne 6 Februarie 2020 06.02.2020 20:30
Johan van Lill praat met Salome Botes, 'n slaapkonsultant, oor hoe ongesonde slaappatrone jou kind affekteer, en hoe 'n mens goeie slaappatrone ontwikkel. Hoe gemaak met kinders wat sukkel om tot ruste te kom? Watter impak het swak slaaphigiëne op kinders se klaskamergedrag en skoolprestasie?
Groeipyne 30 Januarie 2020 30.01.2020 20:51
Baie mense het deesdae hulle kinders heelwat later in hulle lewe, en trou ook op 'n hoër ouderdom. Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat dit het op die kind en ouer, en watter uitdagings daar is. Mense trou ook vir 'n tweede of derde keer, en dikwels is daar dan 'n redelike generasiegaping tussen die eerste sarsie kinders en die volgende, en ook tu...
Groeipyne 23 Januarie 2020 23.01.2020 21:58
Johan van Lill praat met Talitha Veldsman oor al die eerstes in 'n kind se lewe, wat 'n sekere verantwoordelikheid van 'n kind vereis: eerste selfoon, eerste troeteldier, eerste vervoermiddel, eerste uitslaap. Ons gee wenke oor wanneer en hoe ek weet my kind is gereed hiervoor, en hoe maak ek seker my kind kom sy of haar verantwoordelikheid na, of is en bly veilig.
Groeipyne 16 Januarie 2020 16.01.2020 21:57
Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, 'n onderwyskundige, oor wat om te doen as jou kind nie by die skool aanpas nie. Wanneer moet jy bekommerd wees? Hoe skakel jy met die skool hieroor? Wat kan jy as ouer of versorger doen om die kind te ondersteun?
Groeipyne 9 Januarie 2020 09.01.2020 23:54
Johan van Lill praat met Amanda Uys, 'n Graad 1-onderwyseres, en Talita Veldsman, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe om die skooljaar reg aan te pak.
Groeipyne 2 Januarie 2020 02.01.2020 24:06
'n Gedagte wat wêreldwyd groot aanhang begin kry het die afgelope paar jaar, is dat ouers en versorgers aan die begin van die jaar moet besluit op 'n ouerskapsfokus vir die jaar wat voorlê. Johan van Lill praat hieroor met Wynand Breytenbach, 'n dominee, Charl Greef, 'n biokinetikus. en dr. Chanelle Kemp,'n gesondheidskundige, oor dinge waarop gesinne hierdie jaar kan fokus.
Groeipyne 26 Desember 2020 25.12.2019 20:56
Johan van Lill praat met Marinda Engelbrecht en Lize Vlok oor dinge wat ouers en versorgers met kinders in die kombuis kan doen in die vakansietyd. Marinda is 'n bekende glanskok en Lize is 11 jaar oud.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали